Web Joernaal
Let wel: Die webblad word teen spoed gedoen, en bevat waarskynlik foute.



Maandag 31 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Astoria Investments (ARA) resultate: Sep22. Min handel.

Adcorp (ADR) resultate: Aug22, Aug22. Min handel.

Balwin Properties (BWN) se inkomste vir die 6m tot Aug was +21% hoër, en wVPA 36.61c teenoor 24.91c laasjaar (39.30c drie jaar gelede): Aug22, Aug22. Die prys/verdienste is 257c/~2x36.61c = 3.5. Die 6m dividend is 9.9c. Die aandeelprys was 389c, 420c en 297c die vorige drie jaar. Min handel.

MTN (MTN) Nigerië resultate: senspdf.

Woolworths (WHL) Junie afdelings bruto wins marge: mode R6384M/R13,502M = 47%, voedsel R9398M/R39,240M = 24%, David Jones R5961M/R14,705M = 41%, Country Road R7143M/R11,983M = 60%. Die grootste verkope is voedsel, en het die kleinste marge. Voedsel verkope het net 4.0% gestyg, en wins net 1.6%. Die verstelde wins per aandeel vir die jaar tot Junie van 374.9c is laer as die 416.4c vir 2015.

Verbruikers word arm weens inflasie wat opgeskiet het. Volume is waarskynlik laer by alle kleinhandelaars, en hulle jaag pryse op om winsgewend te bly.

TC|Daily | Vumatel’s audacious plan to take fibre to everyone TechCentral. Vumatel word besit deur Community Investment Ventures, waarin Remgro en Vodacom aandele het. Daar is baie vesel verskaffers. Die grootste gebruikers is dalk alreeds bedien.

"Sources: CITIC-led group is in talks to buy all #Tencent shares from #Naspers." - Twitter. Met die Tencent prys wat na 2016 vlakke getuimel het, is dit goedkoop.

Prosus besit 28.9% van Tencent, wat 'n mark kapitalisasie van HK$1.98T het, dus die aandeel is R1.33T werd. Prosus se mark kapitalisasie is R1.60T, wat alreeds meer is as die Tencent aandeel. Tencent het vir die jaar tot Maart 124% van Prosus se handels wins verskaf. Daarsonder sal hulle 'n verlies maak. Sal Prosus en Naspers ooit 'n wins maak uit die ander besighede?

Op die internet - Suid Afrika

Court orders Tshwane metro to refund thousands of ratepayers - Moneyweb. Dit het 'n hooggeregshof beslissing vereis.


Sondag 30 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 2 loadshedding will be implemented from 05:00 on Monday until 05:00 on Tuesday. Stage 2 loadshedding will then be implemented during evening peaks on Tuesday and Wednesday." - Eskom, Twitter.

"National Treasury’s data about registered taxpayers and taxable income revealed that only 2 million South Africans pay 80% of all personal income tax." - Twitter. En 90% van die belasting word uitgedeel as gratis voordele of rente op skuld. In plaas van geld uit die ekonomie onttrek om gratis uit te deel, moet mense werk daarvoor.

"The loadshedding is a lot! More this year than 2019, 2020 and 2021 combined!" - Twitter.

"Gauteng premier wants Soweto's Eskom debt of close to R5bn written off" - Twitter. Dan moet almal wie vir elektrisiteit betaal het, hulle geld terugkry.


Saterdag 29 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Under the current DA government 3005 households are receiving free basic services" - Twitter. Daar was 37,943 huishoudings in die 2016 sensus. Die res moet 8.6% meer betaal, sodat die DA meer stemme kan werf. Die gratis dienste van die ANC en DA vernietig die ekonomie.

"Pres. Ramaphosa’s anti-corruption plan in South Africa is all for the SHOW. Ramaphosa even refuses to suspend his own ministers accused of corruption. In Prof. Wiliam Gumede’s words: “It’s so unserious, it’s almost a joke.”" - Steve Hanke, Twitter. Selfs die New York Times dek nou die ANC korrupsie.


Vrydag 28 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Finbond (FGL) resultate: Aug22. Baie min handel.

Renergen (REN) (A2X:REN) resultate: Aug22.

Industrials REIT (MLI) voorheen Stenprop (STP) opdatering: senspdf.

Tencent (HK 0700) was -5.8% laer na HK$200.80, 'n nuwe laagtepunt sedert 2016. Wanneer die prys 'n bodem bereik kan dit 'n beleggings geleentheid skep.

Op die internet - Suid Afrika

"Due to lower weekend demand, loadshedding will be suspended at midnight. Stage 2 loadshedding will again be implemented on Monday" - Eskom, Twitter.

Volgens die medium termyn begroting (tabel 1.2) het regering skuld 11.1% toegeneem, inkomste +7.5%, en uitgawes +7.7%. Uitgawes word nie verminder om skuld terug te betaal nie.

"Eskom’s updated TDP 2022 is projecting a requirement of up to 53GW of renewable energy over the next 10 years" - Eskom. Dis R72.2B net vir die elektriese netwerk, wat elke huishouding R4000 sal kos, waarvan die meeste werkloos is. Eskom se kapasiteit is nou 46,466MW waarvan die helfte buite werking is.

Van 23 Sep 2022: Unpacking South Africa’s renewable energy project - Mail & Guardian. Van 2011 tot 2015 was deur onafhanklike kragprodusente (OKP) R193B belê vir 6.328GW. Dus 53GW sal na verhouding R1616B kos, wat R95,000 per huishouding is. Eskom het vir die jaar tot Maart 2021 13,526GWh van OKP gekry, wat net 1.54GW voltydse kapasiteit is, teenoor die 6.328GW tenders van 2011-2015.

.... Die artikel sê die prys van elektrisiteit vir die projekte is R0.47394/kWh. Eskom het tot Maart 2021 R2.178/kWh vir hernubare krag betaal, en R3.579/kWh vir elektrisiteit van gas turbines wat op diesel loop. Die prys van diesel is nou dubbel. Dis dalk een van die redes waarom die jaarverslag vir Maart 2022 nog nie vrygestel was nie.


Donderdag 27 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Astral (ARL) verwag vir die jaar tot Sep 'n wVPA van 2677c tot 2799c teenoor 1228c laasjaar (3708c in 2018): senspdf. "Accordingly, the level of earnings the Group expects during the first half of 2023 financial year, is likely to be considerably down against the prior comparative period."

Tongaat Hulett (TON) besigheids redding: senspdf. Met die laaste resultate van Sep 2021 was verkope R125.9 per aandeel. Die laaste aandeel prys was R4.04.

Anheuser-Busch InBev (ANH) derde kwartaal tot Junie inkomste +12.1% hoër, en 3m normVPA $0.81 teenoor $0.50 laasjaar ($1.22 drie jaar gelede): Sep22, Sep22.

Anglo American (AGL) produksie: senspdf. Alles af behalwe steenkool en diamante (beide bestaan uit koolstof atome).

Afrimat (AFT) se inkomste vir die 6m tot Aug was +7.1% hoër, en vwVPA 246.8c teenoor 285.1c laasjaar (181.4c en 180.3c vorige twee jaar): Aug22, Aug22. Die prys/verdienste is R45.61/~(2x 246.8c) = 9.2. Die aandeel prys was R48.33, R34.75 en R31.93 die vorige drie jaar.

Op die internet - Suid Afrika

"Varying stages of loadshedding will be implemented until midnight on Sunday" - Eskom, Twitter.

Die medium termyn begroting van gister:
Eskom notes the announcement by the Minister of Finance - Senspdf. Absolute snert. Die publiek betaal vir Eskom se geld vermorsing, veral die wind en son energie.

Cabinet adopts DA policy to abolish cadre deployment – Leon Schreiber - Politicsweb. Dit sal waarskynlik geen verskil maak nie, net soos Eskom se kragonderbrekings nie ophou nie. Daar is min kundige jong blankes oor in die land.

Ekonome en die ANC bewind berig ekonomiese groei wat niks met die werklikheid te doen het nie. Geen statistiek wat die ANC produseer is betroubaar nie. Al ekonomiese maatstaf wat nie verdoesel kan word nie is die Rand wisselkoers. Suid Afrika se nominale ekonomiese groei (blou) is meestal onder die groei in VSA geld voorraad wat nominale inflasie in Suid Afrika verteenwoordig (rooi), wat 'n krimpende ekonomie beteken. Daarvolgens het die ekonomie in die tweede kwartaal -11.8% gekrimp. Al wat gestyg het, is inflasie, wat gesien kan word aan die swak Rand. Dat die ekonomie verswak is duidelik uit die verval wat ooral gesien kan word.




Die twee grafieke het naby mekaar gebly tot 1997 (reële ekonomiese groei = 0%), en daarna geskei, behalwe vir 'n raakpunt in 2011 weens 'n hoë platinum prys. Die ekonomiese verswakking was -5.4% per jaar sedert 2011, en -2.4% per jaar sedert 1997.





Woensdag 26 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

EOH (EOH) se inkomste vir die jaar tot Jul was -12.3% of -6.8% laer (-21%, -26% en -28% vorige drie jaar), en vwVPA 'n -18c verlies teenoor -22c laasjaar: Jul22, Jul22. Die aandeelprys is 440c teenoor 803c teenoor 'n jaar gelede. Die hoof uitvoerende beampte krimp die besigheid weg na niks.

Mix Telematics (MIX) handels verklaring: senspdf. Geen handel.

Zeder Investments (ZED) spesiale dividend: senspdf.

Renergen (REN) (ASX:RLT) aanleg opdatering: senspdf.

Bytes Technology (BYI) se inkomste vir 6m tot Aug was +27.9% hoër in £, en vwVPA 8.74p teenoor 7.54p laasjaar: Aug22, Aug22. Die prys/verdienste is R85.33/(6.18p + 8.74p) xR20.89) = 27. Min handel.

Famous Brands (FBR) se inkomste vir die 6m tot Aug was +19% hoër (dieselfde as drie jaar gelede), en die vwVPA 214c teenoor 96c laasjaar (187c vier jaar gelede): Aug22, Aug22. Die prys/verdienste is R52.99/~2x214c ~12. Min handel.

Tencent (HK 0700) se aandeel prys het in die oggend +3.6% gestyg na HK$215.60.

Op die internet - Suid Afrika

"Mr President, Rashied Snoek sells fish from a bakkie on Klipfontein road." - Twitter.

South Africa REFUSES to seize Putin ally’s superyacht, saying the country has ‘no reason’ to comply with Western sanctions - Daily Mail.

Dis al lankal duidelik dat die probleme by Eskom nie opgelos word nie.

Spoorlyne word herstel op belasting betalers se onkoste: Prasa announces introduction of new electrical motor trains in Gauteng - EWN: "A number of lines were damaged by vandalism and theft, but Prasa said it's making steady progress with its repairs."

Van 19 Sep: Metrorail's witdrawal of services in Malmesbury a major setback - Mitcell - EWN.


Dinsdag 25 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Foschini (TFG) handels opdatering: senspdf.

Zeder Investments (ZED) spesiale dividend: senspdf.

Jubilee Metals PLC (JBL) resultate: Jun22.

Tencent (HK 0700) is in die oggend +2.2% hoër na HK$210.80.

Op die internet - Suid Afrika

Post Office contributes to R3bn licensing fraud loss - Moneyweb.

"DA wins court case against the ANC's illegal takeover in Johannesburg. The High Court has declared the removal of Mayor Mpho Phalatse unlawful. This is a victory for the Rule of Law." - Twitter. Hoe lank sal dit hou?

Afriforum launches a comprehensive campaign against the expropriation bill - Afriforum. Die oorsprong van voedsel moes al vir dekades op verpakking aangedui gewees het, sodat die publiek kan sien wie die boere is.


Maandag 24 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Massmart (MSM) oorname deur Walmart: senspdf.

Raubex (RBX) word 25.006% deur die staats pensioen fonds besit: senspdf.

Gemfields (GML) voorheen Pallinghurst (PGL) opdatering: senspdf. Min handel.

Altron (AEL) se inkomste vir die 6m tot Aug was +30% of +21% hoër (-61% laasjaar), en vwVPA 34c teenoor 5c laasjaar (66c of 62c twee jaar gelede), waarvan voortgeset 41c teenoor 11c laasjaar (82c twee jaar gelede): Aug22, Aug22. Die prys/verdienste is R7.99/~2x34c ~12. Die aandeelprys was R11.02 en R21.90 die vorige twee jaar.

Gold Fields (GFI) koop van Yamana Gold: senspdf.

Dis-chem (DCP) verwag 6m wVPA van 69.7c tot 70.8c teenoor 48.7c laasjaar: senspdf.

Tencent (HK 0700) was in die oggend -8.3% laer na HK213.40. Die prys/verdienste is HK$213.40/~(4x RMB2.896 x HK$1.0806) = 17.

Naspers (NPN) se aandeelprys het vir jare gestyg tot 2021. Groei aandele is baie duur totdat hulle ophou groei. Enige maatskappy met buitelandse beleggings baat wel by die verswakkende Rand. Die aandeelprys het -17.4% laer gesluit op 'n prys/wins van R1711.35/$6.37xR18.42 = 14.6. Met so 'n groot val, is daar waarskynlik afgeleide posisies wat gesluit moes word. In Mei het dit tot R1427.19 getuimel.

In die VSA het Naspers na $18.36 geval gedurende die dag, naby die $17.48 in Mei. Die notering in die VSA en Prosus het net meer wisselvalligheid veroorsaak.

Op die internet - Suid Afrika

How much it costs to own a pizza shop like Debonairs, Andiccio, Roman’s, or Col’Cacchio - Business Insider SA. Taste Holdings het in 2014 hulle Scooter's Pizza en St Elmo's takke na Domino's Pizza verander, en in 2020 brankrot gespeel. Van 22 Aug 2022: Domino's Pizza has closed the last of its 29 remaining locations in Italy - Best Life Online. Van 17 Aug 2020: Pizza Hut to close up to 300 locations operated by bankrupt franchisee - CNBC.

Data worth millions of rands disappearing from two networks in South Africa - Mybroadband.


Sondag 23 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 4 loadshedding will be implemented from 12:00 on Sunday until 05:00 on Monday. Loadshedding will then vary between Stages 4 and 3 until Wednesday morning." - Eskom, Twitter.

Die prys van 'n wasmasjien het 13.5% per jaar gestyg oor 8 jaar, vir een vervaardiger en by een kleinhandelaar.


Vrydag 21 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Kap Industrial Holdings (KAP) naam verandering: senspdf.

Royal Bafokeng Platinum (RBP) kwartaal oorsig: senspdf.

Reinet Investments (RNI) netto bate waarde €31.77: senspdf.

Raubex (RBX) handels verklaring: senspdf. Gewoonlik min handel, baie gister.

Spear REIT (SEA) resultate: Aug22. Gewoonlik min handel, baie gister.

Op die internet - Suid Afrika

Die hele Kusile kragstasie is buite werking. Klaarblyklik beteken "Kusile" dagbreek, omdat dit elke dag breek.

Van 18 Okt 2022: Cheapest car from every brand in South Africa - TopAuto. Volgens die internet word die Toyota Agya 1.0 (R196,100) in Indonesië vervaardig. Die Suzuki S-Presso 1.0 GL (R156,900) word in Indië vervaardig. Die Renault Kwid 1.0 Life (R177,999) word in Indië of Brasilië vervaardig. Die bevolking subsidieer plaaslike motor vervaardigers, maar die goedkoopste motors word ingevoer ten spyte van 25-40% invoer heffings.

"Every adult should be presumed competent to drive. Only when the authorities have a good reason to suppose a given person is not competent, should they subject them to a licencing process. The current approach is just a moneymaking and control racket." Twitter. Voor die fokken ANC was 'n bestuurs lisensie lewenslank geldig.


Donderdag 20 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Santova (SNV) handels verklaring: senspdf.

Coronation Fund Managers (CML) bates onder bestuur R574B: senspdf. Teenoor R633.83B Sep 2021.

Brikor (BIK) omsigtigheid: senspdf.

Clicks (CLS) se inkomste vir die jaar tot Aug was +6.3% hoër (+9.3% en +9.6% vorige twee jaar), en die vwVPA 1032.7c teenoor 773.6c laasjaar (754.3c en 672.2c vorige twee jaar): Aug22, Aug22. Die prys/verdienste is R297.76/1032.7c = 29, en dividend opbrengs is (180c + 457c)/R297.76 -20% = 1.7%. Die aandeelprys was R278.10, R223.03 en R239.00 die vorige drie jaar.

Sasol (SOL) produksie: senspdf.

Tencent (HK 0700) se aandeelprys is HK$234, op 'n dalende patroon. Dit was laas op die vlak in April 2017. Die spits was HK$757 in Feb 2021. Naspers en Prosus kon aandele teen 'n baie beter prys verkoop het.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 3 loadshedding will continue to be implemented until further notice" - Eskom, Twitter. Die kragonderbrekings is 'n vertoning van die ANC se totale onvermoë om 'n moderne beskawing te bedryf, nadat hulle vir dekades gekerm het oor die lyding onder apartheid.

"Stage 3 loadshedding will be implemented until 05:00 on Friday morning. Stage 3 and 2 loadshedding will again be implemented continuously from 16:00 on Friday until 05:00 Monday morning." - Eskom, Twitter.

"Due to the failure of 2 units at Kendal Power Station and a unit each at Kriel and Arnot power stations, Stage 3 loadshedding has been extended from 05:00 today until further notice." - Eskom, Twitter.

Die Reserwe Bank het beslag gelê op die eiendom van die voormalige hoof uitvoerende beampte van Steinhoff Markus Jooste. Watter valuta beheer regulasies hy oortree het, is onbekend. Daar was geen optrede weens die VSA dollars wat die staats president Ramaphosa besit het nie.

"Economist Bonke Dumisa says urban decay in eThekwini is becoming increasingly apparent and must be addressed. He says officials are not doing their jobs." - Twitter. Noudat die naam verander is, weet niemand waar dit is nie, en gee nie 'n bloue duit om nie.

"The mass exodus of skilled tax-payers continues while a dependent majority, corrupt politicians, and terrible policies sink the South African ship. The taxpayers left behind are forced to fund national healthcare, basic income, and social welfare grants. It won't end well." - Twitter.


Woensdag 19 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Volgens Telkom (TKG) se kwartaal opdatering tot Junie was mobiele intekenaars +7.8% meer, en aantal huise aan glasvesel verbind +35.2% meer. Inkomste was net +3.2% meer (Vodacom +5.2%, MTN +12.5%), en bruto wins -15.2% laer. Die telekommunikasie mark is baie mededingend, wat die prys van dienste en inkomste afhou. Dit gaan nou oor wie die meeste glasvesel kliente versamel. Vodacom en MTN met min glasvesel kliente se toekoms lyk nie goed nie, en prys hulself uit die mark om winsgewend te bly. Die hoë spoed van 5G beteken niks, want kliente betaal per GB, terwyl glasvesel onbeperk is.

Adcorp (ADR) handels verklaring: senspdf. Geen handel.

Telkom (TKG) oorname deur MTN teruggetrek: senspdf.

Van 20 Aug: Vodacom and MTN’s massive fibre deals compared - Mybroadband. "Openserve had passed over 890,000 homes with fibre, with 414,847 homes connected, closing in on Vodacom’s 1.5 million homes passed and 450 000 homes passed." MTN het Telkom meer nodig, as wat Telkom MTN nodig het. Vodacom besit 30% van Community Investment Ventures Holdings (CIVH), wat hulle vesel intekenaars na verhouding 135,000 maak. Hulle kan die aandeel na 40% verhoog.

Quilter PLC (QLT) handels verklaring: senspdf.

DRD Gold (DRD) opdatering: senspdf.

Standard bank (SBK) opdatering: senspdf.

BHP Group (BHG) bedryfs oorsig: senspdf.

Suid Afrika se kleinhandel verkope het in Aug 8.4% gestyg of reël 2.0% (Statssa). Dis gebaseer op 'n vals inflasie koers. Aug se geld voorraad groei was 8.15%. Volgens die Rand wisselkoers was inflasie hoër as dit as gevolg van stygende belasting en ander misdaad.

Op die internet - Suid Afrika

"(1/2) As previously communicated, Stage 3 loadshedding will be implemented at 16:00 on Wednesday and Thursday. In order to replenish the dam levels at the pumped storage stations, this load shedding will be extended until 05:00 (previously midnight). (2/2) Similarly, Stage 2 loadshedding will be implemented at 16:00 on Friday and continue until 05:00 on Saturday. Eskom will publish a further update on Friday afternoon." - Eskom, Twitter.

Die ANC se "water oorlog kamer" is waar politici op mekaar skiet met waterpistole.

"Special Investigating Unit head Andy Mothibi has told Parliament that they have uncovered massive organised crime at Eskom. He says Eskom officials have developed sophisticated methods of hiding their involvement in companies that do business with the entity.": senspdf.

Big changes for TV Licences are coming – as millions of South Africans refuse to pay - BusinessTech. 'n Minderheid wie nie na SAUK kyk nie betaal daarvoor.

How much more it costs you to make bacon and eggs for breakfast in South Africa: Index - BusinessTech. "It costs 12.1% more to fry up a traditional farmhouse breakfast in South Africa compared to a year ago"


Dinsdag 18 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Combined Motor Hold (CMH) se inkomste vir die 6m tot Aug was +11.7% hoër, vwVPA 294c teenoor 200c laasjaar: Aug22, Aug22. Die jaar verkope per aandeel is ~ 2xR82.18 ~ R164, en netto wins marge 3.5%. Die jaar dividend opbrengs is (225c + 168c)/R28.40 -20% = 11%. Die aandeel prys is R28.40 teenoor R27.50 en R13.85 die vorige twee jaar.

Insimbi Industrial (ISB) resultate: Aug22.

Ninety One (N91), ontbondel uit Investec, bates onder bestuur: Sep22.

Pick n Pay (PIK) se inkomste vir die 6m tot Aug was +11.5% hoër (+1.8% en +2.3% vorige twee jaar), en vwVPA 97.62c teenoor 60.91c laasjaar (90.61c drie jaar gelede, meeste wins in tweede helfte): Aug22, Aug22. Die prys/verdienste is R64.55/(200.74c+97.62c) = 22, en 12m dividend opbrengs (185.35c + 44.85c)/R64.55 -20% = 2.9%. Die aandeelprys was R59.41, R53.22 en R61.50 die vorige drie jaar.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 4 loadshedding will continue to be implemented until midnight, thereafter Stage 2 will be implemented until 05:00 on Wednesday" - Eskom, Twitter.

"Stage 4 loadshedding was implemented at 05:30 due to breakdowns of five generators at five power stations overnight. The loadshedding will be implemented until further notice." - Eskom, Twitter.

Van 16 Okt: South Africa and Saudi Arabia cements relations as President Ramaphosa concludes State Visit - Presidency. "thus far one billion dollars has been invested in South Africa through a company called ACWA Power". Die bevolking betaal ten duurste vir die "belegging". Die R18B is minimaal teenoor die R1540B netto kapitaal uitvloei. Die ANC neem alles oor wat die blankes geskep het, en probeer elke laaste sent belasting te kry uit diegene wie nog oor.

"The report by the International Atomic Energy Agency review mission to Koeberg reveals a life extension project that is in crisis. We recommend that government supports our call for IAEA expertise to bring the Koeberg life extension project back on track." - DA, Twitter.

"President Ramaphosa is using the Air Force as an ANC taxi service, as he used a SANDF helicopter to attend ANC branch meetings. We are writing to the Public Protector to report the misuse of State resources by Ramaphosa for party political purposes." - DA, Twitter. Asof die ANC enige begrip het van wette.

South Africa’s only driver’s licence card printing machine breaks again - Mybroadband.

South Africa will reveal plan to shut down 10 Eskom power plants at COP27 - Mybroadband. Grap van die dag. "Creecy is a native of Johannesburg. She attended the University of the Witwatersrand and obtained an Honours degree in Political Science. Later on, she completed a master's degree in Public Policy and Management with the University of London." (Wikipedia). Sy weet fokol van krag opwekking.

"Abuse of public funds for perks for elected officials is wrong whether it’s a @MYANC or @Our_DA govt. WC Premier @alanwinde lives *rent free* in a R177m official residence & pays for no Municipal Services which cost R1.4million in 2020/21." - Twitter.

"This is a once prosperous wine/grape farm, after the ANC government expropriated it" - Twitter. Al wat vir die ANC saak maak is dat blankes dit nie meer besit nie.


Maandag 17 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Labat Africa (LAB) resultate: Mei22.

Calgro M3 (CGR) resultate: Aug22. Min handel.

Murray & Roberts (MUR) verwag verlies: senspdf.

Mpact (MPT) Caxton aanbod: senspdf. Min handel.

Op die internet - Suid Afrika

Remove BEE requirements for property practitioners - Sakeliga. "The amended Property Practitioners Act obliges all property practitioners to obtain a BEE certificate as a prerequisite to being allowed to practice."


Sondag 16 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 2 loadshedding will be suspended at midnight, then be implemented daily at 16:00 – 00:00 Monday - Wednesday" - Eskom, Twitter.

Takealot says competition watchdog made “defamatory” findings based on “weak” evidence - Mybroadband. Nie een van die regerings agentskappe werk nie. Icasa hou nie toesig oor die diens wat selfoon netwerke verskaf nie.


Saterdag 15 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Breakdowns of four generating units have forced the implementation of Stage 2 loadshedding from 14:00 on Saturday." - Eskom, Twitter. Hoe lank voor die bestuur vervang word?

"Dams full, but Gauteng ran out of water with first proper water shedding in decades. What's going on? Sounds like infrastructure & reticulation neglect to me..." - Twitter.


Vrydag 14 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Mondi (MNP) opdatering: senspdf.

"Ivan Saltzman CEO van Dischem het aan bestuur harde rasbrief geskryf. Daar is te veel wittes en geen wittes mag aangestel of bevorder word nie. Solidariteit het regsbrief geskryf. Brief is eg, maar hul het teruggetrek. Hoe op dees aarde is daar in eerste plek so brief geskryf?" - Twitter. Die blankes het 'n ekonomie geskep om dienste aan ander blankes te verskaf. As die blankes nie meer in diens geneem word, verdwyn die kliente omdat hulle nie werk kan kry in die land nie, en die besigheid.

Op die internet - Suid Afrika

"Due to lower weekend demand, loadshedding will be suspended at midnight on Friday." - Eskom, Twitter.

"Worsening water consumption #RandWater" - Twitter. Suid Afrika word eenvoudig soos die res van Afrika wat mense vir meer as 'n eeu verwag het.

"In reply to a question from the DA, the Minister of Social Development, Lindiwe Zulu, revealed that more than R536 million has been stolen from the South African Social Security Agency (SASSA) over the past decade." - Twitter. Daar is geen verskil tussen die diefstal, en die geld wat die regering van belastingbetalers steel, en onder hulle volgelinge uitdeel nie.

"With a budget of R3.5 billion for Metro Police to keep residents safe, 47 IPPs appointed to help end #loadshedding, and 10 000 work opportunities to be created - service delivery is being restored in the City of Ekurhuleni. Mayor Tania Campbell is getting things done." - Twitter. Sodra voorspoed in een deel van die land geskep word, is daar 'n invloei van ANC ondersteuners.


Donderdag 13 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Die Rand trek al by R18.44/$ en R20.66/£. Hoe swak sal die Rand wees oor nog 28 jaar? Die belasting bronne droog op, en meer geld sal gedruk word.

PSG Konsult (KST) resultate: Feb22. Gewoonlik min handel.

Afrimat (AFT) handels verklaring: senspdf.

Grindrod Shipping (GSH) transaksie: senspdf. Min handel.

Remgro (REM) weer uitkeer van Grindrod: senspdf.

Grindrod (GND) handels opdatering: senspdf.

Karooooo (KRO) was Cartrack (CTK), resultate: Aug22.

Gister: Sappi (SAP) 20.078% van aandele word deur die staats pensioens fonds besit (senspdf). 14 Junie: Allan Gray kliente besit 15.0167% (senspdf). 9 Junie: staats pensoen fonds besit 20.011% (senspdf). 21 April: staats pensoen fonds besit 20.168% (senspdf).

Op die internet - Suid Afrika

"DA results in last 5 by-elections" - Twitter. Net soos wat die ANC met die Poskantoor en Eskom gedoen het, wag kiesers tot dit te laat is voor hulle 'n ander regering kies. Te veel mense het alreeds die land verlaat, en vervalle dorpe versaak.

"The PIC has not disclosed its investments as required by the PIC Amendment Act. It says investments will be disclosed only after its clients have done so." - Twitter. Hulle is verhewe bo die wet.


Woensdag 12 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Zeder Investments (ZED) netto bate waarde R2.69: Aug22, teenoor 'n aandeelprys van R1.85.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 2 loadshedding will continue to be implemented on Wednesday and Thursday at 16:00 –00:00 and be reduced to Stage 1 on Friday" - Eskom, Twitter.

"The Auditor-General says it cannot confirm if the embattled SA Post Office, which has been hit by years of qualified audits and poor financial performance, will remain a going concern for the foreseeable future." - Twitter.

"More footage from the massive power outage in Durban after an explosion at Klaarwater substation. This is not going to be resolved quickly. 50% of the city is without electricity." - Twitter. Eskom moet gedurig transformators vervang.

"Just in: Ramaphosa’s national government (R4.1b) and 8 ANC-run provinces (R4.8b) owe businesses nearly R9 billion in unpaid invoices. Already crippled by 10 hours of daily power cuts, the ANC is kicking small businesses while they’re down. DA-led Western Cape owes exactly R0.00." - Twitter.

"News24.com: Nuclear coupled with renewables is ideal for SA, says Mantashe" - Twitter. 'n Kern krag sentrale neem meer as 12 uur om aan geskakel te word. Terwyl wind en son gebruik word, sal die reaktor die hele tyd warm gehou moet word, sodat krag onmiddelik beskikbaar is, 'n totale vermorsing van geld. 'n Kern krag sentrale het 'n doeltreffendheid van 35%, wat beteken 'n deel van die 65% sal vermors word wanneer die krag nie gebruik word nie.

Eskom is beyond saving — and we already know how it will end - Mybroadband. Eskom gaan elektrisiteit so duur maak dat al meer verbruikers hulle eie krag sal opwek.


Dinsdag 11 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Datatec (DTC) handels verklaring: senspdf.

Datatec (DTC) dividend: senspdf.

Tharisa PLC (THA) produksie: senspdf. Min handel.

Afrocentric Investment Corp (ACT) aanbod van Sanlam: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

"How I long for enough water - that is, any water - in order to be able to play my part as a good citizen and practice stage 2 water restrictions. Imagine actually having water to cut back on? That is the dream." - Twitter: "We are currently working with all relevant stakeholders". Net solank die water projekte "inklusief" is.


Maandag 10 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Altron (AEL) handels verklaring: senspdf.

Famous Brands (FBR) handels verklaring: senspdf.

Sirius Real Estate (SRE) opdatering: senspdf.

Thungela (TGA) aandeel verhandeling deur direkteure: senspdf.

Kumba (KIO) staking by Transnet: senspdf.

Sappi (SAP) vooruitsigte vir die vierde kwartaal: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Suid Afrika se uitvoere was 31% van die ekonomiese uitset in die tweede kwartaal. Dit is dubbel wat dit was in 1994. Die land word al meer afhanklik van uitvoere weens die verswakkende plaaslike ekonomie onder die ANC bewind. In die 1980s was dit goud uitvoere (Wikipedia).




Ekonomiese uitset (per kwartaal) relatief tot geld voorraad as nominale inflasie (rooi) het gedaal sedert 1994, terwyl uitvoere naastenby dieselfde gebly het (blou). Die krimpende ekonomie beteken die publiek word al armer, maar hulle hou aan stem vir dieselfde politieke stelsel.





Sondag 9 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 2 loadshedding will be implemented daily at 16:00 – 00:00 Monday to Wednesday" - Eskom, Twitter.

South Africa May Soon Take Land Without Compensation - Zero Hedge. Blanke boere besit 21.9% van die grond, en maatskappye 19.0% (Land Audit Report). Die syfers in laasgenoemde verslag is onduidelik.

"The DA has exposed how Ramaphosa changed the Ministerial Handbook to force you to pay the water and electricity bills at 126 homes of ANC ministers and deputy ministers, even though these same ministers have robbed you of reliable electricity and water at your home." - Twitter. Dis die DA wat begin het om gratis dienste aan armes te bied, wat bygedra het die groot styging in munisipale tariewe vir die res.


Saterdag 8 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Day 6 of zero water. Day 25 of zero water during the day." - Twitter.

Eskom se gemiddelde salaris het van R289,000 per werker in 2007 na R769,000 gestyg in 2021. Dis 7.2% per jaar, wat naby die groei in M3 geld voorraad is van 7.8% per jaar, wat nominale inflasie verteenwoordig.


Vrydag 7 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Emira (EMI) aanbod vir Transcend: senspdf.

Mpact (MPT) Caxton aanbod: senspdf. Min handel.

Caxton discloses the Mpact secrets. Mpact is 'n openbare maatskappy op die beurs. Aandeelhouers behoort te weet wat aangaan.

Op die internet - Suid Afrika

"Loadshedding will be suspended at 05:00 on Saturday morning owing to lower weekend demand and adequate emergency generation reserves." - Eskom, Twitter.

"R3bn wage bill + R1bn for 7% increases for 42 700 employees = average pay of R796 253 pp pa. This makes it difficult to understand why Eskom doesn't already have the skills it needs." - Twitter.

Die grafieke van 19 Sep (onder) wys hoe Eskom se tariewe skerp gestyg het vandat elektrisiteits verkope in 2008 opgehou styg het, en stadig begin daal het. Daar is 'n aantal redes vir die styging in tariewe. Soos wat meer sonpanele gebruik word, moet Eskom se tariewe styg om dieselfde kapasiteit vir bewolkte dae te handhaaf. Die koste van elektrisiteit word opgejaag vir die arm verbruikers wie nie sonpanele kan bekostig nie. Ten spyte daarvan bevorder Eskom, munisipaliteite, en die media die gebruik van sonpanele.

Nog 'n rede vir die styging in tariewe is Onafhanklike Krag Produsente (OKP). Vir die jaar tot Maart 2021 was Eskom se primêre energie uitgawe 27% op onafhanklike krag wat 6% van die produksie gelewer het, teenoor 59% van die uitgawe op steenkool vir 85% van die produksie. Die regering en die media wil die gebruik van duur onafhanklike krag verder vergroot.

Tax man getting stricter with people working abroad - Moneyweb. Die skade wat aan die ekonomie gedoen word, is duisende kere groter as die bietjie belasting wat gevind word.

Sakeliga heads to court for urgent order to restore water services and force national government to intervene in Lichtenburg - Sakeliga.


Donderdag 6 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Caxton and CTP Publishers and Printers (CAT) Mpact samesmelting: senspdf.

Thungela (TGA) transnet staking: senspdf. Omdat niemand vervolg word vir misdaad nie, moet al meer sekuriteit gebruik word om bates te beskerm.

Zeder Investments (ZED) handels verklaring: senspdf.

Harmony (HAR) koop koper produksie: senspdf.

Life Healthcare (LHC) handels opdatering: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

Die 95 oktaan petrol prys inflasie vir Okt is 2171c/1761c = +23% by die kus, en 2236c/1833c = +22% binnelands. Die Rand Brent olie prys was gister +34% duurder as 'n jaar gelede.

"No electricity or water in the city, barely a mayor, but WAIT, don’t worry, have some street name changes" - Twitter. Hulle ontbreek die bekwaamheid om elektrisiteit en water te lewer nie. Om plekname te verander is al wat binne hulle vermoë is.


Woensdag 5 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Equites Property Fund (EQU) se 6m tot Aug inkomste was +33.4% hoër, huur uitkering 81.58c teenoor 78.37854c laasjaar, en 'n opbrengs van ~2x 81.58c/R16.12 ~10.1%: Aug22, Aug22. Die aandeelprys was R20.40, R17.50 en R21.29 die vorige drie jaar.

Jasco Electronics (JSC) resultate: Jun22. Min handel.

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 4 loadshedding will continue to be implemented until 05:00 on Thursday morning and will then be reduced to Stage 3 until 05:00 on Saturday morning" - Eskom, Twitter.

"Breaking: The Gauteng High Court has ordered the bankrupt ANC to pay the DA’s costs for today’s cadre deployment hearing. The ANC has 10 days to file papers that they have delayed filing for the past 11 months. If they fail again, their opposition is struck down." - Twitter.


Dinsdag 4 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Aveng (AEG) verkoop Trident Steel: senspdf.

Anglo American (AGL) hernubare energie: senspdf. Dis dieselfde maatskappy wat van Thungela ontslae geraak het net voor die steenkool prys opgeskiet het. Die hernubare energie lewer baie duur elektrisiteit omdat kapasiteit verdubbel moet word met gasturbines vir die 75% van die tyd wanneer wind en son nie beskikbaar is nie, of duur batterye moet gebruik word.

Op die internet - Suid Afrika

"(1/2) A generation unit each at Kendal and Lethabo power stations have just tripped. This necessitates the immediate escalation of loadshedding to Stage 4 at 18:00." - Eskom, Twitter. Die nuwe regstellende aksie raad gaan niks bereik nie.

Hoe duur gaan elektrisiteit word weens "hernubare" energie, basies diesel met 'n bietjie wind en sonkrag? Eskom electricity prices – 1994 to 2020 - Mybroadband. Van 1994 tot 2004 het Eskom se prys 4.5% per jaar gestyg. Van 2008 tot 2020 het dit 13.1% per jaar gestyg. Vir 2020-21 was die inkomste per kWh 9.0% hoër. Vir 2021-22 was tariewe 15.06% hoër (Eskom). Teen 15% per jaar, sal dit 4x duurder wees oor tien jaar.

"Stage 2 water shedding" (Rand Water) - Twitter.

As paaie en die lugdiens soos die spoorweë onbruikbaar word, sal mense na ossewaens moet terugkeer.

Regerings skuld relatief tot ekonomiese uitset (bruto binnelandse produk) is die hoogste sedert ten minste 1971. Die skuld was nie gebruik vir kapitale projekte wat betaal kon word met inkomste uit die projekte nie, maar omdat Zuma-Ramaphosa aanhou geld uitdeel.





Maandag 3 Okt 2022

Aandele - Suid Afrika

Pick n Pay (PIK) verwag 6m vwVPA 94.41c tot 100.50c: senspdf.

Motus Holdings (MTH) koop besigheid: senspdf.

Op die internet - Suid Afrika

"We’ve unveiled a project that will see some residents volunteering to allow the City to turn off some appliances (like geysers) in exchange for compensation, when supply is strained" - senspdf. Dit word al lankal gedoen. Dis waarom alle geisers 'n skakelaar het wat deur die munisipaliteit beheer word. Dit wil voorkom of die burgemeester van Kaapstad uit die buitenste ruimte kom. Welkom op planeet aarde.

"In Cape Town, we currently have a pilot progamme running that will see us paying commercial users cash for their excess solar power. We hope to expand this to residential users once this pilot is complete." - senspdf. Die gevolg is dat Eskom minder elektrisiteit verkoop, en tariewe moet opstoot om kapasiteit te handhaaf vir bewolkte dae.

Krediet graderings agentskappe beskou Suid Afrika se krediet as gemors, soos BB: Trading Economics. Die Verenigde Koninkryk se gradering is AA: Trading Economics. Die lande wat baie lae rentekoerse gehad het, en waarvan die reserve bank geld geskep het met kwantitatiewe verligting ("QE") het groter probleme as Suid Afrika. Suid Afrika se probleem is dat die ANC bewind aanhou geld uitdeel, terwyl die belasting betalers al minder word.

"Almost 600 000 teaching assistants employed as part of Ramaphosa's jobs plan" - Twitter. Teen R5000 per maand is dit nog R36 biljoen per jaar wat uit die ekonomie onttrek word, wat minder private sektor werk beteken. Alles wat die ANC die afgelope 28 jaar gedoen het, het net die ekonomie verswak.

Suid Afrika se amptelike ekonomiese uitset (bruto binnelande produk) gedeel deur die geldvoorraad as nominale inflasie toon 'n val sedert 1994. Die ANC bewind het die ekonomiese statistiek na die 2020 tuimeling verander om dit weer hoër te kry. Die ANC bewind het 'n klomp geld geleen sedert 2008 om vir al die gratis dienste te help betaal. In die toekoms sal meer geld gedruk word, en die ekonomie gaan die val voort sit.





Sondag 2 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

"Stage 3 loadshedding will continue to be implemented until 05:00 on Thursday morning as generation capacity remains constrained." - Eskom, Twitter.

How much it costs to buy a car-related franchise like Midas, InspectaCar, Supa Quick or Auto Magic - Business Insider SA.

The hopelessness of finding a job in South Africa – even if you have a degree - BusinessTech.


Saterdag 1 Okt 2022

Op die internet - Suid Afrika

The DA was in Nov 2021 in Johannesburg verkies, maar weer beheer verloor: Tshwane and Joburg state of the city addresses shows great progress made by DA in improving service delivery:

...."Through the city’s partnership with Dial Direct and Discovery Insure, 7524 potholes were filled in just 7 weeks". Hulle sal die slaggate weer moet oopmaak.

...."Through the Expanded Social Package (ESP), indigent residents will continue to benefit from free basic services, while the debt rehabilitation program has been reinstated to facilitate debt write-offs". Ander inwoners moet vir die DA se vrygewigheid betaal.

"Be part of the national drive to reduce electricity use and keep the power on! Implementing these small electricity savings tips can help us all." - Eskom, Twitter. 'n Elektrisiteits verskaffer wil verbruik verminder omdat hulle te pateties is op elektrisiteit op te wek.

Daar is steeds media wat dink private krag produsente gaan Eskom se probleme oplos. Skep twee verspreidings netwerke. Diegene wie steenkool krag wil gebruik kan R1.50/kWh betaal, en diegene wie son, wind en diesel wil gebruik kan R6/kWh betaal.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.aandele.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2022