Web Joernaal



Donderdag 30 April 2015

Nuwe piramiede

Nie 'n piramiede geld skema nie maar Bass Pro Shops se nuwe piramied gebou in Memphis, Tennessee, VSA - Google Maps.

VSA werkloosheid val

Hoe is dit dat die VSA se werkloosheid na 5.5% geval het weens die 260,000 poste wat per maand geskep word, maar die ekonomie groei net 0.2% per jaar? As die gemiddelde loon $43,000 is, is die ekstra lone $134b per jaar, wat 0.77% op die bruto binnelandse produk (BBP) is.

JSE aandeel resultate

Datatec (DTC) verwag vir die jaar tot Februarie wesens VPA van $0.36 tot $0.38, +14% tot +20% hoër as die jaar tevore. Die prys/verdienste is rondom R62.22/R4.4 ~ 14.

Ruimte vaarte misluk

Rusland het 'n $51m sending na die Internasionale Ruimte Stasie versaak nadat die ruimtetuig nie kon dok nie - Russia abandons supply mission to International Space Station - Reuters

'n Paar weke gelede het SpaceX se poging om hulle Falcon 9 vuurpyl op 'n aak te land misluk.

Globale verwarming

Son strale is meestal tussen golflengtes 0.2 en 1.4µm, wat ultra-voilet, sigbare lig en infra-rooi lig is. Die aarde straal van die energie wat ontvang word uit as hitte. Koolsuurgas (CO2) absorbeer hitte met golf lengtes rondom 2.6µm en 4.3µm volgens die grafiek van 1963 (An Introduction of Atmoshpheric Physics - Fleagle en Businger). Koolsuurgas is net 0.04% van die gasse in die atmosfeer. Volgens die grafiek absorbeer hierdie klein persentasie koolsuurgas alreeds al die hitte by die golflengtes. Dan sal absorbsie nie toeneem in verhouding tot die verhoging in koolsuurgas nie.

In 1666 was die Goeie Hoop Kasteel in Kaapstad langs die see gebou, gedurende 'n periode waarin die aarde se temperatuur laag was. Die see is nou 'n paar kilometer weg. Dit is seker iets te doen met bewegings in die aard kors.

Is the global climate changing? Is the world getting warmer? - Planet Seed.

Global warming has been on pause for 19 years - Daily Mail UK.

Why did Earth’s surface temperature stop rising in the past decade? - Climate.gov.

Vulkane verkoel die aarde se temperatuur vir 'n paar jaar: Berkeley Earth. Dit beteken meer rook verlaag die aarde se temperatuur. Helder lug verhoog die temperatuur. 'n Honderd jaar gelede het mense meer rook gemaak weens hout vure en stoom enjins. Die skoon lug veldtog kon bygedrae het tot hoër temperature.

What causes the Earth’s climate to change? Oor die laaste 425,000 jaar was koolsuurgas vlakke laag wanneer die aarde se temperatuur laag was. Dit kan wees dat daar minder veld brande is wanneer 'n groot deel van die aarde met ys bedek is, wat die koolsuurgas vlakke laag gehou het. Sneeu weerkaats die son se strale, wat die aarde afkoel, en die ys verder laat versprei. Soos die aarde afkoel, word wolke en veld brande minder, wat die lug helder hou, en die son kans gee om die sneeu te smelt. Sneeu tydperke kan dalk 'n periode wees van hoër vulkaniese bedrywigheid, aangehelp deur die drukking van sneeu op land. Die aard kors krimp seker as dit afkoel, wat die gesmelte magma uitdruk.

Wisselkoerse en mineraal pryse

Die VSA groei vir die eerste 3 maande van 2015 was net 0.2% jaarliks. Die dollar het vir meer as 'n maand verswak. Mineraal pryse het opgegaan van bodem vlakke. Die dollar verswakking is 'n net deel van die styging in mineraal pryse. As wêreld ekonomieë swak is net wanneer mineraal oorproduksie tot 'n einde kom, is dit dalk nie voordelig vir myn aandele nie, of mineraal pryse nie.

Olie het in Januarie 'n bodem gemaak. Ystererts het in April 'n bodem gemaak. Die koper prys het 'n bodem getref in Januarie. Goud is steeds op bodem vlakke. Beurs verhandelde fondse ("ETFs") wat 'n mineraal prys volg is 'n moontlike belegging, en sal gedeeltelik voordeel trek uit 'n verdere dollar verswakking. Myne aandele is geneig om net te val tot 'n sekere prys/verkope, wat beteken dat mineraal pryse heelwat moet herstel vir die wins en aandeel pryse om op te gaan.

China het 6 van die 10 grootste koper myne (Mining Technology). Die 3 grootste kopermyne is: Escondida (Chile) waarvan 58% deur BHP-Billiton besit word, Cananea (Mexico) wat deur Southern Copper Corp (SCC) bedryf word, en Collahuasi (Chile) wat deur Anglo en Xstrata beheer word. Southern Copper Corp (SCC) se netto wins marge is 24%, wat aandeel prys stygings beperk, en die prys/verdienste is alreeds 20. Hoë wins marge beteken waarskynlik ook dat 'n koper prys styging beperk is.


Woensdag 29 April 2015

Vinnige inligting

Voor die internet, moes mense vir koerante wag vir sekere nuus, soos aandeel pryse. Die onmiddelike toegang tot die internet vir inligting en aandeel verhandeling het groter wisselvalligheid veroorsaak. Twitter het 'n nuwe ontwikkeling in die spoed van nuus gebring. Dit is nog nie goed genoeg nie. Mense wil elke sekonde weet wat aangaan.

JSE resultate

Telkom (TKG) verwag vir jaar tot Maart 2015 'n wesens VPA van 517c tot 689c (-20% tot -40% laer), of genormaliseerd 543c tot 620c (40% tot 60% hoër). Die prys/verdienste is nou R80.51/~582c ~ 14.

British American Tobacco (BTI) se inkomste vir die 3m tot Maart was +1.7% hoër teen konstante wisselkoerse, of -5.8% laer teen huidige wisselkoerse. Sigaret volume van filiale was -3.6% laer. Die syfers wat op konstante wisselkoerse gebaseer is, is nie werklik van belang nie, tensy dit tydelike wissel koers veranderings is.

Reinet (REI) se netto bate waarde was E5078m, wat +9.3% hoër as op 31 Dec 2014. As die uitgereikte aandele 196m is, is dit R33.7 per SA aandeel, teenoor die aandeel prys van R25.71.


Dinsdag 28 April 2015

JSE resultate

Coronation (CML) verwag 'n vwVPA van 234.1c tot 261.6c, -5% to -15% laer. Die aandeel prys het vandag -8.8% geval. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste is nou rondom R95.56/~R4.96 ~19.

Sanlam (SLM) en Old Mutual (OML) het al maande gelede met swak resultate uitgekom, maar die aandeel pryse het opbeweeg. Die meeste plaaslike en buitelandse aandele sal baie moet val om aantreklik te wees. Wanneer 'n maatskappy se inkomste groei naby of onder inflasie is, is dit net die dividend of aandeel terugkoop wat aantreklik is, waarvoor 'n lae prys/verdienste nodig is.

Op die interweb

Baltimore Riots: Ferguson II as another Black American dies in custody (with pics) - Biznews. Die swart geweld in Baltimore (VSA), net soos die plaaslike geweld teen immigrante, is die simptome van 'n siekte, naamlik 'n onvermoë van mense om deel te neem aan die beskawing, en bepaald die ekonomie. Politici behandel glad nie siekte nie. Politici probeer die probleem afskuif op ander mense met beleid soos regstellende aksie, wat die ekonomie benadeel met swak diens, in plaas van die grondliggende probleme op te los.

America’s Risky Recovery - Martin Feldstein, Project Syndicate.

Corinthian College in die VSA het toegemaak, weens vals advertering, studente lenings, en bedrog. Die naam kom van die poort Corinth in Griekeland. Is dit 'n teken vir Griekeland se toekoms?

Audi has successfully made diesel fuel from carbon dioxide and water. Die proses is koolstof-neutral deurdat groen energie soos wind of son gebruik word. Die elektrisiteit tot vloeistof omsetting bereik 70% doeltreffend. Vergeleke met 'n elektriese kar wat direk van die elektrisiteit af werk, verloor dit eintlik 30%. 'n Diesel enjin is rondom 40% doeltreffend, vergeleke met die 90% van 'n elektriese motor. Dus is 'n elektriese kar 3x meer doeltreffend. Wanneer die diesel op groter skaal vervaardig word, sal die pomp prys R13 tot R20 per liter wees, wat te duur sal wees.


Vrydag 24 April 2015

JSE aandeel bewegings

Die JSE alle aandeel indeks is +2.7% op vir die week, wat meer is as die ekonomiese groei vir die jaar. As dit elke week 2.7% opgaan, sal dit 300% opwees oor 'n jaar. Dit is hoe belaglik groot veranderings is. Daar word dikwels gesê dat die aandeel mark opgaan omdat meer geld daarin belê word. Vir elke koper is daar 'n verkoper. Die geld wat ingaan kom onmiddelik weer uit. Die kontant in alle makelaars rekenings kan nie in die aandeelmark belê word nie (tensy nuwe aandele uitgereik word). Wanneer reserwe bank rentekoerse laag hou, en geld vrylik beskikbaar maak, veroorsaak dit ooral bate borrels, maar dra net by tot ekonomiese groei as nuwe besigheid geskep word. Gewoonlik is die inflasie wat geskep word veel meer as die ekonomiese groei.

Olie prys

Hedge funds bet big on oil price rally - Financial Times.

Former BP Chief Sees Oil Price Rebound Soon - Oilprice.com.
"Hayward, one of 42 speakers at the Financial Times’ Global Summit in Lausanne, Switzerland, on April 20-22, said the average global price of a barrel of crude will soon be around $80".

Exxon CEO: Oil prices won't spike for years - CNN Money.
"He went on to add, "If $80-$90 [per barrel] comes back, there's a good chance that $50-$60 comes back as well because of all the new oil that will come online from completed wells. Boom, bust, boom, bust."

Elektriese voertuig

As een voertuig vervaardiger doen wat Ford gedoen het met die Model T, naamlik om 'n elektriese voertuig uit te bring wat almal kan bekostig, is olie geskiedenis. Petrol enjins is baie ondoeltreffend. Vir olie om mee te ding met doeltreffende elektriese motors sal die prys moet val na omtrent $10/vat. Regerings het die situasie vererger deur 'n klomp belasting bo-op die petrol prys te laai. Nog 'n rede waarom elektriese voertuie gewild kan word, is omdat dit min instandhouding verg. Daar is nie olie, lug en olie filters wat vervang moet word elke 15,000 km nie.

As die petrol prys R12.50/liter is, en 'n petrol kar gebruik 8L/100km, is die koste R1/km. Tel daarby 20c/km vir die diens van die petrol enjin. As iemand 30km van die werk woon, is die afstand 1300km per maand, wat R1560 kos. Oor 10 jaar is die petrol koste R187,000. Die elektrisiteit vir 'n elektriese voertuig (Nissan LEAF) werk uit op omtrent 22c/km. Of 'n elektriese voertuig goedkoper uitwerk, hang af hoeveel duurder 'n elektriese voertuig is, hoe ver gery word, en die hoe lank die battery sal hou voor dit vervang moet word.

Op die interweb

Die Mammoth kan dalk herleef: Mammoth genome sequence completed. Om bedreigde spesies soos die renoster te beskerm, kan diere nader aan die gewone publiek gebring word deur diere parke binne woonbuurtes te skep, waar mense die diere van die straat af kan sien.

JSE klein aandele

Esor (ESR) se aandeel prys het van Maandag af 50% opgeskiet. Daar was gister 'n SENS aankondiging dat Mnr Kamal Parabhu Natha 78.2m aangekoop het, en as gevolg daarvan 19.78% van die aandele hou.

Huge Group (HUG) se aandeel prys het van 'n laagtepunt verlede jaar naby 45c opgeskiet na 335c.

Santova (SNV) het van 90c in 2013 opgegaan na 365c op lae handel.

Interwaste (IWE) het hoë inkomste groei, maar aandeel volume is laag.

Rolfes Tech (RLF) se aandeel prys het van 'n piek by 700c afgeduik na 293c, na inkomste groei geval het, en wins afgeplat het. Die prys/verdienste is laag.

Sovereign Food (SOV) verwag 'n VPA van meer as 90c, met die aandeel prys op 780c. Groot prys gaping. Die skielike winsgewenheid in die hoender bedryf is seker nie volhoubaar nie.


Donderdag 23 April 2015

Redelose uitbundigheid

Lank gelede was Sasol (SOL) so goedkoop gewees dat dit onverstaanbaar was. Nou is dit onverstaanbaar duur. Om die huidige aandeel prys van Sasol te regverdig, sal die olie prys moet opskiet na rekord vlakke vir die oorblyende 2+ maande van die volgende resultaat. Sasol se aandeelprys is nou op dieselfde vlak as 2013 toe olie tussen $100 en $115 was. Vir die ystererts myne, insluitende Anglo en BHP Billiton, om aantreklik te wees teen die huidige ystererts prys, sal hulle wonderbaarlike koste besparings moet aankondiging met die volgende resultate, al is hulle produksie hoër. MTN se aandeelprys het opgegaan ten spyte van die val in hulle inkomste van SA en Nigerië. Enige maatskappye wat nog hoë groei het, word hemelhoog opgejaag.

Hidrouliese breking hou olie prys laag

Volgens die Bloomberg artikel: U.S. Shale Fracklog Triples as Drillers Keep Oil From Market, is daar baie hidrouliese-brekings boorgate wat wag om ontgin te word as die olie prys hoër gaan. Dit beteken die olie prys gaan onder druk bly.

Bostuklose strand vir Los Angeles

Venice Beach naby Los Angeles wil kaal bolywe toelaat - Biznews. Die beskrywing in LA se munisipale reëls (soos aangehaal in die artikel) oor wat nie toelaatbaar is nie, is baie spesifiek. Kaal bolywe is baie lank al toegelaat op die Franse Riviera en Australië se strande. As 'n mens per trein langs die Franse Riviera ry, kan die strande deur die venster gesien word.

Vlugtelinge

Die Europese Unie weet nie wat om te doen omtrent die vlugtelinge uit Afrika nie. Die oorgrote meerderheid van SA kiesers ondersteun die transformasie van 'n gedeeltelik ontwikkelde land na 'n primitiewe Afrika land. Wat die EU kan doen, is om SA burgers te kry om aan hierdie vlugtelinge te verduidelik dat Afrika meer aantreklik is as Europa. In Europa sal hulle ly weens onderdrukking, maar in Afrika is hulle vry om misdaad te pleeg en in armoede te lewe.

Die ANC het die 10% blanke bevolking se poste aan die 90% swart bevolking uitgedeel deur regstellende aksie. Dit laat steeds 80% van die bevolking in armoede. Dit is duidelik uit die geweld teen immigrante dat die ekonomiese probleme glad nie opgelos is nie. Wat wel gebeur het, is dat onbekwaamheid toegeneem het, en ekonomiese groei opgehou het.

JSE resultate

Volgens Hulamin (HLM) se handels verklaring was vervaardigde uitset in die eerste kwartaal erg geraak deur elektrisiteits toevoer besnoeiings en gehalte aangeleenthede op twee produk lyne. Generators word vroeg in Mei geinstalleer. Die VPA vir die 6m tot Junie sal meer as 20% laer wees. Die aandeel prys daal al vir twee maande. Die prys/verdienste op die ou resultate is 710c/110c = 6.5.

Argent (ART) verwag 'n wesens VPA vir die jaar tot Maart van 15.3c tot 18.3c, +5% tot 25% hoër. Die prys/verdienste is rondom 415c/~16.8c ~ 25. Die VPA is nog ver van 2013 se 85.9c.

Anglo (AGL) se produksie groei vir die eerste kwartaal, teenoor die jaar tevore: yster erts Kumba +7%, Minas-Rio +71%, uitvoer metallurgiese steenkool -17%, uitvoer termiese steenkool +11%, koper -15%, platinum +50% (staking), diamante +2%.

Clicks (CLS) se inkomste vir die 6m tot Feb was +14.2% hoër, en die vwVPA +12.8% hoër. Die prys/verdienste is nou R95.25/357.6c = 26.7

Kumba (KIO) se plaaslike verkope vir die 1ste kwartaal was +1% hoër as 'n jaar tevore. Uitvoere was 22% hoër as 'n jaar gelede, en -2% laer as die kwartaal tot Des. Weens die laer yster erts prys word verdere inisiatiewe geneem om kapitaal besteding te verminder en koste van produksie te verlaag.

Vir die kwartaal tot Maart, teenoor die kwartaal tot Des, was MTN (MTN) se SA intekenaars -0.1% laer, en gemiddelde inkomste per gebruiker -4.8% laer. Vir Nigerië was intekenaars -0.3% laer, en gemiddelde inkomste per gebruiker -1.4% laer (-12.3% laer in VSA dollar).

Tesla se nuwe batterye

Tesla gaan 30 April 'n aankondiging maak oor 'n tuis battery om elektrisiteit te stoor, en ook 'n groot weergawe vir elektrisiteits verskaffers. Op SolarCity (waarvan Elon Musk die voorsitter is) se webwerf is daar 'n bladsy getitel How much does a solar system cost?. Die vraag word glad beantwoord nie. Volgens What Does A SolarCity/Tesla Storage System Cost? het 'n 10kWh Tesla battery verlede jaar $3300 gekos. Dit werk uit op R4000/kWh, wat omtrent ekwivalent is aan 'n 12V 100Ah lood-suur battery, wat rondom R1500 kos. As die Tesla battery 10 tot 20 jaar hou, teenoor lood suur batterye wat 'n jaar of twee hou, kan dit koste doeltreffend word.

Die nuwe langlewe batterye kan twee groot fundamentele veranderings in die toekoms veroorsaak. (1) Die publiek sal moontlik hulle eie elektrisiteit goedkoper kan opwek met sonpanele as elektrisiteits verskaffers soos Eskom, behalwe wanneer dit bewolk is. Die verskaffers sal hulle fooi struktuur moet verander as mense net krag gebruik wanneer dit bewolk is. (2) Oor 10 jaar kan die meeste nuwe voertuie elektries wees, wat die olie bedryf se einde sal beteken.


Woensdag 22 April 2015

JSE resultate

Indequity Group (IDQ) se bruto premiums geskryf vir die 6m tot Maart was +8.8% hoër, en vwVPA was +50% hoër na 28.65c. Daar is min handel, en 'n reuse koop-verkoop prys gaping.

Vukile (VKE) wil kapitaal bekom deur 'n versnelde boek bou. In die verlede het die aandeelprys op die mark tot die prys (onbekend) van die nuwe uitgereikte aandele geval.

BHP Billiton (BIL) se Western Australian Iron Ore yster erts produksie was +16% hoër vir die 9m tot Maart, teen 'n koste onder $20 per ton. Dit lyk of die hoër koste produsente probleme gaan hê. BHP Billiton verwag 230 Mt yster erts produksie tot Junie 2015. Dit is vergeleke met Kumba (KIO) se 48.2Mt (+14%) vir 2014, Afr Rainbow Min (ARI) 15.5Mt, Assore (ASR) 15.4Mt, en Rio Tinto 234Mt (+12%).

Richemont (CFR) verwag vir die jaar tot Maart 'n -36% laer netto wins, weens mark-tot-mark verliese op finansieële instrumente. Die prys/verdienste op die vorige resultate is ongeveer 10x R104.11/2xE1.603 ~ 25.


Dinsdag 21 April 2015

OPEC se krimpende mark aandeel

Dit lyk of die olie prys op die kort termyn deur spekulante oorheers word, wat geen aanduiding verskaf van die lang termyn prys nie. Elke keer wanneer die prys opgaan, is daar kommentators wat 'n hoër prys voorspel, en die omgekeerde gebeur elke keer as die prys val. OPEC moet bereid wees om 'n laer olie prys te aanvaar om hulle mark aandeel te beskerm. Om met 'n laer olie prys tevrede te wees, is moeilik om te doen. Hulle kon dit nie in die verlede doen nie. Die kanse is goed dat hulle mark aandeel net gaan aanhou krimp.

JSE resultate

Steinhoff (SHF) maak 'n aanbod vir die oorblywende JD Group (JDG) aandele teen R34.00.

Combined Motor Hold (CMH) se inkomste vir die jaar tot Feb was +0.3% hoër, en vwVPA +24%. Die prys/verdienste is nou 1500c/191.6c = 7.8. Dividend opbrengs is 5.5% na belasting. Die aandeel prys spring rond weens lae volume.

Consolidated Infrastructure Group (CIL) se inkomste vir die 6m tot Feb was +26.5%, en vwVPA +23%. As dit VPA herhaal is die prys/verdienste nou R28.99/2x107.4c = 13.5. Die vooruitsigte lyk positief.

Pick n Pay (PIK) se inkomste vir jaar tot Feb is +6.2% hoër, en vwVPA +28%. Die prys/verdienste nou R53.49/174.72c = 31.

Op die interweb

Nagebootste motor modelle van China: It’s a knock-off! China’s copycat cars at the 2015 Shanghai motor show,
en van 2014: Chinese copycat cars


Maandag 20 April 2015

Op die interweb

Happy Days Are Here Again: Henry Winkler, Anson Williams & Donny Most Reunite - People tydskrif. Lank gelede was daar ook restaurante in Suid Afrika gewees waarby mense in hul motors gesit en kos gestel het.

JSE aandeel mark aankondigings

Datacentric (DCT) se inkomste vir die jaar tot Feb 2015 was -1.3% laer, en vwVPA +16.3% hoër. Die dividend opbrengs is 3.6% na belasting. Die aandeel prys het net voor die resultate opgeskiet. Die prys/verdienste is nou 415c/52.8c = 7.9.

Pioneer (PFG) verwag vir die 6m tot Maart 2015 verstelde wesens VPA van 439c tot 459c, wat +35% tot 41% hoër is. As dit herhaal is, die prys/verdienste nou rondom R183.21/2x449c ~ 20.

Griekeland

Griekeland se regerings uitgawes het -21% gedaal van 2011 na 2014, en die ekonomie (BBP) het -14% gekrimp. Dit maak sin. Dit is die ekwivalent van 'n land se geld eenheid devalueer. In plaas van dienste staak en mense afdank, kon hulle alle salarisse met 'n sekere persentasie verlaag het. Griekeland kan gerus versuim om die IMF lening terug te betaal. Die IMF het 'n lang geskiedenis van korrupte en onderdrukkende regerings finansieël ondersteun. Griekeland en Europa het alreeds aansien verloor. Almal dink nou die Grieke is sukkelaars wat nie hulle skuld kan betaal nie. Die motivering vir die bestaan van die EU het 'n knou gekry.


Saterdag 19 April 2015

Eskom en beurtkrag

Daar word baie voorstelle maak oor wat gedoen behoort te word omtrent elektrisiteits verskaffing in Suid Afrika. Al hierdie voorstelle ignoreer die feit dat regering uit morone bestaan, wat nie die probleme verstaan nie, en na niemand luister nie. Die Departement van Energie het die verskaffing van gratis en gesubsidieerde son water verhitting oorgeneem van Eskom. Weereens word belasting betalers se geld vermors wanneer 'n staatsbeheerde besigheid wanbestuur word.

Die regering wou in 2009 die las op kragstasies verlig met 1 miljoen son water verhitters oor 5 jaar. As elke stelsel 100 liter warm water benodig (genoeg vir 'n gesin van 4 tot 8 mense om te stort), spaar dit 200 Watt. Dus 1 miljoen van die stelsels spaar 200MW. Een kragstasie lewer 1000 to 5000MW elektrisiteit, dus is die besparing klein. Die verwagte koste van die Medupi kragstasie is R170 biljoen, en die elektrisiteits wat dit sal lewer is 4800 MW. Dit werk uit op R35.4/Watt. Die kleinhandel prys van fotovoltaïese sonsel panele is omtrent R12/Watt, sonder installasie koste, en die sonkrag kan nie ekonomies gestoor word vir die aand nie. Eskom/regering spandeer R8800 op elke son water verhitting stelsel (nie duur foto selle nie). Dit werk uit op omtrent R44/Watt. As 2 tot 4 mense per huishouding 'n stelsel gebruik, is die koste R88/Watt.


Beperkings op rugby se gewildheid

Om die gewildheid van rugby te verbeter of te beskerm, is die volgende veranderings nodig:

Chinese aandeel mark het opgeskiet

Die Shanghai aandeel mark saamgestelde indeks (SHCOMP) het die afgelope jaar met 111% opgeskiet - Bigcharts. Dit lyk na 'n borrel - The Economist. As die borrel bars, sal Naspers (NPN) afgetrek word.



Vrydag 18 April 2015

JSE aandeel mark bewegings

Die JSE alle aandele het Vrydag 1.0% geval, en vir die week +0.6% hoër geeindig. Wisselvalligheid is hoog. Die mark gaan moeilik deur die res van die jaar kom sonder groot swaaie. Die meeste aandele is op gedurende die week, en het Vrydag teruggeval. Naspers (NPN) het na R1834 teruggeval nadat dit naby R2000 gekom het. Die yster erts prys het 'n bietjie herstel na 'n groot val. Te oordeel aan die laaste wins marge, is die huidige prys waarskynlik onder die meeste myne se koste, en sal hoër koste produksie gesny moet word.

JSE aandeel resultate

Foutainhead Poperty Trust (FPT) se huur uitkering opbrengs is ekwivalent aan 2x30.6c/1027c = 6.0% (cum 8 Mei) en verwagte groei vir die jaar tot Augustus is 5% tot 6%.

Griekeland

Griekeland verskaf 'n vertoning van 'n basiese probleem met demokrasie. Die publiek stem vir geld van die regering. Hulle gee nie om waar die geld vandaan kom, of die gevolge daarvan nie. Dit wys ook waarom ekonomieë nie groei nie. As die publiek vir hulle self geld uitdeel, is daar nie motivering om te werk nie. Daar is 'n oplossing - maak die regering op alle vlakke 'n vrywillige diens verskaffer. Net die mense wat regerings dienste wil hê betaal daarvoor.

Op die interweb

Die VSA web blad bevat ook skakels na "Fed’s Dudley Warns about Wave of Municipal Bankruptcies" en "Magnificent Housing Bubble Unravels in Much of Canada": Bankruptcies Suddenly Soar Across Corporate America, Worst First Quarter Since 2009.
Kommentaar: Een van die redes waarom ekonomieë in die Weste sukkel is omdat vervaardiging na China verskuif het, maar bevolkings dieselfde lewens standaard probeer handhaaf het, en regerings bygedrae het tot ondoeltreffenheid. Wanneer 'n land soos China met 1400 miljoen mense besluit om alles goedkoop te vervaardig, moet ander lande se bevolkings of laer lone aanvaar of unieke produkte uitvoer. As 'n ingevoerde produk besonder goedkoop lyk, moet jy wonder hoekom jou land se uitvoere so waardevol is, en hoe lank dit kan aanhou. As China so ver ontwikkel dat hulle nie meer westerse produkte nodig het nie, en al die vervaardiging sit in China, waarmee gaan ander lande al hierdie vervaardigde produkte koop?

Foto van Mars deur NASA se nuuskierige swerwer: NASA's Curiosity Rover Making Tracks and Observations.

NASA se MESSENGER (MErcury Surface Space ENvironment, GEochemistry, and Ranging) ruimte tuig gaan omtrent 30 April na Mercury se oppervlakte val wanneer sy brandstof opraak - NASA Spacecraft Achieves Unprecedented Success Studying Mercury, Image gallery.

Brandstof selle sonder platinum koste doeltreffend: Creating bare, two-metal particles provides insights into potential substitutes for costly platinum in fuel cell catalysts


Donderdag 17 April 2015

JSE aandeel mark prys bewegings

Die JSE algehele indeks het 1.0% geklim na 'n nuwe hoogtepunt. Dit lyk of die styging deur 'n paar groot aandele veroorsaak was, met BHP Billiton (BIL) 0.0%, SAB Miller (SAB) +1.4%, Richemont (CRF) -0.9%, Naspers (NPN) +4.7%, MTN (MTN) +3.9%, Sasol (SOL) +3.8%, Anglo (AGL) -1.4%, BA Tobacco (BTI) 0.0%, First Rand (FSR) +0.6%, Standard Bank (SBK) +0.6%.

JSE aandeel mark resultate

Rebosis (REB) se huur uitkering opbrengs is nou 2x52.46c/1225c = 8.6% (cum 8 Mei). Verwagte groei vir die jaar tot Aug 2015 is 8% tot 10%.

Business Connexion (BCX) het resultate uitgebring. Telkom wil die maatskappy oorneem vir 660c per aandeel.

Astrapak (APK) se inkomste vir die jaar tot Feb 2015 was -45% laer, of +8% hoër as die herverklaarde inkomste. Die vwVPA was 'n verlies van -114c. Lae volume.


Woensdag 15 April 2015

JSE indeks vertoning oor 'n jaar

Hoe hoog of laag kan die JSE indeks gaan in terme van die onderliggende aandele? Die JSE algehele indeks is op met +12.4% oor 'n jaar. Van die grootste aandele se vertoning oor die tydperk: BHP Billiton (BIL) -21%, SAB Miller (SAB) +19%, Richemont (CRF) +1.1%, Naspers (NPN) +75%, MTN (MTN) +3%, Sasol (SOL) -19%, Anglo (AGL) -29%, BA Tobacco (BTI) +10%, First Rand (FSR) +53%, Standard Bank (SBK) +29%.

Die JSE styging van 12.4% lyk nie buitensporig nie. 'n Groot deel daarvan is inflasie. Met die swak ekonomie en lae mineraal pryse was die toestande lanklaas so gunstig vir 'n val in die aandeel mark, maar watter aandele kan val? 'n Klomp van die aandele se prys prestasie stem nie ooreen met hulle finansieële resultate oor die tydperk nie, soos SAB Miller, Richemont, BA Tobacco, en party banke. BHP Billiton, Anglo en Sasol se prys val laat dit lyk of die ystererts en olie pryse 'n net bietjie geval het, want die aandeel prys beweeg normaalweg in verhouding tot die wins. Naspers se gewig in die Satrix40 was rondom 9% gedurende die jaar, wat beteken dat Naspers se 75% styging omtrent 7% bygedrae het tot 11% styging in die Satrix40.

JSE aandeel resultate

PSG Grp (PSG) se Som van die Dele was R195.02 op 7 April 2015, waarvan Capitec 46%, Curro 17%, PSG Konsult 14%, Zeder 10% uitgemaak het. Die aandeel prys is 183.80.

Illovo (ILV) verwag vir die jaar tot Maart wesensdienste van 170.7c tot 180.4c. Dit was te verwagte want die 2de helfte wins is gewoonlik minimaal, en die 1ste helfte vwVPA was 171c.

Cashbuild (CSB) se verkope vir die derde kwartaal tot Maart 2015 was +18% hoër. Party jare was die groei 6%. Die prys/verdienste is omtrent R243/~R15.8 ~ 15.4. Aandeel prys spring rond weens lae handel.


Dinsdag 14 April 2015

VSA regering verstaan nie internet spoed nie

Suit filed as US 'open Internet' rule becomes official. Politici vertoon weereens hulle onkundigheid. Dit het nie lank geneem vir die regering om in te meng in die vrye mark nie. Sodra besighede inisiatief toon word dit onderdruk.

Beurtkrag

Elke keer as die krag afgaan wonder 'n mens waarom die ANC nog in die regering is. As dit 'n eerste wêreld land was, was die publiek al lankal so geirriteerd gewees dat die regerende party al jare gelede weg was. As hulle nie deur die publiek uitgestem was nie, sou parlement die regering met 'n mosie van wantroue uitgestem het, of die regering hulle eie onbekwaamheid herken het, en bedank het. Nog 'n bewys dat demokrasie nie in Afrika werk nie.

JSE aandeel mark

Evraz Highveld Steel and Vanadium (EHS) gaan voort met vrywillige besigheids redding. As 'n mens die val in die ystererts vergelyk met die laaste wins marge van yster myne, kan kredietwaardigheid 'n probleem word vir party myne.


Maandag 13 April 2015

JSE aandeel mark

Die JSE algehele indeks het 'n nuwe hoogtepunt bereik. Dit maak nie sin in terme van die swak SA ekonomie of wêreld ekonomieë nie. As regerings nog meer geld gaan skep weens die swak ekonomieë, kan dit aandeel markte bevoordeel.

Op die interweb

In 2014 was 72% van nuwe motor verkope ingevoerde motors: Pace of imported-car sales slowed last year for first time since 1999 - Engineering News.
Kommentaar: Die lyk of die arbeids koste oorsee soveel goedkoper is dat motors eerder ingevoer word, ten spyte van die regering se subsidie aan plaaslike motor vervaardiging, en invoer heffings. SA kopers betaal hopeloos te veel vir voertuie, omdat die salarisse van plaaslike werkers te hoog is. Ondoeltreffenheid dra by tot lae ekonomiese groei.

Die artikel van Jan. 2012 toon verbasende insig in die borrels wat gebars het: Beware Of The 'CCC Aches' Bubbles - Seeking Alpha.

'n Grafiek in die artikel wys 'n val in VSA krediet net soos 2008: Credit Crunch Underway: Can Recession Be Far Behind?

Ook grafiek wat val in China kommoditeite toon: Chart for upcoming. Commodity prices vs CHina rail freight - Twitter


Sondag 12 April 2015

Op die interweb

Eskom threatens High Noon for 20 defaulters - Biznews.
Kommentaar: Die neiging is vir die regering om belasting te gebruik om staats beheerde besighede te befonds wanneer party verbruikers nie meer betaal nie. As die wat nog betaal dit sien, kan nog meer besluit om nie te betaal nie, soos die Gauteng tolpad. Andersins word dienste aan arms gesubsidieer, of hulle betaal vir dienste met staats toelae. Die neigings is nie volhoubaar nie.

The three million Americans in the top 1% of earners pay nearly half the income tax - Wall Street Journal, Twitter.

How can the US ensure sustained growth?
Kommentaar: Tot watter mate is die klaarblyklike verhoging in produktiwiteit weens goedkoop Chinese invoere?


Saterdag 11 April 2015

Satelliet TV

Tabel wat die programme in die DSTV Family R199 en Starsat Super R199 pakkette vergelyk. Internet TV begin aantreklik lyk. DSTV het te duur geword.

Op die interweb

The Fed Has Promised Too Much and Can Only Deliver Bubbles (Video) - SchiffGold. "The world needs to rebalance and realign and get more demand out of the producers and less demand out of the excess consumers like the United States."

Slim horlosies

Apple Watch review - Stuff.

Die Apple horlosie moet elke dag gelaai word. Dit hou tot 3 uur op praat, of 6.5 uur op musiek speel. As horlosie hou die battery 2 dae (5 kyke na die tyd per uur). Laaityd is 1.5 uur vir 80% vol, of 2.5 uur vir 100% vol. Ander slim horlosies:

Best Smartwatches 2015 - Tom's Guide.

Smart Watch Reviews - Consumer Reports.


Vrydag 10 April 2015

JSE aandeel mark week oorsig

'n Mens kan sien aandeel markte word opgestoot deur die geweldige bedrae wat na fonds bestuurders toe vloei. Die geld kan net in aandele belê word as die bestaande aandeel houers verkoop. Om die aandeel houers te kry om te verkoop, moet aandele oorprys raak. Dit is die toestande wat uiteindelik tot 'n mark insinking lei.

Dit lyk of die myn aandele Afr Rain Min (ARM), Anglo (AGL), Amplats (AMS), Anglogold Ashanti (ANG), Exxaro (EXX), Implats (IMP) opgehou geval het, en sywaarts beweeg naby bodem vlakke. Die yster erts prys het die week opgehou val. Kumba (KIO) het Woensdag herstel maar die week laer geeindig. BHP Billiton (BIL) het vasgesteek op 'n hoër vlak. Hulle olie blootstelling was voorheen aantreklik. Dit is nie meer die geval nie.

Die mediese aandele Aspen (APN), Mediclinic (MDC) het weer begin opbeweeg. Aspen werk aan 'n regterskouer. Life Healthcare (LHC) dryf laer.

Die banke Barclays (BGA), First Rand (FSR)/RMBH (RMH), en Standard Bank (SBK) het opbeweeg. Party se resultate was nie goed nie, wat die beweging onverstaanbaar maak. Nedbank (NED) dryf laer. Capitec (CPI) het die week sywaarts beweeg, na die prys sedert Okt verdubbel het.

Discovery (DSY) is op 'n nuwe hoogtepunt van R136.50. Na die handels opdatering van 19 Nov 2014 waarin hulle het gesê dat die wVPA meer as 85% sou opgaan, het dit lank geneem vir die aandeel prys om te klim, en nou het momentum oorgeneem. Rand Merchant Insurance (RMI) kruip hoër.

Clicks (CLS, VPA+12.9% PV=29), Shoprite (SHP, VPA+8.5% PV=23), Woolworths (WHL verstelVPA+30% PV=19) het opgegaan. Foschini (TFG VPA+3.4% PV=25) het opgeskiet. Mr Price (MPC VPA+23% PV=36) het opgeskiet. Spar (SSP) het geklim.

Naspers (NPN) begin eksponensieel opgaan. Richemont (CFR) werk aan 'n driehoek. Die laaste resultate was nie goed nie. Steinhoff (SHF) beweeg sywaarts na groot stygings. AECI (AFE) raak al meer wisselvallig. AVI (AVI) het geval, maar die PV van 16 lyk nie buitensporig duur vir 11% groei nie, vergeleke met party oorprysde aandele. EOH (EOH) klim steeds (VPA+32% PV=30).

Liberty (LBH) het teruggekom na dit opgeskiet het, ten spyte van swak resultate. PSG (PSG) het opgeskiet.

JSE aandeel mark resultate

Northam Platinum (NHM) maak 'n regs aanbod van 28.22 nuwe aandele vir elke 100 Northam aandele teen R41, wat die aandeelhouer die reg gee om aandele in Zambezi Platinum te bekom (cum 17 April). Die reg sal verhandel van 20 April tot 8 Mei 2015.

Pick n Pay (PIK) verwag vir die jaar tot Feb omset groei van 6.1%. Veertig onderpresterende winkels was gesluit. Verwagte vwVPA is 163.75c tot 177.40c, +20% tot 30% hoër. Die prys/verdienste is omtrent R53/R1.71 ~ 31. Die netto wins marge was omtrent 1.2%.

Phumelela Gaming and Leisure (PHM) se inkomste vir die 6m tot Jan is +12%, en vwVPA -3% na 63c. Lae volume.


Donderdag 9 April 2015

Europese aandele

Daar word gesê dat Europese aandele nou skielik aantreklik is. Dit is moeilik om te glo. Neem byvoorbeeld Volkswagen. Die verkope groei vanaf 2011: +25% +21% +2.2% +2.8% 2015~2.9%. Die VPA was wisselvallig. Die prys/verdienste is E249.5/E21.9 = 11.4.

Of BASF. Die verkope groei vanaf 2011: +15.0% +7.1% -6.0% +0.5% 2015~0.6%. Die prys/verdienste is E95.25/E5.60 = 17.0. Daar is dikwels 'n gebrek aan finansieële inligting op Europese maatskappye se webwerwe.

JSE aandeel mark

PSG Konsult (KST) se geskrewe premies was +29% hoër vir die jaar tot Feb, en wVPA +26%. Die prys/verdienste is nou 740c/26c = 28.

Consolidated Infrastructure (CIL) verwag vir die 6m tot Feb 'n wVPA van 106.2c tot 113.3c, +20% tot 28% hoër.

Tencent in Hong Kong is vanoggend +7.2% op, maar 3.5% aan die einde van die dag. Dit is saam met die Hang Seng op wat 2.7% geklim het. Die skielike styging van die Hong Kong aandeel mark het te gedoen gehad met China wat meer toegang tot die vasteland se fondse wil gee. Omdat dit die prys gaping tussen die Hang Seng en Shanghai markte sal verminder, het kopers by voorbaat die Hang Seng aandele gekoop. How high-flying Hong Kong stock market could do real damage

Tencent nuus van die laaste 24 uur: Trajectory (van Massachusetts) gaan Tencent Literature (deel van Tencent) se meer as 200,000 eBoeke aan Noord en Suid Amerikaanse kliente verkoop. Tencent gaan skrywer Liu Cixin as mobiele spel verbeeldings argitek gebruik. Ant Financial, 'n filiaal van Alibaba, is besig om 'n aanlyn bank te stig, wat meedinging tussen Alibaba en Tencent sal vergroot.

Beskadiging van standbeelde

Die ironie van die EFF wat standbeelde beskadig, is dat hulle waarskynlik nie die rooi oorpakke sou kon bekostig het nie, as dit nie was vir die blanke setlaars nie. Sonder die blanke setlaars sou die land so arm soos die res van Afrika gewees het. Kan mense in die res van Afrika bekostig om geld op rooi oorpakke te mors? Hulle sou dit spesiaal moes invoer.


Woensdag 8 April 2015

JSE aandele

Discovery (DSY) en John Hancock Insurance sluit 'n vennootskap. John Hancock het verskeie genoteerde fondse in die VSA, maar is nie self genoteer nie. John Hancock Financial is die VSA eenheid van Manulife Financial van Kanada. Manulife Financial (MFC) is genoteer. Discovery het reeds vennootskappe met Ping An in China, AIA in Asia and Australia, en The Generali Group in Europa. Discovery besit ook VitalityLife en VitalityHealth in die VK. Vitality het reeds 700,000 lede in die VSA.

Europese aandeel

Vir 'n geruime tyd word Europese aandele aanbeveel omdat die swak Euro, en geld verslapping deur die sentrale bank, die maatskappye gaan bevoordeel, en die Euro kan versterk. Daar is probleme met die strategie: (1) Europese aandele het alreeds opgeskiet, meer as wat die Euro geval het. (2) Net maatskappye wat uitvoer of buitelandse inkomste het, sal baat by die swak Euro. (3) Die meeste Europese maatskappye se groei is net so laag as die Europese ekonomieë, wat te laag is vir lang termyn groei. (4) Analiste se dekking is nie so goed soos VSA aandele nie. Finansieële inligting is beskikbaar op 4-traders.

Battery koste beperk elektriese voertuie

Die koste van die battery maak elektriese voertuie op die oomblik te duur - 2011 pdf dokument van Technology Review. As die prys van batterye onder $230/kWh val, sal dit die einde van petrol voertuie beteken volgens How Battery Costs May Drop Below $100/kWh.

Goud as belegging

As die publiek geen rente op kontant kry nie, en in party lande negatiewe rentekoerse, is dit beter om goud te hou? Die goud prys word laag gehou deur myn oorproduksie. In die verlede het myne se kostes veel meer as inflasie opgegaan, maar terwyl die goud prys hoog genoeg was vir myne om wins te maak, het hoër kostes nie die goud prys opgestoot nie. Wanneer die goud prys val tot vlakke waar myne nie meer 'n wins maak nie, sny hulle eers kostes in plaas van produksie. Die goud prys dryf laer (Goldprice.org). Die goud prys het hoë groei gebied van 2001 tot 2011. Tot dat goud 'n bodem vorm, lyk dit nie aantreklik nie.

Op die interweb

Stupidity of Negative Interest Rates Expands to Spain; Deflation Shock Thesis

Why There's No Inflation Despite Trillions of Fed Dollars As bates soos eiendom opgaan in prys, is daar inflasie. Dit word net nie behoorlik gemeet nie.

Federal Financial Aid Is The Real Reason College Costs Too Much


Dinsdag 7 April 2015

JSE aandeel mark

Die JSE algehele indeks is vandag 0.7% hoër. Gegewe die swak ekonomie lyk 'n bul lopie in die aandeel mark onvanpas.

Hoë eiendoms pryse moontlik teken van komende stagflasie

Lae rentekoerse het in baie lande tot hoë eiendoms pryse gelei (Home prices in Seattle jump 18.9 percent from year ago). Dit word gewoonlik gevolg deur hoër inflasie. Terselfdertyd lyk ekonomiese groei vooruitsigte sleg in baie lande. Hoë inflasie, en lae groei of negatiewe groei (stagflasie) lyk na 'n moontlikheid.

Rentekoerse is laag omdat daar nie 'n aanvraag is na geld nie, behalwe van regerings wat aanhou spandeer. Die aanvraag na geld is laag weens swak ekonomieë. Regerings dra by tot die swak ekonomieë met belasting op ekonomiese bedrywiges. Invoer beskerming maak lande se geld eenhede onmededingend gedurende 'n tydperk waarin China deur goedkoop arbeid die wêreld se vervaardiging oorneem.

Hoë inflasie is nodig om die reële koste van lone af te bring. Dit is wat gebeur wanneer regerings dink hulle kan ekonomiese beginsels klop met minimum lone, en nie teen vakbonde optree wat werkgewers afpers nie.

Op die interweb

En van die min interessante gebeure op die internet is die droogte in Kalifornië. Volgens die artikel Carly Fiorina: Environmentalists To Blame For 'Man-Made' Drought In California: “Despite the fact that California has suffered from droughts for millennia, liberal environmentalists have prevented the building of a single new reservoir or a single new water conveyance system over decades during a period in which California’s population has doubled.” In teenstelling met SA waar inboorlinge die beskawing vernietig, in die VSA is dit die omgewings bewustes. Arnold Schwarzenegger het destyds in sy verkiesings veldtog vir goewerneur gesê hy sal iets doen omtrent Kalifornië se begrotings tekort. Twyfel of dit gebeur het. Lyk of die staat al lankal wanbestuur word.

Jim Cramer van CNBC het 'n boek uit (Get Rich Carefully) wat nommer 5587 op Amazon se ranglys van beste verkopers is. Dit is moeilik om te bereik.

Jim Cramer's Picks -- Here Are 49 Stocks to Buy Right Now.


Maandag 6 April 2015

Op die interweb

Doemsdag artikels is die beste:

Richard Duncan: The Real Risk Of A Coming Multi-Decade Global Depression. Een kommentator vra 'n goeie vraag: " If this debt is to be paid back (to ensure the stability of the currency), how exactly is this supposed to happen ? Is it even possible ?"

Investors are binging on credit to buy stocks like they were in 1929.


Sondag 5 April 2015

OPEC se olie fout

OPEC het 'n fout gemaak om die olie so hoog te hou vir jare. Dit het gelei tot 'n krimpende mark aandeel, en die onttrekking van olie uit skalie rots deur hidrouliese breking. Wanneer mense eers begin om geld uit sulke olie bronne te maak, sal hulle alles probeer om daarmee te volhard. Die hoë olie prys het ook bygedrae tot meer doeltreffende enjins, en kleiner motors wat minder bandstof benodig. Die vraag is tot watter mate is OPEC se fout omkeerbaar. Al meer elektriese voertuie word uitgebring (Electric Cars 2015 — Prices, Efficiency, Range, Pics, More). Die massa produksie van elektriese voertuie behoort die prys af te bring.

Selfoon kontrakte onredelik

Vodacom en Cell C wil die tariewe van kliente wat onder kontrak is, verhoog. As een party in 'n kontrak willekeurig en onbeperk die koste van 'n diens kan verhoog, is die kontrak duidelik onregverdig en onwettig. In 'n huur kontrak word die huur verhogings in die kontrak vervat. As 'n verhuurder sommer willekeurig en onbeperk die huur kan verhoog, sal dit duidelik as onregverdig geskou word. Daar is geen rede waarom selfoon kontrakte anders hanteer behoort te word nie.


Vrydag 3 April 2015

VSA is die hoenders in

Die SA regering se teen-storting heffing op VSA hoender bedreig die Agoa ooreenkoms. Die SA verbruiker behoort die vryheid te hê om self te besluit of hulle goedkoop ingevoerde hoender stukke (met bene) sonder enige invoer heffing wil koop. As 'n huisgesin of 'n land iets goedkoop kan kry omdat dit 'n oortollige byproduk is van die wit vleis van Amerikaners eet, sou dit onsinnig wees om dit nie te benut nie. Die SA verbruikers wat wit vleis wil hê kan betaal vir die produksie koste van die hele hoender, want dit is wat die mark vereis. Die hoederstukke met bene bevat dikwels min vleis en behoort baie goedkoper te wees.

Sasol se vooruitsigte

Wat Sasol (SOL) se volgende resultate betref, is die 1ste 6m van 2015 alreeds halfpad verby. Sover is die gemiddelde Brent olie prys rondom $55. As die rand gemiddeld R11.8 is vir die 1ste 6m, is die gemiddelde olie prys R649. Dit is 34% laer as die 2de helfte van 2014. Die petrol prys daal nie tot dieselfde mate nie omdat die ander kostes opgaan met inflasie soos in onderstaande tabel getoon. Van Julie 2014 na Maart 2015 het die Basiese Brandstof Prys -37.5% geval, maar die petrol prys net -21.4%. Die brandstof heffing het +13.7% opgegaan oor 'n jaar.

Sasol se netto wins marge was 20% vir die 2H van 2014. Die prys/verdienste is nou R396/R61.5 = 6.4. As die Basiese Brandstof Prys net soos die Brent olie prys -34% val vir die huidige periode, oorskry dit Sasol se laaste netto wins marge. Die steenkool prys het minder verander.

Petrol prys samestelling
Item 2 Julie 2014 4 Maart 2015 Verskil
Groothandel marge 31 33.5 +8.1%
Sekondêre storing 17.1 17.4
Diens koste verspreiding 11.7 12.6 +7.7%
Kleinhandel marge 139.1 151.1 +8.6%
Zone verskil in Gauteng 33.1 33.1
Brandstof heffing 224.5 224.5
Doeane en aksyns belasting 4 4
Pad ongeluk fonds 104 104
Petroleum produkte heffing 0.15 0.15
Aanvraag kant bestuur heffing 10 10
Basiese brandstof prys 857.95 536.25 -37.5%
Pomp prys 1433 1127 -21.4%


Donderdag 2 April 2015

JSE einde van die week

Anglo (AGL) het Maandag opgegaan en die res van die week gesink. Die prys/verkope is R177.00/~R253 ~ 0.7. BHP Billiton (BIL) het dieselfde patroon gevolg, en is op 'n prys/verkope van R253.81/~R134 ~ 1.9. Kumba (KIO) is op 'n prys/verkope van R139.90/R148 = 0.95. Die vooruitsigte vir die ystererts prys lyk sleg. Koper het sedert 'n Jan laagtepunt gestyg, maar nou weer verswak. Goud en platinum het vir 'n paar weke herstel van 'n laagtepunt af soos wat die dollar verswak het, maar bly laag.

Eqstra (EQS) het die week 20% geklim. Die prys/verdienste is 468c/2x36.9c = 6.3. Die maatskappy se vooruitsigte op 3 Maart het positief geklink. Verkope per afdeling was: kontrak mynbou en plant huur 44%, industriële toerusting 29%, vloot bestuur en logistiek 27%.

Discovery (DSY) het sedert die regsaanbod verval het, van omtrent R120 na R131.50 geklim. Die prys/norm.verdienste is R131.50/R6.46 = 20.

Afrox (AFX) het sedert verlede week opgespring na maande se val, en is nou op 'n prys/verkope van R14.49/R18.9 = 0.77. Die 2de 6m van 2014 VPA was 'n verlies. Die maatskappy het in Feb verwag dat die voordele van herstrukturering in die 4de kwartaal van 2015 toenemend verwesenlik sal word.

Argent (ART) probeer 'n bodem vorm na 5 jaar se val, en verlede jaar se arbeids onrus, op 'n prys/verdienste van omtrent 450c/~58c ~ 7.8. Die maatskappy het in Des gepraat van 'n strategiese groei plan, die vorige jaar se herstrukturering wat op dreef is en 'n soliede platform geskep het, produksie automatisering, interne doeltreffendheid verbetering, ens. Die aandeel het vir 'n lang tyd teleurgestel. Dalk is dit nou die bodem.

JSE aandeel mark oggend

Zeder (ZDR) verwag herhalende VPA van 35c tot 35.6c, +14.4% tot +16.3% hoër. Die Som van die Dele ("SOTP") was 975c op 31 Maart 2015.

Implats (IMP) het teruggeval na aandeel pryse van 10 jaar gelede. Die platinum myne het vir baie jare op hoë waardasies verhandel, wat onverstaanbaar was. Kumba (KIO) se prys/verkope is nou R150/R132 = 1.14. Die prys grafieke van Naspers (NPN), Steinhoff (SHF), Liberty (LBH), en Capitec (CPI) lyk nie volhoubaar nie. Capitec se grafiek herhinner 'n mens aan 'n tuimeltrein ("rollercoaster") wat vertikaal opgaan, en deur swaartekrag afgebring gaan word. Ou Mutual (OML) is op 'n afwaartse patroon. Coronation (CML) het begin hertel. Foschini (TFG) klim hoër ten spyte van 'n laer VPA tot Sep. As Pioneer (PFG) se laaste 6m VPA van 185c 'n teken is van die toekoms, is die prys/verdienste nou R176/~R3.70 ~ 48. Resilient (RES) het naby R107 gaan draai, en is nou terug na 'n opbrengs van R3.71/R103 = 3.6%. Spar (SPP) se resultate tot Maart gaan nog eenkeer deur die Ierse besigheid bevoordeel word. Die geskatte prys/verdienste is omtrent R190/~R8.14 ~ 23.

Met die paas naweek sal aandele eers weer Dinsdag verhandel kan word. Party mense sal seker vandag posisies sluit om nie 4 dae vasgevang te wees in posisies wat deur die VSA aandeel markte beïnvloed kan word nie. Die VSA markte is Vrydag toe, maar Maandag oop.


Woensdag 1 April 2015

SARS belasting ingevorder

SARS het 9.9% meer BTW ingevorder in die 2014-15 belasting jaar as die jaar tevore. Die regering se berekening van ekonomiese groei is 1.4%. Die verskil beteken inflasie was 8.4%. Wanneer inflasie soveel groter is as ekonomiese groei, is ekonomiese groei twyfelagtig. Al inligting wat seker is, is dat 9.9% meer BTW ingesamel was. Elkeen kan hulle eie afleiding maak uit die tempo waarteen hulle uitgawes opgegaan het in 2014-15.

JSE mark dag oorsig

Die JSE het laer begin, en die deur die dag geklim om 0.2% hoër te eindig. Anglo American (AGL) was vandag -1.3% na R181.31, en BHP Billiton (BIL) -1.6% laer na R261.50.

MTN se aandeel prys was vandag +5.9% na R217.00 op, na 'n berig dat hulle hul SA kleinhandel bedrywighede aan Brightstar uitkontrakteer (Fin24). Daar was ook die verkiesing in Nigerië, en die Iran-VSA onderhandelings. Daar was geen SENS aankondiging nie. Dit lyk of MTN desperaat raak. Selfoon torings in Nigerië was in Sep. 2014 verkoop.

Op die internet

Lyk amper soos 'n April gek storie, maar is van 14 Maart - U.S. unease about nuclear-weapons fuel takes aim at a South African vault - Washington Post. In November 2007 het gewapende oortreders probeer om uraan by die Pelindaba navorsing sentrum buite Pretoria te steel.

Interessante grafiek van goud se oorproduksie - South Africa's declining importance - Financial Sense.

Krot huis te koop in San Francisco vir R14m - No Bubble In San Francisco - This Shack Worth Every Penny Of $1.2 Million.

Onverklaarbare seine uit die buitenste ruim - Is this ET? Mystery of strange radio bursts from space. Kaptein Kirk van die ruimte skip USS Enterprise behoort dit te ondersoek.

Verlede jaar het die Europese Unie (EU) stofsuiers wat meer as 1600W gebruik verbied om energie te spaar, en teen 2017 wil hulle dit beperk tot 900W - EU ban on powerful vacuum cleaners prompts anger and legal challenge en Should you buy a banned vacuum cleaner? Lae ekonomiese groei en die skuld van party lande is nie Europa se groot probleme nie. Dit is hierdie verdoemde stofsuiers. Politici verstaan nie ekonomiese groei of skuld nie, maar almal weet wat 'n stofsuier is. Weg met die stofsuiers.

Amusante artikel oor hoe regerings spaarders verarm ten gunste van skuldenaars: Beware the Money Illusion Coming to Destroy Your Wealth. Inflasie is eintlik voordelig vir beleggers, solank jy in bates belê wat opgaan met inflasie.

Nog 'n artikel op dieselfde webwerf, die keer oor die behuising borrel in die VSA: WARNING: A Massive Housing Bomb Is About to Explode!. Huis pryse het oral opgeskiet: Kanada, Brittanje, Australië, ens.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2015