Maandag 29 Februarie 2016
Op die internet - Suid Afrika
Claims on the domestic private sector fall in January - Business Day. "The rate of growth in SA’s broad M3 money supply slowed to 10.28% year on year in January from 10.47% year on year in December."
JSE aandele
Die JSE het plat geëindig, en die Rand het versterk na R15.84/$. Altron se aandeelprys was vandag +20.4% hoër. Daar was Vrydag 'n SENS dat Sanlam Investment Management 0.435% meer van Altron se aandele gekoop het, en nou 10.02% besit. Ander groot stygings: OneLogix +9.6%, ARM +9.5%, Implats +7.9%. Groot dalings: Argent -9.5%, Hulamin -7.5%, Barclays Africa -6.1% (Sonder Barclays bestuur, behoort Absa goed te vaar. Byvoorbeeld, tariewe sal nie verhoog word bloot sodat Barclays meer wins kan maak nie).
Steinhoff N.V. (SNH) se inkomste vir die 6m tot Des was 47% hoër in €, en die vwVPA +2% hoër na €0.169. Die prys/verdienste is R80.65/(E0.146+E0.160)xR16.93 = 15.6.
Metrofile (MFL) se inkomste vir die 6m tot Des was +11% hoër, of genormaliseerd +10% hoër. Die wVPA was +14% hoër, of genormaliseerd +13% hoër. Die prys/verdienste is 431c/(16.6c+17.7c) = 12.6.
Pinnacle (PNC) se inkomste vir die 6m tot Des was +19% hoër, en vwVPA +17% hoër na 94.1c. Die prys/verdienste is nou 1100c/(102.5c + 94.1c) = 5.6.
Afrox (AFX) se inkomste vir die jaar 2015 was -6.2% laer, en wVPA 139.2c teenoor 36.2c vir 2014. As die 2de helfte wins herhaal, is die prys/verdienste nou R15.45/(~2x101.8c) ~ 7.6. Die dividend opbrengs is 69c/R15.45 -15% = 3.8%
Bidvest (BVT) se omset vir die 6m tot Des was +9.6% hoër, en vwVPA +13.6% hoër na 996c. Die prys/verdienste is nou R360/(995c+996c) = 18. Die dividend opbrengs is (483c+482c)/R360 -15% = 2.3%.
Saterdag 27 Februarie 2016
Op die internet
Dilbert on investing - StockTwits.
Op die internet - Suid Afrika
This is the best beach in South Africa - BusinessTech.
Barclays to announce Absa sale: report - BusinessTech.
Vrydag 26 Februarie 2016
Op die internet
Billionaire Wang to Build $3.3 Billion French Theme Park - Bloomberg Business.
Op die internet - Suid Afrika
Students help themselves to 7,000 government tablets - BusinessTech.
Eskom to get its R5bn from Treasury - Business Day.
South Africans work almost five months of the calendar year to pay taxes - Business Day.
JSE aandele
Suid Afrika se mielie oes skatting vir die 2015/16 seisoen is 9.66 miljoen volgens die Nasionale Oes Skattings Komitee, teenoor 14.25m vir 2014/15 seisoen (Graan SA).
Intu Prop (ITU) se netto huur inkomste vir 2015 was +7.8% hoër (uitgereikte aandele was +7.2% hoër). Die dividend van 13.7p is dieselfde as verlede jaar, wat 'n opbrengs van 13.7p x R21.87/R62.70 = 4.8% is.
Northam (NHM) se verkoops inkomste vir die 6m tot Des was +5.4% hoër, en vwVPA 'n verlies van -66.3c.
Liberty Holding Ltd (LBH) se inkomste vir die jaar 2015 was -7.2% laer, en vwVPA +5% hoër na 1461c.
Donderdag 25 Februarie 2016
JSE aandele
Die JSE (JSE) maatskappy se inkomste vir die jaar 2015 was +20% hoër, en vwVPA +40% hoër na 1016c. Die prys/verdienste is nou R135/1016c = 13.3. Saam met die spesiale dividend, is die jaar se dividend opbrengs 625c/R135 -15% = 3.9%.
Mondi (MND, MNP) se inkomste vir die jaar 2015 was +7% hoër, en vwVPA +24% hoër na €1.231. Die prys/verdienste is nou R279.06/(€1.231 x R17.26) ~ 13.1. Die jaar se dividend opbrengs is (€0.52 x R17.26)/R279.06 -15% ~ 3.2%.
British American Tobacco (BTI) se netto inkomste vir die jaar 2015 was -6.2% laer in £ (+5.4% konstante wisselkoers), en vwVPA +24% hoër, of verstelde VPA dieselfde as 'n jaar gelede op 208.4p. Die prys/verdienste is nou R829.50/(208.4p x R21.82) ~ 18. Die jaar se dividend opbrengs is (154p x R21.82)/R829.50 -15% = 3.4%.
Discovery (DSY) se netto inkomste vir die 6m tot Des was +10% hoër, vwVPA -52% laer na 276.7c, of genormaliseerd dieselfde as 'n jaar gelede op 331.9c.
Anheuser-Busch InBev (ANB) se inkomste vir 2015 was +6.3% hoër in dollars, en vwVPA -13.7% laer na $4.78. Die prys/verdienste is nou R1757/($4.78 x R15.56) ~ 24. Die jaar se dividend opbrengs is (€3.60 x R17.14)/R1757 -15% ~ 3.0%.
Spurgroup (SUR) se inkomste vir die 6m tot Des was -5.4% laer, en vwVPA +67% hoër na 101.6c. Lae handel.
OneLogix (OLG) se inkomste vir die 6m tot Nov was +28% hoër, en vwVPA -18% laer na 16.4c (kern 19.6c). Lae handel.
Massmart (MSM) se inkomste vir die jaar 2015 was +8.4% hoër, en vwVPA +0.8% hoër na 508.8c (+7.3% voor wisselkoers), +14% hoër in die 2de helfte.
Grindrod (GND) se inkomste vir 205 was -27% laer, en vwVPA -31% laer na 74.1c. As die 2de helfte se VPA van 30.6c herhaal, is die prys/verdienste nou 900c/2x30.6c = 15.
Implats (IMP) se inkomste vir die 6m tot Des was +6.7% hoër, en vwVPA -20% laer na 53c.
Woensdag 24 Februarie 2016
Suid Afrika regering begroting 2015/2016
#Budget2016 – IRR’s sobering reality. FinMin undershot, stagflation likely outcome. - Biznews.
S.A's Budget not Enough to Prevent Downgrade to Junk - Analyst - CNBC Africa.
New Taxes for South Africans - CNBC Africa. "The headline (or gross) government debt/GDP ratio which is closely monitored by investors and rating agencies has increased to 51% from 49%."
Five tax hikes we expected - Moneyweb.
Die geskatte inkomste gaan op van R1091B vir 2014/15, na R1223B vir 2015/16, wat +12.1% hoër is. Die geskatte inkomste groei vir 2016/17 is +8.3%. Die groei in inkomste is hopeloos te groot vir ekonomiese groei. Geskatte uitgawes gaan op van R1243B vir 2014/15, na R1391B vir 2015/2016, wat +11.1% hoër is, ver bo inflasie. Die geskatte uitgawe groei vir 2016/17 is +6.0%.
Almal se belasting verhoog, lae en hoë inkomste groepe. Die belasting drempel (onder 65 jaar) is net 1.8% verhoog. Iemand wat R100,000 verdien het en R4743 belasting betaal het, sal nou na 'n 9% verhoging (die groei in die geld voorraad) R6120 belasting betaal, +29% meer. Iemand wat R200,000 verdien het en R24,191 belasting betaal het, sal nou R28,140 betaal, +16% meer. Ens.
Die rente inkomste wat vrygestel word van belasting het nie opgegaan nie. Hereregte op eiendom is nie aangepas vir inflasie nie. Die publiek gaan nog 'n ekstra 30c betaal vir brandstof vanaf 6 April 2016.
Die kapitaal wins belasting insluitings koers gaan op van 33% na 40% vir individue. Die maksimum effektiewe belasting koers op kapitaal wins het opgegaan van 13.65% na 16.4% vir individue, van 18.65% na 22.4% vir maatskappye, en van 27.31% na 32.8% vir trusts. Die vrygestelde drempel het van R30,000 na R40,000 verhoog ('n minimale bedrag).
Die gevolgtrekking is dat die begroting ekonomiese groei verder gaan onderdruk. Die minister van finansies het niks gedoen om krediet graderings te verbeter nie.
In die begrotingsrede het die minister gepraat oor die sukses van hulle hernubare energie inisiatiewe. Die duur bronne van elektrisiteit is een van die redes waarom tariewe so baie opgaan.
JSE aandele
Die Rand het verswak na R15.62, seker omdat die begroting geen vertroue inboesem nie. Goud aandele het baie opgegaan. Groot dalings: Eqstra -13.6% (prys/verkope nou R1.72/R23.8 Jun15), Taste -13.5%, Anglo -11.2%, Glencore -10.3%, Imperial -10.2%, Illovo -9.1%, BHP Billiton -7.8%. Die prys van die myn aandele gaan saam op en af, ten spyte die groot verskil in waardasies.
MTN het 50 biljoen Naira (R3.93b) aan die Nigeriese regering betaal as bydrae tot 'n skikking oor die boete van 780 biljoen Naira (dit maak net so min sin as MTN se volharding met die besigheid in Nigerië, wat duidelik nie 'n aantreklike land is om in besigheid te doen nie).
Murray & Roberts (MUR) se inkomste vir die 6m tot Des was -4% laer, en vwVPA +1% hoër.
Capital & Counties Prop (CCO) se netto bate waarde van 361p (x R21.35 ~R77) is hoër as die 311p van 'n jaar gelede, maar laer as die 432p van die vorige 6m. Die jaar se dividend van 1.5p (opbrengs ~0.46%) is dieselfde as verlede jaar. Die aandeel prys is nou R70.03.
Adcock Ingram (AIP) se inkomste vir die 6m tot Des was +1.5% of +6.8% hoër, en vwVPA +18.9% hoër, of +6.5% hoër op besigheid wat voortgeset was. As die voortgesette wins herhaal, sal die prys/verdienste R38.85/(2x 98.4c) = 19.7 wees.
Blue Label Telecoms (BLU) se inkomste vir die 6m tot Nov was +22% of +24% hoër, en vwVPA +26% hoër na 52.71c, of kern 53.80c. As dit herhaal is die prys/verdienste R12.00/2x53.8c = 11.
Standard Bank (SBK) verwag vir die jaar 2015 dat die vwVPA 1324.8c tot 1430.7c sal wees, +20% tot +30% hoër, of genormaliseerd 1271.8c tot 1377.7c. Dan sal die prys/verdienste R109.10/~R13.25 ~ 8.2 wees.
Op die internet - Suid Afrika
Five charts that show why this budget is so crucial - Moneyweb.
Dinsdag 23 Februarie 2016
Op die internet - Suid Afrika
The sun isn’t shining on casinos - Moneyweb.
JSE aandele
Die JSE het vandag -1.4% geval saam met Europese markte. Grootste stygings: Aspen +9.4%, Shoprite +4.4%, OneLogix +4.3%. Grootste dalings: Truworths -5.1%, BHP Billiton -4.7%, Standard Bank -4.6%.
Mustek (MST) se inkomste vir die 6m tot Des was -1.4% laer, of +10.1% hoër op die herverklaarde waarde. Die wVPA was -3.1% laer na 51.67c.
RCL Foods (RCL) se inkomste vir die 6m tot Des was +7.0% hoër, en die vwVPA +24% hoër na 87.2c. Baie min handel.
Aspen (APN) verwag vir die 6m tot Des 'n wesens VPA van 400.9c tot 428.0c, -21% tot -26% laer, genormaliseerd 635.7c tot 664.3c, +11% tot +16% hoër. As laasgenoemde herhaal, is die prys/verdienste omtrent R269.1/~R13 = 21.
Shoprite (SHP) se verkope vir die 6m tot Des was +8.8% hoër, en die vwVPA +8.9% hoër na 403c. As dit herhaal, is die prys/verdienste omtrent R148.41/2x403x ~18.
Hospitality A (HPA) se uitkering vir die 6m tot Des van 76.99552c (+5%) is 'n jaar opbrengs van 2x77c/1140c = 13.5%. Wanneer A en B saamgevoeg word, sal A se uitkering verdun word na 9.6%. Die B eenhede se 16.87478c uitkering is 'n jaar opbrengs van ~2x16.87/315c = 10.7%. Baie lae handel.
EOH (EOH) verwag vir die 6m tot Jan 'n wesens VPA van 348.1c tot 377.1c, wat +20% tot +30% hoër is. As dit herhaal, is die prys/verdienste omtrent R135.50/~2x363c = 18.7.
BHP cuts dividend for first time in 15 years on profit drop - Mineweb.
BHP Billiton (BIL) se inkomste vir die 6m tot Des was -49% laer, of -37% op herverklaarde waarde. Die vwVPA was 'n verlies van -$0.073. Die prys/verkope is omtrent R162.5/2x$2.84XR15.3 ~ 1.9 (vir jare het deskundiges gesê BHP Billiton se bates is meer aantreklik as die ander myners. Lyk nie so nie, en die prys/verkope is baie hoër).
Wilson Bayly Holmes-Ovcon (WBO) se inkomste vir die 6m tot Des was +6.9% hoër, en wVPA 17% hoër. As die voortgesette wVPA herhaal, is die prys/verdienste omtrent R131.10/2x645c = 10.2.
Curro (COH) se inkomste vir die jaar 2015 was +38% hoër, en die vwVPA +68% hoër.
Imperial (IPL) se inkomste vir die 6m tot Des was +6% hoër. vwVPA was +4.6% hoër, en kern VPA +6.1% hoër. Die dividend opbrengs is (445c+370c)/R130 -15% = 5.3%. Die maatskappy verwag enkel syfer inkomste groei en onveranderde bedryfs wins in voortgesette bedrywighede vir die jaar tot Junie 2016.
AECI (AFE) se inkomste vir die jaar 2015 was +9% hoër, en die vwVPA +8.8% hoër. Die prys/verdienste is nou 8650c/870c = 9.9. Die dividend opbrengs R3.85/8650c -15% = 3.8%.
Maandag 22 Februarie 2016
Op die internet
The world's debt is alarmingly high. But is it contagious? - Yahoo.
MWC: Phones lose grip on mobile - Electronics Weekly.
Op die internet - Suid Afrika
What’s a billion between friends? - Moneyweb. "Tshwane Council in dark about R1bn worth of irregular expenditure"
SA Tesla Powerwall installation planned - Mineweb. "installation would cost in the region of R200 000"
JSE aandele
Die Rand het vandag na R15.17 versterk. Grootste stygings: Glencore +7.8% na R27.81, Kumba +7.3% na R65.00, Cashbuild +6.9% na R294.99, Anglo +6.7% na R102.35, Billiton +5.9% na R169.99. Groot dalings: Comair -7.3%, Altron -6.5%, Hulamin -5.5%.
Cashbuild (CSB) verwag vir die 6m tot Des 'n vwVPA van 789.1c tot 828.6c, 0% tot +5% hoër. Sonder 'n SEB transaksie sou dit 1057c tot 1097c gewees het, +34% tot +39% hoër.
Metair (MTA) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA wat -17.49% tot -20.79% laer is (240c tot 250c).
Sun International (SUI) se inkomste vir die 6m tot Des was +10% hoër, en verdunde verstelde wesens VPA -19% laer na 332c.
Rolfes (RLF) se inkomste vir die 6m tot Des was +6.2% hoër, en wVPA +23% hoër. Lae handel.
Hulamin (HLM) se inkomste vir die jaar 2015 was +4.4% hoër, en vwVPA 36c (2014 110c), of genormaliseerd 54c (109c). Lae handel.
AngloGold new tech continuing to show ‘pleasing' progress - Mining Weekly.
AngloGold Ashanti (ANG) se inkomste vir die jaar 2015 was -22% laer in dollars, of -18% op herverklaarde inkomste. Die vwVPA vir 2015 was 'n verlies van -$0.18, en vir die 4de kwartaal 'n wins van $0.13. Die laaste kwartaal se VPA is 'n ekwivalente prys/verdienste van R170.37/(4x$0.13 xR15.17) ~22. Die prys/verkope vir die jaar is R170.37/~R154 ~1.1. Die wins marge vir die laaste kwartaal was $0.13/$2.58 = 5%.
Saterdag 20 Februarie 2016
Op die internet
25 stunning photos of Europe's best beaches, according to TripAdvisor users - Business Insider UK.
Op die internet - Suid Afrika
A case for nuclear - Moneyweb.
JSE aandele
Steinhoff counters Sainsbury with $2bn Home Retail bid - Moneyweb.
Vrydag 19 Februarie 2016
Op die internet
Opinion: Chilling ways the global economy echoes 1930s Great Depression era - Market Watch.
Samsung Galaxy S7 vs LG G5: MWC 2016 will be a clash of the Korean titans - The Verge.
Richard Branson Unveils New Spaceship - Virgin Galactic.
Brexit!? France & Germany Cannot Wait - Zerohedge.
Zimbabwe hydro power dam could stop producing electricity within six months - Business Day.
Op die internet - Suid Afrika
Rain needed in next 10 days to save maize crop - Business Day.
The ANC has turned SA into an idiocracy - Business Day.
JSE aandele
Transpaco; Tenova Pyromet - Business Day.
RCL Foods (RCL) verwag vir die 1ste 6m tot Des 'n wVPA van 80c tot 90c, +14.3% tot +28.6% hoër. Winste is wisselvallig, veral die 2de helfte. Lae handel.
Aveng (AEG) verwag vir die 6m tot Des 'n wVPA verlies van -55c tot -60c.
Assore (ASR) se inkomste vir die 6m tot Des was -20% laer, en vwVPA -25% na 715c. As dit herhaal, is die prys/verdienste R107.97/(2x715c) ~ 7.6. 'n Dividend van 200c word betaal (2014 300c).
Donderdag 18 Februarie 2016
JSE aandele
Die JSE was vandag -0.4% laer. Die Rand het versterk na R15.33/$.
MTN (MTN) verwag vir die jaar 2015 'n val in basiese wesens verdienste per aandeel van meer as 20%, die minimum persentasie wat 'n aankondiging vereis. Dit beteken minder as 1300c, wat die 2de helfte swakker maak as die eerste 6m se 651c.
Truworths (TRU) se inkomste vir die 6m tot Des was +35% hoër, en vwVPA +21% hoër na 403.8c. Die prys/verdienste is R96.56/(259.1c + 403.8c) = 14.6. Die dividend opbrengs is (169c + 270c)/R96.56 -15% = 3.9%
Grindrod verwag vir die jaar 2015 'n wVPA van 70c tot 75c, -30% tot -35% laer. Dan is die prys/verdienste rondom 955c/~73c.
City Lodge (CLH) se inkomste vir die 6m tot Des was +17% hoër, en die vwVPA +19%. As dit herhaal, is die prys/verdienste nou R138.89/(2x 452.4c) ~ 15.4, en dividend opbrengs 2x269c/R138.89 -15% = 3.3%.
Hulamin (HLM) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA van 36c tot 38c, -66% tot -68% laer. Genormaliseerd 50c to 53c. Lae handel.
Woensdag 17 Februarie 2016
Op die internet
Academy sues over Oscars gift bags - The Celebrity Cafe.
Op die internet - Suid Afrika
Leisure property: a buyer’s market - Moneyweb.
JSE aandele
Die JSE was vandag 1.3% hoër. Die Rand het na R15.46/$ versterk. Grootste stygings: Glencore +11.7%, Anglo +9.4%, Distell +8.5%, Zeder +7.0%, Kumba +6.9%, Assore +5.9%. Anglo se prys/verkope is nou R97.36/(2x$6.90xR15.46) = 0.46, en Kumba R62.00/(2xR48.7) = 0.64.
Is the new Anglo worth buying? - Mineweb. Comment posted on webpage: "Anglos recently names it Coal Operations as the best performer in the Anglo Stable, yet it sells this consistent cash cow".
Arrowhead (AWA, AWB) se uitkering van 20.03c vir die 3m tot Des is 'n jaar opbrengs van 4x20.03c/820c = 9.8%.
Distell (DST) se inkomste vir die 6m tot Des was +11% hoër, en vwVPA +17.6% hoër. Die prys/verdienste is R167.60/(204c+529.7c) = 23.
Emira (EMI) se uitkering van 70.34c (+8.8% hoër) vir die 6m tot Des is 'n jaar opbrengs van 2x70.34c/R16.04 = 8.8%. Die maatskappy verwag soortgelyke groei vir die jaar tot Junie.
Discovery (DSY) verwag vir die 6m tot Des 'n genormaliseerde wesens VPA van 335.9c tot 352.7c, wat 0% tot +5% hoër is.
Dinsdag 16 Februarie 2016
Op die internet
Opec oil production deal doesn't change anything - Bloomberg. Ons het dit alreeds geweet Saudi Arabië en Rusland kan niks doen nie. Dit is finansieële kanale soos Bloomberg wat 'n bohaai gemaak het oor niks.
JSE aandele
The new Anglo American - Mineweb.
Santam (SNT) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA van 1808c tot 1880c, +25% tot +30% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom R203/~1844c ~11.
Spur (SUR) verwag vir die 6m tot Des 'n vwVPA van 100.29c tot 103.3c, +64% tot +69% hoër, grootliks weens 'n SEB transaksie in die vorige tydperk. As dit herhaal is die prys/verdienste omtrent R29.30/~204c ~ 14. Lae handel.
Tiger Brands (TBS) het vir die 4m tot Jan +7% omset groei gehad op voortgesette bedrywighede. Met verbruikers onder aansienlike finansieële druk, was die invloed van die verswakkende rand en stygende sagte kommoditeits pryse net gedeeltelik vergoed deur prys verhogings.
Comair (COM) se inkomste vir die 6m tot Des was -5% laer, en vwVPA 13.1c teenoor 35.2c 'n jaar gelede.
Murray & Roberts (MUR) verwag vir die 6m tot Des 'n VPA binne -1% tot +10% van die jaar tevore.
Mondi (MND) verwag vir die jaar 2015 'n basiese wesens VPA van €1.21 tot €1.26, +22% tot +27% hoër.
Anglo American (AGL) is van voorneme om te onttrek van hulle 69.7% aandeel houding in Kumba.
Anglo American (AGL) se inkomste vir die jaar 2015 was -24% laer in dollars. Vir die 6m tot Des was die inkomste per aandeel $6.90 x R15.73/$ ~R109. Op 'n jaar grondslag is dit ~ R217, vergeleke met 'n aandeel prys van R84.36. Vir die 6m tot Des was die vwVPA $0.12 x R15.73/$ ~R1.89. As dit herhaal, sal die prys/verdienste R84.36/~R3.78 ~ 22 wees. Die 2015 bydrae tot die verdienste voor rente en belasting ("EBIT") was platinum $263M (2014 $32M), De Beers $571 ($1363M), koper $228M ($1193M), nikkel -$22M ($21M), yster erts $671M ($1957M), en steenkool $457M ($458M).
Supergroup (SPG) se inkomste vir die 6m tot Des was +40% hoër (weens oornames), en vwVPA +21%, of kern +11%. As dit herhaal, is die prys/verdienste 38.95c/(2x155.4c) = 12.5.
Maandag 15 Februarie 2016
Op die internet
Mattel’s $300 3D printer lets you design and create your own toys - The Verge.
China Created A Record Half A Trillion Dollars Of Debt In January - Zero Hedge.
Japan's Economy Contracted Again in Final Quarter of 2015 - Bloomberg.
South Africa Should Explore State Asset Sales, Report Says - Bloomberg. Regerings funksies moet uitgekontrakteur word want die ANC kan nie die funksies verrig nie.
Op die internet - Suid Afrika
SA house price growth myths – why 5-6% p.a. is actually 1%. - Biznews. Dit kan wees dat kleiner huise in 2015 gekoop was as in 2014. Die grootte van huise moet in ag geneem word. Soos wat die bevolking verarm weens die transformasie na 'n Afrika land, sal die meer goedkoper huise verhandel.
JSE aandele
Die JSE het vandag +2.6% opgeskiet. Altron was +10.3% hoër, Kumba +8.8% , Mustek +8.5%, Anglo +8.3%, Foschini +7.5%, Zeder +7.4%. Sun Int was -8.3% laer.
Medical schemes: Giant in little league? - Financial Mail.
Last roll of the dice for negative ten bagger Anglo American - Biznews.
How low can SA property stocks go? - Moneyweb.
Discovery banking licence ‘at least’ two years off - Moneyweb.
Clientèle (CLI) se versekering premies inkomste vir die 6m tot Des was +15.4% hoër, en vwVPA +10% hoër na 60.5c. Baie min handel.
Implats (IMP) verwag vir die 6m tot Des wVPA van 50c tot 59c, -10% tot -20% laer. As dit herhaal, is die prys/verdienste 3557c/~109c ~33.
Mustek (MST) se inkomste vir die 6m tot Des was 10.1% hoër, en wesens VPA 50.59c tot 55.92c, ±5% van die jaar tevore.
Group Five (GRF) se inkomste vir die 6m tot Des was +5% hoër, en vwVPA 131c, +21% hoër. As dit herhaal is die prys/verdienste 1726c/(2x 131c) ~ 6.6.
Vrydag 12 Februarie 2016
JSE aandele
Die JSE aandeel mark was vandag +2.5% hoër. Arcelor Mittal was +24% hoër, Anglo +14.9%, Assore +13.9%, Kumba +13.2%, Glencore +9.7%, Billiton +7.1%, Zeder +6.9%.
Sun Int (SUI) verwag vir die 6m tot Des 'n verdunde verstelde wesens verdienste per aandeel van 309c tot 351c (15% tot 25%) laer as die 410c die jaar tevore.
Northam Platinum (NHM) verwag vir die 6m tot Des 'n wesens VPA verlies van -63.2c tot -81.0c
Supergroup (SPG) verwag vir die 6m tot Des 'n wesens VPA van 158.2c tot 160.2c, +20.4% tot +21.9% hoër, en kern VPA 157.5c tot 159.5c, +10.1% tot +11.5% hoër. As dit herhaal, is die prys/verdienste (wVPA) omtrent R38.85/~318c ~ 12.2.
Pioneer (PFG) se groep omset vir die 4m tot Jan was +8% hoër (vergelykbares aangepas vir biskuite, Pepsi en Maitland Vinegar).
ArcelorMittal South Africa (ACL) se inkomste vir die jaar 2015 was -11% laer, en die wVPA 'n verlies van -R13.38 (vergeleke met inkomste per aandeel van R77.7). Die raad het redelike vooruitsigte van 'n terugkeer na winsgewendheid op die medium termyn weens die huidige inisiatiewe en met die verwagting van tariewe.
Donderdag 11 Februarie 2016
Op die internet
Sellers of Auckland houses now want $100k more than they did last year - Stuff NZ. (Gemiddelde huis prys R8.3 miljoen).
Neanderthal-Human Trysts May Be Linked to Modern Depression, Heart Disease - Live Science.
Crushing The "Oil's Just A Supply Issue" Meme In 1 Painful Chart - Zero Hedge.
This Is What Central Bank Failure Looks Like (Part 4) - Zero Hedge.
Op die internet - Suid Afrika
When is investing in property a good idea? - Moneyweb.
JSE aandele
Hudaco: Defying tough times - Financial Mail.
Die JSE aandeel mark was vandag -1.8% laer. Europese markte het geval. Die Rand het na R15.67 versterk. Goud myn aandele het baie geklim. Die goud prys het van die begin van die jaar opgeskiet na $1249 vanaf 'n laagtepunt van $1054 einde verlede jaar. Die skielike styging lyk na spekulasie. As mense goud koop omdat hulle 'n bate soek wat sy waarde sal behou, gaan hulle net so vinnig uitklim wanneer dit val. Woolworths was -7.7% laer na hul resultate. Naspers was -4.5% laer na Tencent -5.6% laer was saam met die Hang Seng mark.
Taste (TAS) verwag vir die jaar tot Feb 'n verlies in wVPA. Daar is kostes verbonde aan die oopmaak van Domino’s Pizza and Starbucks takke.
Italtile (ITE) se omset vir die 6m tot Des was 11.6% hoër, en die vwVPA 42.8c, +21% hoër. As dit herhaal, is die prys/verdienste 1145c/(2x42.8c) = 13.4.
Woolworths (WHL) se inkomste vir die 6m tot Des was +15.7% hoër, en vwVPA +30.8% hoër, of verstelde vwVPA +3.9% hoër. As dit herhaal, is die prys/verdienste R93.29/(2x 250.8c) = 18.6.
JSE (JSE) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA van 992.25c tot 1065.75c, +35% tot +45% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom R126.70/R10.3 ~ 12.
Woensdag 10 Februarie 2016
Op die internet
Shipping industry faces worse storm than after financial crisis, warns Maersk boss - Telegraph UK.
JSE aandele
RockCastle Global Real Estate (ROC) se 6m tot Des dividend van 4.6310 VSA $ sent is 'n jaarlikse ekwivalent opbrengs van ($0.04631 x2 xR16)/R36.51 = 4.1%. Die maatskappy verwag neto oor 8% groei tot Junie.
Blue Label Telecoms (BLU) verwag vir die 6m tot Nov 'n kern VPA van 53.36c tot 54.70c, +20% tot +23% hoër. As dit herhaal, is die prys/verdienste 1223c/~108c ~11.3.
Sappi (SAP) se inkomste vir die kwartaal tot Des was -6.8% laer in $. Die vwVPA was $0.12, teenoor $0.31 vir die jaar tot Sep.
Brait (BAT) se netto bate waarde was R136.34 op 31 Des 2015, waarvan New Look 47% uitgemaak het, Virgin Active 23% en Premier 13%. New Look se inkomste was +5.6% hoër in £ vir die kwartaal tot Des. (Met New Look en Virgin Active in Brittanje gebaseer, is die groei in NBW afhanklik van die Rand se val).
Jasco (JSC) se inkomste vir die 6m tot Des was +11.1% hoër, en vwVPA 5.7c teenoor 0.6c die jaar tevore, en 1.8c die 6m tevore. As dit herhaal, is die prys/verdienste 82c/(2x 5.7c) ~ 7.2. Die prys/verkope is 82c/527c = 0.16.
Dinsdag 9 Februarie 2016
Krediet graderings
Why a selloff in European banks is ominous - Market Watch. "And Credit Suisse AG is down 39% for the year as it posted a massive fourth-quarter loss."
Credit Suisse - Ratings & Reports "Several Credit Suisse entities, including Credit Suisse AG, have been assigned favorable ratings by three major international credit rating agencies (as of January 11, 2016)"
Fitch downgrades 4 South African banks - Fin24. "Fitch has also downgraded Absa Bank Limited's (Absa Bank) and Barclays Africa Group Limited's (BAGL) Long-term foreign and local currency IDRs to 'BBB' and 'BBB+', respectively from 'A-', as a result of South Africa's Country Ceiling being revised to 'BBB'."
JSE aandele
Vandag was die JSE -2.2% laer. Kumba was -11.4% laer, Implats -10.3%, Glencore -6.7%, Naspers -6.3%, Billiton -4.7%, Anglo -4.6%. Illovo is +11.4% hoër na R22.45, vergeleke met gister se aanbod van R20 deur Associated British Foods PLC.
Naspers is -6.3% laer. Die Hang Seng waarop Tencent verhandel is toe van 8 tot 10 Feb. Naspers verhandel teen R1733.49 omtrent -30% onder die R2466 waarde van hulle Tencent aandeel houding.
Volgens Adcorp (ADR) was net meer as 20% van kontrakteur volume verloor weens nuwe wetgewing, maar 80% van die bruto marge impak teruggemaak deur koste besnoeiing en nuwe kontrakteurs by te kry. Die prys/verdienste vir die laaste 6m resultate tot Aug 2015 is 1796c/(2x173.6c) = 5.2. Die laaste dividend opbrengs was (88c + 60c)/1796c -15% = 7.0%. Die resultate tot Feb was laas jaar 22 Mei aangekondig. Lae handel.
New Europe Property (NEP) se uitkeerbare verdienste per aandeel vir die jaar 2015 was +19% hoër (+4.2% vir die 2de 6m). Die uitkering van €0.1717 vir die 2de 6m is -1% laer as 'n jaar gelede. Die ekwivalente jaar opbrengs is 2x €0.1717 x R16.1 /R175.33 = 3.2%.
Holdsport (HSP) se total verkope vir die 5m tot Jan was +12.3% hoër.
Kumba (KIO) se prys/verkope vir die 6m tot Des was R42.00/(2x R48.66) = 0.43, en die prys/verdienste R42.00/(2x R3.97) = 5.3. Die gemiddelde Rand yster erts prys vir die 6m was $51 x R13.61 = R694. Die yster erts prys (china fyn ingevoer) is nou omtrent $41.50 x R16.1 = R668.
Maandag 8 Februarie 2016
Op die internet
The Economy In Pictures – Seen This Before (US) - Talk Markets.
Op die internet - Suid Afrika
How much more you’re paying for food in South Africa - BusinessTech.
JSE aandele
Anglo American faces “existential” threat, even after cutting 85 000 jobs - Biznews.
SA says late rains avert national drought disaster, still needs 4m maize imports - Biznews.
MTN faces challenge over Nigeria spectrum - TechCentral.
Illovo het 'n aanbod van Associated British Foods PLC ontvang om die oorblywende aandele wat hulle nie alreeds besit nie, te koop teen R20 per aandeel.
Mpact (MPT) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA van 355c tot 380c, +35% tot +45% hoër. Dan is die prys/verdienste omtrent R45.91/~R3.68 ~12.5.
Capitec Bank (CPI) verwag vir die jaar tot Feb 'n wVPA van 2717c tot 2805c, +23% tot +27% hoër. Dan is die prys/verdienste omtrent R497.42/~R27.6 ~18.
Amplats se inkomste vir 2015 was +7.5% hoër. Die prys/verdienste (toeskryfbare wesens) is R28.85/41c. Die prys/verkope is R288.85/R229 = 1.3.
Adapt IT (ADI) se inkomste vir die 6m tot Des was +20% hoër, en vwVPA +29% hoër op 18.58c, of +42% op 16.82c. Die prys/verdienste is R13.25/(26.8c+24.0c) = 26.
Bidvest beoog om die Food Service Besigheid te ontbondel en afsonderlik te noteer op die hoof bord van die JSE.
Sondag 7 Februarie 2016
Op die internet
In southern Africa, an illusion built on aid heralds hope and hunger - Reuters. Buitelandse hulp vererger toekomstige probleme omdat dit bevolkings groei aanhelp, en afhanklikheid vererger.
Saterdag 6 Februarie 2016
Op die internet
Cramer: After a Vicious Market Hit, How Much Pain Can We Take? - Realmoney The Street.
Vrydag 5 Februarie 2016
Op die internet
If you thought solar was going to hurt utilities, get a load of solar+storage - Vox.
Steering Wheel-Free, Driverless Bus Shows the Future of Mass Transit - Fortune.
How Much Global Oil Output Halted Due to Low Prices? Just 0.1% - Bloomberg.
Op die internet - Suid Afrika
Why you shouldn’t waste your time with “useless” university degrees in SA - BusinessTech.
Young people are bailing on social media – here’s where they’re going instead - BusinessTech.
JSE aandele
Anglo was vandag +11.7% hoër, na 'n prys/verkope van R82.74/~R222 = 0.37, steeds baie laer as BHP Billiton se R162.21/~R134 = 1.2. Glencore was +7.3%.
Donderdag 4 Februarie 2016
Op die internet
These Are the World's Most Miserable Economies - Bloomberg. Suid Afrika se ekonomie is steeds die beste in Afrika. Die lys is sinneloos.
Race to the White House - Reuters. Dit lyk of die Republican party se kandidate kiesers afgeskrik het. Dit neem net een kandidaat se uiterste siening om kiesers af te sit van die party. Dit sal beter wees vir die Republican party om een kandidaat agter geslote deure te kies. Wanneer die kandidate van een party mekaar in die openbaar afkraak, skaad dit die party.
Yanis Varoufakis: Europe isn't working - Business Insider UK. Europese lande het belangrike funksies aan die Europese Unie oorhandig, en die klomp burokrate kan nie besluite neem nie.
Op die internet - Suid Afrika
Nhlanhla Nene: New job far from decided, after all - Financial Mail. "Nhlanhla Nene has told the Financial Mail that he has still not received a formal offer to join the Brics bank, despite President Jacob Zuma indicating otherwise."
El Nino: Farmers on the brink. Govt must declare disaster relief – Grain SA - Biznews. Dit is te betwyfel of die ANC die idee van blanke boere aanvaar het. Die meeste mense weet nie waar die kos wat hulle eet vandaan kom nie. Verpakking behoort dit duidelik te maak.
JSE aandele
Die JSE was vandag +2.3% hoër, met Angloplat +19.6%, Exxaro +18.8%, Implats +18.8%, Anglo +17.1%, ARM +15.5%, South32 +11.6%, Kumba +10.9%, MTN +9.0%, BHP Billiton +8.3%. Dit lyk of die mark verwar word deur die swakker dollar se effek op mineraal pryse, net soos die sterk dollar 'n oordrewe indruk van die val geskep het.
As die VSA dollar verswak (wat nog gesien moet word), en die dollar prys van olie gaan op as gevolg daarvan, sal dit VSA olie produksie meer winsgewend maak, en oorproduksie verleng.
BHP’s vote against SA, spinoff South32, down 60% plus $1.7bn writeoff today - Biznews.
Sasfin (SFN) verwag vir die 6m tot Des 'n wVPA van 326.16c tot 338.93c, +28% tot +33% hoër. Dan is die prys/verdienste omtrent 5100c/(312c+~333c) ~ 7.9. Lae handel.
Assore (ASR) verwag nou vir die 6m tot Des 'n wVPA van R6.78 tot R7.28, -24.1% tot -29.4% laer. As dit herhaal, is die prys/verdienste omtrent R97.30/~R14.1 ~ 6.8.
ArcelorMittal South Africa (ACL) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA verlies wat meer as 1250c hoër sal wees vergeleke met die verlies van 57c vir 2014.
Volgens Harmony (HAR) se resultate vir die kwartaal tot Des is die prys/verkope R32.99/(4xR10.45) ~ 0.79, en prys/verdienste R32.99/(4x17c) ~ 49. Vorige vwVPA: Jun14=26c [-61c][-114c][-60c][44c] Jun15=-189c [-120c][17c][][] Jun16.
Woensdag 3 Februarie 2016
Elektriese voertuie
Die verkope van elektriese voertuie bly klein in die VSA, as persentasie alle voertuie vanaf 2007 tot 2015: 2.99% 2.37% 2.78% 2.37% 2.23% 3.38% 3.84% 3.47% 2.87%: (EDTA).
Electric vehicles and energy use - Think Global Green. 'The reasons for people being relatively slow to buy electric cars are simple, Ghosn says: “If there is a price penalty, they just don’t buy. If there is range anxiety, they just don’t buy.” '
Voorspellings van hoë groei word gemaak Understanding the Electric Vehicle Landscape to 2020 - IEA.
Op die internet
Trump Disputes Iowa Results, a Change of Tone After Second-Place Finish - Bloomberg.
Op die internet - Suid Afrika
SA is in need of tangible action - Moneyweb.
Safety last, and no power to the people… - Moneyweb.
JSE aandele
Kumba was vandag +17% hoër. Anglo may be lining up Kumba for sale - Mining MX. Anglo was +9.2%.
Barloworld Q1 earnings hurt by low equipment demand - Moneyweb. (geen SENS)
MTN hires former US attorney-general to advise on Nigeria fine - Moneyweb.
Resilient (RES) se huur uitkering vir die 6m tot Des is 232.46c, +25.2% hoër, waarvan 7% weens kapitaal verkryging was wat die koste van befondsing verminder het, 8% Fortress B se dividende, en Nepi en Rockcastle weens die Rand verswakking. Daarsonder was die verstelde groei +7.6%. Groei van 24% word vir die jaar tot Junie verwag. Die ekwivalente jaar opbrengs is 2x232.46c/R114.90 = 4.0%.
Eqstra (EQS) verwag dat wVPA vir die 6m tot Des meer as 20% laer sal wees.
Pinnacle (PNC) verwag vir die 6m tot Des inkomste groei van +17% tot +20%, en wVPA van 91c tot 95c, +13% tot +18% hoër. As dit herhaal is die prys/verdienste 1072c/~186c ~5.8
Vodacom (VOD) se groep inkomste vir die 3m tot Des was +8.7% hoër.
Dinsdag 2 Februarie 2016
Op die internet
Infographic visualizing America’s new $19 trillion debt - Value Walk.
Big Banks Are Yelling At Their Clients: SELL EVERYTHING - Talk Markets.
Wine Tourism in South Africa May Double by 2025 as Rand Tumbles - Bloomberg.
Here's Why Sweden is Reversing Course on Refugees - Bloomberg. Dit is dieselfde mense wat teen apartheid gekant was. Doen wat ons sê, moenie doen wat ons doen nie.
JSE aandele
Die JSE het vandag -2.1% geval saam met die Europese aandeel markte, en die Rand is terug na R16.18/$. Telkom was -9.0% laer. Anglo was -6.9% laer, ARM -5.9%, BHP Billiton -4.9%, maar Kumba +3.1% op. FirstRand was -5.8%, Truworths -5.6%, Standard -5.5%. Met die geld voorraad wat +10.44% op is in Desember, gaan banke meer geld hanteer waarop hulle 'n inkomste kan verdien. Aspen is nou R251.
Kumba (KIO) verwag vir die jaar 2015 'n wVPA van R11.45 tot R12.05 (genormaliseerde VPA R12.62 tot R13.27), teenoor R34.32 die jaar tevore. Dan is die prys/verdienste vir die laaste 6m omtrent R38.72/(2x ~R4) ~4.8.
Banke aandele daal deur die dag.
Maandag 1 Februarie 2016
VSA presidents verkiesing
Ted Cruz loop op die oomblik voor in Iowa vir die Republican party. Bernie Sanders en Hillary Clinton is op die oomblik gelykop in Iowa vir die Democratic party. Van 19 Mei 2015: Bernie Sanders Has a Plan: Tax Wall Street and Make College Free - The Nation. Opvoeding kon al lank gelede gratis gewees het as tegnologie gebruik was, soos klasse op DVD of die internet. As iets belas word, word die belasting deurgegee totdat arm mense dit betaal in die vorm van hoër pryse op alles, en 'n gebrek aan werk. As belasting 'n aktiwiteit nie meer winsgewind maak nie, word dit gestaak. Al manier om iets goedkoper te maak is met mededinging, wat die regering verhoed met staats gesteunde opvoeding.
Op die internet
So Just How Bad is the Revenue and Earnings Recession? (US) - Wolf Street.
Why investors may want to ignore T. Boone Pickens’s calls on oil - Market Watch.
What are the Iowa caucuses? - Vox.
The (asymmetrical) negative side of negative rates - ateconomics.
Op die internet - Suid Afrika
Low-fat diet ADSA dietitians advocate: does it feed ‘a big fat lie’? - Biznews. "... scientists in the UK have found that cooking with vegetable oils like sunflower oil releases toxic chemicals called aldehydes which increase the risk of cancer, heart disease and dementia."
State railroad pillagers unmasked – R80m diverted to Zuma’s “close friends” - Biznews.
JSE aandele
Party fondsbestuurders beveel steeds buitelandse beleggings aan. As die huidige invoere en uitvoere volgehou word, sal dit eers aantreklik wees om Rand uit te neem nader aan R14/$. Met die huidige groei in die geld voorraad van 10.44%, sal die vlak opgaan na R15.50/$ oor 'n jaar (tensy die dollar verswak). Dit lyk of die VSA ekonomie skielik swakker word, wat die aandeel mark in die geheel nie aantreklik maak nie. Europa se ekonomiese groei is te stadig vir al die aandeel markte om aantreklik te wees. Individuele plaaslike en buitelandse aandele kan aantreklik wees, veral die wat baie geval het.
MTN het vandag -9% geval. MTN Threatens To Shut Down In Nigeria Over Government Harassment - AFK Insider.
Telkom (TKG) se groep net inkomste vir die 3m tot Des was +7% hoër.
Ouer webjoernaal
Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2016