Let wel: Die webblad word teen spoed gedoen, en bevat waarskynlik foute.
Saterdag 29 Junie 2024
Op die internet - Suid Afrika
As die ANC nie die minderheids partye in die Regering van Nasionale Onenigheid 'n groot invloed gee nie, gaan daar baie mosies van wantroue in parlement wees die volgende 5 jaar, en kan die ANC uitgestem word. Dit is nie soos 1994 nie, waarin die ANC 63% van die stemme gehad het.
"Quote of the Day The late Dr. Adrian Rogers (1931-2005) offered the following observation several years ago and it bears poignant significance today: You cannot legislate the poor into freedom by legislating the rich out of freedom. What one person receives without working for, another person must work for without receiving. The government cannot give to anybody anything the government does not first take from somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work because the other half is going to take care of them, and when the other half gets the idea that it does no good to work because somebody else is going to get what they work for, that my dear friend is about the end of any nation. You cannot multiply the wealth by dividing it." - Goodreads.
"Cape Town infrastructure budget is now 80% bigger than Joburg's, with a massive push into water, sewers" - Twitter. Die DA se onbeperkte besteding is die rede vir 11.1% per jaar styging in eiendombelasting oor tien jaar. Dis die DA wat begin het met gratis elektrisiteit en water om stemme te werf.
Vrydag 28 Junie 2024
Aandele - Suid Afrika
Nampak (NPK) resultate: Mrt24, Mrt24. Inkomste was -27% laer as laasjaar verklaar. Die aandeel prys is 3.5% van die piek vlak in 2015.
Op die internet - Suid Afrika
DTT has failed in South Africa – now scrap it, says eMedia - TechCentral. 'Sherrif also slammed the communications ministry’s deadline of 31 December 2024 for analogue switch-off, calling it “premature” '. Die Openview satelliet dekodeerder bly op kanaal 100 nog iets wat misluk het. Met digitale uitsending, wanneer daar baie beweging is, soos met sport, verswak die beeld gehalte omdat die data tempo beperk is.
Hoe laer die prys van metale in reële $ (grys hoër), hoe swakker is die Rand wisselkoers (groen):
Australië se kommoditeits uitvoer (geel) is nou 2.4x hoër as Suid Afrika (groen), vergeleke met 1971.
Suid Afrika se ekonomiese uitset per persoon in $ (blou) vergeleke met die gemiddelde VSA huis prys (rooi). Die bevolking was verarm na die 1985 onluste en die ANC bewind na 1994. Die hoë prys van platinum in 2011 het die Rand versterk na 1963 waarde.
"ZambiaWatch: Under the MISMANAGEMENT of Bank of Zambia's Gov. Dr. Kalyalya, ZAM's inflation ROARS at 51%/yr by my measure. That's more than 3x higher than the RUBBISH official rate." - X was Twitter.
"Massive pressure on Anglo to get De Beers sold 'for value' in this apparently bleak diamond market." - X was Twitter.
Op die internet - Suid Afrika
Het die ANC die DA nodig met al die kleiner politieke partye in die Regering van Nasionale Eenheid? Sonder die DA, is die ANC en die ander 8 partye se setels in parlement 200 uit 'n totaal van 400, dus 1 stem te min vir 'n meerderheid. Al die minderheids partye saam, sonder die ANC en EFF, het 202 setels en kon 'n regering gevorm het, dit is die DA, MK, IFP, ens.
Jail time warning for drone users in South Africa - BusinessTech. Die publiek het die grondwetlike reg om 'n hommeltuig op hulle eie grond te gebruik sonder toestemming van die regering, soos boere op 'n plaas.
PPC (PPC) resultate: Mrt24, Mrt24. Inkomste is 1.6% hoër as laasjaar verklaar.
FirstRand (FSR) se aandeel prys het in 2 weke 21% gestyg, wat 3 jaar se inkomste groei is. Totale opbrengs met die dividend is 11.0%, wat omtrent die inflasie koers is al die dividende moet herbelê word.
Op die internet - Suid Afrika
"Today, Eskom Transmission held a symbolic signing ceremony for the National Transmission Company of South Africa (NTCSA) 101 Transformer Panel contract, which is one of the key initiatives to support a faster and scaled-up roll-out of the Transmission Development Plan (TDP)" - X was Twitter. Vertaling: Die prys van elektrisiteit gaan styg, en verbruikers gaan minder gebruik.
Sondag 23 Junie 2024
Aandele - Suid Afrika
"Thungela Resources, South Africa's biggest coal exporter is expected to sit with a million more tons in inventory as Transnet Freight Rail's performance faltered in the first half of 2024" - X was Twitter.
Saterdag 22 Junie 2024
Op die internet - Suid Afrika
Daar is nou tien partye in die Regering Van Nasionale Eenheid (RNE): X was Twitter.
Vrydag 21 Junie 2024
Aandele - Suid Afrika
Coronation Fund Managers (CML) grondwet hof belasting beslissing: senspdf (SAFLII). Dit wys hoe onbekwaam die ANC aangestelde amptenare by SARS (Apartheid Buit Insamelings Diens) en die ander howe is. Op 17 Sep 2021 het die Wes-Kaap Belasting Hof ten gunste van Coronation beslis. In 2023 het die Hoogste Hof van Appel ten gunste van SARS beslis.
What’s holding back mass solar adoption in South Africa - TechCentral. Nog 'n artikel wat nie die eenvoudige feit meld dat sonpanele net werk wanneer die son skyn nie. Eskom moet kapasiteit handhaaf vir wanneer dit bewolk is, maar word nie betaal wanneer die son skyn nie. Munisipaliteite vra 'n minimum maandelikse elektrisiteits fooi, wat teen die wet is, en sonkrag onaantreklik maak.
Donderdag 20 Junie 2024
Aandele - Suid Afrika
Sasol (SOL) Transnet reaksie op hof beslissing: senspdf.
Schroder European Real Estate Investment Trust PLC (SCD) resultate: Sep24, dividend: Sep24. Min handel.
Op die internet - Suid Afrika
Die oordadige presidensiële inhuldiging is alreeds 'n slegte teken. Die ANC het net 15% van volwassenes se stemme ontvang.
Dinsdag 18 Junie 2024
Aandele - Suid Afrika
Aandele het opgeskiet oor die Regering Van Nasionale Eenheid (RNE) met die ANC en DA. Die tipe aandele wat gestyg het lyk lukraak, seker 'n SA fonds wat gekoop was. Die Rand het na R18.08/$ versterk. Volgens die gesamentlike verklaring wil hulle "staat kapasiteit bou". Die DA in die Wes-Kaap het 'n rekord van geld bestee en eiendoms belasting verhoog. Staats skuld het opgeskiet onder Zuma/Ramaphosa. Die nuwe regering sal moet geld druk, wat nie goed is vir die Rand en kleinhandelaars nie.
Sephaku (SEP) Nigeriese sement vervaardiger, handels verklaring: senspdf. Gewoonlik min handel, baie vandag.
Om met die ANC te onderhandel is soos 'n Piet Retief tipe nagmerrie. Die Nasionale Party leier FW de Klerk het die land verdoem met hulle onderhandelings, en 'n waardelose grondwet. Die ANC het in hulle 100 jaar bestaan nog nooit 'n logiese stelling gemaak nie, of die werklikheid herken, soos die ekonomiese verval sedert die 1985 ANC onluste. Hulle het die staatsdiens en staat besitte besighede gevul met onbekwame idiote. Niks nuut was geskep nie. Hulle het bloot die blankes uitgedruk uit die inrigtings wat hulle geskep het.
Demokrasie word slegs in Afrika bewys wanneer 'n regerende party uitgestem word. Volgens die kaart is Mauritius die enigste Afrika land met volle demokrasie. Dis vandag die 13de dag na die verkiesing. Parlement moet binne 5 dae 'n president kies.
Maandag 10 Junie 2024
Aandele - Suid Afrika
Alexander Forbes (AFH) resultate: Mrt24. Gewoonlik min handel.
Rainbow Chicken (RBO), ontbondel uit RCL Foods, voornotering verklaring: senspdf
Omnia (OMN) resultate: Mrt24, Mrt24, dividend. "On 30 September 2022, SARS partially allowed our objection to the additional tax assessments raised in respect of the Group’s 2014 to 2016 years of assessment, ....". Die Apartheid Buit Insamelings Diens onder kakkop Kieswetter soek geld vir ANC ondersteuners.
"South African President Cyril Ramaphosa said the country’s next administration must sustain policy reforms aimed at accelerating economic growth, as key political parties meet to discuss helping form a new government" - X was Twitter. Die "ekonomiese groei" is weens vervalste inflasie syfers. Die ANC het elke verkiesing stemme verloor weens groter armoede, maar hy soek meer van dieselfde.
Daar is sprake van 'n regering van nasionale eenheid. Die partye sal moet aandring op 'n baie meer bekwame kabinet, anders gaan hulle stemme verloor saam met die ANC. Die kaptein van die Titanic soek nog passasiers.
South Africa scores massive own-goal - BusinessTech. "Another finding was that 26% of businesses moved their operations overseas as a result of the serious challenges they faced with the national visa system.".
Ninety One (N91), ontbondel uit Investec, resultate: Mrt24, Mrt24.
Capital Appreciation (CTA) resultate: Mrt24, Mrt24.
Op die internet - Suid Afrika
Die Finansiële Sektor Gedrags Owerheid ("FSCA") kan nie 'n besluit neem nie. Die Belasting Ombudsman kan nie 'n besluit neem nie. Die Gemeenskap Skemas Ombuds Diens ("CSOS") neem na 4 maande se gesukkel 'n besluit wat nie volgens die wet is nie. Die ANC amptenare is net so hopeloos soos hulle groot opperhoof.
Dinsdag 4 Junie 2024
Aandele - Suid Afrika
Copper 360 (CPR) voorheen Big Tree Copper, handels verklaring: senspdf.
Die ANC se stem getal van 6.460M is 15.1% van volwassenes. Die bevolking word onderdruk deur 'n minderheid van 15.1%. 'n Party word benodig wat nuwe politieke, ekonomiese en opvoeding stelsels kan instel. Die oppervlakkige veranderings wat die huidige partye voorstaan gaan niks bereik nie.
In 2022 was net 2.4 miljoen Amerikaanse werkers nodig om Suid Afrika se ekonomiese uitset te lewer (rooi). Vir Zimbabwe was dit 160,000 (blou). SA se werkende ouderdom bevolking is 40 miljoen.
Sedert die 2019 verkiesing het die aantal ANC stemme van 10.026M na 6.460M geval, DA stemme van 3.623M na 3.506M gedaal, en EFF van 1.882M na 1.530M. Een rede vir die ANC se groot verlies is etnies. Die Zoeloes het eerder vir die MK gestem.
Die ANC vernietig al die land vir 40 jaar, sedert die 1985 onluste. Nou wil die ANC leier "Suid Afrika eerste plaas". Die ANC herken nie die verval en armoede nie. Dis onmoontlik om 'n probleem op te los wat nie herken word nie.
"Ruling Party 'Obliterated' In South Africa Election" - X was Twitter.
Spot a stolen car scam - Mybroadband. Santam sê daar is bedrieërs wie kliente skakel onder die voorwendsel dat roetine polis opdatering gedoen word.
Sondag 2 Junie 2024
Op die internet - Suid Afrika
Die probleem met 'n koalisie regering tussen die ANC en die DA is dat enige verbetering in die regering en die ekonomie die ANC steun sal vergroot, en met die volgende verkiesing sal hulle nie 'n koalisie nodig het nie. As daar 'n koalisie is tussen die ANC en MK of EFF gaan die ekonomie verder verswak. Die politieke stelsel moet verander. Die verteenwoordigende en uitvoerende funksies moet geskei word. Die president en ministers moet nie aan 'n politieke party behoort nie, maar professionele mense wie aansoek doen vir die poste. Dan is geen koalisie nodig nie. Parlements lede kan stem soos hulle wil.
Saterdag 1 Junie 2024
Op die internet - Suid Afrika
Die MK party dring aan op grond herverspreiding, nasionalisering van myne en die Reserwe Bank. 'n Groot deel van Kwazulu-Natal word alreeds deur Zoeloe stamme besit, wat niks produseer nie (kaart). Die regering het alreeds die reg om mineraal regte uit te deel aan wie hulle wil. Die Reserwe Bank word alreeds deur die regering beheer. 'n Koalisie onder die kleiner partye lyk onmoontlik. Dus sal die ANC 'n koalisie moet vorm met die DA, MK sonder Ramaphosa, of EFF saam met kleiner partye.
Met 99.33% van die kiesafdelings voltooi, het die ANC steun van 57.5% in 2019 na 40.25% geval. DA steun het van 20.77% na 21.7% gestyg, MK het 14.65%, EFF van 10.8% na 9.47% gedaal.
Kieser opkoms het van 66.05% na 58.58% gedaal. Die 27.672M geregistreerde kiesers uit 'n volwasse bevolking van 42.691M volgens die Statistiek Diens se twyfelagtige syfers is 64.8%. Dus net 38% van volwassenes het gestem. Die partye is so pateties dat 62% nie gestem het nie.
In die Wes-Kaap se provinsiale verkiesing het DA se steun van 55.45% in 2019 na 55.27% verander. Steun het in 2014 by 59.4% gepiek. Die aantal DA stemme het van 1,140,647 in 2019 na 1,067,778 verminder. Die ANC stemme het van 589,055 na 376,361 geval. Minder mense het gaan stem.
Die nasionale kiesafdelings het van 22,925 in 2019 na 23,292 toegeneem. In die Wes-Kaap het kiesafdelings van 1579 na 1572 verminder.
Die Wes-Kaap moet nou reën kry anders kom daar weer 'n water tekort - Capetown.gov. Die munisipaliteite het waarskynlik niks gedoen om see water te ontsout nie, na die laaste droogte.
Die gemiddelde huisprys in die VSA is R9.7M (blou) teenoor die gemiddelde huisprys in SA van R1.4M (rooi). Die bevolking was verarm, veral onder Zuma/Ramaphosa.
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.