Satelliet en internet TV dienste (November 2018)


Indeks tot onderwerpe laer af


Internet TV

Die satelliet TV dienste het hopeloos te stadig aangepas by die groot verskeidenheid van vermaak op die internet, soos die miljoene gewone mense met kanale op Youtube. Die aantal programme op satelliet TV is baie beperk, en die manier waarom kanale in pakkette saamgestel word, maak nie sin nie.

Daar is al meer gratis internet TV dienste wat meeding met dienste soos Netflix.

Nog 'n aanlyn TV diens: app.plex.tv.

Daar is 'n toets TV diens sonder intekening: tv2go. Dis baie stadig en skakel oor na Youtube.

Internet dienste soos Tubi.tv en Roku is nie meer in Suid Afrika beskikbaar nie. Dis seker as gevolg van die nuwe wetgewing onder die ANC bewind, die onderdrukkers van vryheid: South Africa has introduced new internet censorship laws – what you should know - BusinessTech: "All online distributors will be required to register with, and submit all content to the FPB for classification".

Onbeperkte (uncapped) internet toegang maak TV oor die internet moontlik in beginsel. Volgens Uncapped ADSL throttling and fair use is die drempel vir byvoorbeeld MWEB se 4Mbps diens omtrent 110GB, wat te min is vir internet TV vir 'n maand. Teen 'n gemiddelde spoed van 2Mbps of 900MB/uur gee die 110GB perk 4 uur se TV per dag. As die gemiddelde spoed 1Mbps is, is die perk 8 uur per dag.

Selfoon internet dienste is te duur vir TV. Telkom vereis dat mense vir (1) 'n gewone (spraak) telefoon lyn betaal teen R189 per maand, al word net (2) die ADSL lyn gebruik teen R159 vir 2Mbps spoed. (3) Tel daarby die web toegang deur 'n Internet Diens Verskaffer teen sê R180pm. Die totaal is alreeds R528 voor 'n mens nog vir video of TV diens betaal het. Ander glasvesel dienste is beskikbaar in party gebiede.

Aard TV

Televisie in Suid Afrika was die afgelope eeu 'n teleurstelling, en steeds is daar nie die vryheid wat in 'n demokrasie verwag word nie. Daar is nie behoorlike mededinging nie, soos wat in die VSA bestaan. Die regering beheer steeds 3 van die 4 aard kanale. Waarom net een private kanaal toelaat? Die digitale DTT (Digital Terrestrial Television) oorskakeling was teen Junie 2015 verwag, maar is teen November 2018 nog nie ingestel nie. Te oordeel aan die vervalle toestand van mense se antennas, gaan min mense DTT kry. Die digitale aard diens DTT kan meer kanale dra, maar sal waarskynlik net die SABC, e-TV and gemeenskapdienste (soos Tshwane, CapeTV, Soweto TV, KZN, Alex TV) dra.


Satelliet TV

Die publiek se geld word vermors deurdat 'n aparte dekodeerder gekoop moet word vir elke TV diens. 'n Dekodeerder kan gemaak word om enige satelliet kanaal op te vang, maar die uitsaaiers beperk die dekodeerders doelbewus sodat dit net hulle eie diens kan opvang. Die ou SD (Standaard Definisie) dekodeerders is ook vervang word met HD (Hoë Definisie) dekodeerders. As jy probeer het om al die satelliet dienste wat al beskikbaar was op te vang, het jy nou al sewe verskillende dekodeerders: DSTV SD, DSTV HD, Vivid, TopTV, StarSat HD, OpenViewHD, en Gratis na Lug (Free to Air). Nadat 'n mens 'n stapel van die dekodeerders versamel het, ontwikkel 'n mens 'n weerstand teen die koop van enige verdere ekslusiewe dekodeerders. Uitsaaiers kon al lankal gratis satelliet kanale aangebied het wat deur adverteerders befonds word.

Eight years later, WowTV ready to roll - Tech Central. WOW staan vir "Walk on Water", wat ook 'n TV reeks is. Hulle webwerf bied intekening van R49 per maand: WOW TV. Nog 'n dekodeerder word benodig.

Die ander beskikbare satelliet dienste word in ondestaande tabel getoon. Die artikel gaan voort onder die tabel.

SATELLIET TV IN SUID AFRIKA
MAATSKAPPY DIENS SATELLIET POSISIE ONTVANGER PAKKETTE KANALE HOE-DEF PRYS
Naspers - Multichoice DSTV IS 20
was IS 7
68°E Hoë Definisie dekodeerder + installasie R499 Premium
Compact Plus
Compact
Family
Access
EasyView
Indian
Portuguesa

148
128
109
87
66
38
27
13
?
?
?
?
?
?
?
?
R809
R509
R385
R249
R99
R29
R375
R375
StarTimes StarSat
(was TopTV)
SES-5 5°E Starsat HD PVR (opnemer) R499. Gratis installasie. Super
Special
Chinese
Indian
French
Sports+
80+
50+
17
9
9
2
?
?
?
?
?
?
R209
R109
R209
R109
R129
R99
eMedia OpenViewHD (OVHD) SES-5 5°E OVHD R399 Oop 13 5 Gratis
ANC regering - Sentech Freevision (was Vivid) IS 20 68°E Onbekend Oop Onbekend 0 Gratis
Verskeie uitsaaiers Gratis na Lug (Free to Air) IS 20 68°E Onafhanklike ontvangers Oop 104 godsdiens 0 Gratis
SES-5 5°E 21 buitelands


DSTV

DSTV Premium teen R809 is veel duurder as ander dienste. Dis wat mense moet betaal as hulle plaaslike sport soos rugby en krieket wil sien. Die hoë koste van DSTV maak dit die moeite werd om ander uitsaaiers te oorweeg, maar hulle bied minder kanale, en internet TV is duur weens die koste van data. In elke pakket het DSTV baie kanale bygevoeg, maar bloot omdat hulle goedkoop inhoud in die hande kry, beteken nie beter vermaak nie.

Die gedrukte program tydskrif het verdwyn, maar is aanlyn te sien. Die DSTV 4U HD dekodeerder se "TV GUIDE" knop neem 5 minute om progamme te lys. Die "Info" knop toon gewoonlik net die volgende program op 'n bepaalde kanaal. Dit is moeilik om toekomstige programme te vind met DSTV se aanlyn gids. Die dekodeerder wil partykeer vir 'n minuut nie op instruksies reageer nie.

DSTV intekenaars dalk kan hulle pakket by DSTV verander. Die webwerf het nooit behoorlik gewerk nie. DSTV het 'n aantal kontak telefoon nommers. Selfoon oproepe kos R3 per minuut. Daar is geen antwoord op die aanlyn navraag vorm nie. Daar is 'n epos adres Help@dstv.com wat nie op die webwerf verskyn nie.


OpenViewHD - gratis

Die installasie koste van OpenviewHD is klein relatief tot die maandelikse inteken fooie op ander dienste. Dit is die moeite werd om gratis kanale te benut sover moontlik. Die kanale verander gereeld. Daar is nou 20 kanale. Die OpenviewHD kanale is klaarblyklik nie werklik oop nie, want die DSTV HD dekodeerder vind die kanale, maar vertoon dit nie. Die kanale op OpenViewHD gebruik MPEG-4 samedrukking, en sal in elke geval nie met ouer Gratis-na-Lug (Free to Air) ontvangers gesien word nie.

OpenViewHD was voorheen op dieselfde satelliet as Starsat (SES5), maar is nou op dieselfde satelliet as DSTV (IS-20), en kan met dieselfde skottel opgevang word. Die dekodeer van die een uitsaaier kan egter nie die ander se kanale opvang nie. Hoë definisie kanale word aangedui met 1080i.

0100 Openview Promo 576i
0101 SABC1 576i
0102 SABC2 1080i
0103 SABC3 1080i
0104 eTV 1080i
0105 eExtra 1080i
0106 eMovies 1080i
0107 eMovies Extra 1080i
0108 eReality 1080i
0109 eXposed 576i
0110 Star Life 1080i
0111 Zee One 1080i
0112 ePlesier 1080i
0113 The Home Channel + 576i
0115 People's Weather 576i
0121 France 24 576i
0122 DBE TV 576i
0124 SABC Sport HD 1080i
0130 eToonz+ 1080i (kinder programme).
0134 Mindset TV 576i (hoërskool lesings)
0135 SA Music 576i
0136 Soul Music 576i
0140 Glow TV (Indies) 576i

Ander oop kanale op SES5 satelliet met Gratis-na-Lug ontvanger

Die ou Space OpenviewHD kon die kanale opvang. Die gewone Openview ontvanger tel net Openview kanale op. Die ander oop kanale benodig nou 'n aparte skottel wat na die SES satelliet wys, en 'n gratis-na-lug ontvanger. Dit is buitelandse uitsaaiers, meestal in vreemde tale. Party Europese kanale het verdwyn, en het nou net die Franse en Chinese kanale. Dis nie die moeite werd nie.

VoxAfrica (in Frans)
NHK World SD (Japan, in Engels)
LM TV (Afrika, in Frans)
Sunna TV (Senegal)
Benie TV Plus (Ivoorkus, in Frans)
France 24 (in Frans)
Canal 3 Monde (Afrika, in Frans)
France 24 (in Engels) (ook op Starsat vir intekenaars)
Afrique Media T (Afrika, in Frans)
TV5 Monde (in Frans)
51 TV Congo (Afrika, in Frans)
RT (Russiese TV, in Engels)
Al Fayda TV (toets patroon)
Canal 3 Monde (Afrika, in Frans)
CCTV 4 Europe (in Chinees)
Sunna TYoruba (toets patroon)
CCTV 9 Documentary (China, in Engels)
CCTV F (China, in Frans)
CCTV News (China, in Engels)
Occa Africa 1
TVM Malawi


StarSat (voorheen TopTV)

Starsat het baie kanale vir R209, maar dis meestal nie die moeite werd nie. Hulle saai ou programme uit, wat klaarblyklik goedkoop is vir die uitsaaier om aan te koop. StarSat se R209 pakket is in dieselfde prysklas as die DSTV Family pakket van R249, soos in onderstaande tabel. Starsat het oorsese sport, meestal sokker – geen rugby, krieket, gholf, of tennis nie. Die kinder kanale is vir jong kinders – geen tiener programme nie. Fine Living is een van min kanale wat die moeite werd is, met ou House Hunters en Yard Crashers episodes. Op die kanaal word dieselfde insetsels tussen programme al vir meer as 'n jaar oor en oor herhaal.

TopTV se ou dekodeerder het 'n goeie program gids gehad. Met die latere wit Starsat HD dekodeerder was dit baie moeiliker om progamme te vind, en het dit posisies gespring wanneer die afstand beheer knoppe gedruk word weens swak ontwerp. Die dekodeerder verloor kanale, en moet dan weer deur 'n kanaal veeg gaan. Die wagwoord is onbekend, en daar is geen antwoord van Starsat nie. Dit het ook nie 'n TV uitset, om TV na die res van die huis te kabel nie. StarSat kan nie met 'n DVD-opnemer of DVR (harde dryf opnemer) opgeneem word nie weens kopie beskerming op die video sein, dus kan jy nie programme opneem om later te kyk nie. Die nuwe dekodeerder het 'n ingeboude PVR (Personal Video recorder).

StarSat se kontak besonderhede is beperk. Daar is net een telefoon nommer, 'n aanlyn vorm, en webmaster epos adres. As 'n mens die aanlyn vorm voltooi of 'n SMS stuur, skakel kliente diens binne 'n paar dae terug, wat hulle diens beter maak as DSTV. Om 'n bestaande intekening te stop, hou 'n mens eenvoudig op om te betaal, of om weer te begin, deponeer weer geld.



Pakket vergelyking
Klas DSTV Family R249 Starsat Super R209 OpenViewHD gratis
Rolprente 110 M-Net Novies Action, 111 M-Net Movies All Stars, 116 Vuzu, 117 Universal, 137 TNT, 138 eMovies, 139 M-Net Movies Zone, 140 eMovies Extra. 100 Star Movies Plus, 129 Star Zone,
155 Star KungFu1.
106 eMovies+,
107 eMovies Extra
TV serie 118 Telemundo, 125 Fox Life, 127 Sony Channel,
128 Sony Max, 132 CBS Reality, 141 Eva,
157 Moja Love, 159 eBella, 162 M-Net Family
102 ST Nollywood, 120 ST Rise, 125 ST Series E1,
127 ST Novela E, 128 ST Novela E Plus,
131 Fox, 133 Fox Life, 489 eExtra.
105 eExtra
Afrikaans 145 KykNet & Kie, 146 Kyknet Nou!, 147 Via 460 ASTV, 462 Onse TV.
Dokumentêr, leefstyl 135 TLC, 136 Discovery Family,
176 The Home Channel, 178 Fashion One,
179 Travel Channel, 182 Nat Geo Wild,
189 Ignition, 190 ED, 319 Mindset.
220 Nat Geo Gold E, 221 NGW E,
222 Discovery Science, 223 ID, 231 CGTN Doc,
235 Animaux, 281 Fine Living, 282 Fashion Box,
283 Fashion One, 308 Da Vinci Learning.
108 eReality, 134 Mindset
Nuus 400 BBC World News, 403 eNCA, 404 SABC News,
405 ANN7, 406 Aljazeera, 407 Russia Today,
408 Parliament, 413 NDTV24x7, 415 Weather, 449 CGTN.
256 BBC World News, 257 Al Jazeera,
259 France 24, 261 Fox News, 263 MSNBC,
266 CGTN (China), 273 CNC World (China).
120 Open News,
121 BBC News.
Finansies 410 CNBC Africa, 412 Business Day TV 264 Bloomberg Television
Sport 200 Supersport Blitz, 209 Supersport 9,
210 Supersport 10, 213 Supersport 13,
238 Supersport Play, 239 Tellytrack.
240 ST Sports Focus SA, 241 ST Sports Arena,
243 ST Sports Life SA, 245 ST World Football,
246 ST Sports Premium, 248 Fox Sports,
249 Fox Sports 2, 250 Fuel.
Kinder 301 Cartoon Network, 302 Boomerang,
308 Nickelodeon Toons, 309 Disney Junior,
310 JimJam, 311 eToonz
300 ST Kids, 302 POP, 303 Jim Jam, 305 Baby TV,
306 Smile of a Child
130 eToonz+
Musiek 320 Channel O, 321 Mzansi Music, 326 Trace Africa, 327 Sound City 320 Star Music, 321 Star Soul, 322 Star SA Music,
323 Nigezie, 324 Star Naija, 332 Classica, 334 Trace Africa.
Godsdiens 331 1Gospel, 340 Dumisa, 341 Faith,
342 Daystar, 343 TBN, 347 ITV, 390 Emmanuel TV
360 Star Gospel, 361 God TV, 362 Inspiration,
365 Deen, 367 EWTN, 517 Emmanuel TV.
Plaaslik 156 SABC Encore, 191 SABC1, 192 SABC2,
193 SABC3, 194 eTV, 194 eTV HD, 185 eTV Extra,
251 Soweto TV, 260 Bay, 261 1KZN,
262 Tshwane TV, 263 Cape TV, 265 Gau,
292 Lesotho.
157 SABC1, 158 SABC2, 159 SABC3,
160 eTV, 400 ST Swahili, 486 1KZN,
487 Tshwane TV, 488 Soweto, 509 Brics.
101 SABC1, 103 SABC3,
104 eTV.
Buitelands 166 Zee World, 167 Glow, 447 CCTV-4 130 Star Sino Drama, 188 Filmbox (Indies),
231 CCTV 9 Documentary, 274 DW, 550 Bollywood.
140 Glow
Afrika 129 BET, Africa Magic, 152 Africa Magic Epic Movies, 154 Africa Magic Family, 163 Mzansi Wethu, 164 Mzansi Bioskop. 134 AMC Series, 180 Star Africa, 185 Africa Movie Channel, 189 Wap TV, 190 E-Stars, 191 Ebony Life, 270 TVC News (Nigerië), 404 ST Dadin Kowa, 412 Star Yoruba, 461 Telesur, 540 Shembe TV.


Sentech se Direct-to-Home

Sentech het 'n Direct-to-Home (voorheen Freevision, voorheen Vivid) op Intelsat 20 (68.5° oos). Sentech is die diensverskaffer vir die SABC en eTV se aard TV en radio senders wat met dak antennas opgevang word. Sentech se satelliet diens was oorspronklik bedoel om die SABC en e-TV aan mense in afgeleë areas te bied wat buite die aard senders se uitsaai gebied val. Die stand van die satelliet diens is onbekend.


Godsdiens kanale op IS-20

Die oop kanale op die IS-20 satelliet kan met DSTV, Freevision/Vivid, of Gratis-na-Lug dekodeerders opgevang word, maar daar kan verskeie tegniese probleme wees soos verder aan genoem. Behalwe vir 'n paar opvoedkundige en bemarkings kanale, is almal godsdiens kanale, meestal bedoel vir 'n Afrika bevolking, met 'n paar eerste wêreld kanale. Kanale wat met 'n 85cm skottel opgetel word, word onder gelys.

Oop kanale op Freevision vanaf satelliet Intelsat 20 (68.5 grade oos)
Kanale vir 'n eerste wêreld gehoor word in vet letters getoon.
DNC TV
Freq: 11514
Polarity: V
Symbol: 28750
FEC: 5/6
MPEG: 4
Mindset Health
Mindset Learn
TBN Terrestrial
Vodacom TV
Jet TV
Jet Mart TV
GNF TV
Kruiskyk
Freq: 12522
Polarity: V
Symbol: 27500
FEC: 3/4
MPEG: 2
Ezekiel TV
Isambulo TV
CGN TV Test
Angel TV
Gabriele TV
AMI TV
ROV TV
Charis TV
Daystar
MSG TV
LHMTV
Amazing Discov
JIC-TV
Rabboni TV
ADBN TV
Signs Wonders
RLW TV
Breakthru TV
New Generat
Deliv Test
Freq: 12562
Polarity: H
Symbol: 26657
FEC: 2/3
MPEG: 2
Madani
Untouchable TV
Viewsat promo
Liberation TV
BETV
Olive TV
The World Net
ABN (Nigeria)
KICC
ADBN
Mercy TV
Success TV
New Frontiers Ahlulbayt
Celebration TV
Freq: 12602
Polarity: V
Symbol: 26657
FEC: 2/3
MPEG: 2
HC Africa
Evangel TV
Atv
Harvest TV
BCS TV
El Shaddai
CJ TV
Dove Vision (Nig)
Sonlife
TTVM TV
Spirit Word
DNI TV
God TV
Impact TV
Dunamis
MFM TV
JCC TV
Praise TV (Nig)
Inspiration TV
BTV ENC B
Freq: 12682
Polarity: H
Symbol: 26657
FEC: 2/3
MPEG: 2
Hosanna
Fano TV
Blessing TV (Bots)
Mantle TV
3ABN Internat
Good News TV (SA)
Impact TV Net (SA)
Champions TV
Yadah TV
Chosen 10 (CRTV)
ACBN
ACNN
God of Now Now
Champions of FIR
Omega
CVV
Freq: 12682
Polarity: V
Symbol: 29687
FEC: 2/3
MPEG: 2
Fresh TV
FVSD
RCG TV
Outpourings TV
Ch Zim
Freq: 12722
Polarity: H
Symbol: 26657
FEC: 1/2
MPEG: 2
Christ TV.co
Lumen Christi T
OPM Doctor Jesu
Digha
Rhema TV
GMTV
Cemadon TV
Miracle TV
Rapha TV
Press TV
iFilm English
Hadi TV5
Go Famint
Favour TV
ViewSat Promo S
ViewSat Promo
Nollywood TV
Holy TV
Freq: 12722
Polarity: V
Symbol: 26657
FEC: 1/2
MPEG: 2
Clear TV
Unity Br Net (SA)
Redemption TV M
Emmanuel TV
Prophetic
LoveWorld
World Restoration
Kingdom Life Net


Tegniese probleme

(1) Die TV beeld inligting word saamgepers sodat dit teen 'n laer data tempo versend kan word. Die ou standaard was MPEG-2. Die nuwe standaard is MPEG-4. Die ou DSTV dekodeerder, Vivid, en ouer Gratis-na-Lug dekodeerders was MPEG-2. Party TV kanale, soos Kruiskyk op 11514 MHz op die IS-20 satelliet, word in MPEG-4 uitgesaai. Dit kan net met die nuwer dekodeerders soos die DSTV HD 4U of Space OpenView HD opgevang word.

(2) As 'n ou DSTV of Vivid dekodeerder ge-reset word, gaan dit terug nou die oorspronklike fabriek data met 'n hoë LNB ("Low Noise Block" omsetter op die fokus punt van die skottel waaraan die kabel verbind is) frekwensie van 10700 MHz, terwyl nuwe LNBs 10600 MHz is. LNBs ontwikkel partykeer na jare 'n fout. Die LNB is 'n sensitiewe apparaat, en is in 'n kwesbare posisie wat weerlig betref. Dit lyk of die nuwer LNBs langer hou as van die vroeë modelle.

(3) Kort onderbrekings kan deur die son en reën veroorsaak word. Eenkeer 'n dag kan die son in die fokus van die skottel inbeweeg, en die LNB oorlaai sodat dit nie die satelliet kan opvang nie. Swaar reën kan sein verlies veroorsaak wat die beeld onderbreek. Die probleem kan ook by die opskakel wees, waar die TV seine van die aarde na die satelliet gestuur word.

(4) 'n Ou Vivid dekodeerder ontvang partykeer kanale, en ander kere sê dit net daar is geen sein nie.

(5) DSTV se nuwe dekodeerders het sagteware probleme wat opduik as van die gratis kanale ingestel word.

(6) Starsat het eenkeer 'n tegniese fout gehad met die opskakel in Slovenia (20 April 2015).


Instel van gratis kanale op dekodeerder

Multichoice ou DSTV dekodeerder

Die volgende instelling geld vir die gratis godsdiens kanale op die IS-20 satelliet op 'n ou DSTV dekodeerder. Die ou DSTV dekodeerder wil nie die gratis kanale op die SES-5 satelliet opvang nie, omdat dit nie sonder die DSTV sein wil werk nie.

Sleutel Menu   →   7. Advanced Options   →   1. Dish installation   →   Pin code: 9949   →   Network 2, 3, ... Other   →   sleutel OK   →   Satellite name: Other   →   frekwensie, simbool tempo, FEC, polarisasie   →   11. Accept all displayed values and leave screen   →   Scan All Networks. Die gratis kanale word onder Public TV gelys.

As 'n mens 'n "Reset to Factory Defaults" uitvoer op 'n ou DSTV dekodeerder moet die LNB hoë frekwensie van 10700 MHz na 10600 MHz verander word onder "Home Network", as 'n nuwer LNB gebruik word. Die ou DSTV dekodeerder kan klaarblyklik nie 'n vertikale en horisontale sein op dieselfde frekwensie stoor nie.

Multichoice nuwe DSTV dekodeerder

Die nuwe DSTV HD 4U het voorsiening vir 5 ekstra netwerke. Die ekstra kanale word kanaal nommers bo 1000 gegee. Dit kan bereik word deur die regs pyl te druk sodat 'n lys van alle kanale verskyn, en af te beweeg. Dit kan nie bereik word deur die kanaal nommer in te tik nie, want dit aanvaar net die eerste drie. Dit kan ook nie by Kanaal Groepe gevoeg word nie. Dit lyk of die nuwe DSTV dekodeerders sagteware foute het. Partykeer verskyn 'n fout boodskap E48-32 as deur geen sein is nie, al is daar duidelik 'n werkende beeld agter die boodskap, en die boodskap wil nie weggaan nie. Partykeer steek die dekodeerder vas, en moet dit geReset word met die aan/af knop.

Sentech ou Vivid dekodeerder

Die ou Sentech Vivid dekodeerder het voorsiening vir vier frekwensies: sleutel Menu   →   4. Installation   →   Enter Dish Installation PIN: 1379   →   Dish Installation   →   sleutel OK   →   Signal Setup   →   sleutel OK   →   Signal 1, 2, 3, 4   →   sleutel OK om veranderings te maak, en OK om dit te aanvaar. As party frekwensies ingestel word, tel dit van die ander frekwensies vanself op. Die kanale word onder verskillende kategorie verdeel, naamlik Vivid, SenCom, en Public. Dit lyk of die Vivid dekodeerder nou net die Public netwerke optel.


Skottel grootte

Skottels van 75cm word deesdae geinstalleer, teenoor 90cm toe satelliet TV begin het. Die LNB is deesdae meer sensitief. Skottels het 'n stadium kleiner geword, soos 60cm, maar vir hoë definisie uitsendings weer groter geword. Hoe groter skottel, hoe minder word die sein deur reën onderbreek. Sein sterkte gaan op met die kwadraat van die skottel deursnee, dus 'n 1.06m skottel gee dubbel die sein sterkte van 'n 75cm skottel. As die skottel net groot genoeg is, kan die dekodeerder partykeer sê daar is geen sein op party kanale nie.

Wanneer 'n skottel oos-wes gedraai word om 'n satelliet te vind, let op dat die magnetiese kompas noord verskil van die ware noord. Byvoorbeeld 'n satelliet by 5 grade oos, kan uit wees met 30 grade volgens 'n kompas.


Aparte kanaal op elke TV

In die ou dae van aard uitsendings kon 'n mens 'n aparte kanaal kies op elke TV deur die interne instemmer te gebruik om 'n kanaal in die BHF of UHF band te kies. Nou met satelliet TV is dit nie meer moontlik vir elke persoon in 'n huishouding om hulle eie kanaal te kyk nie. DSTV laat toe dat twee dekodeerders op dieselfde intekening gekoppel word, maar dit kos 'n ekstra R80 per maand. Dit is nog 'n rede waarom TV gratis behoort te wees. 'n OpenViewHD of Gratis-na-Lug (Free to Air) ontvanger kan by elke TV geinstalleer word, maar die kanale is beperk. Elke dekodeerder het sy eie kabel van die skottel af nodig (quad LNB). Elke dekodeerder gebruik 10W tot 20W, en is gewoonlik 24 uur per dag aan, wat R11 tot R22 per maand in elektrisiteit kos.

Vol beeld op HDTV

'n Hoë definisie beeld van 1920 x 1080 (16:9) word op 'n standaard definisie (4:3) TV ingepas deur swart stroke bo en onder te plaas. Dit is die formaat op die video uitset van die DSTV dekodeerder as 4:3 in die menu gekies word (Advanced Options -> TV Installation -> 9949 -> TV Installation for TV 1 -> Aspect Ratio for TV 1 -> TV Set Aspect Ratio = 4:3). As die video op 'n HDTV gekyk word met die TV op 4:3 inset ingestel, plaas die TV ook swart stroke links en regs, wat die oorspronklike 16:9 beeld 'n kleiner beeld maak op die 16:9 TV. Om die skerm van 'n HDTV vol te maak, kies die 16:9 video uitset op die DSTV dekodeerder, en 16:9 op die TV as inset formaat.


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/SatellietTV
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie.
Kopiereg @2013-2018