Web Joernaal
Let wel: Die webblad word teen spoed gedoen, en bevat waarskynlik foute.



Dinsdag 28 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Sibanye Stillwater (SSW) vir 2022 was inkomste -20% laer (+35% die vorige jaar), en vwVPA van 651c (229c tweede helfte) teenoor 1260c die vorige jaar: Des22, Des22. As die tweede helfte herhaal, sal die prys/wins R37.28/~2x229c = 8.1 wees. Die prys/verkope is R37.28/R48.85 = 0.76. Die 6m dividend opbrengs is 122c/R37.28 -20% = 2.6%.

Wilson Bayly Holmes-Ovcon (WBO) resultate: Des22, Des22. Min handel.

Oceana (OCE) handels opdatering: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will continue to be implemented at Stage 3 until 16:00 today. Thereafter, Stage 4 loadshedding will be implemented from 16:00 today until 16:00 tomorrow and Stage 5 loadshedding will then be implemented from 16:00 until 05:00 on Thursday" - Eskom, Twitter.

Die toeken van party Eskom kragstasies aan die private sektor word weereens genoem as voorwaarde vir geldelike steun deur die regering. Wie gaan 'n besigheid oorneem waarvan die tariewe deur die regering bepaal word?

Party mense dink Suid Afrika se grys status gaan kapitaal uitvloei veroorsaak. Sedert Kieswetter belasting betalers begin lastig val het, was daar R1.54 triljoen netto kapitaal uitvloei van Jul 2020 tot Mrt 2022 volgens die land se lopende rekening balans.

"According to today’s SA unemployment report for Q4 2002 the economy created 169 000 jobs in the final three months of the year. Which is encouraging given the electricity situation. However, the Western Cape created 167 000 of those jobs" - Twitter.

Dlamini-Zuma releases Eskom load-shedding state of disaster regulations - Mybroadband.

"NEW - South Africa is on the verge of "collapse" amid rolling blackouts and warnings a total power grid failure could lead to "civil war." - Disclose.tv, Twitter.

"In Johannesburg on business today. The level of decay in every area I've driven through is simply breathtaking. What isn't broken has been stolen. Grim reminder of how toxic @MYANC corruption has been to a once proud City. Joburg is finished." - Twitter. Die woonstel voorstede het lankal vervalle geraak.


Maandag 27 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Choppies Enterprises (CHP) resultate: Des22. Min handel.

Liberty Two Degrees (L2D) resultate: Des22.

Murray & Roberts (MUR) handels verklaring: senspdf.

Hulamin (HLM) handels verklaring: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Introducing the four crime cartels that have brought Eskom and South Africa to their knees - Daily Maverick.

Die media probeer die grys lys van Suid Afrika deur 'n onbekende organisasie die rede gee vir die swak Rand. Mense doen dit al vir 50 jaar. Die Rand se waarde word deur geld skepping bepaal, en die ondoeltreffendheid van die ekonomie. By Tesco in die VK kos 1kg geelwortels £0.50 xR22.02 = R11/kg. Dis naby die prys in Suid Afrika. Eiendom is wel duurder oorsee, en salarisse hoër.

"Nigeria’s election descends into chaos. The election has been marred by delays, violence, and complaints of irregularities at polling locations. Nigeria’s current govt. and its incompetent Independent National Electoral Commission are alive and well" - Twitter.

Die FATS (Finansiële Aksie Taakspan) moet eerder 50 skakerings van grys toeken. Die finansiële sekuriteits regulasies op grond van terrorisme is bloot 'n verskuilde poging om belasting ontduiking te verhoed. Hoeveel terroriste is deur die regulasies gevang?


Sondag 26 Feb 2023

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will be gradually reduced to Stage 3 during the course of the week" - Eskom, Twitter.

"Stage 4 loadshedding will be implemented from 09:00 on Sunday morning - until further notice. Eskom will publish a full statement in due course." - Eskom, Twitter.

5 biggest medical aid schemes in SA – what they offer and how much they cost in 2023 - BusinessTech.

In 'n normale demokrasie sou 'n onbekwame regering soos die ANC al lankal bedank het. Die ANC is so onnosel dat hulle nie hulle eie wanbestuur en korrupsie herken nie.

"The ANC says it will file criminal charges against former Eskom CEO André de Ruyter if he doesn't report his allegations of corruption, backed with evidence, to law enforcement agencies in seven days." - Twitter. Grap vir die dag. Die ANC sukkel om aanklagte teen enigiemand te lê. Hulle sal wel de Ruyter uit te land uit belas.


Saterdag 25 Feb 2023

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 5 loadshedding will be implemented from 05:00 on Sunday morning - until further notice. Eskom will publish a full statement in due course." - Eskom, Twitter. Seker weens laer verbruik oor die naweek.

DIe ANC bewind gee 'n belasting korting vir sonpanele. Huishoudings met sonpanele betaal steeds 'n minimum maandelikse fooi vir elektrisiteit ongeag van verbruik. Die munisipale wet vereis dat tariewe eweredig is aan verbruik. Die ANC bewind pas geen wette toe nie, behalwe vir belasting. Dit behoort ongrondwetlik te wees dat enige iemand betaal vir 'n diens wat hulle nie gebruik nie.

Eskom se beurtkrag het net erger geword met Ramaphosa se nuwe Eskom raad. Die raad is duidelik onbekwaam.

Noudat Suid Afrika grys gelys is deur die Finansiële Aksie Taakspan kan die Finansiële Intelligensie Sentrum Wet afgeskaf word, wat almal se tyd mors met dokumentasie, terwyl dit niks bereik nie. Die publiek moet hulle vryheid terugneem.


Vrydag 24 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

City Lodge (CLH) se inkomste vir die 6m tot Des was +94% hoër (+4.7% hoër as 2019), en vwVPA 17.1c teenoor -5.9c verlies 'n jaar gelede: Des22, Des22. Die prys/verdienste is R4.36/~2x17.1c ~12.7. Die prys/verkope is R4.36/~2xR1.475 ~ 1.5.

AECI (AFE) handels verklaring: senspdf.

Steinhoff NV (SNH) handels opdatering: senspdf.

Libstar (LBR) handels verklaring: senspdf.

Spur (SUR) resultate: Des22. Amper geen handel.

Old Mutual (OMU) handels verklaring: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Desperate to Be a CEO? Here’s the Worst Job in Global Energy - The Washington Post. Dis normaal vir elektrisiteit in Afrika. Niemand is verras nie.

"Eskom appoints Calib Cassim as Interim Group Chief Executive with immediate effect" - Eskom, Twitter. Die resultaat sal gou duidelik wees.

Eskom updates financial markets - Senspdf. Die R254B skenking deur belasting betalers is om te betaal vir wind turbines, diesel en laer verkope weens private krag opwekking. Dit sal nie die probleem oplos nie.

Corruption in Zim’s use of almost $1bn from IMF - Engineering News.


Donderdag 23 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Truworths International (TRU) se inkomste vir die 6m tot Des was +14% hoër (+3.9% en -10.3% vorige twee jaar), aandele -5.6% minder, vwVPA 487.4c teenoor 443.8c die vorige jaar (337.3c en 363.6c vorige twee jaar): Des22, Des22. Die prys/verdienste is R63.98/(327c + 487.4c) = 7.9. Die dividend opbrengs is (205c + 320c)/R63.98 -20% = 6.6%. Die aandeelprys was R62.92 'n jaar gelede.

Harmony (HAR) handels verklaring: senspdf.

Anglo American (AGL) se inkomste vir 2022 was -15% laer in $ (+34% en +3% vorige twee jaar), en vwVPA $4.93 teenoor $6.92 'n jaar gelede ($2.44, $2.69, $2.00 en $2.26 vorige vier jaar): Des22, Des22 bladsy 52. As die tweede hefte herhaal, sal die prys/verdienste is R679.46/~2x$1.94xR18.25 = 9.6 wees. Die 6m dividend opbrengs is 1358c/R679.46 -20% = 1.6%. Die aandeel prys was R726.55, R606.00, R404.80 en R364.32 die vorige drie jaar.

Mondi (MNP) se inkomste vir 2021 was +15% hoër in € (+16% en -3% vorige twee jaar) of +31% op herverklaar, en vwVPA €2.642 teenoor €1.553 die vorige jaar (€1.239 en €1.725 vorige twee jaar): Des22, Des22. Die prys/verdienste is R323.34/€2.642xR18.30 = 6.9. Die dividend opbrengs is (€0.2167 + €0.4833)xR18.30/R323.34 -20% = 3.2%. Die aandeelprys was R303.32 en R368.73 die vorige twee jaar.

Discovery (DSY) se versekering premies inkomste vir die 6m tot Des was -0.3% laer (+10.1% en +13.5% vorige twee jaar), netto inkomste +3% hoër (+14.9% en +18% vorige twee jaar), en die vwVPA 447.0c teenoor 492.7c 'n jaar gelede (277.9c en 311.7c vorige twee jaar), of genormaliseerd 562.0c teenoor 432.2c 'n jaar gelede (344.9c en 322.3c vorige twee jaar gelede). Des22, Des22. As dit herhaal, sal die prys/verdienste R142.44/~2x562.0c = 12.7 wees. Geen tussen dividend. Die aandeel prys was R160.16, R146.32, R106.53 en R145.15 die vorige drie jaar.

Distell (DGH) resultate: Des22. Onderworpe aan 'n oorname deur Heineken.

Blue Label Telecoms (BLU) se inkomste vir 6m tot Nov was +7.8% hoër (-4.9% en -16.6% vorige twee jaar), en vwVPA 2.07c teenoor 58.76c die vorige jaar (39.25c en 33.69c vorige twee jaar), of kern 3.94c teenoor 62.69c die vorige jaar : Nov22, Nov22.

Gold Fields (GFI) vir die jaar 2022 was goud produksie +2.5% meer (+4.7% en +1.9% die vorige twee jaar), $ inkomste +2.2% hoër (+7.8% en +31% die vorige twee jaar), en wesens VPA van $1.18 teenoor $0.99 voorheen ($0.82 en $0.19 vorige twee jaar), of genormaliseerd $0.97: Des22, Des22 bladsy 25. Die prys/wins is R175.30/$0.97xR18.24 = 9.9. Die dividend opbrengs is (R3.00 + R4.45)/R175.30 -20% = 3.4%. Die aandeel prys was R180.13 en R130.50 die vorige twee jaar.

Momentum Metropolitan (MTM) voorheen MMI (MMI) handels verklaring: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

"Andrč de Ruyter leaves Eskom with immediate effect" - Eskom, Twitter. Daar was geen teken van verbetering in Eskom se kragstasies nie. Hy het geen benul hoe krag opwekking werk nie, en praat oor bysake. Geen bekwame persoon wil onder die ANC werk nie. Die blankes wie nog oor is, is meestal net toeskouers wie die transformasie na agterlike Afrika land gadeslaan.

"Na vele versoeke van Solidariteit het ons betroubaar van lede van ons in Eskom verneem dat die SAPD ‘n spesialiseenheid en nasionale operasionele beheersentrum, wat op misdaad in Eskom gaan fokus, by Megawattpark vestig. Senior polisielede, insluitende generaals reeds ontplooi." - Twitter. Al wat die ANC bewind doen is om aanstellings te maak. Niemand werk nie.

High-tech number plates in the works for Joburg and Pretoria - Mybroadband. In plaas van die misdadigers te vang, word nommerplate weer verander.

Top-end Discovery medical aid plans to increase by 10% - Moneyweb.


Woensdag 22 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

CapCo Capital & Counties Properties (CCO) weer samesmelting met Shaftesbury: senspdf.

Grindrod (GND) handels verklaring: senspdf.

Standard bank (SBK) handels verklaring: senspdf.

Coronation Fund Managers (CML) SARS regsgeding: senspdf. ANC aangestelde amptenare kan nie regs beslissings maak nie. Dis een rede waarom besighede nie in Afrika belê nie.

AngloGold Ashanti (ANG) se goud produksie vir 2022 was +12% hoër (-19%, -7.1%, -3.5% en -9.5% vorige vier jaar), inkomste +12% hoër (-9.0%, +26%, -10.6% en -13% vorige vier jaar), en vwVPA $1.29 teenoor $1.46 die vorige jaar ($2.38 tweede jaar gelede): Des22, Des22 bladsy 23. Die prys/wins is R332.01/$1.29xR18.27 = 14.1. Die prys/verkope is R332.01/$9.625xR18.27 = 1.9. Die 6m dividend opbrengs 322c/R332.01 -20% = 0.8%. Die aandeelprys was R334.88, R306.40 en R317.19 die vorige drie jaar.

Bidcorp (BID) se inkomste vir die 6m tot Des was +28.1% hoër (+17.9%, -10.9% en +2.7% vorige drie jaar), en vwVPA 969.7c teenoor 667.2c die vorige jaar (vorige hoogste 711.2c drie jaar gelede): Des22, Des22. As dit herhaal sal die prys/verdienste R373.50/~2x969.7c = 19 wees. Die jaar dividend opbrengs is (300c + 440c)/R373.50 -20% = 1.6%.

Begroting - Suid Afrika

Begroting oorsig 2023:

Verwagte staats inkomste vir die afgelope jaar styg +8.1% (R1892.7B/R1750.6B), en vir die komende jaar +3.5% (R1958.9B/R1892.7B). Verwagte staats uitgawes vir die afgelope jaar styg +6.2% (R2168.8B/R2042.9B), en vir die komende jaar +3.4% (R2242.6M/R2168.8B).

Staats skuld styg 7.0% van R4727.4B in 2022/23 na R5060.2B in 2023/24. Daarna styg dit na R5423.7B in 2024/25, en R5843.0B in 2025/26. Geldelike steun aan Eskom was R263.4B sedert 2008/09. Nou word nog R254B oor drie jaar voorgestel. Laasgenoemde is R15,000 per huishouding, of R420 per maand waarmee die regering elektrisiteit subsidieer. Eskom se inkomste tot Mrt 2022 was R247B. Die regering subsidieer omtrent 'n derde van die elektrisiteits tarief.

Die begrote rente onkoste vir 2023/24 is R340.5B, wat R850 per maand per volwassene is. Die ekstra skuld van R332.8B betaal basies vir die rente.

Styging in staats uitgawes vir die komende jaar: Sosiale Ontwikkeling (werkloosheid, pensioene, kinder steun) +3.9%, Gesondheid +0%, Polisie en Onveiligheid +3.0%. Van die totale staats uitgawes word R1592.1B/R2242.6B = 71.0% bestee aan "ontwikkeling" (toelaes, gratis behuising, elektrisiteit, en water), onderwys en gesondheid wat alles maatskaplike voordele is. 'n Verdere R301.8B/R2157.3B = 15.2% gaan aan rente op skuld. Slegs R300.9B/R2242.6B = 13.4% word bestee op die hoof regerings funksies.

Belasting 2023/24:

Die belasting drempel word net +4.9% na R95,750 verhoog, teenoor Des se M3 geld voorraad groei van 8.66%. Die belasting kerwe word omtrent 4.9% opgeskuif. Die rente inkomste wat vrygestel word van belasting bly R23,800.

Omdat belasting opgaan relatief tot die werklike inflasie koers, sal die ekonomie aanhou verswak. Die ANC bewind onttrek geld uit die ekonomie waarvoor mense kon gewerk het, en deel dit uit as gratis dienste. Daarom verswak die ekonomie.

Huishouding wat sonpanele installeer kan 25% van die koste aftrek van belasting betaalbaar, tot R15,000. Omsetters en batterye word uitgesluit. Dis vir installasies wat goedgekeur word van 1 Mrt 2023 tot 29 Feb 2024.

Op die internet - Suid Afrika

"Theft and vandalism of Eskom electricity infrastructure leaves Sibanye Gold mine employees trapped underground" - senspdf.

Vyftig jaar gelede was die Nasionale Party bekommerd gewees oor die skade wat terroriste soos Nelson Mandela aanrig. Dis lagwekkend teenoor die skade wat die ANC die laaste 30 jaar aangerig het.

Tot 2002 het die Rand/Switserse Frank wisselkoers (rooi) teen dieselfde tempo gegroei as Suid Afrika se geld voorraad (blou). 'n Mens kon geld teen die nominale inflasie koers gegroei het deur dit in Switserse Frank te los, sonder om rente te verdien. In Suid Afrika word die rente wat vergoed vir inflasie belas. Die ANC bewind wil nie jou beleggings hê nie. Kontant in 'n plaaslike makelaars rekening verdien min rente. Dis beter om 'n buitelandse makelaars rekening te hê.




Die Rand/Switserse Frank wisselkoers (rooi) het weer vanaf 2006 se Suid Afrika se geld voorraad (blou) gevolg.





Dinsdag 21 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

NEPI Rockcastle PLC (NRP) se uitkeerbare huur vir 2022 is €0.5215 teenoor €0.3442 in 2021 (€0.5633 in 2019): Des22, Des22. Die 6m dividend opbrengs is €0.2785 x R18.26/R107.31 = 4.7%.

Sibanye Stillwater (SSW) handels verklaring: senspdf.

Tiger Brands (TBS) handels opdatering: senspdf.

BHP Group (BHG) se inkomste vir die 6m tot Des was -24% laer in $ of -16% op voorgeset (+32% die vorige jaar), vwVPA $1.277 teenoor $1.852 die vorige jaar: Des22, Des22 bladsy 27. Die prys/wins is R621.73/~2x$1.277xR18.13 = 13.4. As die dividend herhaal sou die opbrengs ~2x $0.90xR18.13/R621.73 -20% = 4.2% wees. Die aandeelprys was R505.82 en die Rand wisselkoers R15.14/$ 'n jaar gelede.

BHP eyes demand green shoots in China as profit slumps - Reuters.

Motus Holdings (MTH) se inkomste vir die 6m tot Des was +14% hoër (+1% en +6% vorige twee jaar), en wVPA 860c teenoor 756c die vorige jaar (515c en 504c vorige twee jaar): Des22, Des22. As dit herhaal sou die prys/wins R126.72/~2x860c ~ 7.4 wees. Die jaar dividend opbrengs is (435c + 300c)/R126.72 -20% = 4.6%. Die aandeelprys was R109.59 en R71.09 die vorige twee jaar.

Kap Industrial Holdings (KAP) se inkomste vir die 6m tot Des was +12% hoër (+13%, -4% en -5% vorige drie jaar), en vwVPA 30.1c teenoor 36.8c die vorige jaar (20.5c en 21.3c vorige twee jaar): Des22, Des22. Die prys/wins is R3.90/~2x30.1c = 6.5.

Texton Property Fund (TEX) voorheen Vunani Property Investment Fund VPIV (VPF) resultate: Des22. Gewoonlik min handel.

Sasol (SOL) se omset vir die 6m tot Des was +27% hoër (+30.4% en -7.6% vorige twee jaar), en die vwVPA R30.28 teenoor R15.02 die vorige jaar (R19.06 twee jaar gelede), of kern R24.55 teenoor R22.52 die vorige jaar: Des22, Des22. Laasgenoemde prys/wins is R295/~2xR24.55 ~ 6.0.

Supergroup (SPG) se inkomste vir die 6m tot Des was +34.6% hoër (+8.4% en +5.8% vorige twee jaar), en vwVPA 246.2c teenoor 188.2c die vorige jaar (173.5c vier jaar gelede): Des22, Des22. Die prys/wins is R32.35/~2x246.2c ~ 6.6. Die aandeelprys was R35.18 en R26.88 die vorige twee jaar.

Aveng (AEG) resultate: Des22, Des22. Die aandeel prys is R12.70 teenoor jaar verkope per aandeel van R232.

Adcock Ingram (AIP) se inkomste vir die 6m tot Des was +8% hoër (+16%, +3.6% en +0.8% vorige drie jaar), en vwVPA 283.3c teenoor 242.2c die jaar tevore (186.5c en 218.5c vorige twee jaar): Des22, Des22. Die prys/wins is R51.46/~2x283.3c = 9.1, en dividend opbrengs (109c +125c)/R51.46 -20% = 3.6%.

Kumba (KIO) se inkomste vir 2021 was -27% laer (+27%, +25% en +41% vorige drie jaar), en vwVPA R56.06 teenoor R103.35 die vorige jaar (R70.83 twee jaar gelede): Des22, Des22. As die tweede helfte herhaal, sal die prys/verdienste R549.33/~2xR20.02 = 14 wees. Die 6m dividend opbrengs is R16.30/R549.33 -20% = 2.4%. Die aandeelprys was R678.50, R668.19 en R369.32 die vorige drie jaar.

Op die internet - Suid Afrika

Om 'n huis van R3M kontant te koop oor 20 jaar vereis R150,000 per jaar, of R12,500 per maand. Kinders wie by hulle ouers bly kan genoeg spaar in 10-20 jaar. Hereregte van R146,000 en oordrags koste van R40,000 is ook betaalbaar.

'n Lening van R3M teen 9% oor 20 jaar vereis paaiemente van R27,000 per maand, en verband koste van R40,000. 'n Salaris van R90,000 per maand word benodig vir goedkeuring. Inkomste belasting daarop sou R29,000 per maand wees, wat R61,000 oorlaat. Min beroepe verdien genoeg (Talent).


Maandag 20 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Texton Property Fund (TEX) voorheen Vunani Property Investment Fund VPIV (VPF) handels verklaring: senspdf. Gewoonlik min handel.

Wilson Bayly Holmes-Ovcon (WBO) handels verklaring: senspdf.

Jasco Electronics (JSC) handels verklaring: senspdf. Min handel.

City Lodge (CLH) handels verklaring: senspdf.

Alviva (AVV) (voorheen Pinnacle) denotering: senspdf.

Mpact (MPT) handels verklaring: senspdf. Min handel.

Anglo Platinum of Amplats (AMS) se inkomste vir die jaar 2022 was -24% laer (+56%, +38% en +34% die vorige drie jaar), en toeskryfbare vwVPA R185.24 teenoor R299.94 die vorige jaar (R70.61 in 2019). Des22, Des22 bladsy 30, dividend. Die prys/verdienste R1140.91/R185.24 = 6.2. Die 6m dividend opbrengs is R34/R1140.91 -20% = 2.4%. Die netto wins marge was 30%. Die aandeelprys was R1940.31, R1752.39, R1269.67 en R690.91 die vorige vier jaar.

Op die internet - Suid Afrika

"Due to the breakdowns of eight generation units on Sunday afternoon, Stage 6 loadshedding will be implemented continuously until further notice." - Eskom, Twitter.

Volgens SA Lugdiens se webwerf vlieg hulle net die UAE en Singapore buite Afrika. Hulle vra omtrent R5000 vir 'n CPT-JHB retoer vlug, wat elders vanaf R3000 gebied word.

Suid Afrika se staats uitgawes op FRED (blou) stem nie ooreen met die begrote R2157.3 biljoen vir 2022/23 nie. Die jaarlikse toename in M3 geld voorraad (rooi) is klein relatief tot staats uitgawes (blou), wat beteken dat min geld gedruk word om vir uitgawes te betaal, sedert 2009.





Sondag 19 Feb 2023

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 4 loadshedding will continue to be implemented until further notice while Stage 6 will be implemented at 20:00 tonight until 05:00 on Monday morning." - Eskom, Twitter.

How much it costs to sell your own products on Takealot – and hidden fees to look out for - Business Insider SA.


Saterdag 18 Feb 2023

Op die internet - Suid Afrika

"In order to create space to replenish the emergency generation reserves, Eskom will implement Stage 6 loadshedding from 20:00 tonight until 05:00 tomorrow morning. Thereafter Stage 4 loadshedding will be implemented until further notice, with the possibility that Stage 6 loadshedding might again be implemented during Sunday night." - Eskom, Twitter.

Munisipale belasting moet op landbou grond betaal word sedert 2008, terwyl geen dienste gelewer word nie. Van 25 Oktober 2021: Municipal tax on agricultural land - Solidariteit: "This has nothing to do with basic services provided by the local government; it is not a levy or an account for services rendered, it is a tax."


Vrydag 17 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Blue Label Telecoms (BLU) handels verklaring: senspdf.

Aveng (AEG) handels verklaring: senspdf.

Sibanye Stillwater (SSW) reserwes: senspdf.

Discovery (DSY) handels verklaring: senspdf.

Barloworld (BAW) handels opdatering: senspdf.

Dis-chem (DCP) handels opdatering: senspdf.

ABSA (ABG) handels opdatering: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Eiendom pryse het opgeskiet in die Weste. In Lisbon, Portugal kos 'n een slaapkamer woonstel R9 miljoen. Die gemiddelde huis in Sydney, Australië is R18 miljoen. Die geld eenheid van die lande behoort in die toekoms teenoor die Rand te verswak.


Donderdag 16 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

African Rainbow Minerals (ARI) handels verklaring: senspdf.

Zeda (ZZD) ontbondel uit Barloworld, handels opdatering: senspdf.

Grindrod Shipping (GSH) resultate: Des22. Geen handel.

South32 (S32) se inkomste vir die 6m tot Des was -8% laer (-3.0% laer as 2018), en vwVPA van $0.126 teenoor $0.226 die vorige jaar: Des22, Des22. Die prys/wins is R56.46/~2x$0.126xR18.02 ~ 12.4. Die 6m dividend herhaal is $0.049xR18.02/R56.46 -20% = 1.3%. Die aandeel prys was 48.50 en R30.05 die vorige twee jaar.

Die Rand is R18.22/$. Die swakste vlak was R19.04/$ op 23 April 2020.

Op die internet - Suid Afrika

South Africa To Host 'Strange' Naval Drills With Warships From China, Russia - Zero Hedge. Suid Afrika se vloot is belaglik klein vergeleke met China en Rusland.

"We are committed to the provision of quality health care for all regardless of their ability to pay. We will therefore progressively implement the National Health Insurance as soon as the necessary legislation is approved by Parliament." - Twitter. Daar is lang toue by binnelandse sake vir ID dokumente, maar Ramaphosa soek nog dienste wat vernietig kan word.

Die koste van die VK se gesondheids diens is £3615 per persoon, Frankryk £3699, Switserland £8039 (How much does the NHS cost the UK compared to healthcare spending in other countries?). Vir die 60M mense in Suid Afrika werk £3615 uit op R4724B, wat 73% van die geskatte ekonomiese uitset van R6441.3B is vir 2022/23. Die staats begroting vir gesondheid was R259B vir 2022/23, wat 4% van die ekonomie is. Daar is geen manier waarop die klein persentasie belastingbetalers die oorgrote meerderheid werkloses eerste wêreld mediese dienste kan gee nie.


Woensdag 15 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

AngloGold Ashanti (ANG) handels verklaring: senspdf.

Emira (EMI) se inkomste vir die 6m tot Des was +16.3% hoër (-2.6% laer laer laasjaar), vwVPA 73.65c teenoor 56.63c voorheen (79.90c en 85.11c vorige twee jaar), en huur uitkering 66.43c teenoor 56.59c voorheen (52c en 74.10c vorige twee jaar). Des22, Des22. Die dividend opbrengs is ~2x66.43c/R10.38 ~12.8%. Die aandeel prys was R10.91, R7.30, R12.28 en R15.50 die vorige vier jaar.

Gold Fields (GFI) handels verklaring: senspdf.

Cashbuild (CSB) handels verklaring: senspdf.

Pan African Resources PLC (PAN) resultate: Des22, Des22. Die aandeelprys is R3.22 teenoor R4.08, R4.38 en R2.48 die vorige drie jaar.

Glencore PLC (GLN) resultate: Des22, Des22.

DRD Gold (DRD) resultate: Des22, Des22.

Life Healthcare (LHC) handels opdatering: senspdf.


Dinsdag 14 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Santam (SNT) handels verklaring: senspdf.

Spar (SPP) handels opdatering: senspdf.

Telkom (TKG) handels opdatering: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

A load-shedding-induced price war looms, and PnP stands to lose - Moneyweb.

"Our Irish friends visiting SA loved JHB & Pilansberg but were disappointed with Cape Town. Robben Island tour rushed (didn't see Madiba's cell), guides more interested in tips than guiding. Service poor. I was was horrified to hear. They are seasoned travellers. Comments please." - Twitter. Dieselfde mense betoog teen immigrante: UK: Protesters reportedly engage in rioting in Knowsley, Merseyside, late Feb. 10 - Crisis24.


Maandag 13 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Curro (COH) handels verklaring: senspdf.

Anglo Platinum of Amplats (AMS) handels verklaring: senspdf.

Italtile (ITE) resultate. Des22, Des22.


Sondag 12 Feb 2023

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will be implemented at Stages 3 and 4 during the week" - Eskom, Twitter.

Multichoice se DSTV saai seker al vir 'n maand 'n kanaal (155) sonder klank uit. Dit wys hoe swak die bestuur is van die Naspers organisasie.


Vrydag 10 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Pan African Resources PLC (PAN) handels verklaring: senspdf.

Distell (DGH) mededingings raad: senspdf. "... has not yet issued its ruling following the Competition Tribunal hearings held from 18 to 24 January 2023." Die ANC kan nie besluit hoe die kamerade voordeel kan trek uit die transaksie nie.

Thungela (TGA) val net voor 'n moontlike handels verklaring. Die verwysings uitvoer steenkool prys is nou $142 x R17.81 = R2529/ton. Vir die 6m wins tot Des 2021 het Thungela $132.37 x R14.90 = R1972/ton gekry, en teen vandag se aandeel prys/wins sou dit R212.33/(2xR63.29) = 1.68 wees. Die Rand is nou 20% swakker. Hulle kostes het gestyg.

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will be implemented at Stages 3 and 2 during the weekend" - Eskom, Twitter. Die helfte van die land is bewolk, en soek krag van Eskom.

Ramaphosa het toestand van ramp aangekondig sodat elektrisiteit vrygestel kan word uit die geheime reserwes. 'n Ramp toestand bestaan nie in die grondwet nie. Die ANC bewind dink daaraan om die woord "elektrisiteit" na 'n swart taal te verander sodat niemand weet wat dit is nie. Om name te verander is al wat binne die ANC se vermoë is.

Die opkomende begroting gaan belasting aansporing bevat vir sonkrag installasies. Dit beteken die diegene wie nie die installasies laat doen nie, daarvoor sal betaal. Dit sluit mense in wie te arm is belasting te betaal. Elektrisiteits tariewe sal verder styg omdat Eskom minder sal verkoop, maar steeds die generators moet aanhou loop vir wanneer die son verdwyn.


Donderdag 9 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Kaap Agri (KAL) opdatering: senspdf.

Spur (SUR) opdatering: senspdf. Min handel, baie vandag.

British American Tobacco (BTI) se £ inkomste vir 2022 was +7.7% hoër (-0.4% en -0.4% vorige twee jaar), en vwVPA 330.8p teenoor 315.3p die vorige jaar. Des22, Des22.

Emira (EMI) handels verklaring: senspdf. Min handel, meer vandag.

Arcelor Mittal SA (ACL) se inkomste vir die jaar 2022 was +2.7% hoër, wVPA 234c (-37c tweede helfte) teenoor 615c die vorige jaar. Geen dividend word verklaar nie. Des22, Des22. Die prys/wins is 399c/234c = 1.7. Verkope per aandeel was R36.58. Die aandeel prys was R9.98 en R3.51 die vorige twee jaar gelede.

Op die internet - Suid Afrika

Vandag maak die president sy toestand van die nasie toespraak. Elke ander jaar het hy nie aan parlement terugvoering gegee oor die toestand van die nasie nie, maar beleid aangekondig. Waarom sou dit vanjaar anders wees? Parlement is veronderstel om die beleid te maak, die president is veronderstel om dit toe te pas, en dan aan parlement terug te rapporteer. Die ANC verstaan fokol.

Court orders refund for unwitting buyer of previously written-off vehicle - Moneyweb.

Die Rand tot Switserse Frank (rooi) is naby die relatiewe groei in die geld voorraad (blou), wat beteken dat die swak Rand permanent is, en nie tydelik weens negatiewe indrukke onder beleggers nie. Die ANC hou aan geld bestee, en sal meer geld moet druk, nadat hulle die "rykes" die land uitgejaag het met belasting. Die regering het meer geld as Switserland gedruk teen 7.6% per jaar sedert 1985.





Woensdag 8 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Coronation Fund Managers (CML) SARS regsgeding: senspdf.

Wilson Bayly Holmes-Ovcon (WBO) handels verklaring: senspdf.

Sappi (SAP) se eerste kwartaal verkope was $1660M teenoor $1697M 'n jaar gelede, en wVPA $0.34 teenoor $0.22 'n jaar gelede. Laer verdienste word verwag. Des22, Des22. Die prys/verdienste is R48.92/~4x$0.34xR17.74 ~ 2.0. Die prys/verkope is R48.92/(4x $2.754 x R17.74) ~ 0.25.

Sappi (SAP) verhandel op dieselfde vlakke as in 1995. In 1997 was hulle verkope $3.56B, en in 2022 $7.296B. Dis 2x meer in dollars, en die Rand is nou 4x swakker as in 1997. Hulle het ook 'n klomp aandele uitgereik. In 1997 was die wins $0.53 per aandeel, en in 2022 $1.30.

Pick n Pay (PIK) handels opdatering: senspdf.

EOH (EOH) het opgeskiet na R1.74. Met die verdunning is die verkope per aandeel vir die jaar tot Junie 2022 R10.93 per aandeel.

Op die internet - Suid Afrika

Die hele land is in die middag bewolk, behalwe die Weskaap, en Noordkaap. Mense met sonpanele soek krag by Eskom.

Mense vra dat Ramaphosa 'n beter kabinet kies. Dit sal nie gebeur nie, vir dieselfde rede dat Ramaphosa steeds die president is. Die ANC het niemand bekwaam nie. Ramaphosa wil hê die private sektor moet die elektrisiteits probleem oplos, gemeenskappe moet die misdaad probleem oplos, en myne moet omliggende gemeenskappe onderhou. Die ANC kan fokol doen.


Dinsdag 7 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Sasol (SOL) handels verklaring: senspdf.

Die Rand het verswak na R17.65/$. Seker nog mense wat deur ABID (Apartheid Buit Insamelings Diens) lastig geval word vir 'n paar ekstra Rand in belasting.

Op die internet - Suid Afrika

"Power Alert: 07 February 2023. The implementation of loadshedding will remain at Stage 4 during 16:00 - 05:00 and Stage 3 at 05:00 - 16:00 daily until further notice" - Eskom, Twitter. Die helfte van die land is bewolk, en soek krag van Eskom.

Eienaars van deeltitel skemas betaal elke maand 'n heffing aan die ombudsman (Community Schemes Ombud Service). Die ombudsman neem vier maande om 'n besluit te maak, en ignoreer dan die wet met hulle beslissing. Dis nog 'n ANC regstellende aksie diens wat nie werk nie. Eienaars se geld word vermors.


Maandag 6 Feb 2023

Op die internet - Suid Afrika

Kaapstad se elektrisiteits tarief is R212.75 + R2.62844/kWh. Dus kos 100kWh = R4.76/kWh, 200kWh = R3.69, 300kWh = R3.34/kWh. Dis seker om vir al die gratis elektrisiteit te betaal wat die DA uitdeel.

Frogfoot charges R750 to downgrade after hiking prices - Mybroadband. Die glasvesel eienaars is monopolieë wat enige tarief vra wat hulle wil.

HP disables home printer after user’s credit card expires - Mybroadband. Party drukkers (Epson) se afval ink spons raak vol, en weier dan om verder te druk, selfs al word die spons vervang.


Sondag 5 Feb 2023

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will be implemented at Stages 3 and 4 between 05:00 on Monday morning and 16:00 on Wednesday" - Eskom, Twitter.

Die ANC het gesê dat die krag onderbrekings net sal voortduur tot die volgende verkiesing, indien hulle uitgestem word. Dis die eerste keer in sy 111 jaar bestaan dat die ANC sin maak.


Vrydag 3 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Thungela (TGA)(LSE TGA) myn aandeel gekoop: senspdf.

Implats (IMP) produksie: senspdf.

DRD Gold (DRD) handels verklaring: senspdf.

Hudaco (HDC) resultate: Nov22, Nov22. Min handel.


Donderdag 2 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

RCL Foods (RCL) handels verklaring: senspdf.

Kumba (KIO) produksie: senspdf.

Anglo American (AGL) produksie: senspdf.

Anglo Platinum of Amplats (AMS) produksie: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 4 loadshedding will be implemented on Friday from 05:00 while Stage 3 loadshedding will be implemented on Saturday morning from 05:00." - Eskom, Twitter.

"PetroSA has been charging Eskom significantly higher prices for diesel, which the power utility needs to power its two open-cycle gas turbine plants that can help lower the level of load shedding, write Mariam Isa and Chris Yelland" - Twitter.

Sakeliga and partners initiate legal proceedings against National Government over failing Eastern Cape municipality - Sakeliga.

Sanral awards nearly R7bn in contracts for N2 Wild Coast and N11 highways - Moeyweb. Bou paaie na nêrens. Die internet bevat konstruksie projekte wat toegeken word, maar niks oor projekte wat voltooi was nie.


Woensdag 1 Feb 2023

Aandele - Suid Afrika

Bidcorp (BID) handels verklaring: senspdf.

Glencore PLC (GLN) produksie: senspdf.

Harmony (HAR) produksie: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Die 95 oktaan petrol prys inflasie vir Feb is 2103c/1942c = +8.3% by die kus, en 2168c/2014c = +7.6% binnelands. Die Rand olie prys was gister 5.6% hoër as 'n jaar gelede.

Eskom kan nie eers 'n webwerf behartig nie. Die beurtkrag webwerf wys partykeer: "Error. An error occurred while processing your request". Die webblad laai eers met 'n groen geen beurtkrag boodskap, en verander dan na die vlak van beurtkrag.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.aandele.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2023