Web Joernaal



Dinsdag 31 Maart 2015

JSE dag oorsig

Naspers (NPN) op R1870.00 het 'n nuwe hoogtepunt bereik, en Tencent op HK$147.20. Capitec (CPI) was +4.8% na R525, en begin duur lyk op 'n prys/verdienste van 24. Richemont (CFR) was -2.8% na R97.71, en die neiging is steeds afwaarts ten spyte van die onlangse styging. Pick n Pay (PIK) het -3.1% geval, sonder 'n SENS aankondiging 'n paar weke voor hulle resultate. Tsogo Sun (TSH) was +4.6% na R27.60, tussen die R25 en R31 bereik die afgelope jaar.

JSE aandeel mark

Die ystererts prys val steeds (custeel). Spring van die sinkende skip. Volgens 'n grafiek op Charted: Why the iron ore price keeps falling neem die verskeping van ystererts steeds toe, wat beteken dat die prys val weens oorproduksie.

Combined Motor Hold (CMH) verwag vir die jaar tot Feb 2105 'n wVPA van 188.0c tot 203.7c, 20% tot 30% hoër. Die 2de helfte wVPA is dan 102.5c tot 118.2c, teenoor 85.5c vir die 1ste helfte. Die vwVPA was 181c vir Feb 2013. Die prys/verdienste is nou R15/~196c ~7.7.

Basil Read (BSR) verwag 'n wesens verdienste per aandeel van 120c vir 2015. Dit sal die prys/verdienste nou 235c/120c ~ 2 maak. Aandele verhandel in lae volume. Kopers is nou 10,000 x 265c, en verkopers 3000 x 285c, 'n 7.6% gaping.


Maandag 30 Maart 2015

JSE aandeel mark

Die Satrix40 was vandag +1.6%. Met Vrydag se styging is Woensdag en Donderdag se val uitgekanselleer. Afhangende wat die volgende paar dae gebeur, kan die neiging steeds af wees. Eqstra (EQS) het sy herstel voortgesit met +9% vandag, na dit sywaarts beweeg het vir 'n paar weke. EOH (EOH) het ook weer begin styg, na 'n sywaarste twyfeling. Steinhoff (SHF) is steeds op 'n opwaartse pad. Shoprite (SHF) is +3.65% na waar dit 'n paar weke gelede was. Life Health (LHC) is +4.0%, 'n herstel na Woensdag en Donderdag se groot valle.

York Timber (YRK), Vunani (VUN) en Master Drilling (MDI) het resulate verklaar. Kopers en verkopers is gewoonlik min.


Sondag 29 Maart 2015

Televisie op internet deur selfoon netwerk

Bloomberg video oor mense wat nou hulle eie TV kanale kan skep op hulle slim fone - The Latest Craze: Live Streaming on Your iPhone.


Saterdag 28 Maart 2015

Trevor Noah dalk The Daily Show aanbieder

Trevor Noah is een van die kandidate wat oorweeg word as Jon Stewart se opvolger - Variety.

Die gewildste biere

Kaart van die wêreld se gewildste biere - vinepair. Geen Castle nie.

Kanada protes

Onluste polisie in Montreal (die meer Franse deel van Kanada) het traan gas en flits knalle gebruik om honderde studente uitmekaar te jaag wat teen die Quebec regering se begroting besparings maatreëls protesteer het (Youtube). My heer, die gepeupel raak onrustig.


Vrydag 27 Maart 2015

JSE aandeel mark resultate

Afrimat (AFT) verwag vir die jaar tot Feb 2015 'n VPA van 125.4c tot 136.3c, groei van +15% tot 25%. Die prys/verdienste is omtrent 1616c/~131c.

Basil Read (BSR) se inkomste vir 2014 was +3.1% hoër, en vwVPA was 'n verlies van -362.1c. Die prys/verkope is R2.40/R49. Die maatskappy het oorhoofse kostes verminder, bedryfs strukture meer stroombelyn gemaak, en verwag om in 2015 winsgewend te wees.

Purple Group (PPE) se inkomste 6m tot Feb 2015 was +28% hoër, en vwVPA 1.82c, teenoor 1.02c 'n jaar gelede, en -2.93c die vorige 6 maande. Klient fondse het 47.3% verhoog.


Donderdag 26 Maart 2015

Gebruik van mikro helikopters deur VSA boere

Farmers eye drones for the future.

VSA ekonomie

Die gemiddelde Amerikaner het net $18,433 in hulle 401k aftree plan - 3 Things: No Money, Wall Street's Big Scam, Bottom 80%. Waar gaan hulle pensioen vandaan kom? In die artikel word die werkloosheids syfer bevraagteken.

Wêreld beker krieket

Krieket kan 'n baie vermaaklike spel wees, maar die krieket wêreld beker was grootliks 'n mislukking. Die oogrote meerderheid van wedstryde was eensydig en vervelig. Daar word 42 poel wedstryde gespeel. Dan word die kompetisie skielik met 7 uitklop westryde beëindig. As die sterkste spanne in hulle eie liga in rondomtalie wedstryde speel totdat een span duidelik die wêreld kampioen is, sal dit baie meer vermaaklik wees. Duckworth-Lewis werk nie. Vir 'n behoorlike eendag wedstryd moet die lopies wat 'n span oor 50 boulbeurte kan bereik, bepaal word. Enige vermindering van die boulbeurte maak dit 'n ander spel. Eendag wedstyde is nie Twintig20 of Veertig40 krieket nie. Onbekwame bestuur en regstellende aksie het waarskynlik bygedrae tot SA se mislukking.

JSE mark bewegings

Die JSE alle aandele het -1.4% geval. Groot bewegings het raar geword. Die JSE aandele wat geval het lyk meestal na oorprysde aandele. Môre sal hulle seker weer opgaan. Die S&P 500 indeks herstel vanaand na 'n aanvanklike val. VSA beleggers word nie afgeskrik deur toekomstige rentekoers verhogings nie. Lank gelede sou aandeel markte geval het met rente koerse verhogings, maar ekonomiese groei en inflasie in baie lande is deesdae so laag dat ekonomieë nie oorverhit raak nie.

Rentekoerse

Die Monetêre Beleids Komitee het SA rentekoerse dieselfde gehou.

FICA

Piramiede skemas toon watter mislukking die VSA se poging om geld wassery te stop is, met wat FICA ("Financial Intelligence Centre Act") in SA genoem word. Vyftig miljoene mense in SA moet tyd en geld spandeer elke keer as hulle adres verander om die besonderhede by elke finansieële instelling te gaan verander.

Olie

Die olie prys gaan op en af soos 'n yo-yo. 'n Verswakkende dollar kan alle kommoditeite se pryse laat opgaan bloot omdat dit in dollar geprys word, en die prys elders bepaal word. Die konflik in Yemen dra klaarblyklik by tot die huidige olie prys stying. Daar is baie kommentaar oor olie wat al meer opgegaar word. Die hoër dollar prys maak kraking meer aantreklik, wat die oorproduksie laat aanhou. Brent olie se vorige bodem by $50 was dalk die minimum, maar volgens party artikels neem produksie steeds toe teen die huidige prys. Dan het olie nog die bodem bereik nie. Dit lyk in elk geval of die prys deur spekulante oorheers word op die kort termyn.

JSE aandeel mark resultate

Infrasors (IRA) verhandel min. Infrasors verwag vir die jaar tot Feb 2015 'n wVPA van 7.8c tot 8.4c, wat +30% tot +40% hoër as die jaar tevore. Die tweede helfte VPA sal dan 3.1c tot 3.7c, wees wat laer is as die eerste ses maande. Die prys/verdienste is nou 120c/~8.1c ~15.

Metair (MTA) se inkomste vir 2014 was +39% hoër, en vwVPA +37% hoër. Die VPA van 301c is omtrent dieselfde as die 304c vir 2012. Die prys/verdienste is nou 3450c/301c = 11.5. Die aandeel prys is af van 'n piek by R45.5 in Jan 2014.


Woensdag 25 Maart 2015

JSE aandeel mark beweging

Die JSE algehele indeks het vanoggend 1.0% geval en daarna sywaarts beweeg. Die VSA se S&P 500 indeks het Dinsdag al begin val, en vandag nog 1.5% geval. Die VSA aandeel markte het vir twee jaar geklim sonder 'n groot val. Dit is seker tyd vir een, veral as rentekoerse opgaan. Wanneer rentekoerse verhoog word, is dit gewoonlik negatief vir alle bate klasse behalwe kontant. Na die 2008 aandeel mark ineenstorting, het VSA aandele jare se hoë groei gehad soos wat die ekonomie herstel het. Die groei tempo het afgeneem. Rentekoers verhogings sal dalk beperk wees.

JSE aandeel mark resultate

Howden (HWN) se inkomste vir 2014 was -5.6% laer, en wesens VPA -13.7% laer.

JSE medium termyn bewegings

Die JSE top 40 verander nie veel nie, maar bestaan uit aandele wat baie opgegaan het, en ander wat baie geval het. Party toon steeds 'n opwaartse neiging: First Rand (FSR), Naspers (NPN). Standard Bank (SBK) het opgeskiet.

Party aandele beweeg sywaarts naby piek vlakke: Bidvest (BVT), Investec (INP/INL) , Mediclinic (MDC), Nedbank (NED), Old Mutual (OML), RMIH (RMI), Sanlam (SLM), Steinhoff (SHF).

Party aandele het afgekom van piek vlakke: Aspen (APN), Bats (BTI), Discovery (DSY), Mondi (MND/MNP), Remgro (REM), SAB Miller (SAB), Woolworths (WHL). Tigerbrands (TBS) het getuimel.

Party aandele dryf meestal sywaarts: Barclays Afr (BGA), Life Health (LHC), Richemont (CFR), Reinet (RI), Shoprite (SHP), Vodacom (VOD).

Myn aandele het begin herstel van bodem vlakke. Die prys van ystererts val steeds. Anglo (AGL) bly om bodem vlakke, maar BHP Billiton (BIL) verhandel op dieselfde vlakke as twee jaar gelede - yster en olie is baie af, terwyl koper herstel het van Jan af, maar is steeds in 'n jare lange afwaartse patroon.

Buite die JSE top 40 dryf baie aandele rigtingloos rond. Capitec (CPI) het van vlakke rondom R200 'n jaar gelede opgeskiet na naby R500. EOH (EOH) het opgeskiet. Illovo (ILV) en Invicta (IVT) het geval. Mr Price (MPC) het afgekom van piek vlakke. Netcare (NTC) en Pioneer (PFG) probeer 'n top vind. Pick n Pay (PIK) bly laag 3 weke voor hulle resultate. PPC (PPC), Tongaat (TON) en Tsogo Sun (TSH) klim van 'n laagtepunt. PSG (PSG) het opgegaan, saam met Capitec.


Dinsdag 24 Maart 2015

JSE aandeel mark

Interwaste (IWE) verhandel in lae volume. Hulle inkomste vir 2014 was +21%, en vwVPA +30%. Die maatskappy verwag 'n moeilike 2015.

Raubex (RBX) verwag vir die jaar tot Feb 2015 'n wesens VPA van 196.5c tot 215.2c, wat 5% to 15% hoër sal wees. Die prys/verdienste is nou omtrent R18.65/~R2.06 ~9.1.

Capitec Bank (CPI) se inkomste van bank bedrywighede is +15.5%, en die vwVPA +27%. Die prys/verdienste is nou R466/R22.06 = 21. Die dividend opbrengs is 836c/R466 -15% = 1.5%.

Wêreld beker krieket

12.15nm Toe dit begin reën, het ek het gedink SA gaan benadeel word. Die Duckworth-Lewis metode van lopie teikens bereken vergoed nie vir wat oor 50 boulbeurte gebeur nie. SA het gewoonlik die hoogste lopie tempo teen die einde, en die periode was deur die reën kortgesny. Die span wat nie groot tellings kan jaag nie word bevoordeel. SA boulers het baie lopies aan die begin afgestaan. Hoe vinniger 'n mens boul, hoe makliker bereik die bal die grens, veral op 'n klein veld.

3.00vm Suid Afrika en Nieu Seeland speel in 'n halfeind rondte wedstryd. Daar is baie druk op die spanne, wat vrye kolfwerk kan bemoeilik.


Maandag 23 Maart 2015

Olie mark

Olie produksie neem steeds toe volgens die artikel met grafieke: US Still Gushing Oil - Dr Ed's Blog.

JSE mark bewegings

MTN het R11.41 geval weens 'n dividend van 800c -15% = 680c. Nigerië was Vrydag deur S&P afgegradeer (Financial Times). Die prys/verdienste is nou R213.50/R15.27 = 14. Die volgende resultate is eers rondom 14 Aug.

Discovery (DSY) is weer terug na R120.40. Die regsaanbod verhandel tot 26 Maart.

Anglo (AGL) is +1.3%, BHP Billiton (BIL) +2.6%, Kumba (KIO) -1%, Afr Rainbow Min (ARI) +3.9%, en Assore (ASR) +2.2% terwyl die ystererts prys net aanhou val (custeel) en die rand versterk. Volgens Wikipedia produseer China 1320Mt yster erts van die 2950Mt wêreld totaal self. As die China minder yster erts nodig het weens 'n swak ekonomie, kan hulle eerste die invoere verminder.

Aspen (APN) is -2.9% na R373.77. Dit is moontlik dat die maatskappye wat GSK se aandele gekoop het dit nou probeer verkoop. Die aandeel pryse dippe van die afgelope twee jaar vorm 'n reguit lyn wat die steun vlak R350 maak op die oomblik.

JSE aandeel mark

Advtech (ADH) se inkomste vir 2014 was +9%, en vwVPA +7%. Die prys/verdienste is nou 896c/41.4c = 22. Die maatskappy verwag hoër groei in die komende jare.

Peregrine (PGR) verwag VPA en wesens VPA ten minste +20% hoër.

Die verlaging in fooie wat klein handelaars aan banke op kaart transaksies betaal (Moneyweb), kan 'n verskil maak aan veral Pick n Pay se wins met hulle 0.8% netto wins marge. Dit lyk of Checkers/Shoprite die goedkoopste kruideniers pryse het. As 'n handelaar die laagste pryse handhaaf, is hulle geneig om al meer mark aandeel te wen. As Pick n Pay hulle prys 0.5% opsit, sal dit 'n groot verskil maak aan hulle wins, en die aandeel prys (resultate ~15 April).

Nog 'n piramiede skema

Biznews berig 'n piramiede skema deur Belvedere Management Group in Mauritius. Soms is dit moeilik om tussen 'n primamiede skema en normale praktyk te onderskei: (1) Wanneer geld instroom na fonds bestuurders en lewens versekeraars, belê hulle dit in aandele ongeag die waardasies. Omdat die aandeel pryse opgaan, vertoon die produkte van die bate bestuurders goed, en belê die publiek meer geld. Dit eindig uieindelik met 'n val in die mark. (2) 'n Eiendoms ontwikkelaar maak eers geld wanneer die eiendom voltooi is. Intussen betaal hulle van die geld wat die publiek belê uit as rente, wat dit na 'n piramiede skema laat lyk. Beleggers in Masterbond het baie geld verloor omdat regs gelei nie die basiese besigsheids beginsels verstaan nie. Die belegger wat Fancourt goedkoop uit sekwestrasie gekoop het, het baie geld daaruit gemaak.


Saterdag 21 Maart 2015

Belasting vrye spaar rekening

Die groot vraag met die nuwe belasting vrye spaar rekenings is hoe 'n mens lang termyn groei bo inflasie gaan kry. Rente draende kontant beleggings gee te lae 'n opbrengs. Soms is rentekoerse onder inflasie. Volgens Satrix bied hulle belasting vrye rekenings in hulle volledige reeks fondse aan. 'n Mens kan deur ander finansieële instellings in die fondse belê. Hulle verdeel die fondse soos volg:

Vaste inkomste fonds - lae risiko
Gebalanseerde fonds - lae tot medium risiko
Eiendom fonds - medium risiko
Aandeel fondse - hoë risiko
Buitelandse fonds - hoë risiko
Sektor spesifieke fondse - hoë risiko
Kommentaar

Die fondse kan aantreklik wees vir die nuwe belasting vrye rekenings, maar fondse moet die regte tyd gekoop en verkoop word. Hopelik kan 'n mens van fondse verander sonder om die belastingvrye voordele te verloor.

Staats effekte. Die prys van effekte ("bonds") gaan op as rentekoerse afkom, en daal as rentekoerse opgaan. As die publiek hierin wil belê moet hulle voorspel wanneer rentekoerse opgaan of afgaan. Dit is onprakties. As 'n effek gehou word van die aanvang tot die vervaldatum, bly die prys dieselfde. As die publiek in 'n fonds belê het hulle nie beheer oor wanneer effekte gekoop of verkoop word nie. Dit hang af hoe die fonds bestuur word. Dit is aantreklik wanneer rentekoerse hoog is. Verkoop wanneer rentekoerse laag is.

Eiendom op die JSE. Die prys van die eiendoms trusts is nou duur omdat rentekoerse afgekom het, tensy rentekoerse nog verder daal. Op die lang termyn gee dit 'n veel beter opbrengs as rente draende rekenings.

Aandele. Die indekse word oorheers deur groot maatskappye, waarvan die meeste nie nou aantreklik lyk nie. Die aandeel mark weerspieël tot 'n mate die stand van die ekonomie. Die wanbestuur van instellings soos Eskom voorspel niks goeds vir die ekonomie nie.


Nog meer olie

Volgens die artikel by Yahoo Finance voer die Russiese raffineerders meer olie uit. Ons kan sien van die goud, platinum en yster myners wat gebeur as die prys van 'n kommoditeit val omdat die aanbod die aanvraag oorskry. Die myne probeer eers om kostes te sny, maar aan te hou produseer, om hulle inkomste op te hou. 'n Mens kan verwag dat die olie prys laer kan daal soos wat kostes gesny word, totdat produksie uiteindelik gesny word. In die verlede het Opec die olie prys opgehou deur produksie te sny, ten koste van mark aandeel. Sonder samewerking onder produsente kan 'n mens verwag dat olie net bo koste sal verhandel. Die versterking in die dollar lyk oordoen. As die dollar verswak, kan die olie prys in dollar opgaan, maar dit sal ingevoerde olie duurder maak in die VSA, wat kraking in die VSA meer aantreklik sal maak, wat oorproduksie sal laat voortduur.

Wêreld beker krieket

Ek weet nie of Suid Afrika se krieket span dit so uitgewerk het nie (deur wedstryde te verloor nie), maar hulle vermy Australië en Indië in die semi finaal, die twee moeilikste spanne om te klop. SA het 'n opwarm wedstryd teen Nieu Seeland verloor. In Oktober 2014 het SA 2 eendag wedstryde teen NZ in NZ gewen, met een onbeslisde uitslag. In Jan. 2013 het NZ 2 uit 3 wedstryde in SA gewen. In Feb-Maart 2012 het SA 3 uit 3 wedstryde in NZ gewen. In die laaste 2011 wêreld beker het NZ SA uitgeskakel in die kwart eind rondte.


Vrydag 20 Maart 2015

JSE prys bewegings

EOH (EOH) het -3.4% teruggeval na R150.75, na dit die laaste paar weke +12.3% geklim het. Die aandeel prys is +70.5% op oor 'n jaar, dalk weens die gebrek aan ander hoë groei geleenthede op die JSE. As die laaste 6m se VPA herhaal (wat in die verlede gebeur het), sal die prys/verdienste R150.75/~2x276.6c = 27.3 wees, teenoor inkomste groei van +39.4%, en vwVPA groei van +31.8%.

Kumba (KIO) het +9.5% opgeskiet na R181.44. Dalk kort posisies wat gesluit moes word, soos wat met Assore gebeur het. Artikel op Sharenet oor die yster erts prys - Iron ore, an ugly market about to turn uglier still: Andy Home. Exxaro (EXX) is +5.9% na R108.82. Cashbuild (CSB) is +4.8% na R245.06.

Grindrod (GND) is besig om te herstel na 'n groot val, en is +10.5% van die bodem af. Die prys is nou R18.94, teenoor verkope/aandeel van R18.5. Die prys/verdienste is R18.94/R1.071 = 17.7.

Eskom wil tariewe 25% verhoog

Eskom wil elektrisiteits tariewe vanjaar 25.3% verhoog - Moneyweb. Hierdie artikel by homebug bevat 'n grafiek van elektrisiteits tariewe vanaf 2002. Die verhogings is omtrent 21% per jaar die afgelope 8 jaar. Verhogings so ver bo inflasie maak nie sin nie. Eskom moes enorme bedrae geblaas het.

JSE aandeel mark

Sun Int (SUI) het 'n ooreenkoms bereik met die aandeel houers van Peermont Group om 100% van die maatskappy te bekom, vir R9425m. Op 31 Des 2014 het Peermont voorlopige inkomste van R3253m, en verdienste voor rente, belasting, waarde vermindering en skuld delging ("EBITDA") van R1205m gehad. Klaarblyklik wou hulle hul casino verskuif (Moneyweb). As hulle 'n casino koop om hulle eie casino toe te maak, beteken dit dat hulle dubbel betaal, ter wille van 'n beter wins marge.

Basil Read (BSR) verwag 'n wesens VPA verlies van -357.00c tot -374.00c vir die Des. Die aandeel prys het -18.6% geval. Die prys/verkope is nou 245c/R49.8 = 0.049. Dit beteken dat as hulle 'n netto wins marge van 5% behaal, sal die prys/verdienste 1 wees. As hulle die wins uitkeer as dividend, sal die dividend opbrengs 100% wees. Dit is verbasend dat 'n maatskappy so goedkoop kan wees, en nog nie bankrot verklaar is nie. In Junie 2014 het hulle kontant van R6.80 per aandeel gehad, af van R10.69 die jaar tevore. Die Handel Laste en Ander Betaalbares was R10.8 per aandeel, teenoor Handel Bates en Ontvangbares van R7.23.

ELB Group (ELR) verhandel teen wisselende volume met moontlike wye prys gaping. Die inkomste vir die 6m tot Des was +13.7%, en vwVPA +11.7%. Die 2de helfte se wins is gewoonlik groter. Die prys/verdienste is R42.99/392c = 11. Lang termyn inkomste groei was wisselvallig vanaf 2010: 0% +5.5% +31.8% +15% +18.3%, met hoë groei laaste 3 jaar.

Volgens 'n tegniese analis op Business Day TV lyk Nampak (NPK) na 'n verkoop. Die inkomste vir die 6m tot Sep. was +14% hoër, en die vwVPA +64%. As die laaste 6m VPA herhaal is die R39.18/2xR1.524 = 12.9. Dit is nie duur nie. Die netto wins marge was 9.7%, wat verdere marge groei beperk. Lang termyn inkomste groei was laag.

Wêreld beker krieket

Australië en Pakistan speel vanoggend in 'n kwarteinde wedstryd. Sedert 2010 kon Pakistan net 2 uit 12 eendag wedstryde teen Australië wen.


Donderdag 19 Maart 2015

JSE mark bewegings

Assore (ASR) is +29.6% na R138, terug na die prys 'n paar weke gelede (prys/verdienste 7.2 op laaste 6m VPA). Naspers (NPN) is +5.3% op na R1809.20 na die Tencent resultate. Sasol (SOL) is op +4.2% na R408.17. Anglo (AGL) is op +2% na R190.50, en BHP Billiton (BIL) is op +1.9% na R269.00 terwyl die yster erts prys aanhou daal (Custeel). Discovery (DSY) se regs aanbod teen R90 was te klein (9.4% van die uitgereikte aandele) om die opwaartse neiging van die aandeel prys te stuit, en is +3.9% na R128. Tiger Brands (TBS) is -4.1% af na R309 (prys/verdienste = 17.4) na fonds bestuurders dit as duur beskryf het. Shoprite (SHP) is -3.6% af na R156.15 (prys/verdienste = 21.5).

Inflasie koers

Die verbruikers inflasie koers ("CPI") vir Suid Afrika is 4.0% vir Februarie 2015 vir die hele land (Statistics SA). As die inflasie koers onder 5% bly, kan dit 'n invloed hê op eiendomstrusts wat A en B eenhede het, waar die A eenhede teen 5% of die inflasie koers groei. Die lae inflasie koers is 'n teken van lae ekonomiese groei. As dit so aanhou, kan rentekoerse dalk afkom. Baie eiendomstrusts is alreeds geprys vir laer rentekoerse.

JSE resultate

Datatec (DTC) verwag vir die jaar tot Feb. inkomste groei van omtrent 12.5% in dollars, en onderliggende VPA van $0.41 tot $0.43, wat die groei omtrent 19% maak. Dit sal die prys/verdienste omtrent R61.65/~R5.1 ~ 12 maak.

South Ocean (SOH) verhandel in lae volume. Hulle inkomste vir 2014 was +1.4%, en wesens VPA +14%.

Anchor Group (ACG) se inkomste vir 2014 was +161%, en verstelde wVPA +301%. Die prys/verdienste is nou R11.70/30.1c = 39.

Sovereign Foods (SOV) verhandel in lae volume met 'n wye koop-verkoop gaping. Vir die jaar tot Feb 2015 verwag hulle 'n wVPA van meer as 90.3c. Die hoender vervaardigers (insluitende Astral, RCL Foods) het skielik hoër wins. Hoe lank gaan dit neem vir mededinging om die prys van hoender af te bring?


Woensdag 18 Maart 2015

JSE resultate

Tencent se vierde kwartaal inkomste vir 2014 was +23.6% hoër as 'n jaar gelede. Die groei tempo neem af, kwartaaliks van die eerste kwartaal af, vergeleke met die jaar tevore: +36% +37% +28% +24%. Die VPA groei vir 2014 was +53.3%. Die wins spring jaarliks wat kwartaal tot kwartaal vergelykings moeilik maak. Die prys/verdienste is nou HK$135.90/RMB2.545=HK$3.17 = 43.

Krieket wêreld beker

In 'n kwarteind ronde wedstryd het SA Sri Lanka uitgeboul vir 133 lopies. Dit is die eerste keer dat SA 'n uitklop wedstryd wen in 'n wêreld beker. Arme Kumar Sangakkara moes toekyk hoe almal om hom hulle paaltjies verloor. Duminy het 'n driekuns behaal. Met Quiton de Kock se 78 lopies het SA nou 7 top kolwers. Senuwees speel 'n groot rol in die uitklop wedstryde, net soos die laaste dag van golf kampioenskappe. Die druk maak dit dalk minder aantreklik om eerste te kolf.

Eiendoms trusts op hoë prys

Fortress B verhandel nou teen 'n laaste huur uitkering opbrengs van 2x31.21c/R32.00 = 2.0%. Die maatskappy verwag groei van 20% in totale A + B uitkering vir Junie 2015. Om te bepaal of die B eenheids prys duur is, kan 'n mens toekomstige projeksies maak soos onder getoon. As die groei elke jaar 20% is, sal dit vier jaar neem om die 7.25% opbrengs van sê SA Retail Bonds te bereik. As die groei 10% is vanaf 2016, sal die opbrengs 4.1% wees na vier jaar.

Fortress B geprojekteerde groei
Totale uitkering 20% pj Totale uitkering 10% pj vanaf 2016
Jaar Uitkering A 5% pj Totale uitkering 20% pj Uitkering B Opbrengs op huidige prys Totale uitkering 10% pj Uitkering B Opbrengs op huidige prys
Junie 2015 123.5c 193.06c 69.56c 2.2% 193.06c 69.56c 2.2%
Junie 2016 129.68c 231.67c 101.99c 3.2% 212.36c 83.00c 2.6%
Junie 2017 136.16c 278.00c 141.84c 4.4% 233.60c 97.44c 3.0%
Junie 2018 142.97c 333.60c 190.63c 6.0% 256.96c 113.99c 3.6%
Junie 2019 150.12c 400.32c 250.21c 7.8% 282.65c 132.54c 4.1%


Dinsdag 17 Maart 2015

JSE mark bewegings

Konstruksie aandele het geval weens die ou storie van kwotasie samewerking met die bou van die wêreld beker sokker stadions. Te oordeel aan hulle lae wins, behoort die maatskappye in elk geval hulle kwotasie strategie te verander.

Anglo American (AGL) het opgespring van 'n vorige bodem vlak.

Party eiendoms trusts styg, dalk iets te doen met die MPC (Monetary Policy Committee) se vergadering volgende week om rentekoerse te bepaal. 'n Verlaging in rentekoerse (onwaarskynlik) kan 'n groot sprong in die aandeel pryse veroorsaak. Hospitality A en B se pryse het geval weens die ex datum Maandag 16 Maart. Party van die eiendoms trusts is baie duur in terme van die huur opbrengs, byvoorbeeld:

Foutainhead (FPT) se prys het 5.2% opgeskiet na 976c, wat die laaste opbrengs 6.0% maak, groei 5-6%, cum ~ 30 April.
Redefine is +3.0% na 1219c, wat die laaste opbrengs 6.1% maak, groei 7 tot 7.5%, cum ~ 17Mei.
Resilient (RES) is +9% in 'n week, +98% in 'n jaar, na R103.41, wat die laaste opbrengs 3.6% maak, groei ~ 16%, cum ~ 22Aug.

Wêreld beker krieket

Môre oggend speel Suid Afrika en Sri Lanka in die eerste kwarteind wedstryd. Hulle speel in Sydney met beter kolf blaaie as Nieu Seeland. SA en Sri Lanka het laas in Julie 2014 in eendag wedstryde teen mekaar gespeel in Sri Lanka. SA het die eerste een met 75 lopies gewen, Sri Lanka die tweede met 87 lopies, en SA die derde met 82 lopies (Quiton de Kock 128 lopies van 127 balle). In al drie wedstryde het die span wat eerste gekolf het gewen. In krieket gaan dit nie oor speel talent nie, maar oor wie die loot wen, en eerste kolf. Dit maak 'n bespotting van die spel.

JSE resultate

Astral (ARL) verwag vir die 6m tot Des 'n wesens VPA van ten minste 965c, teenoor die vroeë handels opdatering van meer as 849c. Dit sal die prys/verdienste minder as R182/2x965c ~ 9.4 maak.

Iliad (ILV) verhandel in lae volume. Vir 2014 was inkomste -2.2%, en wVPA +81% (+7% vir tweede ses maande). Die prys/verdienste is nou 886c/72.3c = 12.3.

Clover (CLR) se inkomste vir die 6m tot Des was +7.9%, en vwVPA +42% na 103.6c. Die prys/verdienste is nou R19.00/R1.278 = 14.9. Die maatskappy verwag laer bruto marge vir die tweede ses maande as die eerste ses maande, maar soliede resultate vir die jaar (soos 'n harde kaas, nie sagte kaas nie?). As die tweede 6 maande se VPA laer is as die eerste ses maande, sal die prys/verdienste bo 9.2 wees. Die aandeel prys kan oor 'n groot bereik wissel.

Olie maatskappye geprys vir hoër olie

Die aandele van VSA olie maatskappye op die Dow Jones U.S. Oil & Gas Index (DJUSEN) gaan op, terwyl die olie prys val (Yahoo). Op 'n langer termyn grafiek (Bigcharts) is die indeks net 13% laer as 'n jaar gelede, en verhandel die afgelope 5 jaar in 'n sywaartse band. Nymex olie het van $90 'n jaar gelede geval na $44 nou, en voor die groot val het die prys vir 5 jaar in 'n band rondom $90 verhandel (Market Watch). Die huidige prys van olie aandele weerspieël dus glad nie groot val in olie nie. As 'n mens aanvaar dat die kostes van die olie maatskappye min verander, beteken die 50% val in die olie prys 'n baie groot val in wins. Byvoorbeeld, BP (British Petroleum) verhandel nou teen 417.6p, teenoor omtrent 480p 'n jaar gelede (London Stock Exchange). Twaalf 12 analiste op Yahoo Finance verwag dat BP se verdienste per aandeel 50% gaan val. Net 50% val in wins, as die olie prys 50% val? Die aandeel prys weerspieël nie eers die 50% val nie. Die mark verwag steeds dat die olie prys sal teruggaan na $80.

Elektrisiteit

Met die prys van steenkool en gas wat saam met olie afgekom het, sou 'n mens verwag dat elektrisiteit goedkoper word. In die VSA bereik die elektrisiteits pryse 'n piek in Julie en kom elke jaar in Desember af (Electric Power Monthly). Dit is moeilik om onlangse data te kry wat toon elektrisiteit pryse in die VSA is laer as 'n jaar gelede. In SA gaan die prys van elektrisiteit op weens die ANC se onbekwaamheid. Elektrisiteits pryse kan vanjaar 12.2% opgaan (Business Report).


Maandag 16 Maart 2015

JSE prys bewegings

Die groot bewegings in die JSE aandeel mark was:

Die Brent olie prys is -3.2% na $53, terwyl die rand 0.7% versterk het na R12.40. Sasol (SOL) is -2.6% af na R383.93, maar BHP Billiton (BIL) het +1.1% versterk na R25.84. Anglo American (AGL) het -3.9% verswak na R186.00.

Capitec Bank (CPI) se aandeel prys storm voort, na die verwagte resultate later die maand. Die prys/verwagte-verdienste is R472/(2155c tot 2225c) = 21.9 tot 20.9.

Investec se prys is by hoogtepunte van R107.1 (INL) of R107.8 (INP). Die resultate tot Maart word rondom 22 Mei verwag. In die vorige resultate het fooie en kommissie die grootste groei getoon. Old Mutual (OML) en Sanlam (SLM) verhandel ook naby hoogtepunte. Geld stroom in na die maatskappye wat beleggings moet vind in 'n duur mark. Die hele bevolking probeer 'n pensioen kry uit aandeel markte wat net 'n deel van die ekonomie is, en in SA se geval 'n krimpende deel van die ekonomie.

SAB Miller (SAB) is naby hoogtepunte rondom R680, wat die prys/verdienste R680/2x$1.236 ~ 22 maak. Die volgende resultate sal waarskynlik negatief geraak word wanneer hulle wêreldwye resultate omgeskakel word na die sterk dollar. Die rand is nou 15% swakker as 'n jaar gelede, wat voordelig is vir die resultate in rand. Die resultate tot die einde Maart word rondom 22 Mei vrygestel.

Truworths (TRU) is +4.2% na R88.50. Vir die 6m tot Des was die inkomste groei +6% inkomste en VPA +1%. Die skielike herstel van die bodem romdom R70 lyk oor optimisties.

Astral (ARL) het +3.2% herstel na 'n week se val, dalk weens berigte dat die VSA 'n handels ooreenkoms kan opskort as SA nie die invoer beperking op hoender opskort nie (Poultry-industry-accused-of-holding-Agoa-hostage - News24). As SA nie hoender goedkoper kan uitvoer na die VSA as wat dit daar geproduseer word nie, is daar iets verkeerd met plaaslike produksie kostes.

JSE resultate

Remgro (REM) se instrinsieke waarde per aandeel aan die einde van 2014 was +15.7% op na R284.48, teenoor die aandeel prys van R268.74 nou. Die verkope was +3.6%, en vwVPA +0.6%.

African Rainbow Minerals (ARI) se inkomste vir die 6m tot Des was +4.6%, en vwVPA -56%. Die prys/verkope is nou R95.54/~R48 ~2.0, en prys/verdienste R95.54/~R9.40 ~ 10.2 (2x laaste 6m). Die yster erts prys daal steeds.

JSE opkomende resultate Maart

Advtech (ADH) Junie 2014 inkomste groei +9%, VPA + 20%, prys/verdienste 23.
Bell (BEL) verhandel in lae volume.
Capitec Bank (CPI) Aug 2014 inkomste groei +12%, Feb 2015 verwagte VPA +23% tot +27%, prys/verdienste 21.
Evraz Highveld Steel and Vanadium (EHS) verhandel in lae volume.
Howden Africa (HWN) verhandel in lae volume. Junie 2014 inkomste +8.8%, VPA +7%, prys/verdienste 8.7.

JSE opkomende resultate April

Clicks (CLS) verkope eerste 20 weke +13.9%, Aug 2014 inkomste +9.4%, VPA +12.9%, prys/verdienste 26.
Combined Motor Hold (CMH) verhandel in lae volume. Aug 2014 inkomste +9.1%, VPA +8.4%, prys/verdienste 9.7.
Pick n Pay (PIK) Aug 2014 inkomste +7.2%, VPA +31%, prys/verdienste 34. Verandering in 0.8% marge kan groot verskil maak.

Discovery regs aanbod

Aandeelhouers van Discovery (DSY) sal van vandag af die reg hê om 9.38641 aandele te koop teen R90 vir elke honderd Discovery aandele Vrydag gehou. Die aandeel prys het Vrydag op R130.05 gesluit, wat die ekwivalente prys met die R90 aanbod, afbring na R126.57 = (100 x R130.05 sluiting + 9.38641 x R90)/109.3841. Die reg verval 26 Maart. Dit verhandel ook vandag sonder die reg op die 85.5c dividend. Die aandeel prys val gewoonlik met so 'n regs aanbod, seker omdat party aandeel houers nie meer aandele wil koop nie, of nie die kontant het nie. Die prys waarteen die reg verhandel daal gewoonlik, wat die gewone aandeel aftrek.

Invicta (IVT) se aandeel prys het geklim na die regs aanbod aangekondig was (net soos Discovery nou). Dalk dink die mark die maatskappy vooruitsigte lyk beter met die ekstra kapitaal, of hulle wou die nuwe aandele kry teen 'n winskoop. Die aandeel prys cum die reg was R114, en die ekwivalente aandeel prys ex die reg sou R100 gewees het, maar die prys geval tot R76. Na die regs aanbod verval het, het die prys opgegaan na R80, maar sedertdien verder gedaal na R72. Dalk het spekulante probeer om geld te maak uit die regs aanbod, of die aandeel prys het bloot die dalende neiging voor die regs aanbod voortgesit. Discovery se aandeel prys het 'n opwaartse neiging getoon voor die regs aanbod, en van R120 na R130 gespring na die regs aanbod aankondiging. Dit sal waarskynlik terugkom.


Sondag 15 Maart 2015

Selfoon torings

Dit is nie 'n goeie teken wanneer selfoon netwerke hulle torings verkoop nie. Enigiets wat gehuur word in plaas van besit word, kos op die lang termyn meer. Die torings is beperk, omdat die publiek nie 'n toring naby hulle wil hê nie. Skaarsheid beteken die huur kan opgestoot word.


Vrydag 13 Maart 2015

Ford Mustang

Ford Suid Afrika het op 7 Maart getweet "The 2015 #FordMustang has officially arrived in Nigeria and Angola! South Africa, you're next!". Waarom die lande eerste? Ek kan nie die prys op die Ford webwerf kry nie. Ford reken seker as jy moet vra wat dit kos, kan jy dit nie bekostig nie. 'n 5.0 liter V8 enjin is beskikbaar. Lyk of die gewone enjin 2.3 liter sal wees.

JSE mark week oorsig

Daar is deesdae groot bewegings in die JSE aandeel mark. In die VSA is 'n ±10% of ±20% beweging in 'n aandeel op nuus of resultate nie ongewoon nie.

GlaxoSmithKline (GSK) se verduideliking waarom hulle 50% van hulle aandele in Aspen (APN) verkoop het, was nie oortuigend nie. GSK het seker 'n beter insig in die toekoms vir Aspen se medisyne as enigiemand. Aspen het alreeds Maandag -3.4% geval, Dinsdag -4.2%, en Vrydag -4.4%. Die prys/verdienste is nou R388.50/~2x541.6c ~ 36.

Anglo American (AGL) se aandeel prys was die week -6.0% laer. Hulle prys/verkope is nou R193.47/R264 = 0.73. Amplats (AMS) was drie dae af en twee dae op. Die vraag is tot dat watter mate myne gaan voorbly met kostes sny soos wat minerale pryse daal.

BHP Billiton (BIL) is -7% laer vir die week. Volgens die olie prys grafiek lyk dit of die olie prys weer laer mik, na dit vir 'n maand rondom $60 gebly het.

Goud is omtrent -1.4% vir die week na $1153.7. Dit verhandel nou naby die laagtepunt van November 2014. In rande is die goudprys +11% hoër as die November laagtepunt. Die goud prys dryf al vir twee jaar stadig laer in dollars. Die aandeel prys van goud myne is baie wisselvallig. Die oorreaksie op die goud prys maak verhandeling moeilik. Anglogold Ashanti (ANG) is -9.0% laer vir die week, na 'n prys/verkope van R105/R166 = 0.63. Harmony is -13% vir die week. Randgold (RNG)(VK: RRS)(VSA: GOLD) se aandeel prys maak groot spronge, en het die week tussen 218c en 300c interdag gewissel.

EOH (EOH) het Donderdag min gereageer op hul resultate, maar Vrydag +5.3% geklim na 'n prys/verdienste van R149.77/~553c ~ 28 (2x laaste 6m), relatief tot inkomste groei van +39%, en vwVPA van +32%.

Pinnacle (PNC) het na hul Woensdag resultate +15% gestyg, maar Vrydag -3.8% geval. Die prys is nou 1105c teenoor verwagte VPA van meer as 166c vir die jaar tot Junie.

Eqstra (EQS) het sedert die resultate van 3 Maart +17% geklim na 'n prys/verdienste van 380c/2x37c ~ 5.1 (2x laaste 6m).

Shoprite (SHP) het -8% gedaal die week na 'n prys/verdienste van R153.66/R7.27 = 21.

Massmart (MSM) val vertikaal, wat die prys/verdienste afgebring het na R150/R5.05 = 30, veregeleke met inkomste groei +10.4%, en VPA -17.1%. Die swak rand is gewoonlik sleg vir handelaars weens verhoogde pryse. Die laer petrol prys kan voordelig wees.

JD Group (JDG) is omtrent plat vir die week, na dit vir twee dae -8.5% geval het, en drie dae +10.7% geklim het. Die prys neig stadig op met baie wisselvalligheid. Die prys/verkope is R27/R114 = 0.24. Op die voortgesette VPA vir die 2de 6m van 2014 is die prys/verdienste 2700c/~140c ~19. Die 1ste 6m se resultate is gewoonlik laer. Die volgende resultate is omtrent 27 Augustus.

Digitale televisie kom, en niemand stel belang nie

Volgens die Internasionale Telekommunikasie Unie behoort lande in streek 1, insluitende SA, teen 17 Junie 2015 die analoog aard TV uitsendings om te skakel na digitaal (Digital Terrestrial Television - DTT). Die huishoudings wie se antennas opgeroes is en uitmekaar val, gaan nie geld spandeer op 'n digitale dekodeerder nie. Die TV inhoud van aard uitsendings sal drasties verbeter moet word. Al mense wat die aard uitsending benodig, is die armste mense wat nie die gratis OpenViewHD, of DSTV EasyView R29pm, of StarSat Special R99pm kan gekostig nie. Dit is nie duidelik of Ellies (ELI) die dekodeerders gaan verkoop nie. Hulle inkomste het -73% getuimel tot Oktober 2014. Die verkope uit dekodeerders sal seker nie genoeg wees nie.


Woensdag 11 Maart 2015

Platinum mark

Artikel met duidelike besonderhede van die aanvraag en aanbod vir platinum: Platinum deficit set to shrink sharply – industry - Biznews. Die verwagting is dat die tekort van 700,000 onse in 2014 sal krimp na 235,000 onse in 2015. Die tekort word deur bogrondse voorraad voorsien wat 2,530,000 onse beloop. Dit is onduidelik van die data wat die platinum prys gaan opstoot na vlakke waar die SA myne wins maak.

Die platinum prys is nou $1115 x R12.28 = R13,692 per ons, teenoor die gemiddelde prys van R14,736 vir Amplats (AMS) vir die laaste 6 maande van 2014. Die netto wins marge was 2.3% vir die periode. Amplats se prys/verkope is R309.36/R212 = 1.46 (2x laaste 6m). Implats (IMP) se marge was 2.5% op 'n gemiddelde prys van R14,533. Implats se prys/verkope is R62.00/R52.4 = 1.18. Northam (NHM) se netto marge was 11.7%, en die prys/verkope is nou R46.85/R15.28 = 3.1. Royal Bafokeng Platinum (RBP) se netto marge was 11.6%, en prys/verkope nou 2.7.

JSE aandeel mark

Insimbi (ISB) verwag wesens VPA van 11.1c tot 12c vir die jaar tot Feb. 2015, +30% tot +40% hoër. Die aandeel prys is nou 67c.

RMBH (RMH) se intrinsieke waarde per aandeel is 6766c, vergeleke met 'n aandeel prys van R67.

Ascendis (ASC) se inkomste vir die 6m tot Des was +101%, en vwVPA +31%. Die prys/verdienste is nou R15.50/~86.1c ~18 (2x laaste 6m). Die aandeel prys grafiek dui op beperkte handel.

Op 23 Feb wou Bidvest (BVT) al die uitstaande aandele van Adcock (AIP) koop vir R52 per aandeel. Nou wil hulle saam met
die PIC (Public Investment Corp.) 82m van Adcock se 171m aandele beheer, of 47.82% van die aandele. Bidvest besit huidiglik 34.5%. Dit is nie duidelik of Bidvest meer aandele aankoop, en of hulle aandele verminder nie.

EOH (EOH) se inkomste vir die 6m tot Des was +39%, en vwVPA +32%. Die prys/verdienste is nou R139/~553c ~ 25.1 (2x laaste 6m).

Pinnacle (PNC) se inkomste vir die 6m tot Des was +15% (+14% herverklaar), en -7.7% laer as die 6m tot Junie 2014. Die vwVPA van 80.4c is laer as 95.4c 'n jaar gelede, en hoër as die 72c tot Junie 2014. Die maatskappy verwag 'n hoër verdienste tot Junie 2015 as die jaar tevore, wat 'n VPA van meer as 166c sal wees. Die prys/verkope is nou R10.23/~R46.7 = 0.219, en die prys/verdienste is 1023c/~160.8c ~ 6.4 (2x laaste 6m).

Yster erts myne

Die ystererts prys het weer begin val, in dollars. Dit is deels die dollar wat versterk. SA myne word tot 'n mate beskerm deur die rand wat terselfdertyd teen die dollar verswak. In rand volg die ystererts prys ook 'n afwaartse pad die afgelope jaar (Index Mundi). Kumba (KIO) het vir die 6 maande tot Des 2014 'n 21% netto wins marge gehad, met die ystererts prys teen $83 x R11.0 ~ R915/ton. Die Chinese gelande yster erts prys is nou $58.58 x R12.36 ~ R724/ton. Die rand prys is 21% laer as die 2de helfte van 2014. As Kumba se kostes dieselfde bly, is hulle wins daarmee heen. Die aandeel prys/verkope is nou R179/R132(2x laaste 6m). Die aandeel val al vanaf R610 in Jan. 2013. Al die groot myners soos Anglo American (deur Kumba), BHP Billiton en Rio Tinto is afhanklik van ystererts as hulle grootste mineraal. African Rainbow Minerals of ARM (ARI) se aandeel prys is afhanklik van opkomende resultate, wat op die ou yster erts prys gebaseer sal wees. Assore (ASR) se prys/verkope kan nie bereken word nie, want hulle verklaar 'n 80% netto wins marge.

Olie prys

Daar is nou soveel gepraat oor $20 olie omdat die VSA nie meer plek het om olie te stoor nie, dat die olie prys afgepraat word. Dit raak Sasol (SOL) en BHP Billiton (BIL) op die JSE. In die VSA is daar 'n beurs verhandelende fonds (BVF of "ETF") wat dubbel kort is van olie produsente - ProShares UltraShort Oil & Gas (DUG). Beurs fondse wat lank olie eksplorasie is, is SPDR S&P Oil & Gas Explor & Prodtn ETF (XOP), iShares Dow Jones US Oil & Gas Exploration & Production Index Fund (IEO), en PowerShares Dynamic Engy Explr&Prdtn ETF (PXE).


Dinsdag 10 Maart 2015

Steyn City

Die duur eiendoms ontwikkeling Steyn City in Gauteng (Biznews) moenie verwar word met Steynsburg in die Oos-Kaap nie, waar huise vanaf R300,000 te koop is - Property24.

JSE aandeel mark

FirstRand (FSR) se bedryfs inkomste vir die 6m tot Des was +13.5%, en vwVPA +13.5%. Die prys/verdienste is nou R54.28/R3.59 = 15.1. Die dividend opbrengs is 3.0% na belasting.


Maandag 9 Maart 2015

JSE aandeel portefeulje

Dit is moeilik om nou aantreklike aandele te vind teen redelike waardasies. As die mark val, kan dit al die aandele aftrek. Die meeste maatskappye gaan eers weer resultate rondom Augustus uitbring. Intussen kan aandele op enigiets reageer. Onderstaande tabel lys van die min aandele met potensiaal wat nog oorbly. Aandele wat in lae volume verhandel, en nie deur fondse opgejaag word nie, is dikwels goedkoper.

Portefeulje 2015
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Kommentaar
AdaptIT (ADI) 2.3 R10.70/38.5c = 28 +37% +35% Klein volume. Volgende resultate ~ 19 Aug.
Arrowhead A of B (AWA of AWB) Huur opbrengs 4x18.545c/955c = 7.8%, en jaar groei 11% tot Sept 2015. Cum ~ 30 Mei.
Capitec (CPI) R443/~R22 ~ 20 12% (vorige 6m) 23% tot 27% (Feb 2015) Inkomste groei laer as vroeë jare. Aandeel prys opgeskiet na paar jaar se sywaartse beweging. Volgende resultate 24 Maart, dan ~ 29 Sept.
Consolidated Infrastructure Group (CIL) 1.4 R25.82/R1.83 = 14 +24% (laaste 6m) +40% (laaste 6m) Langtermyn groei rekord is laer as die laaste syfers. Aandeel prys dryf laer. Resultate ~ 9 Apr.
Discovery (DSY) 2.0 R130/R6.46 = 20 +17% +17% Regs aanbod R90.00 van 16 tot 26 Maart. Aandeel prys laas week +11% opgeskiet. Resultate ~ 3 Sep.
Eqstra (EQS) 0.16 R3.70/2x36.9c = 5.0 -4.5% +5.7% (-22% 6m-6m) Groei onseker. Vooruitsigte klink positief. Baie goedkoop. Resultate ~ 2 Sep.
EOH (EOH) 2.3 R141/~574c ~ 24.6 +42% +20% tot +30% Resultate ~ 18 Maart, dan ~ 11 Sept.
Fambrands (FBR) 3.5 26 +14% +17% Konstante groei teen 'n hoë prys. Resultate ~ 24 April.
FirstRand (FSR) R55.58/R3.37 = 16.5 +20% +22% Wag vir resultate.
Hospitality A (HPA) Klein volume. Huur opbrengs 9.5%, groei 5%. Getref deur val in B uitkering. Cum 13 Maart.
Hulamin (HLM) 0.36 885c/2x70c (laaste 6m) ~ 6.3. +6.3% +93% Resultate ~ 25 Julie. Lae volume.
Mr Price (MPC) 3.9 R268.00/780c = 34 +15% +23% Duur. Resultate ~ 24 Mei.
Naspers Ltd -N- (NPN) Wag vir Tencent resultate ~ 18 Maart.
Peregrine (PGR) 2.2 2500c/236c = 9.8 +20% +43% Resultate ~ 11 Junie.
Pinnacle (PNC) 0.23 1041c/~159c ~ 6.5 Goedkoop. Wag vir resultate.
Supergroup (SPG) 0.60 R35.15/~262c ~13.4 +22% +12% Volgende resultaat ~ 16 Aug.
Woolworths (WHL) 1.5 R90/~484c ~ 19 +46% (oorname) +6.4%, verstel +30% (oorname) Dividend 2.4%. Volgende resultaat ~ 9 Sep.

Duur aandele

Duur aandele met 'n hoë prys/verdienste tot groei verhouding ("PEG") word onder gelys.

Baie eiendoms trusts is oorprys. As die huur opbrengs onder 6% is, en teen 8% per jaar groei, sal dit jare neem om byvoorbeeld SA Retail Bonds se 7.25% te bereik. Intussen kan rentekoerse dalk opgaan, wat die prys van die eiendoms trusts kan laat tuimel. Daar is geen teken van rentekoers verhogings op die oomblik nie, maar lae inflasie en rentekoerse is ongewoon vir 'n Afrika land. Gewoonlik druk regerings geld om vir uitgawes te betaal, wat inflasie hoog hou. Afrika inboorlinge weet nie van belasting betaal nie.

Kleinhandelaars het goeie verkope vir die laaste paar maande berig in handels verklarings. Dit is verbasend gegewe die lae ekonomiese groei. Dalk iets met die laer petrol prys te doen.

Duur aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Dividend opbrengs Kommentaar
AECI (AFE) 0.94 R134/R8.00 = 16.7 +2.5% (laaste 6m) +6.1% (laaste 6m) 2.2% Spesiale dividend 375c/R134 -15% = 2.4% cum 22 Mei.
Aspen (APN) 5.5 (laaste 6m) R433/R10.83 = 40 (laaste 6m) +5.7% (6m-6m, jaarliks) -16% (6m-6m, jaarliks) 0.4% Tensy groei weer optel, totaal oorprys.
Bidvest Ltd (BVT) 0.52 R332.43/R17.65 = 19 +16.5% +5.0% 2.2% Duur vir lae verdienste groei.
British American Tobacco BATS (BTI) 5 R695/ 208.1p~R36.7 = 18 -8.4% -15.6% (-3.9% verstel) 3.2% Besigheid krimp, maar aandeel prys gaan op.
Capco (CCO) Capital & Counties Prop. 1.34 (prys/NBW) +8.2% 0.35% Eiendom waardasies +34% hoër, maar huur net +8.2%. Verhandel bo eiendom waardasies, wat op 2.4% opbrengs gebaseer is.
Curro (COH) 11.2 3400c/17.4c = 195 +52% +37% 0%
Foschini (TFG) 2.1 R172.5/~R8.04 ~21 +10.2% (Sep14), +12.5% Okt-Des +3.4% (Sep14)
Fountainhead Property Trust (FPT) 6.2% Groei 5% tot 6%.
Growthpoint (GRT) 5.7% Verwagte groei van 7 tot 7.5%.
Investec plc (INP) R104.22/ 33.9p~610c = 17 +3.5% (bedryfs inkomste) +12.8% (6m-6m laer) 2.8% Swak verdienste groei rekord.
Life Health Care (LHC) 3.6 R45.55/~R1.84 = 25 +10.2% +7.7% 2.6% Dividend 2.6%
Massmart (MSM) R126.85/R4.01 =32 +10.4% -17.1% 2.2% Resultate ~ 22 Aug.
Medi Clinic (MDC) 2.5 R164.73/R5.05 =32.6 +19% +7.1% 0.7% Duur. Resultate ~ 26 Mei.
Mondi Ltd (MND) R232/~R13.1 ~18 -2.6% +8.9% 2.0% Duur vir lae groei.
Old Mutual plc (OML) R40.83/ 11.6p~R2.09 = 20 -22% -19% 3.3% Swak resultate, maar die aandeel prys klim. Aandeel mark is duur - beleggings groei dalk laag.
Pioneer (PFG) 2.3 R174.45/R6.47 = 27 +4.2% +34% (laaste 6m) Teen 'n netto wins marge van 8.5%, is inkomste groei nodig om die hoë prys/verdienste te regverdig. Resultate 19 Mei.
Redefine (RDF) 6.3% Groei 7% tot 7.5%.
Resilient (RES) 3.8% Teen 16% groei p.j., sal die opbrengs eers na 5 jaar die 7.25% van SA Retail Bonds bereik.
Richemont (CFR) 4.1 R105/ ~E2.79~R3.6 ~ 29 +2% (in Euro) -24% 1.5% Duur vir lae groei. Resultate ~ 16 Mei.
SABMiller PLC (SAB) 4.1 R670/R28 = 24 +2.4% (in dollars) +3% (in dollars) 1.5% Duur vir lae groei. Resultate ~23 Mei
Sanlam (SLM) R72.70/412c = 18 -9.7% (-32% laaste 6m) +3.5% (-15.4% laaste 6m) 2.7% Aandeel mark is duur - beleggings groei dalk laag.
Sasol (SOL) Hang af van olie prys. Resultate ~ 13 Sep.
Telkom (TKG) 1.2 R76.68/414c = 18.5 -1.5% -67% 0% Eienaardige aandeel prys styging. Resultate ~ 8 Junie.
Tsogo Sun (TSH) 2.8 R28.30/R1.76 = 16.1 +4.2% -0.5% 2.7% Resultate ~ 23 Mei.
Truworths (TRU) 3.1 R90.60/R5.71 = 15.9 +6% +0.8% 3.8% Inkomste groei gelyk aan inflasie.
Vodacom (VOD) 2.7 R135.8/R8.71 = 15.6 +2.3% -5.3% 5.0% Geprys vir groei, wat nie laas daar was nie. Resultate ~ 20 Mei.
Zeder (ZED) Sien Pioneer bo. Resultate ~ 8 April.

JSE aandele mark

Sasfin (SFN) se inkomste vir die 6m tot Des was +13%, en VPA +15%. Dit verhandel in lae volume.

Stefanutti Stocks (SSK) verwag wesens VPA van 98.7c tot 111.5c (+55% tot +75%) vir die jaar tot Feb 2015. Daar is a wye koop-verkoop prys gaping.

AVI (AVI) se inkomste vir die 6m tot Des was +11%, en vwVPA +11%. Die prys/verdienste is 22. Die dividend opbrengs is 2.5%, met 'n spesiale dividend van 1.9% cum 17 Maart.

Sasol (SOL) se inkomste vir die 6m tot Des was +1.6%, en vwVPA +6.3%. Die prys/verdienste is 6.6 – 'n laer toekomstige olie prys is deels in die aandeel prys. Die 6 maande dividend wat nou betaal word se opbrengs is 1.5%.


Sondag 8 Maart 2015

Een baksteen gekraak

Een van die BRICs lande, Brasilië, se inflasie koers is 7.5%, en rentekoerse is verhoog na 12.75% om inflasie onder beheer te bring - The noise from Brazil? An economy on the brink. Volgens die artikel het hulle skuld van $250b, maar het $360b in reserwes. Maak nie sin nie. Volgens Wikipedia was die eksterne skuld $428b in Des 2012 (List of countries by external debt). Die skuld was maar $1608 per persoon, of 15% van die ekonomie.


Saterdag 7 Maart 2015

Krieket wêreld beker

Die Engelse kommentators by die krieket wêreld beker het die SA Proteas as die in-vorm span beskryf, en die top ses kolwers op die kolflys bewonder omdat hulle almal 100 gekry het by die toernooi, behalwe vir paaltjie wagter de Kock. Een kommentator het gesê waar SA in die kwarteind en halfeind rondtes gaan speel as alles volgens plan verloop. Die werklikheid is dat SA in 'n opwarm wedstryd teen Nieu Seeland verloor het, en in die beker wedstryde teen Indië en nou teen Pakistan.

Die span wat eerste kolf wen oorweldigend. Eendag wedstryde behoort opgebreek te word in twee kolf beurte per span. Die lyk of die sterker spanne so gewoond raak aan balle wild rond slaan teen die swakker spanne, dat hulle dieselfde wil doen teen die sterker boul spanne, en dan goedkoop uitgeboul word. Nog 'n rede om die beker formaat te verander na 'n rondomtalie tussen die sterkste spanne, en die swakker spanne in hulle eie liga te laat speel.


Vrydag 6 Maart 2015

JSE top 40 resultate

Noudat baie maatskappye resultate uitgebring het, hoe lyk die aandeel mark nou? Die top 40 se resultate word onder gelys. Daar is min aantreklike waardasies. Mynbou se vooruitsigte lyk sleg, maar die meeste aandele het alreeds baie geval. Die mediese aandele is geprys vir hoë groei, wat nie noodwendig daar gaan wees nie. Die groot internasionale farmaseutiese maatskappye se voorspelde wins groei lyk nie goed nie. Banke is redelik geprys, in verhouding tot hulle lae groei. Lewens versekeraars se aandeel pryse is hoog ten spyte van swak resultate. Gegewe die duur aandeel mark, is dit onwaarskynlik dat hulle beleggings goed gaan doen. Konstruksie aandele is steeds 'n ramp. Die primêre funksie van 'n besigheid is om geld te maak vir die eienaars. Konstruksie maatskappye voldoen al jare lank nie aan die primêre funksie nie.

JSE TOP 40
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Verkope groei VPA groei Prys/ Verdienste Dividend opbrengs na belas. Kommentaar
African Rainbow Min (ARI) Wag vir resultate.
Anglo American PLC (AGL) 0.86 -2.3% (laaste 6m) -90% (laaste 6m) 2120 (laaste 6m x2) 3.9% Geen wins laaste 6m. Ystererts en koper prys nog laer. Aandeel prys onder verkope/aandeel.
Amplats (AMS) 1.69 +6.1% -46% 120 0% Platinum prys bly laag weens oorproduksie.
Anglogold Ashanti (ANG) 0.80 -5.8% verlies verlies Goud prys bly laag weens oorproduksie.
Aspen Pharmacare (APN) 5.3 +5.7% (6m-6m, jaarliks) -16% (6m-6m, jaarliks) 37 0.4% Tensy groei weer optel, totaal oorprys.
Assore (ASR) +27% -59% 7.3 (laaste 6m) 5.2% Ystererts prys nog laer.
Barclays ABSA (BGA) +6.3% +10% 12 4.2% Inkomste groei net gelyk aan inflasie koers.
BHP Billiton PLC (BIL) 2.2 -11.9% -39% 14 4.3% Yster erts en olie prys laer.
Bidvest Ltd (BVT) 0.52 +16.5% +5.0% 19 2.2% Duur vir lae verdienste groei.
British American Tobacco BATS (BTI) 5 -8.4% -15.6% (-3.9% verstel) 19 3.2% Besigheid krimp, maar aandeel prys gaan op.
Capco (CCO) Capital & Counties Prop. 1.34 (prys/NBW) +8.2% 0.35% Eiendom waardasies +34% hoër, maar huur net +8.2%. Verhandel bo eiendom waardasies, wat op 2.4% opbrengs gebaseer is.
Discovery (DSY) 2.0 +17% +101% (+17% genormaliseerd) 20 1.1% Regs aanbod teen R90.00 gedurende 16-26 Maart.
Exxaro Resources (EXX) 2.4 +23% (laaste 6m) -23% (laaste 6m) 9.5 3.9% Steenkool prys nou laer, maar het afgeplat.
Firstrand (FSR) Wag vir resultate.
Growthpoint (GRT) 5.7% Verwagte groei van 7 tot 7.5%. Oorprys.
Implats (IMP) 1.3 -3.6% wisselvallig 53 0% Platinum prys bly laag.
Investec plc (INP) +3.5% (bedryfs inkomste) +12.8% (6m-6m laer) 17 2.8% Swak verdienste groei rekord.
Intu Prop (ITU) 0.95 (prys/NBW) +7.3% 0% (in pond) 3.1% Geen groei in uitkering.
Kumba Iron Ore Ltd (KIO) 1.4 -15% (laaste 6m) -41% (laaste 6m) 7.4 (laaste 6m) 6.3% Yster erts prys nog laer, reeds deels in aandeel prys.
Life Health Care (LHC) 3.6 +10.2% +7.7% 26 2.6% Oorprys
Medi Clinic (MDC) 3.4 +19% +7.1% (+22.6% genormaliseerd) 31 0.7% Duur. Volgende resultate ~ 21 Mei.
Mondi Ltd (MND) -2.6% +8.9% 18 2.0% Duur vir lae groei.
MTN Group Ltd (MTN) 2.8 +7.6% +10.8% 14.5 4.8% Groei meestal wisselkoers. Laer olie kan volgende resultate tref.
Naspers Ltd -N- (NPN) Wag vir Tencent resultate ~ 18 Maart.
Nedbank Group Ltd (NED) +10.7% (bedryfs inkomste) +13% 12.3 3.4% Hoë verdienste groei 2011-2013, nou laer.
Old Mutual plc (OML) -22% -19% 20 3.3% Swak resultate, maar die aandeel prys klim. Aandeel mark is duur - beleggings groei dalk laag.
Reinet (REI) 0.86 (Prys/NBW Des 2014) +12.5% (NBW groei) 6.4% British A. Tobacco se verkope val, maar prys gaan op.
Remgro (REM) Wag vir resultate
Richemont (CFR) 4.1 +2% (in Euro) -24% ~28 (as VPA 24% val vir jaar) 1.5% Duur vir lae groei.
RMB Holdings (RMH) Sien First Rand
Rand Merchant Insurance (RMI) +12% (+2% 6m-6m) +26% 21 2.1% Verkope groei laer. Aandeel prys baie op.
SABMiller PLC (SAB) 4.1 +2.4% (in dollars) +3% (in dollars) 24 1.5% Duur vir lae groei. Resultate ~23 Mei
Sanlam (SLM) -9.7% (-32% laaste 6m) +3.5% (-15.4% laaste 6m) 18 2.7% Aandeel mark is duur - beleggings groei dalk laag.
Sasol (SOL) 1.3 +1.6% +6.3% 6.6 6 maande 1.5% Laer toekomstige olie prys reeds deels ingeprys.
Shoprite (SHP) 0.77 +12.5% +8.6% 23 1.8% Goeie mark posisie. Betroubare groei teen hoë prys.
Standard Bank (SBK) +3% +0.3% 12 3.3% Groei op en af.
Steinhoff Int (SHF) 1.2 -4.1% of +12% -13.3%, +3.2% voortgeset 15 1.9% Groei sedert 2012. Aandeel prys baie op. VPA +12% as eerste 6m herhaal.
Tiger Brands (TBS) 2.2 +11% +9.1% 20 2.2% Duur vir die groei tempo.
Vodacom (VOD) 2.7 +2.3% -5.3% 15.6 5.0% Geprys vir groei, wat nie laas daar was nie.
Woolworths (WHL) 1.5 +46% (oorname) +30% (oorname) 18.5 (2x VPA laaste 6m) 2.4% Goeie groei rekord.



Donderdag 5 Maart 2015

JSE aandeel mark

Bell (BEL) verwag vir 2014 'n wesens VPA van 37c tot 57c (70% tot 80% laer), wat 'n verlies beteken vir die tweede helfte. Die aandeel prys is nou R8.85 teenoor verkope per aandeel van R70.


Donderdag 5 Maart 2015

Moneyweb webwerf herontwerp

Moneyweb (www.moneyweb.co.za) het hulle webwerf verander. Dis nie noodwendig 'n verbetering nie. Oor die laaste paar jaar het die hoofblad se uitleg gegaan van 'n eenvoudige ontwerp na 'n deurmekaar spul van artikel opskrifte. Die meeste webwerwe op die web het swak uitlegte. Moneyweb se nuwe web blaaie steek bo vas sodat 'n mens nie bladsye kan afrol nie. 'n Mens moet inteken om kommentaar te lewer. Hoeveel gebruikers gaan die moeite doen? Biznews (www.biznews.com) sukkel om kommentaar te kry. "Click a Company" neem baie lank om inligting te gaan haal. Dit neem langer om na ou SENS te soek.

JSE aandeel mark

Die JSE (JSE) se inkomste vir 2014 was +12.7%, en die vwVPA +13.4%. Die prys/verdienste is nou R122.22/727c = 16.8. Die dividend opbrengs is 2.8% (3.3% met spesiale div) na belasting.

Aspen (APN) se inkomste vir die 6m tot Des is +51%, maar net +2.8% relatief tot die 6m voor dit. Die vwVPA is +28%, maar die 542c is laer as die 592c van die 6m voor dit. Die prys/verdienste is nou R429/R11.34 = 38 (of 40 as die laaste 6m se VPA herhaal). Die prys/verkope is omtrent 5.4.

Poynting (POY) se inkomste vir die 6m tot Des was +41%, of +101% op die herverklaarde inkomste. Die VPA is naby 0c. Verkope/aandeel is omtrent 76.6c. Die aandeel prys is nou 219c.

Rand Merchant Insurance (RMI) se mark waarde per aandeel einde 2014 was +49% na R40.86, vergeleke met die aandeel prys nou van R45.00. Inkomste was +12%, vwVPA +26%, en genormaliseerd +14%.

Standard Bank (SBK) se totale inkomste vir 2014 was +3%. Netto rente inkomste was +15%, nie-rente inkomste +14%, en inkomste van beleggings bestuur en lewens versekering bedrywighede -6.8%. Die vwVPA was +0.3%. Die prys/verdienste op die voortgesette vwVPA is R155.54/R12.91 = 12.0. Die dividend opbrengs is 3.3% na belasting.

Sanlam (SLM) se netto inkomste vir 2014 was -9.7% laer (-32% vir die tweede ses maande). Die vwVPA was +3.5% (-15.4% vir die tweede ses maande). Die prys/verdienste is nou R72.70/412c = 17.6 (18.9 as die 2de 6m se VPA herhaal). Die dividend opbrengs is 2.6% na belasting.

Exxaro Resources (EXX) se inkomste vir 2014 was +21%, en vwVPA -6.2% na 1368c. As die laaste 6m se VPA herhaal, is die prys/verdienste R109.81/2x578c = 9.5. As die 6m se dividend herhaal word, is opbrengs 3.9% na belasting.


Woensdag 4 Maart 2015

JSE aandeel mark

Capitec Bank (CPI) verwag wesens VPA van 2155c tot 2225c, wat +23% tot 27% hoër is as 'n jaar gelede. As die tweede 6m se VPA herhaal, is die prys/verdienste nou rondom R440/~R23.5 ~18.7.

Growthpoint (GRT) se 6m tot Des huur uitkering van 84.4c gee 'n opbrengs van 2x84.4c/2923c = 5.7%. Growthpoint verwag groei van 7.0 tot 7.5% groei vir Junie 2015. Teen 7.5% groei sal die uitkering oor 1 jaar 6.1% wees, oor 2 jaar 6.6%, oor 3 jaar 7.08%. Dit sal 4 jaar neem om dieselfde opbrengs as SA Retail Bonds te bereik, as die groei so hoog bly.

Mpact (MPT) het resultate uitgebring, maar die aandele verhandel in baie lae volume.

MMI (MMI) se netto versekerings premies vir die 6m tot Des is +32.6% hoër. Die netto inkomste is -34% laer, weens 'n val in die netto gerealiseerde en billike waarde winste. Die kern vwVPA is +9.6% na 115.5c. Die prys/verdienste is nou R32/237c = 13.5. Die dividend opbrengs is 148c/R32 -15% = 3.9%.

MTN se inkomste vir 2014 was +7.6%, of 7.0% op herverklaarde inkomste. In SA was dit -3.9% laer, en Nigerië +12.1% (+3.7% teen vaste wisselkoers). MTN se resultate word aangepas vir "hiper inflasie". Die vwVPA van 1527c was +10.8%, of +8.8% op die herverklaarde VPA. As die tweede helfte se vwVPA herhaal, is die prys/verdienste is nou R212.34/2x802c = 13.2. Die dividend opbrengs is R12.45/R212 -15% = 4.9% (3.2% cum 20 Maart). Kommentaar: Die laer olie prys sal dalk eers in die volgende ses maande die Nigeriese ekonomie tref. Die olie prys het eers aan die einde van 2014 geval, en dit neem lank vir mense om hulle uitgawes aan te pas. Die regering se uitgawes tot BBP is net 12.6% (Nigeria: Ratio of government expenditure to gross domestic product (GDP) from 2008 to 2018*) vergeleke met SA se 32.2%.


Dinsdag 3 Maart 2015

JSE aandeel mark

Steinhoff (SHF) se inkomste vir die 6m tot Des is -4.1% laer, of +12% hoër as die herverklaarde inkomste. vwVPA is -13.3% laer, en voortgesette vwVPA +3.2% hoër. As die voortgesette VPA herhaal, is die prys/verdienste is nou R82.26/2x225c = 18.3

Glencore (GLN) het resultate vir 2014 uitgebring. Ek kon nie die inkomste vind in die Sens aankondiging nie. Dit lyk of die vwVPA $0.21 was teenoor $0.23 in 2013. Dan is die prys/verdienste R52.87/~R2.46 ~ 22. Die aandeel prys het van R44 af opgeskiet in 'n maand.

Eqstra Holdings (EQS) se inkomste vir die 6m tot Des was -4.5% laer, en vwVPA +5.7% na 36.9c. Verlede jaar se wins was beïnvloed deur stakings. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste 365c/2x37c ~ 4.9. Die maatskappy vooruitsigte klink positief.

Cashbuild (CSB) se inkomste vir die 6m tot Des was +12% (soos voorheen aangekondig). Inkomste van bestaande winkels was +6%, en 19 nuwe winkels het +6% bygedrae. Gedurende die 6m het Cashbuild 4 nuwe winkels oopgemaak, 2 gesluit, en 4 verskuif. Die vwVPA was +34% na 789.1c. Die prys/verdienste is nou R217.15//R13.36 = 16.3. Inkomste vir die eerste 6 weke van 2015 was +14%.

Merafe (MRF) se inkomste vir 2014 was +3.2% (-20% vir laaste ses maande), en vwVPA -23% na 8.3c (-0.6c verlies vir die laaste ses maande). Die aandeel prys is nou 90c.

Barclays Africa (BGA) se totale inkomste vir 2014 was +6.3%, vwVPA +10% na 1538c. Rente en soortgelyke inkomste was +9.0%, en fooie en kommissie inkomste +0.6%. Die prys/verdienste is nou R187.94/R15.38 = 12.2. Die dividend opbrengs is R9.25/R187.94 -15% = 4.2% (2.4% cum 10April).


Maandag 2 Maart 2015

JSE aandeel mark

Fairvest Prop (FVT) se huur opbrengs vir die 6m tot Des is 2x6.75c/219c = 6.2%. Groei van 9% to 10% word verwag tot Junie. Die eenheids prys is op +82% van omtrent 120c 'n jaar gelede. Teen 'n groei tempo van 10% p.j., sal die huur opbrengs 6.8% wees oor 'n jaar, en 7.5% oor twee jaar.

Santam (SNT) se bruto geskrewe premies vir 2014 was +10%, die wesens VPA +40% na 1435c. Die tweede ses maande se VPA was 641c teenoor 794c vir die eerste ses maande. As die 2de 6m VPA herhaal word, is die prys/verdienste R229.80/2xR6.41 = 17.9

Ascension Properties (AIA, AIB) se A huur uitkering gee 'n opbrengs van 2x20.94750c/600c = 7.0%, met 'n vaste groei van 5% p.j.. Die A eenhede verhandel in lae volume. Die B eenhede se opbrengs is 2x11.27673c/300c = 7.5%, met die laaste groei +8.9%.

JD Group (JDG) se inkomste vir die 6m tot Des is -0.6%, of +10.5% op herverklaarde inkomste, en wesens VPA -447.6c, of 70.3c op voortgesette besigheid. As die voorgesette VPA herhaal, is die prys/verdienste 2924c/~140c ~21. Die prys/verkope is R29.24/R127.

SA Corporate (SAC) se huur uitkering vir die 6m tot Des is +9.4% op na 18.02c, wat 'n jaarlikse ekwivalent opbrengs van 2x18.02c/510c = 7.2% is.

Bidvest (BVT) se inkomste vir die 6m tot Des was +16.5%, en wesens VPA +5.0%. Die prys/verdienste is R315.53/R17.65 = 17.9


Sondag 1 Maart 2015

Op die interweb

Failures of a successful investor - Moneyweb. Daar is dikwels positiewe en negatiewe menings oor die aandele wat 'n mens besit. Een van die twee standpunte moet 'n mense ignoreer. Ek het groot groei misgeloop omdat ek negatiewe menings geglo het, en aandele verkoop het, byvoorbeeld harde skyf vervaardigers Seagate en Western Digital. Ek het NEPI vir R35.85 verkoop omdat die huur uitkering destyds laag was, en min aandele verhandel het. Dit is nou R137.56.

Die mark verkoop dikwels maatskappye wat ander besighede oorneem, veral as dit lyk of hulle te veel betaal, maar dit is een van die beste beleggings, tot die oornames ophou. Gewoonlik veroorsaak dit 'n sprong in die maatskappy se verkope en wins, byvoorbeeld Dimension Data (nie meer genoteer nie), Famous Brands (met die Wimpy oorname), EOH, Spar (Ierse Spar oorgeneem), Woolworths (David Jones), ens.

Koffie is goed vir diabetes 2: Diabetes and Coffee


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2014