Web Joernaal
Let wel: Die webblad word teen spoed gedoen, en bevat waarskynlik foute.



Woensdag 30 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Fairvest Property (FTA, FTB, was FVT) saam met Arrowhead (AHA) (AHB), se jaar dividend vir A is 126.22c, en B 43.29c. Sep22. Die A opbrengs is 126.22c/1385c = 9.1%. Die B opbrengs is 43.29c/338c = 12.8%.

CapCo Capital & Counties Properties (CCO) weer samesmelting met Shaftesbury: senspdf.

"The owner of a Spar store in Johannesburg has lodged a complaint of fraud against the company's leadership, saying it deliberately inflated the price of the loss-making store he bought." - Twitter. Daar is te veel supermarkte wat om dieselfde beperkte mark meeding. Game het probeer kruideniersware verkoop. Food Lovers Market wil ook meer kruideniersware verkoop.

Naspers (NPN) se aandeelprys het opgeskiet na R2636.09 sedert 'n maand gelede. Multichoice gaan dieselfde pad as die gedrukte publikasies. Hulle wins word net deur Tencent bepaal, wat opgehou groei het. Dit moet nog gesien word of afleweriing op sy eie winsgewend kan wees, sonder die wins wat 'n kleinhandelaar maak.

Op die internet - Suid Afrika

"[BREAKING] The independent Section 89 panel into Phala Phala concludes President Cyril Ramaphosa "may" have committed serious misconduct, violated sections of the PRECCA Act, acted inconsistently with his oath of office and exposed himself to a conflict of interest." - Twitter. Dis verbasend dat hulle regkundiges kon kry om die wet te vertolk.

Transnet's R398.4m fraud, corruption case postponed - Times Live. Nog 'n ANC korrupsie saak uitgestel.

Families snub R1bn housing project - BusinessTech. Die R1B vir 6480 huise werk uit op R154,000 per huis. Daarvoor kon hulle vir 3.5 jaar teen minimum loon gewerk het. Hulle wil oorlewings boerdery beoefen wat nie vir gratis opvoeding, medies, ens betaal nie. Hulle verwag dat die res van die bevolking vir hulle gratis behuising verskaf, en hulle verder onderhou.

Eskom coal thief arrested – and his boss went down with him - BusinessTech.

Vogens die statistiek diens het werkloosheid verminder. Dis nie wat die toelaes aandui nie. Die aantal Sosiale Verligting van Nood toelaes word van 7.5M tot 10.5M verhoog (News24).

In Sep 2022 was 18.842M sosiale toelaes aan 12.944M begunstigdes betaal (Sassa). Die grootste aantal toelaes was Kinder Steun Toelaes aan 7.364M begunstiges (7.178M vroue), Ouderdom Toelaes aan 3.835M begunstiges, en vir Gestremdheid aan 1.044M. As die kinder toelaes aan een ouer betaal word, dan is 14.728M ouers betrokke. Die aantal begunstigdes op die Sosiale Verligting van Nood toelaes kan nie gevind word nie, maar 10.5M word verwag. Al die ouers en ander begunstiges is 30.8M uit 'n volwasse bevolking van omtrent 40M (22.115M 0-19 jaar, 38.489M 20+ jaar), wat 9M oorlaat wie geen toelaes kry nie. As 'n paar miljoen op private pensioen is, laat dit omtrent 7M wie genoeg geld verdien om nie toelaes te kry nie.

Relatief tot M3 geld voorraad as nominale inflasie koers, is Suid Afrika se skuld die hoogste ooit, of ten minste sedert 1965. Dit styg sedert Zuma en Ramaphosa oorgeneem het.





Dinsdag 29 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Etion (ETO) voorheen Ansys (ANS) ontsluit steeds waarde: senspdf.

Grindrod Shipping (GSH) steeds kontant aanbod: senspdf. Min handel.

CapCo Capital & Counties Properties (CCO) samesmelting met Shaftesbury: senspdf.

Vukile Property Fund (VKE) se eiendom inkomste vir die 6m tot Sep was 5.0% hoër (+30.4% en -5.6% vorige twee jaar), beskikbare uitkering 80.80c, 47.32125c dividend word betaal, en 5-7% groei word steeds vir die jaar tot Maart 2023 verwag. dividend, Sep22, Sep22. Die aandeelprys is R14.99 teenoor R12.60 'n jaar gelede.

Capital Appreciation (CTA) se inkomste vir die 6m tot Sep was +22.5% hoër (+35.7% en +15% vorige jaar), vwVPA 7.41c teenoor 7.34c laasjaar, en NBW 120.5c per aandeel teenoor 116.7c laasjaar: Sep22, Sep22. As dit herhaal, sou die prys/verdienste 123c/~2x7.41c ~8.3 wees. Die 6m dividend opbrengs is 4.25c/123 -20% = 2.8%. Die aandeelprys was 142c en 104c die vorige twee jaar.

Tharisa PLC (THA) handels verklaring: senspdf. Min handel.

Die steenkool prys het weer na $380/ton gestyg, teenoor $155 jaar gelede.

Op die internet - Suid Afrika

SARS just launched a new travel pass. It is voluntary – for now. Here's how it works. - Business Insider SA. Met "onwettige geld vloei" bedoel hulle belastingvry. Die King Shaka lughawe is toepaslik vernoem na 'n geweldadige heerser wie ander stamme aangeval en beroof het.


Maandag 28 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

City Lodge (CLH) opdatering: senspdf.

Standard bank (SBK) opdatering: senspdf.

Rand Merchant Investments (RMI) naam verander na Outsurance (OUT): senspdf.

Reunert (RLO) se inkomste vir die jaar tot Sep was +16% hoër (+19% en -10.6% vorige twee jaar), en vwVPA 516c teenoor 476c laasjaar (115c en 566c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste is R45.25/516c = 8.8. Die dividend opbrengs is (75c + 224c)/R45.25 -20% = 5.3%. Die aandeelprys was R50.08, R40.24 en R71.02 die vorige drie jaar.

Huge Group (HUG) resultate: Aug22. Min handel.

Standard bank (SBK) opdatering: senspdf.

Invicta (IVT) se inkomste vir die 6m tot Sep was +7.2% hoër as laasjaar (0.1% en -32% vorige twee jaar), en vwVPA 266c teenoor 182c laasjaar (172c en 149c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Gewoonlik min handel.

Barloworld (BAW) ontbondel Zeda: senspdf.

Zeda (ZZD) voornotering verklaring: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Eskom pays 1,000% more than it should for services and materials - Daily Investor.


Sondag 27 Nov 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will be suspended at midnight, then resume with Stage 1 at 05:00 – 16:00 whereafter Stage 2 loadshedding will be then implemented from 16:00 throughout the night." - Eskom, Twitter. Daar is steeds 21,422MW buite werking. Geen vordering nie. Op 3 Julie was 21,703MW buite werking. Op 7 Maart was dit 20,815MW.

Van 10 Maart: Eskom may run out of money for diesel, as global prices soar - Moneyweb.

Ramaphosa het 'n mening uitgespreek teen die parool van Janusz Walus, na al die ANC misdadigers deur die Waarheids en Versoenings Kommissie kwytgeskel was. Die kommissie van ondersoek na die staats kaping is die tweede waarheids en versoenings kommissie. Wanneer gaan korrupte ANC amptenare tronk toe?

Van 13 Nov 2020: Top A.N.C. Official Charged With Corruption in South Africa - New York Times. "A top member of South Africa’s governing African National Congress party appeared in court on Friday, charged with corruption, in a rare sign that powerful members of the party could be held to account for endemic pilfering of public funds under former President Jacob Zuma. Ace Magashule, the party’s secretary general, was charged with 21 counts including fraud, money laundering and corruption, ..."

Van 23 Sep 2022: Ace Magashule asbestos corruption trial pushed back to January 2023 - Daily Maverick.

Party amptenare word gevonnis. Om al die korrupte ANC amptenare aan te kla sal 'n klomp ander amptenare en belasting geld vereis. 1 Apr 2022: ANCWL president Bathbile Dlamini sentenced to four years in prison or R200 000 fine. Net 'n boete van R200,000 waarvan die helfte opgeskort was.

Van 4 Apr 2022: Hawks arrest more than 80 people countrywide in probe into R21m Sassa fraud - News24. "News24 previously reported that between 2015 and 2020 more than R282 million was looted from Sassa." "n 2019 alone, Sassa was defrauded of more than R50 million and had to spend another R18 million on an investigation to recoup some of the money."

"In #SouthAfrica, crime rates are SKYROCKETING. In the past 3 months, 7,000+ were murdered—1,000 were women. South Africa has the THIRD highest crime rate in the world. SOUTH AFRICA = CRIME & CORRUPTION." - Twitter.


Saterdag 26 Nov 2022

Op die internet - Suid Afrika

Stage 8 looms closer, says energy analyst - IOL.

26 – 27 November 2022 | Vox Weer NAWEEK Voorspelling (AFRIKAANS) - Youtube. Dit lyk na nog vloede in die oostelike dele van die land.

Ramaphosa sê dis nie sy skuld dat die elektrisiteit afgegaan het nie. Dit het vanself afgegaan. Ramaphosa sê die publiek moet iets doen omtrent misdaad. Hy het genoeg sekuriteit. Weskaap regter John Hlophe sê wit koloniste besit steeds die meerderheid van die grond. Die Verenigde Koninkryk sê hulle staan gereed met die vuurhoutjies.

Die hoofblad van president se klimaat kommissie herhaal die onsin "regverdige oorgang" en "sosiale vennote", maar geen woord oor energie of elektrisiteit nie. Dis deur vakbonde uitgedink om hulle werk te beskerm.

Die ANC het woord "inklusief" 35 keer ingewerk in die G20 Bali Leaders’ Declaration.

"Building owners get last-minute reprieve as Mantashe delays energy certificate deadline" - Twitter. Die ANC idiote het dubbel glas verpligtend gemaak vir groot vensters, selfs in warm klimaat. In 'n warm klimaat wil 'n mens juis hê dat die hitte binne die huis deur die vensters uitgaan na buite.


Vrydag 25 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Lighthouse Properties PLC (LTE) voorheen Lighthouse Capital, prospektus: senspdf.

Huge Group (HUG) weer handels verklaring: senspdf. Min handel.

Capital Appreciation (CTA) handels verklaring: senspdf. Volume wissel.

Vukile Property Fund (VKE) handels verklaring: senspdf.

Quantum Foods (QFH) resultate: Sep22. Amper geen handel.

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will be maintained at #Stage2 continuously until further notice. There will be no Stage 3 loadshedding during the evenings, as had been previously communicated" - Eskom, Twitter.

Dit gaan met beurtkrag soos dit met Eskom gaan. Die stadiums het so wisselvallig geword dat 'n mens nie meer kan uitwerk wanneer die krag af gaan nie.

Die Engelse heersers wat die wêreldwye apartheid veldtog teen die Afrikaner gelei het, vier saam met die ANC die vernietig van die beskawing. Die twee partye het baie in gemeen. Gedurende die Britse-Boere oorlog was plase afgebrand, en die boer vroue en kinders verwyder na konsentrasie kampe.

"De Ruyter: “The good thing with renewables is nobody can steal the sun” SA : “Hold my beer” " - Twitter. Batterye word gedurig gesteel.

South Africa’s army is in trouble - BusinessTech. "... the base faced various challenges, and the greatest one is its inability to service helicopters, unavailability of spares, as well as the lack of machinery to maintain hangers and runways."

'Who is next?' Dairy owners' rally together as fear grows - Stuff NZ. "One shop owner says New Zealand is worse than South Africa ..."


Donderdag 24 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Southern Sun (SSU), voorheen Tsogo Sun Hotels (TGO), resultate: Sep22, Sep22. Min handel.

Hosken Consolidated Investments (HCI) handels verklaring: senspdf. Gewoonlik min handel.

Kaap Agri (KAL) resultate: Sep22, Sep22. Min handel.

Growthpoint Properties (GRT) opdatering: senspdf.

Mr Price (MRP) se inkomste vir die 6m tot Sep was +6.5% hoër (+35% en -14.7% vorige twee jaar), en vwVPA 486.1c teenoor 438.7c laasjaar (328.5c en 435.9c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste is R185.66/(815.3c + 486.1c) = 14.3. Die dividend opbrengs is (524.9c + 312.5c)/R185.66 -20% = 3.6%. Die aandeelprys was R188.56, R165.76 en R164.96 die vorige drie jaar.

Lewis (LEW) se inkomste vir die 6m tot Sep was +4.0% hoër (+12.3% en -1.6% vorige twee jaar), en vwVPA 384.5c teenoor 324.1c laasjaar (236.3c en 211.4c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste R49.44/(500.4c + 384.5c) = 5.6. Die jaar dividend opbrengs is (218c +195c)/R49.44 -20% = 6.7%. Die aandeelprys was R45.91, R19.32 en R30.48 die vorige drie jaar.

Stefanutti Stocks (SSK) resultate: Aug22, Aug22.

Tsogo Sun Gaming (TSG) se inkomste vir die 6m tot Sep was +43% hoër, (-9% laer as drie jaar gelede), en vwVPA 58.0c teenoor 30.9c (77.2c vier jaar gelede), en verstel 85.7c teenoor 30.9c (78.8c vier jaar gelede): Sep22, Sep22. Aandeelprys is R13.11 teenoor R9.84, R3.85 en R20.22 die vorige drie jaar.

Op die internet - Suid Afrika

Die terugkoop rentekoers is na 7.0% verhoog, wat die primêre uitleen koers 10.5% maak. Die M3 geld voorraad het in Sep 8.75% gegroei, wat die nominale inflasie koers is. Daarby kan nog 'n paar persent getel word weens ekonomiese verswakking.

"Courtesy of the diesel recently supplied by PetroSA, loadshedding will be reduced to Stage 3 during the night throughout the weekend." - Eskom, Twitter.

Mense beweer dat salarisse in Suid Afrika laer kan wees omdat uitgawes minder is. Die prys van kruideniersware en ingevoerde goedere is soortgelyk as in die VSA en Europa. In die VSA is die gemiddelde salaris $54,132 per jaar = R76,900 per maand. In Suid Afrika is die gemiddelde salaris R24,000 per maand. Eiendom is wel goedkoper in Suid Afrika. Die lewens standaard is laag omdat 'n swak Rand nodig is vir die ongeskoolde arbeid, en hoë belasting om die arm bevolking te onderhou.

Hoender boere gebruik generators as steun krag, wat 33% tot 37% doeltreffend is. Dis die elektriese verhitting wat uit die diesel se beskikbare energie verkry word. Diesel verwarmers kan 90% doeltreffend wees.

"Yesterday John Steenhuisen was prevented by min Gordhan from conducting oversight - as is his parliamentary right and duty at Kusile, citing procedure. I advised The CEO of Eskom, who was making preparations. Gordhan intervened. Meanwhile we burn diesel with abandon- why?" - Twitter.

"Cyril Ramaphosa is dominating ANC politics in a way not seen since Zuma crushed Motlanthe's half-hearted attempt at the presidency. He's collected 69% of submitted branch nominations, up 10 percentage points since 2017." - Twitter. Die politieke stelsel werk nie. Dit neem meer as 28 jaar se vernietig voor kiesers besef die ANC is hopeloos.

Give government four years to turn the ship around – Sooliman - Moneyweb. Dis waansinnig om te verwag dat die ANC na 28 jaar beleid gaan verander. Gratis dienste en belasting lei na armoede. Welvaart word slegs geskep deur te werk.

The demand for property in the Karoo is growing – driven by buyers from Cape Town and Joburg - Business Insider SA.

LOOK: Joburg’s hijacked buildings - The horrible truth - IOL.


Woensdag 23 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Indluplace Properties (ILU) resultate: Sep22. Gewoonlik min handel.

Grindrod Shipping (GSH) steeds kontant aanbod: senspdf. Min handel.

Naspers (NPN) se $ inkomste vir die 6m tot Sep was 4.3% hoër (+43% en +44% vorige twee jaar), of +14.3% op herverklaar, en vwVPA $0.04 teenoor $3.34 laasjaar ($3.93 en $3.18 vorige twee jaar) waarvan -$0.35 voortgesit, of kern $1.54 teenoor $3.82 laasjaar ($3.53 en $3.72 vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die aandeelprys is R2403.76 teenoor R2655.95, R3121.36 en R2233.15 die vorige drie jaar. Die aandele terugkoop en verkoop van Tencent aandele het niks gehelp nie.

Prosus NV (PRX) (AMS: PRX) se $ inkomste vir die 6m tot Sep was +5.7% hoër (+41% en +53% vorige twee jaar), of +11.8% op herverklaar, en vwVPA $0.11 teenoor $1.44 laasjaar ($1.49 en $0.98 vorige twee jaar), of kern $0.75 teenoor $1.43 laasjaar ($1.34 en $1.04 vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die aandeel prys is R998.50 teenoor R1349.35, R1640.33 en R1012.67 die vorige drie jaar.

RFG (RFG), voorheen Rhodes Food Group, se inkomste vir die jaar tot Sep was +22% hoër (+1.5% en +8.3% vorige twee jaar), en vwVPA 137.3c teenoor 87.3c laasjaar (86.4c en 83.8c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste is R11.80/137.3c = 8.6. Die jaar dividend opbrengs is 45.8c/R11.80 -20% = 3.1%. Die aandeelprys was R12.51, R12.50 en R16.10 die vorige drie jaar.

Telkom (TKG) se inkomste vir die 6m tot Sep was -0.7% laer (-0.5% en -0.4% vorige twee jaar), en vwVPA 132.3c teenoor 278.2c laasjaar (218.3c en 178.6c vorige twee jaar): Sep22. Sep22. Die prys/verdienste is R35.80/~2x132.3c = 13.5. Geen tussen dividend. Die aandeelprys was R53.63, R32.30 en R62.00 die vorige drie jaar.

Op die internet - Suid Afrika

"Eskom has asked Treasury for R15bn for fuel purchases and says it must reserve existing funds for operations and debt repayment" - Twitter. Dis 'n bykomende R900 wat elke huishouding vir elektrisiteit moet betaal, waarvan die meeste werkloos is, en waarskynlik gratis elektrisiteit kry.

Kameraad Ramaphosa word in 'n koets rondgery in Engeland. Dis simbolies van die ANC wat Suid Afrika 200 jaar terugneem. Die besoek is een van die bisarre gebeure in die geskiedenis.

Wanted: 6,000 community crime fighters for Gauteng, who must be fit, agile, and fearless - Business Insider SA. Die doel met misdaad voorkoming, is om die misdadigers na ander gebied te laat uitwyk. Die ANC wil nie misdadigers vervolg nie. Staats amptenare doen nie die werk wat die poste vereis nie.

"This is the middle of the city of Durban between Berea station and Dalbrigde Station" - Twitter.


Dinsdag 22 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Huge Group (HUG) handels verklaring: senspdf. Min handel.

Tradehold (TDH) resultate: Aug22. Min handel.

Grindrod Shipping (GSH) kontant aanbod en spesiale dividend: senspdf. Min handel.

Trematon Capital Investments (TMT) resultate: Aug22 Gewoonlik min handel.

Bidcorp (BID) opdatering: senspdf.

Pepkor (PPH) se inkomste vir die jaar tot Sep was +5.3% hoër, en vwVPA 160.2c teenoor 133.4c laasjaar (64.9c en 96.2c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste is R22.86/160.2c = 14. Die dividend opbrengs 55.16667c/R22.86 -20% = 1.9%. Die aandeel prys was R24.14, R13.70 en R17.95 die vorige drie jaar.

Coronation Fund Managers (CML) se inkomste vir die jaar tot Sep was -12% laer (+17.1% en +11% vorige jaar), en vwVPA 366.3c teenoor 487.9c laasjaar (398.5c, 341.9c en 420.7c vorige drie jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste is R34.08/366.3c = 9.3. Die jaar dividend opbrengs is (214c+172c)/R34.08 -20% = 9.1%. Die aandeelprys was R56.06, R41.85 en R41.72 die vorige drie jaar.

Premier Group (PMR) voor notering verklaring: senspdf.

Omnia (OMN) se inkomste vir die 6m tot Sep was +23% hoër (+21% en -5.1% vorige twee jaar), en die vwVPA 295c teenoor 305c laasjaar: Sep22, Sep22.
.

Momentum Metropolitan (MTM) voorheen MMI (MMI) 3m opdatering: senspdf.

Old Mutual (OMU) bedryfs opdatering: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Kameraad Ramaphosa het uit Engeland laat weet dat Eskom se diesel probleem opgelos is. Hy sal diesel suig uit een van Charles se Rolls Royce motors. 'n Groot skare word op Jan Smuts lughawe verwag om die kan diesel te verwelkom. Hy is eintlik in Engeland om uit te vind hoe sosiale dienste en skuld verhoog kan word.

Sanral says projects awarded to Chinese companies ‘will use local materials’ - Moneyweb. Die ANC idiote het niks geleer van Technical defects at Medupi and Kusile resulting in serious underperformance, gebou deur Mitsubishi Power Africa van Japan.

"Zambia's Government constructs new houses for Police officers and soldiers." - Twitter.

Eskom’s 2021 loss widens to record R25.3bn after adjustment - Moneyweb. Eskom kan nie bestaan in 'n primitiewe Afrika land nie.

"How much further can it fall" - Twitter.


Maandag 21 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Prosus NV (PRX) (AMS: PRX) verwag vir die 6m tot Sep 'n wVPA van -$0.06 tot $0.05, of kern $0.59 tot $0.70: senspdf.

Naspers (NPN) verwag vir die 6m tot Sep 'n wVPA van -$0.28 tot -$0.02, of kern $1.59 tot $1.88: senspdf.

Sirius Real Estate (SRE) resultate: Sep22. Handel wissel.

Netcare (NTC) se inkomste vir die jaar tot Sep was +2.1% hoër (+12.5% en -12.7% vorige twee jaar), en vwVPA 73.4c teenoor 61.5c laasjaar (-3.6c en 164.3c vorige twee jaar), of verstel 82.6c teenoor 67.4c laasjaar (32.3c en 169.5c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die aandeelprys is R14.03 teenoor R15.94, R13.10 en R17.64 die vorige drie jaar.

PPC (PPC) se inkomste vir die 6m tot Sep was -0.5% laer (+2.5% en +1.2% vorige twee jaar), en vwVPA -6c teenoor 42c laasjaar: Sep22, Sep22. Die prys/verkope is R2.28/~2xR3.22 ~ 0.34. Die aandeelprys was R5.30, R1.07 en R3.41 die vorige drie jaar.

Barloworld (BAW) se inkomste vir die jaar tot Sep was -5.2% laer (-16.4% en -12.6% vorige twee jaar), of +15.4% hoër as herverklaar (+22.5% laasjaar), en vwVPA 1752.0c teenoor 1181.8c laasjaar (-267.6c en 1096.8c vorige twee jaar), waarvan 1084.7c voortgeset: Sep22, Sep22. Die dividend is 295c en spesiale dividend 550c. Die aandeelprys is R106.03 teenoor R135.00, R69.29 en R124.00 die vorige drie jaar.

Barloworld (BAW) ontbondel Zeda: senspdf.

Astral (ARL) se inkomste vir die jaar tot Sep was +22% hoër (+12.5% en +5% vorige twee jaar), en vwVPA R27.33 teenoor R12.20 laasjaar (R14.38, R16.74 en R37.08 vorige drie jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste R170.82/R27.33 = 6.3. Die prys/verkope is R170.82/R497.9 = 0.34. Die dividend opbrengs is (R7.90+R5.90)/R170.82 -20% = 6.5%. Die aandeelprys was R169.00, R129.70 en R172.00 die vorige drie jaar.

Op die internet - Suid Afrika

"#stage4 loadshedding (instead of Stage 5) will be implemented continuously until 05:00 on Tuesday morning. Thereafter Stage 2 loadshedding will be implemented daily at 05:00 - 16:00. Stage 4 will be implemented daily at 16:00 - 05:00 until further notice." - Eskom, Twitter.

Eskom se diesel het opgeraak, en hulle begrote fondse daarvoor het opgedroog. Diesel kos R25.49/liter, en het 'n energie inhoud van 38.6MJ/liter. As gas turbines 33% doeltrefffend is, werk dit uit op R7/kWh net vir die brandstof. Die publiek moet besluit óf hulle sonder elektrisiteit wil wees, óf munisipaliteite meer as R8/kWh wil betaal.

Van gister: "Statement: Government and Eskom will find money for diesel" - Twitter. ABID (Apartheid Buit Insamelings Diens) sal weer die "rykes" moet oudit.

Fifteen million without legal docs in SA, Parly hears - IOL.

Chaos in Cape Town as striking taxi operators torch buses as 2-day strike begins - IOL. Raai wie betaal vir die DA se droom van eerste wêreld openbare vervoer in Afrika?

"City Power officials have arrived at Gauteng eGoverment and Treasury building to disconnect electricity. The building owes City Power over R34 million" - Twitter.


Sondag 20 Nov 2022

Op die internet - Suid Afrika

"#Stage4 loadshedding will be implemented at 17:00 this afternoon until 16:00 on Monday. Various stages of loadshedding will be implemented during the week" - Eskom, Twitter. Weer vlak 5 beurtkrag.

"#Loadshedding was cancelled at 08:00 this morning, owing to sufficient recovery in generating capacity and pumped storage dam levels. Loadshedding will reinstated at 17:00 and the stage will be confirmed during the afternoon4" - Eskom, Twitter.

Van 19 Maart 2021: 3 smart cities planned for South Africa - BusinessTech. Dorpe en stede raak vervalle omdat die blankes wie alles geskep het, verdwyn. Byvoorbeeld, Johannesburg se middestad het na Sandton verskuif. Dit verswak die ekonomie omdat geboue afgeskryf word. In plaas van die verval te keer, wil die ANC nuwe stede skep.


Saterdag 19 Nov 2022

Op die internet - Suid Afrika

"We've been without water for much of the day. "Call your Ward Councillor", I hear you say? Well yes, except that he was arrested for murdering the guy who was chosen as candidate ahead of him last year." - Twitter. Die ANC neem SA terug 200 jaar na voor die Groot Trek.


Vrydag 18 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Novus (NVS) resultate: Sep22. Min handel.

Southern Sun (SSU), voorheen Tsogo Sun Hotels (TGO), opdatering: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 4 loadshedding will continue to be implemented until further notice. Changes in the stages of loadshedding will be more erratic" - Eskom, Twitter.

"Stage4 load shedding was implemented at 05:26 this morning until further notice. Breakdowns amounting to 17 056MW of generation capacity, low pumped storage dam levels and lack of diesel are the reasons for the increase in loadshedding." - Eskom, Twitter.

Suid Afrika se motor uitvoere het toegeneem van 3743 in 1996 tot 230,588 in 2017 (SA Market Insights). Die arm bevolking dra by tot die wins van oorsese motor vervaardigers, met 'n subsidie van omtrent 25% op die belegging. 'n Geskatte 260,000 word in 2022 ingevoer ten spyte van 'n 25% invoer heffing op ligte voertuie. (Topauto).

Motor voertuig heffings en aksyns was R34,107M in 2019/20 (Treasury). Subsidies vir private ondernemings is R11,040M vir 2022/23. Elke huishouding betaal omtrent R2600 per jaar vir voertuie wat hulle nie koop nie.

Dis minimaal vergeleke met die belasting geld wat onder ANC ondersteuners uitgedeel word. Van die R2,157,300M 2022/23 staats begroting word R108,000 per huishouding betaal vir sosiale voordele en rente op skuld. Dis R9000 per maand.

Unions reject government's 7.5% public servants' wage offer - EWN. Watter persentasie werk?

Van 12 Okt: Unions reject government's 7.5% wage increase offer - EWN.

"Deel my profielfoto as jy wil." - Steve Hofmeyr, Twitter. Charlize Theron faces backlash after saying Afrikaans, her mother tongue, is dying out - CNN.

"Hy praat Afrikaans" - Twitter.


Donderdag 17 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Netcare (NTC) handels verklaring: senspdf.

Harmony (HAR) bedryfs opdatering: senspdf.

Investec (INL) PLC (INP) se totale bedryfs inkomste voor krediet verlies en afskrywings fooie vir die 6m tot Sep was +18.9% hoër in £ (+30.5% en -43% vorige twee jaar), vwVPA 32.0p teenoor 24.7p laasjaar (9.2p en 21.9p vorige twee jaar), en 6m dividend 13.5p: Sep22, Sep22.

Grindrod Shipping (GSH) 9m resultate: Sep22. Min handel.

Life Healthcare (LHC) se inkomste vir die jaar tot Sep was +4.9% hoër (+5.9% en -1.1% vorige twee jaar), en vwVPA 105.6c teenoor 110.7c laasjaar (48.5c en 88.4c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die prys/verdienste is R18.25/105.6c = 17.3. Die dividend opbrengs is (15c + 25c)/R18.25 -20% = 1.7%. Die aandeelprys was R23.14, R17.61 en R24.73 die vorige drie jaar.

Tencent het hulle 4% aandeel in JD.com vir $3.6B verkoop. Tencent wil die $20B uit die verkoop van die Meitaun voedsel aflewering diens onder aandeel houers versprei. Prosus besit 28% van Tencent, en het 'n mark kapitalisasie van €122B = $127B. Dus is die uitkering 4.4% van die Prosus se aandeel prys.

Spekulante jaag aandele op as gevolg 'n groot toename in verkope. Dis meestal inflasie, en is nie volhoubaar nie. Verbruikers word armer, volume daal, en maatskappye stoot pryse op om winsgewend te bly. Dit maak die verbruikers nog armer. 'n Wêreldwye resessie is op pad.

TPG’s Teoh family in shock run for David Jones - Afr. Woolworths (WHL) se aandeelprys het 2015 opgeskiet na 'n prys/wins van R104.90/367c = 29, nadat verkope +45% gestyg het weens David Jones. Verkope per aandeel het sedertdien 4.0% per jaar gestyg, die wins +1.0% per jaar, en die prys/wins is nou R69/392.7c = 18. Afdelings winkels krimp al vir dekades. Stuttafords het in 2017 toegemaak na 159 jaar. Shoprite het OK Bazaars in 1997 oorgeneem.

South African retail sales fall 0.6% year on year in September - Reuters. Dis relatief tot die amptelike inflasie koers van 7.8% in Sep. Die werklike inflasie koers is nader aan 20%. Petrol was +27% hoër in Sep.

"State will press ahead with NHI regardless of state of economy, Phaahla says" - Twitter.

Op die internet - Suid Afrika

Kruger Park coup as Eurowings Discover launches Frankfurt-Mpumalanga flights - Moneyweb. Dis seker omdat Duitse toeriste hulle besprekings gekanselleer het na 'n motor kaper 'n bestuurder geskiet het. Die lughawe is 40km van die naaste hek.

"Eskom has boiler maintenance tender cancelled by high court" - Twitter. Dit lyk of Eskom al die tegniese personeel vervang het met onbekwame administratiewe personeel wat agter lessenaars sit. Al die tegniese werk moet ten duurste uitgekontrakteur word. Dis ook hoe die res van die ANC regering werk.


Woensdag 16 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Tencent (HK 0700) se inkomste vir die derde kwartaal tot Sep was -1.6% laer, en verdienste per aandeel RMB4.104 teenoor RMB4.074 laasjaar, of nie-IFRS RMB3.306 teenoor RMB3.269: Tencent. Die prys/verdienste is HK$294.40/~(4x RMB3.306 x HK$1.1042) = 20.2. Die aandeel prys het van HK$757 piek in Feb laasjaar na $200.8 in Okt gedaal.

Stefanutti Stocks (SSK) handels verklaring: senspdf.

Argent Industrial (ART) resultate: Sep22, Sep22.

Tiger Brands (TBS) weer handels verklaring: senspdf.

Dipula Income Fund (DIB) resultate: Aug22. Geen handel.

Mediclinic Int (MEI) se inkomste vir die 6m tot Sep was +9.5% hoër in £ (+12% laasjaar), en vwVPA 11.3p teenoor 8.8p laasjaar (14.2p twee jaar gelede): Sep22, Sep22. Die aandeelprys is R101.38 teenoor R69.49 'n jaar gelede. Geen dividend.

Investec Property Fund (IPF) resultate: Sep22.

Reinet Investments (RNI) netto bate waarde €29.93 op 30 Sep: senspdf.

PPC (PPC) handels verklaring: senspdf.

Woolworths (WHL) handels opdatering: senspdf. Verkope was -1.2% laer 6m 'n jaar gelede.

Spar (SPP) se inkomste vir die jaar tot Sep was +6.0% hoër (+2.9% en +13.5% vorige jaar), en vwVPA 1159.1c teenoor 1193.7c laasjaar (1131.5c en 1123.6c vorige twee jaar): Sep21, Sep21. Die prys/verdienste is R165.00/1159.1c = 14.2. Die jaar dividend opbrengs is 400c/R165.00 -20% = 1.9%. Die aandeel prys was R196.32 'n jaar gelede.


Dinsdag 15 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Ninety One (N91), ontbondel uit Investec, resultate: Sep22.

Stor-age Property (SSS) se inkomste vir die 6m tot Sep was +19.2% hoër (+10.3% en +18% vorige twee jaar), en vwVPA 73.29c teenoor 54.38c laasjaar (44.38c en 43.35c vorige twee jaar): Sep22. As dit herhaal, sal die prys/verdienste R13.41/~2x73.29c ~9.1 wees. Die dividend opbrengs (55.30c + 60.05c)/R13.41 = 8.6%. Die aandeelprys was R13.95, R12.26 en R15.40 die vorige drie jaar.

Transaction Capital (TCP) se inkomste staat vir die jaar tot Sep het verander, en vwVPA 214.6c teenoor 144.7c laasjaar (33.0c en 116.1c vorige twee jaar): Sep22, Sep22, Sep22. Die prys/verdienste is R41.13/214.6c = 19.

Op die internet - Suid Afrika

"#Loadshedding remains on #Stage2 until 16:00 on Wednesday. At 16:00 on Wednesday until 05:00 on Thursday Stage 3 loadshedding will be implemented. Thereafter it drops back to Stage 2 again until further notice" - Eskom, Twitter.

"Prolonged loadshedding will continue to be implemented over the next few months as major capital projects and repairs reduce available generation capacity" - Eskom, Twitter. Al meer gebruikers gaan hulle eie elektrisiteit opwek, wat die prys van Eskom krag gaan opjaag. Eskom verkope daal vanaf 2008, na beurtkrag begin het. Dit is hoe te gaan met alle staats dienste.

In September was Suid Afrika se handels oorskot R19.7B (Trading Economics). Die kapitaal vlug sedert ABID begin het om "rykes" se belasting te ondersoek duur voort. Suid Afrika se lopende rekening balans, wat goedere, dienste en inkomste insluit, was 'n oorskot van R1.54 triljoen van Julie 2020 tot Maart 2022, wat kapitaal uitvloei beteken.


Maandag 14 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Sephaku (SEP) Nigeriese sement vervaardiger, resultate: Sep22, Sep22. Min handel.

Dipula Income Fund (DIB) handels verklaring: senspdf.

Barloworld (BAW) handels verklaring: senspdf.

RFG (RFG), voorheen Rhodes Food Group, handels verklaring: senspdf. Almal ry die inflasie golf.

Omnia (OMN) mark opdatering: senspdf.

Purple Group (PPE) se jaar inkomste was 34% hoër (26% en +65% vorige twee jaar), en wVPA 1.11c (meestal billike waarde verstelling) teenoor 4.27c laasjaar (1.47c en -1.06c vorige twee jaar): Aug22, Aug22. Aandeelprys is 171c teenoor 258c en 107c die vorige jare.

Shoprite (SHP) eerste kwartaal verkope +18.6%: senspdf. Die publiek word armer. Die hoë groei is seker inflasie, en markaandeel van Pick n Pay en Woolworths. Die laaste 10 jaar het Shoprite se verkope 8.5% per jaar gegroei, en wins 5.6%. Volgens die Rand wisselkoers was inflasie 12% per jaar. Die laaste prys/wins is R244/R10.494 = 23. Die dividend opbrengs was 600c/R244 -20% = 2.0%. Die totale opbrengs is te laag.

Brait PLC (BAT) resultate: Sep22.

Brait PLC (BAT) filiaal Premier word noteer: senspdf. Baie handel Vrydag.

Telkom (TKG) verwag 6m wVPA van 128.5c tot 157.0c grootliks weens die verskuiwing van vooraf betaling, na agterna betaling: senspdf. Die aandeel prys het na alreeds na R35.90 geval.

Vodacom (VOD) se inkomste vir die 6m tot Sep was +7.7% hoër (+4.2% en +7.8% vorige twee jaar), en vwVPA 443c teenoor 492c laasjaar (520c en 452c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. As dit herhaal sal die prys/verdienste R128.86/~2xR4.43 = 14.5 wees. Die dividend opbrengs is (430c+340c)/R128.86 -20% = 4.8%. Die aandeelprys was R140.11, R127.93 en R135.00 die vorige drie jaar.

Woolworths (WHL) word gereeld opgejaag in die hoop van groot wins. Die verstelde wins per aandeel vanaf 2015: 416.4c 453.4c 417.7c 364.1c 368.7c 168.4c 341.6c 374.9c.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 3 loadshedding will be implemented at 16:00 today until 05:00 on Tuesday; Stage 2 and 3 will be implemented on Tuesday." - Eskom, Twitter. Daar is steeds 21,099MW buite werking. Eskom se onbekwame bestuur en nuwe regstellende aksie raad maak geen vordering nie.

Van 17 Sep: "Kapasiteit van 23,807MW is nou buite werking, wat 51% van Eskom se Maart 2021 kapasiteit van 46,466MW is. Op 3 Julie was 21,703MW uit, wat vlak 6 beurtkrag vereis het."

"#Eskom is proud to be part of the 'Just Transitions and Climate Pathways' study by @NBISA @BusinessUnitySA and @BCG. Today, we launch the latest report - 'South Africa's Net Zero Transition Towards a Just, Climate-Resilient, Prosperous Future for South Africa' " - Eskom. Die hoof uitvoerende beampte weet fokol van krag opwekking.

Engineering body issues dire warning over collapsing public infrastructure - Moneyweb. Die ANC weet nie wat die woord "infrastruktuur" beteken nie. Hulle dink dit is behuising. Belasting betalers onderhou die Goudtrein met enorme subsidies. Dit kan nie anders as om in 'n goeie toestand te wees nie.

"A decolonized school classroom in Zimbabwe under ZANU-PF leadership." - Twitter.

"[PRESIDENT'S DESK] the new Preferential Procurement Regulations published by the National Treasury last week need to be understood. Government remains wholly committed to transformation and empowerment as envisioned in the Constitution." - Twitter. Onsin. Daar is geen transformasie of bemagtiging in die grondwet nie. Onregverdige diskriminasie beteken aanstelling op grond van ras in plaas van bekwaamheid.


Sondag 13 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Die lande waarin MTN (MTN) besigheid doen, het geweldige inflasie: "Today, I measure #Ghana's inflation at a stunning 158%/yr." - Steve Hanke, Twitter. "Today, I measure #Nigeria's inflation at 60%/yr" - Steve Hanke, Twitter.

Op die internet - Suid Afrika

"The Hennopsriver. A never ending display of how people are polluting South Africa's rivers" - Twitter. Kameraad Ramaphosa sê alle rasse moet ewe veel besoedel. Die ANC gaan vuilgoed na die skoon riviere aanry.


Vrydag 11 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Fondbestuurders op televisie beveel plaaslike aandele aan, ten spyte van 'n ekonomie wat wegkwyn relatief tot inflasie. City Lodge Hotels (CLH) is een van die aandele wie spekulante probeer opstoot. Die aandeel prys is R4.57 teenoor 'n piek van R35.14 in 2018. Die uitgereikte aandele is 15.6x verdun, wat die piek aandeelprys nou R2.25 maak. Die maatskappy het 'n verlies gemaak vir die jaar tot Junie, en die verkope per aandeel was R1.927.

Richemont (CFR) se verkope vir die 6m tot Sep was +8.6% hoër, of +24% op herverklaar en vwVPA €3.357 teenoor €2.150 laasjaar: Sep22, Sep22. Die vorige hoogste jaar wins was €3.935 in 2016. Die prys/verdienste is R189.95/(€1.562+€3.357) /R17.77/10 = 22. Die aandeelprys was R203.43, R119.00 en R117.50 die vorige drie jaar.

EOH (EOH) regsaanbod: senspdf.

Foschini (TFG) se inkomste vir die 6m tot Sep was +23% hoër (+35% sedert 2019), en vwVPA 461.0c teenoor 391.8c laasjaar (370.8c of voor verdunning 523.9c drie jaar gelede): Sep22, Sep22. Die prys/wins is R117.96/~2x461.0c = 12.8. Die 6m dividend opbrengs is 170c/R117.96 -20% = 1.2%. Die aandeelprys was R131.73, R88.29 en R171.54 die vorige drie jaar.

Tencent (HK 0700) is vanoggend weer +7.3% hoër na HK$248.20. Die herstel is klein relatief tot die val vanaf $757 laasjaar. Spekulante jaag die prys op en af.

Die Rand prys van steenkool (rooi) teenoor die VSA dollar prys (blou) wys hoe myne beskerm word deur die swak Rand.




Op die lang termyn styg die steenkool prys, en ander mineraal pryse, met inflasie. Die myne se wins gaan op en af, maar op die langtermyn bly hulle winsgewendheid dieselfde. Die grafiek wys die Rand steenkool prys teenoor M3 geld voorraad as inflasie aanduiding.




Op die internet - Suid Afrika

"Truck drivers apprehended for theft of coal" - Twitter. Mense is desperaat wanneer hulle steenkool steel.

"Water heating is one of the major power users within a household. To save electricity, set your geyser temperature to 60 degrees and avoid using hot water whenever possible." - Eskom, Twitter. Eskom probeer nou al vir 28 jaar om elektrisiteits verbruik te verminder. Verbruik het sedert 2008 verminder omdat mense keelvol geraak het van die beurtkrag, wat die koste opgejaag vir die res. Eskom gaan dieselfde pad as al die ander staats besighede.

Trevor Manuel warns against unaffordable grants - Moneyweb. Dis soos om vir Zimbabwe en Venezuela te vertel om op te hou geld druk. Die ANC is te onnosel om die probleem te verstaan.


Donderdag 10 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Transaction Capital (TCP) handels verklaring: senspdf.

Purple Group (PPE) handels verklaring: senspdf.

Sephaku (SEP) Nigeriese sement vervaardiger, handels verklaring: senspdf.

Multichoice (MCG) se inkomste vir die 6m tot Sep was +7% hoër, en vwVPA -56c verlies teenoor 347c laasjaar (563c en 339c vorige twee jaar), of kern 460c teenoor 451c laasjaar (617c en 437c vorige twee jaar): Sep22, Sep22. Die aandeelprys is R119.98 teenoor R119.83 en R124.74 die vorige twee jaar.

Sappi (SAP) se verkope vir die jaar tot Sep was +39% hoër (+14.2% laasjaar), en vwVPA $1.30 teenoor $0.05 laasjaar (-$0.19 en $0.42 vorige twee jaar), met vierde kwartaal $0.37: Sep22, Sep22. Die prys/wins is R55.39/$1.30xR17.79 = 2.4. Die dividend opbrengs is $0.15xR17.79/R55.39 -20% = 3.9%.

AVI (AVI) handels toestande: senspdf.

Thungela (TGA) het teruggeval na die vlak van ses maande gelede rondom R240. Spekulante wat geld gemaak het uit die groot prys styging, neem wins. Teen die verwagte steenkool prys vir die huidige ses maande periode, is nog 'n dividend van R60 moontlik, maar die kostes wissel geweldig. Hoe ver die steenkool prys gaan val is moeilik voorspelbaar, maar elke 'n bodem is gewoonlik op 'n hoër vlak as gevolg van inflasie.

"Researching a stock from top to bottom. Thungela Resources Edition" - Twitter.

Op die internet - Suid Afrika

"Only two out of 20 of the largest dams owned by the government comply with safety evaluation requirements as infrastructure maintenance lags." - Twitter. Geen verassing vir diegene wie die res van Afrika en die voormalige TBVC state gesien het nie.

"Returned from yet another futile attempt to collect a passport from DHA. The reason for today's failure is a strike. Previous 3 failures have been "system down". State failure is tough on all." - Twitter.


Woensdag 9 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Grand Parade (GPL) verpligte aanbod: senspdf.

Novus (NVS) handels verklaring: senspdf.

Premier Fishing and Brands (PFB) oorname: senspdf.

Northam Platinum (NPH) (was NHM) steeds Royal Bafokeng Platinum: senspdf.

Van 25 Okt: South Africa’s Coal Export to the EU up 582.7% During 2022 - Helenic Shipping News. "Coal exports from South Africa to the European Union surged by +582.7% y-o-y in Jan-Sep 2022 to 9.6 mln tonnes, from just 1.4 mln t in the same period of 2021." "Total seaborne coal exports from South Africa in the 12 months of 2021 reached 65.7 mln tonnes, -5.9% y-o-y from 69.9 mln tonnes in 2020, and also below the 67.4 mln tonnes in 2019, according to Refinitiv vessel tracking data. It was also well below the 73.5 mln tonnes exported in 2018, and the 75.6 mln tonnes in 2017. The current year, 2022, has again been quite disappointing."

Exxaro (EXX) se steenkool uitvoer was 2.542Mt vir die 6m tot Junie, teenoor 4.100Mt die 6m 'n jaar gelede, en 5.921Mt twee jaar gelede. Exxaro het tot Junie glad nie gebaat by die hoë steenkool prys nie.

Thungela (TGA) se uitvoere was 6.485Mt vir die 6m tot Junie, teenoor 6.589Mt die 6m 'n jaar gelede, en 8.038Mt twee jaar gelede. Thungela het tot Junie nie meer uitgevoer weens die hoë prys nie.

Suid Afrika se steenkool produksie toon geen groei vir 'n dekade, en daal sedert 2019: Ceicdata.

Suid Afrika se steenkool uitvoer het 'n piek bereik in 2017, en het gedaal tot 2020: The Global Economy.

Suid Afrika se steenkool produksie het gestyg van 1980 tot 2003, en word meestal plaaslike verbruik tot 2016: Worldometers.info.

Op die internet - Suid Afrika

Cape Town's fight against crime is going hi-tech – with drones, cameras, and sensors - Business Insider SA.


Dinsdag 8 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Hammerson PLC (HMN) opdatering: senspdf.

Murray & Roberts (MUR) verkoop Cough, betaal skuld: senspdf.

Die Australiese steenkool prys het teruggeval na $345/ton, na die groot styging sedert Maart (Investing.com). 'n Jaar gelede was dit $153/ton, en drie jaar gelede $70/ton.

Die Brent ru-olie prys is $97/vat. Olie se energie digtheid is 44MJ/kg. 'n Vat olie is 136kg = 5984MJ. Steenkool se energie digtheid is 25MJ/kg of 25,000MJ/ton. Vir dieselfde energie inhoud as olie, sou die steenkool prys $97 x 25,000/5984 = $405/ton wees. In die verlede was steenkool 'n baie goedkoper bron van energie.

OPEC sal die olie prys hoog hou. Na vandag se VSA verkiesing, sal die regering waarskynlik ophou om olie vry te stel uit die Strategiese Petroleum Reserwes.

Europa het 'n energie probleem. Die publiek hou nie van kernkrag nie. Al wat oorbly is gas en steenkool. 'n Terugkeer na Russiese gas kan jare neem. Die Europese gas prys het wel teruggeval na €115.28/MWh, van 'n piek by €340/MWh. Olie kos $97/vat = $58/MWh. Australiese steenkool is $50/MWh.

Op die internet - Suid Afrika

"#Stage2 load shedding will be implemented from 09:00 this morning until further notice." - Eskom, Twitter. Amper die hele land is vanoggend bewolk. Die gebruikers met sonpanele soek krag van Eskom se steenkool kragstasies.

Die ANC en die media hou aan oor die R1.5 triljoen lening om krag op te wek sonder steenkool. Elektrisiteit sal meer as R10/kWh kos om vir die diesel te betaal. Die gevolg sal wees dat Eskom verdwyn, en die huishouding wat dit kan bekostig, hulle eie elektrisiteit sal opwek. Mense sal teruggaan na hout vir stowe. Die media hou van die idee, want mense gaan koerant papier nodig kry vir die vure. Die R1.5 triljoen sal deel word van die staats skuld van R4.75 triljoen vir 2022/23.

"The DA would like to congratulate Tania Campbell, following her re-election as Executive Mayor of Ekurhuleni." - Twitter.

"The new $73.4 million Oceans Mall in Umhlanga, South Africa will open on November 15" - Twitter. Nog 'n winkel sentrum, ten spyte van die plundering, vloed, riool wat in die see vloei, wanbestuur, politieke geweld.


Maandag 7 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Delta Property Fund (DLT) se inkomste was -14% laer. Die uitkeerbare verspreiding vir die 6m tot Aug is 9.20c teenoor 24.86c laasjaar (16.3c en 30.33c vorige twee jaar). Geen tussen dividend word betaal nie. Aug22, Aug22.

Multichoice (MCG) handels verklaring: senspdf.

Invicta (IVT) handels verklaring: senspdf. Min handel.

Redefine (RDF) inkomste vir jaar tot Aug +15.1% hoër (-18.5% laer laasjaar), vwVPA 83.60c teenoor 72.21c laasjaar, uitkeerbare inkomste 53.71c, en betaal 19.27321c dividend vir die 6m tot Aug. Verwagte uitkeerbare inkomste vir volgende jaar 54.2c tot 56.4c. Aug22, Aug22.

Raubex (RBX) resultate: Aug22, Aug22. Gewoonlik min handel.

Tencent (HK 0700) is in die oggend +3.6% hoër na $247.20.

Op die internet - Suid Afrika

"Reminder #Loadshedding #Stage2 will be implemented from 4pm until 5am tomorrow." - Eskom, Twitter. Die ANC weet net dat hulle onder apartheid gely het nie. Verder het hulle geen idee hoe enigiets werk nie. Hulle is soos toeskouers, wie saam met die kiesers, kyk hoe die land vervalle raak.

DA to reach out to Eastern Cape agricultural cooperative unlawfully evicted from farm by the ANC government - DA. En wat het die koöperasie belasting betalers gekos?

Die ANC bewind het die ekonomiese uitset (Bruto Binnelandse Produk) statistiek in 2020 verander nadat dit getuimel het. In soverre die ekonomiese uitset hoegenaamd geloofwaardig is, wys onderstaande grafiek dit relatief tot VSA totale skuld (geld voorraad) as inflasie maatstaf, per persoon. Die ekonomiese uitset per persoon was rondom 15 tot 1980 toe SA die grootste goud uitvoerder was, en die Rand sterker as die VSA dollar. In 1994 was dit 5.5, en nou 2.0. Die lewens standaard per persoon is 36% van wat dit in 1994 was.





Sondag 6 Nov 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 2 loadshedding will be implemented daily from Monday at 16:00 – 05:00 until further notice." - Eskom, Twitter.

"Loadshedding has been suspended at 12:00 today. Eskom will this afternoon publish a statement about the loadshedding profile for next week." - Eskom, Twitter.

"SA's investment plan for its #climate finance deal are well below the R1.503trn government says it needs ie R844.8bn for the #electricity sector, R379.4bn for green #hydrogen & R152.15bn for #electricvehicles" - Twitter. Dis R50,000 per huishouding. Diesel kos R25.49/liter, en het 'n energie inhoud van 38.6MJ/liter. As gas turbines 33% doeltrefffend is, werk dit uit op R7/kWh net vir die brandstof. Daarby moet Eskom se bedryfskoste, en die koste van die oorbodige wind en son energie getel word wat net 25% beskikbaar is. Eskom sal elektrisiteit vir meer as R10/kWh moet verkoop.

"A farm outside Ermelo in Mpumalanga was bought for R10.5m and sold on to the government just a few minutes later for R36m." - Twitter. Die kamerade is presidensiële stoffasie.


Vrydag 4 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Massmart (MSM) steeds oorname deur Walmart: senspdf.

MTN (MTN) opdatering: senspdf. SA diens inkomste +3.5%, en die res van Afrika sukkel om by inflasie te bly.

Tencent (HK 0700) het vandag +7.8% na HK238.60 gestyg. Dit lyk of spekulante kort posisies sluit, nadat hulle langtermyn beleggers uitgedruk het.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 1 loadshedding will continue to be implemented daily at 05:00 – 16:00 and Stage 2 at 16:00 – 05:00 until Monday morning." - Eskom, Twitter.

"In the last three years, National Treasury says a total of R16.4bn was spent settling the airline’s debt and interest. " - Twitter. Elke huishouding moet R960 betaal vir die lugdiens. Die rede vir SAL se probleme is dat die ANC bewind vliegtuie verkoop het, en eerder gehuur het vir kort termyn geld vloei.

Expect more roadblocks and police activity in the coming weeks - BusinessTech. In plaas van misdaad uit te skakel met vervolging en swaar strawwe, wil die morone die publiek se tyd mors met padblokkades.


Donderdag 3 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

enX Group Ltd (ENX) voorheen Austro (ASO) resultate: Aug22. Min handel.

Murray & Roberts (MUR) opdatering: senspdf.

Truworths International (TRU) opdatering: senspdf.

Sibanye Stillwater (SSW) opdatering: senspdf.

Datatec (DTC) resultate: Aug22, Aug22.

Gold Fields (GFI) bedryfs opdatering: senspdf.

AngloGold Ashanti (ANG) opdatering: senspdf.

Sasol (SOL) se aandeelprys het Dinsdag geval weens die uitreiking van omskepbare effekte (senspdf, senspdf). As die ingesamelde kapitaal in nuwe besigheid belê word, behoort die ekstra inkomste meer te wees as die rente koste. Wanneer die skuld in aandele omskep word, spaar die maatskappy die rente koste, wat grootliks vergoed vir die ekstra aandele.

Pick n Pay kliente kan nou vir kruideniersware betaal met Bitcoin. Party van hulle supermarkte het so min kliente, jy kan dalk die winkel met 'n paar Bitcoins koop.

Op die internet - Suid Afrika

Van 12 Mei 2019: OPEN LETTER: How to fix the boiler and mill problems at Medupi and Kusile - News24.


Woensdag 2 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Pepkor (PPH) handels verklaring: senspdf.

Cilo Cybin (CCC) aanvanklike openbare aanbod: senspdf.

Dis-chem (DCP) se inkomste vir die 6m tot Aug was +9.3% hoër, en vwVPA 70.2c teenoor 48.7c laasjaar: Aug22, Aug22. Die prys/wins is R33.74/~2x70.2c ~24. Die aandeel prys was R31.50, R19.72 en R26.03 die vorige drie jaar.

Fortress A & B (FFA) (FFB) opdatering: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Eskom’s big power station lie - Daily Investor.

Eskom soek meer geld om die maatskappy op te breek. M.a.w. dit jaag die prys van elektrisiteit verder op. Nuwe besture met hoë salarisse word aangestel.

As Ramapshosa werklik bekwame personeel wil aanstel, waarom begin hy nie by die kabinet nie. Hy praat net twak.


Dinsdag 1 Nov 2022

Aandele - Suid Afrika

Argent Industrial (ART) handels verklaring: senspdf. Volume wissel.

Hammerson PLC (HMN) dividend derde keer: senspdf.

Eskom laat: senspdf.

Santova (SNV) resultate: Aug22.

Alexander Forbes (AFH) koop van Sanlam Life bedrywighede: senspdf.

MTN (MTN) Ghana resultate: senspdf.

Octodec Investments (OCT) resultate: Aug22, dividend. Lae handel.

Tencent (HK 0700) is vandag +10.6% hoër na HK$227.40.

Thungela (TGA) se uitvoer steenkool prys vir die 6m tot Junie was $239.93 xR15.41 = R3697/ton en jaar wins R132.42. Vir die jaar 2021 was dit $103.82 xR14.79 = R1535/ton en wins R66.34. Teen die huidige aandeelprys van R275.37 en Rand R18.18/$ word 'n steenkool prys laer as $70 verwag. Die Richards Baai prys is nou $212.

Die yster erts teen $82/ton prys vorm 'n kop-en-skouers patroon, wat dit na -$59/ton (negatief) sou neem. Dit het na $40 geval in 2015, en herstel na 'n plato rondom $70. As gevolg van inflasie is die vlakke nou hoër, soos rondom $100.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 1 loadshedding will be implemented daily until Friday, while Stage 2 loadshedding will be implemented nightly until Friday" - Eskom, Twitter.

"Statement on Eskom Procurement Policies" - Twitter. 'n Onbekende rassis by Eskom reik 'n media verklaring uit. Die blanke minderheid, wie alles geskep het, subsidieer dienste vir die swartes, maar mag nie in die ekonomie werk nie. Die beleid het die ekonomie die afgelope 28 jaar vernietig.

"Medium-Term Budget Policy Statement; Unbundling of Transmission Division" - Eskom, Twitter. Eskom wil meer kapitaal van die regering hê "to undertake the much needed capital and investment programmes to ensure the stability and security of supply without relying on further Government bailouts." Vir die jaar Maart 2021 het Eskom R56B meer kapitaal van die regering ontvang (subsidie 29c/kWh), in 2020 R49B meer (24c/kWh), in 2019 R63.3B meer geleen en R23B van die regering ontvang.

"Gugulethu roads and sewer upgrade project coming along nicely." - Twitter. Die DA skuif die Suid Afrika se probleme van een deel van die land na 'n ander, sonder om enigiets op te los.

Die 95 oktaan petrol prys inflasie vir Nov is 2222c/1882c = +18% by die kus, en 2287c/1954c = +17% binnelands. Die Rand Brent olie prys is +32% duurder as 'n jaar gelede.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.aandele.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2022