Web Joernaal



Sondag 31 Januarie 2016

Op die internet

[CHARTS] Oil Is Cheaper Than…. - Value Walk.


Vrydag 29 Januarie 2016

Op die internet

Here’s all the money in the world, in one chart - Market Watch.

The folly of negative interest rates on bank reserves - Bill Mitchell.

PETER SCHIFF: We're going to have a serious recession and negative interest rates before the election (US) - Business Insider.

Venezuela is on the brink of a complete economic collapse - Washington Post. "People who knew what they were doing were replaced with people who were loyal to the regime"

Japan adopts negative interest rates. Should everyone else worry? - Reddit. As Japan inflasie soek moet hulle geld skep (druk), nie leen nie. Inflasie is per definisie 'n groter geld voorraad vir dieselfde hoeveelheid goedere. As hulle die geld leen, verhoog die geld voorraad nie, selfs al word dit van die buiteland geleen. As hulle ekonomiese groei soek, moet regerings uitgawes verminder word, van die huidige 42% van die ekonomie (Wikipedia). Belasting is net 27.6% van die ekonomie, wat daarop dui dat hulle geld leen vir regerings uitgawes. Die idee dat groter regerings skuld eerder as belasting publieke spandering bevorder is vals. Geld wat geleen word, word uit die ekonomie onttrek. Dit is soos om geld van A te leen, en dit aan B te gee om te spandeer. A het nie meer die geld om te spandeer. Dit is net die moeite werd vir 'n regering om geld te leen as dit vir infrastruktuur gebruik word, en die ekonomiese voordele daaruit meer is as die koste.

Op die internet - Suid Afrika

Meet “The Donald” Trump. Very possibly the next President of the USA. - Biznews.

How world sees us: Goodbye Brics, hello Ticks. No place for SA in either. - Biznews. Suid Afrika is wel op 'n lang lys van beskawings wat agteruit gaan. Weens die afskaffing van apartheid is die proses versnel, en is Suid Afrika die leier op die gebied. Omdat die agteruitgang gewoonlik oor baie dekades plaasvind, merk mense dit nie op nie.

JSE aandele

Suid Afrika het 'n handels oorskot van R8.2B gehad in Desember, teenoor R1.8B in November. Dit beteken 'n netto kapitaal uitvloei van R8.2B, wat verband hou met krediet gradering probleme, en 'n val in die wêreld aandeel markte. M3 geld voorraad het +10.44% gestyg. Die Reserwe Bank weet hoeveel geld hulle skep, en het in Januarie rentekoerse verhoog.

Die JSE was vandag op met +0.90%. Die Rand het onder R16/$ versterk. Ongewone aandele was onder die wat baie geklim het: Afrox +14.7%, Exxaro +10.4%, Metair +9.0%, Hyprop +8.7%, RCL +7.8%, Mustek +7.6%, Imperial +7.3%. MTN was op met +7.1% na R139.50, Firstrand +6.0% na R44.72, Barclays Africa +5.1% na R144, Standard +4.9% na R112.21.

Afrox (AFX) verwag vir die jaar 2015 wesens 'n VPA van 135c tot 142c, teenoor 36.2c vir 2014. Dan is die prys/verdienste rondom R16.00/~R1.39 ~12. Die aandeel prys was jare gelede op 'n hoë prys/verdienste (2013: ~R21/R0.95), en het nie geval in verhouding tot die val in wins in 2014 nie.

Hudaco (HDC) se omset vir die jaar tot Nov was +17% hoër, en vwVPA +18% hoër. Die prys/verdienste is nou R99.99/R11.61 = 8.6. Die dividend opbrengs is 525c/R99.99 -15% = 4.5%. Lae handel.


Donderdag 28 Januarie 2016

Op die internet

Trump is right, says brave economist - Market Watch. Die VSA kon die probleem opgelos deur kapitaal invloei te beperk, sodat handel in balans kom. Invoer beperking deur die VSA het die situasie vererger – dit forseer die uitvoer land se geld eenheid laer.

The $29 Trillion Corporate Debt Hangover That Could Spark a Recession - Bloomberg.

Op die internet - Suid Afrika

Why Seacom went down again - Techcentral.

JSE aandele

Die JSE was vandag +1.6% hoër, met Anglo +11.9% hoër, Implats +9.8%, AECI +6.9%, Eqstra +6.4%, City Lodge +6.3%.

Die Monitêre Beleids Komitee het die terugkoop koers 50 persentasie punte na 6.75% verhoog. Die prima uitleen koers is nou 10.25%.

Sasol (SOL) verwag vir die 6m tot Des 'n wVPA van R23.0c tot R24.6. As dit herhaal is die prys/verdienste R433.72/R47.6 = 9.1. Die Rand olie prys was R978 vir die 6m tot Des 2014 (vwVPA R30.0), R688 vir die 6m tot Junie 2015 (vwVPA R17.85), en omtrent R640 vir die 6m tot Des 2015 (wVPA ~R24).

Citylodge (CLH) verwag vir die 6m tot Des vwVPA van 439.9c tot 458.8c, +16% tot +21% hoër. As dit herhaal, is die prys/verdienste R143.70/~R8.99 ~16.

Anglo American (AGL) se produksie vir die vierde kwartaal tot Des: yster erts +10.6%, steenkool -9.6%, koper +4%, nikkel +57%, platinum -1%, diamante -16%. Produksie vir die jaar: yster erts +8.4%, steenkool -1%, koper -5%, nikkel -19%, platinum +25%, diamante -12%.

Kumba (KIO) se produksie vir die jaar tot Des was 44.9Mt, soos verwag. Vierde kwartaal produksie was 10.9Mt (verkope 11.0Mt), teenoor 11.39Mt (verkope 10.8Mt) vir die derde kwartaal, en 12.4Mt (verkope 12.6Mt) die jaar tevore.

Rolfes (RLF) verwag vir die 6m tot Des genorm_ wesens VPA van 30.5c tot 31.7c, +32% tot +37% hoër. Soms lae handel.


Woensdag 27 Januarie 2016

Op die internet

How Healthy Is The Labor Market, Really? (US) - Talk Markets.

JSE aandele

Daar word dikwels gesê dat rentekoerse verhoog word om te verhoed dat inflasie buite beheer raak weens werker loon eise. As werkers se lening paaiemente opgaan, sal hulle juis staak vir hoër lone. Rentekoerse gaan op omdat die aanvraag na krediet die aanbod van spaarders oorskry. Hoër rentekoerse onderdruk die aanvraag na krediet. Met die onlangse verandering in krediet regulasies is groter aanvraag na krediet onwaarskynlik. Aanbod kan val omdat rentekoerse laer is as inflasie (of risiko toegeneem het), wat dit nie die moeite werd maak om te spaar nie (geld uit te leen nie). As die regering dit ignoreer, moet hulle die verskil opmaak deur meer geld te druk, wat inflasie laat toeneem.

Suid Afrika kan nie sy krediet gradering verbeter deur belasting te verhoog nie. Dit sal die ekonomie verder verswak. Al oplossing is om regering uitgawes te verminder.

Armitage’s Astoria is the most popular pick for 2016 - Moneyweb.

Curro (COH) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA van 26.5c tot 29.0c, wat 54% tot 69% hoër is. Dan is prys/verdienste rondom R42.45/~27.8c ~153.

Truworths (TRU) verwag vir die 6m tot Des verdunde wesens verdienste per aandeel van 396.7c tot 410.1c, wat +19% tot +23% hoër is. Die wins vir die 6m tot Des is gewoonlik hoër, as 6m tot Junie. Die aandeel prys is nou R92.05. Aankondiging van 14 Jan: Verkope insluitende Office, Earthchild en Naartjie was +36% hoër vir die 6m tot Des. Daarsonder was verkope +15.0% hoër.

Datatec (DTC) se inkomste vir die 10m tot Des was +1.8% hoër in $. Die bruto wins marge was 13.3% teenoor 13.1% vir die 6m tot Aug.


Dinsdag 26 Januarie 2016

Op die internet

Three Major Reasons For Gold In 2016 [INFOGRAPHIC] - Value Walk. Myn koste skep 'n vloer prys. Wanneer oorproduksie tot 'n einde kom, behoort die goud prys te styg met myn koste inflasie, wat hoër as gewone inflasie is, uitgesluit nuwe lae koste myn tegnieke. Die hoeveelheid goud wat gemyn word is klein vergeleke met die goud wat gestoor word, wat onbeperkte potensiële verkope beteken. Goud word skaarser in die grond, wat dit 'n goeie belegging sou gemaak het, as dit nie was dat so baie goud bo die grond opgegaar word nie. Ander minerale wat skaarser word en nie gestoor word nie, sou meer aantreklik gewees het.

OPEC, Russia talk of oil teamwork, but Saudi talks of investment - Reuters. Enige poging om olie produksie te verlaag, sal net lei tot 'n laer mark aandeel vir die bepaalde produsente. Dit lyk of elektriese voertuie baie gaan toeneem die volgende 10 jaar. Die olie prys gaan op die lang termyn net daal.

JSE aandele

De Beers Sells $540 Million of Diamonds, Twice Last Sale's Level - Bloomberg.

Bad news for Richemont? Smartwatch fad dampens Swiss watch exports, at 6-yr low - Biznews.

OPEC se mandjie olie prys was gister $25.58. Die mark sal na 'n prys moet soek wat net laag genoeg is om die gestoorde olie te laat afneem. Die probleem is, elke keer as die gestoorde olie 'n bietjie afneem, jaag spekulante die olie prys op.

Spur (SUR) se verkope vir die 6m tot Des was +12.6% hoër. Die laaste 6m was 46 winkels in SA opgemaak, en 4 internasionaal. Lae handel.


Maandag 25 Januarie 2016

Op die internet

Africa Currency Crises Spark Diverging Central Bank Action - Bloomberg. As 'n land minder verdien met uitvoere moet dit minder invoer. Die inflasie wat 'n val in die geld eenheid veroorsaak is tydelik. Die hoër prys van ingevoerde goedere is nodig vir die verbruiker om te besluit om minder te koop, invoere om te val, en die geld eenheid te herstel. Ingevoerde inflasie verhoog nie die geld voorraad nie. Inflasie gaan permanent op omdat die regering meer geld skep.

Is The Worst Over For Copper? - Forbes.

Op die internet - Suid Afrika

Nuclear: ‘It’s a buyers’ market’ - Moneyweb.

JSE aandele

PPC (PPC) se verkoops volume is -3% laer, en verkoops pryse -4% laer vir die kwartaal tot Des. Laer genormaliseerde verdienste word vir die eerste helfte van 2016 verwag.

Ellies (ELI) se inkomste vir die 6m tot Okt was -31% laer, of +27% hoër op herverklaarde inkomste. Die wesens VPA is 'n verlies van -1.02c.

AVI (AVI) verwag vir die 6m tot Des 'n wesens VPA van 278c tot 283c, +10% tot +12% hoër.

Amplats (AMS) verwag vir die jaar 2015 'n wesens VPA van 25c tot 55c, -82% tot -92% laer. Uitgesluit eenmalige items, sou die wVPA na 713c verbeter het, teenoor die 301c vir 2014 (laer as die eerste 6m vwVPA tot Junie 2015 van 933c).

Hudaco (HDC) verwag vir die jaar tot Nov 'n wesens VPA van 1140c tot 1185c, wat die prys/verdienste omtrent 8810c/~1163c ~7.6 maak. Lae handel.

Italtile (ITE) verwag vir die 6m tot Des 'n omset groei van +12% tot +15%, en wesens VPA van 42.8c tot 44.3c, +20% tot +24% hoër. As dit herhaal is die prys/verdienste 1120c/87.1c = 13. Lae handel.

Lewis (LEW) se inkomste vir die 9m tot Des was +5.4% hoër, en skuld kostes +16.5%.


Sondag 24 Januarie 2016

Op die internet

Americans buying bigger, pricier homes - Market Watch.

Op die internet - Suid Afrika

Muhammad Yunus: Break slavery’s legacy. Don’t ask for a job. Make your own. - Biznews.


Saterdag 23 Januarie 2016

Op die internet

"But It's Only A Manufacturing Recession, What's The Big Deal" - Here's The Answer - Zerohedge. (1) Die res van die wêreld het nie aangepas by die massa produksie wat na China verskuif het nie. Lande kan geld leen of bates verkoop, hulle kan vervaardiging subsidieer of invoere beperk, hulle kan minerale uitvoer, maar eendag sal hulle moet meeding met Chinese arbeid, of in die diens sektor werk teen lae lone. (2) China se handels oorskot het van $384B (uitvoer/invoer 1.20) in 2014 na $603B (uitvoer/invoer 1.36) toegeneem in 2015. Die Yuan behoort te versterk, maar word afgehou met kapitaal uitvloei. Die VSA se handels tekort was $508B (uitvoer/invoer 0.82) vir goedere en dienste in 2014. Die Dollar sou geval het, as dit nie was vir kapitaal invloei nie. Die Yuan se koppeling aan die Dollar kan bydrae tot die sterkte van die Dollar, en verswakte vervaardiging in die VSA. As land A baie goedere verkoop, en die geld gebruik om hulle geld eenheid laer te hou as land B s'n, is dit asof B baie goedere verkoop, en B se geld eenheid gaan op.

Gold’s Biggest Winning and Losing Streaks [INFOGRAPHIC] - Value Walk.


Vrydag 22 Januarie 2016

Op die internet

These signs will mark the bottom for the stock market - Market Watch.

Why your cable TV bill is going up - Yahoo Finance. "... programming costs have climbed between 8 and 10 percent annually over the past four years".

Atari is bringing 100 classic games to PC - The Verge.

Never Short Oil In Front Of A Blizzard Snowstorm In The Northeast - Talk Markets.

U.S. existing home sales surge a record 14.7 percent - Yahoo Finance.

The global oil glut is squeezing the US shale industry - BBC News.

Why oil and stocks are trading in lockstep - Yahoo Finance. Gelukkig is die video nie beskikbaar in jou streek nie – spaar internet data.

Davos

Hier is die belangrike gebeure by Wêreld Ekonomiese Forum by Davos wat jy van moet weet: dit is koud buite.

Op die internet - Suid Afrika

Cell C sticks it to Vodacom and MTN with free WhatsApp calling - BusinessTech.

Zebediela Citrus terminates dealings with property group - Fin24. Geskiedenis: The Zebediela Citrus Estate - The Great South African Land Scandal.

Dunkin’ Donuts to launch in SA - Business Day.

JSE aandele

Die Brent olie prys is nou +5.11% na $31.08. Dit lyk na spekulante wat die prys opjaag. OPEC se mandjie prys het gister laag gebly op $22.89.

Vir die 6m tot Junie 2015 was Kumba se gemiddelde yster erts prys $61 x R11.91/$ = R727, vwVPA R7.85, en netto wins marge 12.3%. As die gemiddelde yster erts prys vir die 6m tot Desember omtrent $50.3 x R13.62/$ ~R685 was, sou dit -6% laer wees. Dit sou rofweg die helfte van die vorige wins geneem het. Produksie volume kon verander het. Die mark het Kumba aandele verkoop asof die wêreld tot 'n einde kom. Kumba se aandeel prys was teen vanmiddag op met +19% na R32.35. As die laaste verdienste halveer, kan die prys/verdienste omtrent R32.35/~R7.85 ~4 wees. As die Rand na R14/$ versterk, en die yster erts prys val onder $40, gaan Suid Afrika die dreigemente van 'n laer krediet gradering nodig hê om mynbou te red.

Master Drilling set to launch cutting-edge mining machine - Business Day.

What’s behind Steinhoff’s share price slide? - Moneyweb.

Die Federal High Court in Lagos het MTN se boete besluit uitgestel tot 16 Maart sodat die partye die saak self kan besleg, anders sal dit weer voor die hof kom. Kommentaar: As dit duidelik is volgens die wette van die land dat die NCC ("Nigerian Communications Commission ") onwettig opgetree het, moes die hof eenvoudig 'n besluit geneem het.

Hoeveel meer gaan MTN se Nigeriese intekenaars moet betaal weens die boete van 780 biljoen Naira? MTN se inkomste in Nigerië vir die 6m tot Jun 2015 was R24.65B, of 600B Naira vir 'n jaar. As tariewe 10% verhoog word, sou dit 13 jaar neem om die boete te betaal, of +20% verhoging 6.5 jaar. Of personeel kan verminder word. Die Nigerië se inflasie koers was +9.6% in Desember. Nou dat die olie prys geval het, druk die regering geld dat die byle huil (papier geld, bome) om vir uitgawes te betaal, en gaan inflasie op.

Grand Parade (GPL) bring Dunkin' Donuts en Baskin-Robbins na Suid Afrika.

Reinet (REI) se netto bate waarde op 31 Des 2015 was €5361M.


Donderdag 21 Januarie 2016

Op die internet

This Robot Is Cranking Out Crazy New Scripts for 'Friends' - Fortune.

Warning Signs Of A Recession (US) - Real Investment Advice.

Op die internet - Suid Afrika

This is what R100 buys you around the world - BusinessTech.

JSE aandele

Clicks (CLS) se verkope vir die 20 weke tot 17Jan 2016 was +13.6% hoër, met handelaar verkoop inflasie van +3.3%.

Resilient (RES) verwag vir die 6m tot Des 'n uitkering van 230.17c tot 233.88c, +24% tot +26% hoër. Die ekwivalente jaar opbrengs is dan ~R4.64/R104.50 ~4.4%.

Anglo American verhandel nou op 'n prys/verkope (6m tot Junie 2015) van R53/~R222 (of R300 in $) ~0.24, en BHP Billiton R140/~R140 ~1.

Aandele wat in lae volume verhandel tuimel na baie lae pryse weens die gebrek aan kopers. Iemand wat klein bedrae wil belê vir 'n lank tyd kan dalk winskope kry, byvoorbeeld Arrowhead A of B, Eqstra, Hudaco, Taste. Party rekenaar hardeware en sagteware maatskappye word nou laag gewaardeer, soos AdapIt (prys/verdienste ~24), Datatec (~8), EOH (~22), Pinnacle (~5).

Analiste sê dat Sasol nou ook 'n chemiese maatskappy is, en nie net steenkool na petrol omsit nie. Die probleem is die prys van chemikalieë en plastiek val saam met die olie prys. Sasol se vermoë of mee te ding hang van die relatiewe koste van steenkool teenoor olie omsit na petrol en chemikalieë. Die regering het verhoed dat die petrol gebruikers voordeel trek uit die lae olie prys, deur meer belasting en verhogings van 8-9% (die werklike inflasie koers) op die ander komponente. Verbruikers kry wel voordele uit laer chemikalieë en plastiek pryse. Baie klere, gordyne, ens. word van plastiek gemaak, alhoewel die koste komponent van die materiaal is seker klein.


Woensdag 20 Januarie 2016

Op die internet

The former CEO of Mozilla is launching a web browser that blocks all ads by default - UK Business Insider.

Op die internet - Suid Afrika

Oxford Union votes to remove Rhodes statue - Rand Daily Mail. "... if the statue of Rhodes must fall, then statues of Winston Churchill should also be removed". Laat dit 'n les wees vir enigeen wat daaraan dink om geld aan 'n universiteit te skenk. Eendag neem die barbare die universiteit oor, gebruik die fasiliteite wat jy geskep het, maar gee jou geen erkening daarvoor nie.

How SA schools are under the iron rule of a trade union - Rand Daily Mail.

Who wants to live forever? 150 already in reach; end of death possible - Biznews.

JSE aandele

Die JSE het vandag -2.7% getuimel. Die aankondiging van BHP Billiton het myne aandele verder laat val: BHP Billiton -7.1% na R138.06, Anglo -7.5% na R53.30, Implats -9.6%, Glencore -4.9% na R17.74, Kumba -4.3% na R25.75. Assore het opgegaan gedurende die dag oor hul resultate, maar -3.4% laer geëindig op R67.50. BHP Billiton se daling in produksie en pryse was te verwagte. Die mark konsentreer op 'n -10% val in produksie, en ignoreer die 90% wat steeds deur ekonomieë benodig word. Die mark se indruk van toekomstige aanvraag verskil van die voorspellings vir ekonomiese groei. Datatec het -8.8% geval, dalk oor IBM se resultate. Naspers het -6.6% geval (steeds -25% onder die waarde van die Tencent aandele). Tencent en Naspers verhandel naby stygende steunvlakke.

Jasco (JSC) verwag vir die 6m tot Des 'n wVPA van 5.74c tot 5.87c. Lae handel.

Assore (ASR) verwag vir die halfjaar tot Des 'n wesens VPA van R5.31 tot R6.51, -32% tot -44.6% laer. As dit herhaal, is die prys/verdienste omtrent R73/~R11.82 ~ 6.2. Die yster erts prys in Dollars was -38% laer, en die Rand was -25% laer. (Die gemiddelde yster erts prys was omtrent $50.3, en die Rand R13.62/$, wat die gemiddelde Rand prys R685 maak. Die Rand yster erts prys is nou $42 x R16.80 = R706).

How low can Sasol go? - Moneyweb.

BHP Billiton se produksie vir die halfjaar tot Desember was: petroleum -5% laer, koper -6% laer, en yster erts +4% hoër. Verwagte produksie vir die komende 6m tot Junie 2016 vergeleke met die laaste 6m: petroleum -10%, koper -12%, en yster erts +1%. Gemiddelde kommoditeits prys verandering van die halfjaar tot Jun 2015 na Des 2015 was : olie -19%, petroleum gas -12%, koper -19%, yster erts -19%.


Dinsdag 19 Januarie 2016

Op die internet

We may be running out of fish far faster than we realized - Quartz.

De Beers Said to Cut Diamond Prices in First Sale of 2016 - Bloomberg.

Analysts Predict Significant Drop In Gold Production In 2016 - Talk Markets.

Pee-wee's Big Holiday is coming to Netflix on March 18th - The Verge.

Die dienste ekonomie

Daar word baie gepraat oor die verskuiwing van vervaardiging na 'n dienste ekonomie. Dit beteken agteruit vir die mensdom. Die hoë lewens standaard van die moderne tyd kom van massa produksie. Die wêreld het dienste ekonomieë gehad gedurende die donker middel eeue, toe grondeienaars 'n klomp diens knegte gehad het. Die gaping tussen ryk en arm word weer groter. Die dienste behoort met rekenaars en robotte vervang te word. Wanneer regerings inmeng met vrye handel, kan ekonomieë nie meeding wat vervaardiging betref nie, en word mense geforseer om dienste te verskaf wat nie ingevoer kan word. Regerings is ook verantwoordelik vir opvoedkundige stelsels wat nie tred gehou het met tegnologiese ontwikkeling nie.

JSE aandele

Die JSE het vandag +1.6% opgegaan. Die Satrix 40 het opgespring van die 4200 steunvlak. Barloworld het +9.4% herstel. Myne was op: Assore +6.7%, Kumba +5.9%, Anglo +3.8% (+12% gedurende die dag), BHP Billiton +2.0%.

Cell C: OTT regulation protects MTN, Vodacom profits, not customers. - Biznews.

MTN se wins in Nigerië word in 'n Nigeriese publikasie aangehaal as Naira 190b (~$1b), wat volgens MTN binne die huidige skattings is.


Maandag 18 Januarie 2016

Op die internet

Automakers still have a lot to learn from Tesla - The Verge.

Mini Nuclear Plants Could Come to Britain by 2025, U.S. Firm Says - Bloomberg.

Francois Hollande Admits Socialist Policies Failed, Declares "Economic State Of Emergency" - Talk Markets.

What are China’s stocks really worth? No one knows for sure - Quartz.

Some of the world’s best tennis players allegedly threw matches at Wimbledon - Quartz.

Op die internet - Suid Afrika

Mailbox: BEE – current version of Apartheid. Robbing the ‘Rainbow Nation’. - Moneyweb. Dit is verder onprakties om 90% van die bevolking te bevoordeel deur hulle die ander 10% se werk te gee. Regstellende aksie werk net vir minderhede.

Anti-Rhodes students should study somewhere else: Oxford chancellor - Businesstech.

Chinese tourists to SA picking up again - Fin24.

JSE aandele

Die ystererts prys (China fyn ingevoer) het opwaarts gedraai na twee weke se daling.

MTN gains on lifting of Iran sanctions - Moneyweb.

Shareholders pour scorn on ArcelorMittal rights offer - Mineweb.

Glencore's "Investment Grade" Bonds Just Took Out September Crash Lows: Downgrade To Junk Imminent - Zerohedge.


Sondag 17 Januarie 2016

Op die internet - Suid Afrika

No, Netflix, you can’t stop the VPNs - Techcentral.


Saterdag 16 Januarie 2016

Op die internet

Tesla Motors Inc. Becomes The Best Selling Electric Car In U.S. In 2015 - Talk Markets.

Welcome To The Recession: Industrial Production Crashes Most In 8 Years - Talk Markets.

The author of the RBS ‘sell everything’ note has been predicting disaster for the last five years - The Spectator.

By this measure, Hillary Clinton is inches away from the presidency - Market Watch.

Suid Afrika - effek van wisselkoers op handel

Van 9 Jan 2016: After the dips - The Economist. "Big currency devaluations are not boosting exports as much as they used to".

As die Rand te swak is, kan 'n mens veranderings sien in uitvoere? Onderstaande tabel vergelyk die verandering van invoer en uitvoer van Nov 2014 na Nov 2015 (top ses kategorieë). Een maand se handel kan baie afwyk van die gemiddelde, maar hierdie webblad is nie 'n akkurate bron van inligting nie. Die eerste waarneming is dat Suid Afrika se handel besonder goed gebalanseer is (klein netto kapitaal vloei), vergeleke met die wanbalans wat ander lande het.

Totale invoer het +3.6% toegeneem, en totale uitvoer +12.8%. Die syfers moet vergelyk word met verandering in die wisselkoers, of die geld voorraad (alles dui daarop dat dit omtrent die inflasie koers is). Die Rand het 9.8% geval teenoor die Euro, 22.9% teenoor die Yuan, en 27.8% teenoor die Dollar. Die val teenoor die Euro is naby die groei in geld voorraad, dus behoort handel met Europa nie veel verander het nie. 'n Mens moet weet met watter land handel gedryf was om die volume goedere te bepaal.

Vergeleke met die groei in die geld voorraad, was invoere omtrent -5% laer, en uitvoere +4% hoër. Invoere het geval en uitvoere toegeneem omdat daar in 2014 'n netto kapitaal invloei was, wat in 2015 verander het na 'n klein kapitaal uitvloei. Die gemiddelde groei in invoer en uitvoer is naby 0%. Handel het nie toegeneem nie. As die Rand onderwaardeer was, sou uitvoer toegeneem het, die Rand versterk het, en invoer toegeneem het tot 'n nuwe balans bereik was. Of invoer geval het, die Rand versterk het, en uitvoer geval het. Lyk nie of 'n mens veel kan aflei van die handel nie, behalwe dat 'n verandering in handel aandui dat iets gebeur, en die wisselkoers die rigting aandui.

Mineraal invoer, insluitende olie, het -27% afgeneem. Die verandering is maar 6% van die totaal, dit sou die Rand van sê R15 na R14.2 neem (Brent het -44% geval). Mineraal uitvoer het -1.5% afgeneem (-10% relatief tot geld voorraad). Die impak van lae mineraal pryse was nie so groot as wat algemeen aanvaar word nie. Die Rand yster erts prys het -20% geval oor die tydperk. Edel-steen en edel-metaal uitvoere het +35% toegeneem. Voertuig uitvoer het +22% toegeneem. Stakings in 2014 kon die syfers beïnvloed het? (Mining Review 15 Aug 2014: "The dust is only just starting to settle following the longest mining strike in South Africa, which lasted five months.")

Die Rand het hoofsaaklik teen die Dollar geval, soos die meeste lande (behalwe China wat hul geld eenheid aan die Dollar koppel). Die sterk Dollar het 'n oordrewe indruk geskep van die val in mineraal pryse. As 'n mens die Dollar ignoreer, gebeur daar nie veel wat handel betref nie. Handel was in balans in November, wat beteken dat die Rand nie opgehou was deur 'n netto kapitaal invloei nie. Dit behoort te herstel van die skielike verswakking sedertdien, tensy oorsese beleggers aanhou geld onttrek.

Invoer en uitvoer
Invoer Nov 2014 Nov 2015 Verandering Uitvoer Nov 2014 Nov 2015 Verandering
Machinery and mechanical appliances, electrical equipment R22.72b R24.56b +8.19% Mineral products R17.85b R17.58b -1.52%
Mineral products R19.12b R13.95b -27.23% Precious stones, precious metals R14.49b R19.51b +34.60%
Products of the chemicals or allied industries R8.98b R9.54b +6.19% Base metals and articles of base metal R10.75b R10.49b -2.37%
Vehicles, aircraft, vessels and associated transport equipment R7.72b R8.60b +11.41% Vehicles, aircraft, vessels and associated transport equipment R10.66b R13.06b +22.48%
Original Equipment Components R5.40b R4.70b -12.87% Machinery and mechanical appliances, electrical equipment R8.70b R9.28b +6.68%
Base metals and articles of base metal. R4.21b R5.36b +27.42% Products of the chemicals or allied industries R5.62b R6.18b +9.87%
Total R89.66b R92.89b +3.60% Total R83.95b R94.66b +12.75%


Vrydag 15 Januarie 2016

VSA aandeel markte

Gaste op finansieële TV kanale het gesê die mark kan nog 10% val, en nou val dit. Hierdie TV kanale het baie bygedrae tot mark wisselvalligheid.

Die kommentators op televisie hou aan sê dat die lae olie prys goed is vir die verbruiker, maar die VSA aandeel markte hou aan om saam met die olie prys te val. Dit is asof mense so gewoond geraak het aan die idee dat 'n lae olie prys 'n aanduiding is van 'n swak ekonomie dat hulle net nie kan aanpas nie. Nou dat die VSA hul eie olie produseer, is daar geen voordeel nie.

Op die internet

Nomineering, Week 2: Academy Awards voters need to start reading the internet - The Verge.

The Bursting of the Bond Bubble Has Begun Pt 2 - Zerohedge.

Tune Out the Noise—Here's Why Yesterday's Rally is Fizzling - Daily Reckoning.

US Freight Volumes Fall For First Time In 3 Years As Baltic Dry Crashes Under 400 - Zero Hedge.

How Australian households became the most indebted in the world - The Guardian.

Op die internet - Suid Afrika

Video on demand: Still buffering - Financial Mail.

Netflix to block VPN users - Techcentral. "VPN services typically mask a user’s Internet protocol address, allowing them to “fool” services like Netflix, Hulu and others into thinking they’re located in a different territory to where they actually are". Die VSA is die enigste land in die wêreld wat internet toegang beperk volgens ligging. Die res van die wêreld aanvaar dat dit die "World Wide Web" is.

Petition launched to fight OTT regulation - Techcentral. "An online petition is calling on South Africa's government to reject calls by mobile networks to regulate over-the-top services such as WhatsApp and Skype". As mense iewers vrye keuse het, beteken dit die parlement moet nog 'n wet maak.

JSE aandele

The rand conundrum - Moneyweb. Die beste geleenthede word gewoonlik deur paniek verkope geskep, soos om geld terug te bring na SA teen R17, en in bank aandele te belê wat getuimel het. As die VSA en Chinese aandeel markte verder val, kan dit die Rand verder aftrek.

Goud styg kort termyn. Dit is te min om enige patroon te sien. Dit lyk of mense nie meer weet wat om met hulle geld te maak nie.

Die JSE het vandag -1.6% geval, en die Rand is R16.80. Dit lyk of MrPrice se resultate ook Spar -6.2%, Picknpay -6.0%, Truworths -5.2%, en Foschini -4.8% getref het. Firstrand was -4.9% laer. Farmers Battling Drought Owe South Africa Banks $7.5 Billion - The Washington Post.

Die Brent olie prys is $29.70 teen 5nm. OPEC se olie mandjie prys was gister net $25. As die olie so laag bly, sal dit positief wees vir die Rand. Sasol se gelykbreek olie prys vir die 6m tot Junie 2015 was omtrent R600/R16.73 = $35.9. Naspers teen R1817 verhandel -25% onder die R2398 waarde van hulle Tencent aandele.

Mr Price (MRP) se verkope vir die 3m tot Des was +6.5% hoër. Kontant verkope was +8.3% hoër, en krediet verkope -1.4% laer weens die maatskappy se streng krediet verlenings kriteria, verbruikers se lae krediet aptyt, en onlangse wets wysigings. Die aandeelprys het getuimel na die aankondiging, af -17.81% vir die dag.

Anheuser-Busch InBev (ANB) verhandel op die JSE.


Donderdag 14 Januarie 2016

Op die internet

Brazil Is the New Greece - Value Walk.

Krediet graderings

South Africa: Contextualising the Fitch Downgrade (pdf) - Newsclip. "The last time South Africa had a junk credit rating from Moody’s was from the period 1995 to 1999."

Van 17 Feb 2015: Was 2014 a Watershed Year for SA Credit? - Old Mutual.

Van 25 Aug 2015: Bonds: is the pricing right? - IOL. "The South African bond market is dominated by the government, followed by utilities, such as Eskom. Corporate debt, which carries higher risk, is a fledgling sector in this country, but it is expected to grow because of greater reserve requirements placed on banks as a result of the 2008 global economic crisis."

Van Aug 2015: Table Talk - Consequences for investors of a possible downgrade of South Africa’s credit rating - Prudential.

Van 29 Sep 2015: Lower Bond Rating? Buyers Binge - Bloomberg View. "Over the last four years, global investors have made a mockery of rating downgrades aimed at Austria, France, Japan, New Zealand and, more recently, Finland and Greece. In every one of those cases, bond prices rose and interest rates declined during the 200 days following the downgrade, according to data compiled by Bloomberg."

Van 7 Dec 2015: South Africa gets a rating downgrade - The Economist. "If that were to happen large numbers of foreign investors would be forced immediately to sell their holdings because many have rules prohibiting them from owning “junk” bonds."

Rentekoerse word deur ten minste twee faktore bepaal. Inflasie verhoog rentekoerse omdat die uitlener vergoed wil word vir die verminderde waarde van die geld wanneer dit terugbetaal word. As daar 'n risiko is dat die geld nie terugbetaal sal word nie, wil die uitlener ook vergoed word met hoër rente. Die risiko premium is bo en behalwe die inflasie. Dus, rentekoerse is ten minste = inflasie + risiko.

Krediet graderings is net van onmiddellike belang vir effekte ("bonds"). Die risiko op geld wat aan die regering geleen word verskil van die risiko verbonde aan 'n huislening, alhoewel dit gewoonlik naby mekaar is. As 'n regering nie 'n lening kan terugbetaal nie, is die ekonomie ook in 'n slegte toestand (Die risiko op huislenings vergroot gedurende 'n resessie of depressie, maar klaarblyklik styg rentekoerse nie in die omstandighede nie). Die Reserwe Bank verhoog net rentekoerse op bank depositos en huislening wanneer inflasie opgaan. Dit sal gebeur wanneer die regering eerder geld druk as leen.

Net 7.4% van Suid Afrika se begrote skuld koste is vir buitelandse skuld. Dit kan seker vervang word met plaaslike skuld. As plaaslike beleggers bereid is om geld aan die regering te leen teen 'n bepaalde koers omdat hulle meer vertroue het, is krediet graderings nie van belang nie. As hulle dink die risiko is te groot, word die regering geforseer om op te hou spandeer, of die geld te druk wat inflasie opjaag, en hulle ongewild sal maak onder kiesers. Die meganisme lyk self reguleerd.

Op die internet - Suid Afrika

Diamonds – putting the sparkle back in investors’ eyes? - Mineweb.

Goldman Sachs bets against the rand - IOL. Dit is 'n bietjie laat om nou geld eenhede te kort weens lae mineraal pryse. Die Dollar is oorprys.

Should we worry about market turmoil? - IOL.

Eskom Koeberg contract ruled ‘unlawful’ - Moneyweb.

JSE aandele

Anglo American: Crushing pressure - Financial Mail.

BHP Billiton slashes U.S. shale assets value by $7.2 billion - Reuters.

Opportunity amid chaos: stock picks 2016 - Moneyweb.

Truworths (TRU) se verkope insluitende Office, Earthchild en Naartjie was +36% hoër vir die 6m tot Des. Daarsonder was verkope +15.0% hoër.

Richemont (CFR) se verkope vir die kwartaal tot Des was -4% laer teen konstante wisselkoers, en +3% hoër teen werklike wisselkoers.

Woolworths (WHL) se verkope vir die 6m tot Des was +17.1% hoër (+12.3% sonder David Jones). David Jones verkope was +11.2% hoër in A$. Country Road verkope was +13.4% hoër in A$. Wesens VPA van 242.6c tot 262.0c word verwag, +25% tot +35% hoër (maar nie veel hoër as die verstelde VPA van 242c nie).

Massmart (MSM) se verkope vir 2015 was +8.4% hoër, met geskatte produkte inflasie van 3.0%.


Woensdag 13 Januarie 2016

Op die internet - Suid Afrika

Standard Bank CEO warns racism is a risk to SA growth - Moneyweb. Die diens wat 'n mens by Standard Bank kry, kan heel waarskynlikheid die gevolg wees van die bestuur se ras. Ras is 'n risiko vir SA groei, nie rassisme nie. Ek kon nie aanlyn aanmeld by my Standard Bank rekening nie, en her-registrasie by die nuwe webwerf wou nie werk nie. Ek moes Standard Bank skakel om uit te vind dat 'n klient weer van voor af moet registreer as 'n rekening nie vir 6 maande gebruik was nie. Na registrasie kon ek aanmeld, maar nie die tweede keer by die nuwe webwerf nie. Die ou webwerf het wel gewerk. Begunstigdes kan nie bygevoeg word nie. Die instruksies by Standard Bank makelaars oor hoe om geld te deponeer vanaf 'n ander Standard Bank rekening is ongeldig, en die antwoord op navraag nutteloos.

The depressive Super Cycle - Moneyweb.

Central bank to review policy stance as inflation risks climb - Moneyweb. Inflasie gaan op omdat die Reserwe Bank geld skep (of die ekonomie minder doeltreffend word), nie omdat die Rand val nie. As uitvoere afneem, en die Rand val, kan daar 'n inflasie golf wees, maar dit lei tot laer invoere, wat die Rand herstel. Die wisselkoers is die gevolg, nie die oorsaak nie. Swede het geen inflasie nie ten spyte van dalings in die Krona se waarde, omdat die geld voorraad min groei. Die Rand kan val en inflasie opgaan as gevolg van laer doeltreffendheid in die ekonomie, onder andere weens regstellende aksie.

SA seeks to expand added-value manufacturing - Business Day. "... SA exported R1.6bn in pharmaceuticals in 2013 ..."

Hunger strikes Southern Africa. El Nino decimates crops, livestock. - Biznews.

JSE aandele

Small Caps: Little treasures - Financial Mail.

Jasco (JSC) verwag inkomste vir die 6m tot Des wat +8% tot +13% hoër is, en wesens VPA van 5.42c tot 5.55c. Die aandeel verhandel gewoonlik in lae volume, maar het teen 3.30nm +32% na 62c gespring op hoë volume.

Shoprite sales stall due to ‘price war’ - Business Day.


Dinsdag 12 Januarie 2016

Op die internet

Are We Entering An Earnings/Sales Recession? (US) - Daily Reckoning.

Junk Bonds Signal 44% Recession Risk in 2016, Fridson Says - Bloomberg.

2 TV giants are plotting to bypass Netflix - UK Business Insider. 'n Maandelikse inteken fooi het nog sin gemaak toe uitsaaiers 'n vaste koste gehad het soos 'n satelliet of kabel netwerk, maar as die intekenaar vir internet toegang betaal, behoort hulle eerder per TV program te betaal.

JSE aandele

Van Vuuren: Rand depreciation promoting inequality. Downtrend continues. - Biznews. Die grootte van die pieke is te moeilik om te voorspel, maar die Rand behoort te versterk om terug te keer na die gemiddelde.

Buy Or Sell BHP Billiton Stock - Talk Markets.

Shoprite se omset vir die 6m tot Des was +8.8% hoër. SA supermark verkope was +7.2% hoër, en interne inflasie +2.7%.

AB InBev word 15 Januarie 2016 op die JSE gelys.

EOH het in besighede belê in Morocco, Turkey, Iran en Mozambique. Die maatskappy verwag beduidende ("significant") groei in inkomste en VPA vir die 6m tot 31 Jan. (Kommentaar: die aandeel prys het nie veel gereageer nie, dalk omdat die mark nie weet wat "significant" in persentasie beteken nie. Groei het stadig afgekom. Groei van 30% of net daaronder?)

Obama sets 15 March AGOA deadline - Moneyweb.

Oil continues slide below $31 at 12yr lows. Stockpiles seen expanding. - Biznews.

Volgens die grafiek by Exchange, Inflation, and Interest Rates het die Rand in 2001 verswak, wat tot inflasie gelei het, en rentekoerse was verhoog. In 2008 het inflasie en rentekoerse opgegaan voor die Rand verswak het. Rente koerse het daarna geval. Hierdie keer het die Rand alreeds oor jare verswak, en die ekonomie is swak. Die onlangse val in die Rand kan wees as gevolg van beleggers wat geld in Japan geleen het teen lae rentekoerse, en dit in Suid Afrika belê het teen hoë rentekoerse, en nou angstig is om uit die posisies te kom.


Maandag 11 Januarie 2016

Op die internet

Is The Auto Loans Bubble Ready To Pop? - Value Walk.

A cure for type 1 diabetes! Prof Eli Lewis on a medical holy grail - Moneyweb.

JSE aandele

Anheuser-Busch InBev confirms Johannesburg listing to start this week - Just Drinks.

Foschini (TFG) berig dat verkope +27.2% hoër was in Desember. Sonder Phase Eight was verkope +13.5% en inflasie +7.5%. (Wins groei was laas +9.8% vir die 6m tot Sep).

Pinnacle het 'n verdere 19.79m aandele in Datacentrix bekom, en besit nou 108.311m aandele, wat 55.30% van Datacentrix se aandele is.

How far the rand has fallen: from 2000 to 2016 - BusinessTech. Relatiewe onder waardasie is nou op dieselfde vlak as 2002.

Details emerge on Cell C JSE listing date - BusinessTech.

Vandag se bewegings op die JSE het nie sin gemaak nie. Bloomberg het vandag 'n bohaai gemaak oor 'n val in die Rand in lae handel buite normale ure. Banke het weer geval – met die geld voorraad wat rondom 9% groei, sal banke meer geld maak. Die platinum prys is af, maar platinum myne is op. Die yster erts prys daal – die Rand val kort termyn meer, maar die tempo waarteen die Rand val is nie volhoubaar nie. Die olie prys is laer, maar Sasol is op. Die media wat gedurig Zuma aanhaal, vererger die Rand situasie.

Economy: Why is the collapsing rand not making exporters go wild - Financial Mail. Geld eenhede is eweredig aan die geskooldheids vlak van die bevolking – die Rand kan swakker wees weens 'n verlies aan geskoolde arbeid (meer moet ingevoer word). Wanneer plaaslike goedere veel goedkoper is in Suid Afrika as in ander lande, dui dit op invoer beperkings in die ander lande.

Call for policy change in hedge fund investing - Business Day.

Adjust your expectations for investment returns - Moneyweb. As iemand die klok sal lui wanneer die Rand 'n piek bereik het, behoort dit aantreklik te wees om geld terug te bring. Die skielike tuimelings in die Rand het al baie plaasgevind, en die Rand het daarna versterk. In 2003 het die Rand versterk van omtrent R8 na R6.50, en in 2008/9 van omtrent R10 na R7.3. Die geld voorraad groei in die VSA is 6.2%, teenoor omtrent 9% in Suid Afrika. As dit 'n aanduiding van inflasie is, regverdig die klein verskil nie die groot val in die Rand nie. Die VSA het 'n handels tekort, en die dollar behoort iewers in die verre toekoms te verswak (as geld ophou invloei).

Die JSE aandeel mark kan basies in twee verdeel word: maatskappye wat baat by die swak Rand weens buitelandse bedrywighede, en die wat benadeel word deur duurder invoere.

Rand Faces More Manic Mondays as Japan Currency Romance Unwinds - Bloomberg. Ek weet niks van die handel in geld eenhede nie, maar wie verkoop Rand teen 7.04 vm Tokyo tyd? Die meeste handel vind tog seker plaas gedurende Suid Afrikaanse werksure.

Rand Sinks Most Since 2008 as Traders Fret Over China, Liquidity - Bloomberg. Die Rand val meer as Tencent, maar die mark verhandel met Naspers volgens die bewegings in Tencent. Die Rand verswakking weens laer uitvoer mineraal pryse word tot 'n groot mate uitgebalanseer deur die val in die olie invoer prys (behalwe as mineraal volume val), en waarskynlik laer masjinerie invoer deur mynbou en landbou. Die hoof rede vir die val in die Rand is geld skepping. Dit is noodwendig deel van die transformasie na 'n primitiewe Afrika land, wat die ANC, DA en EFF ondersteun. Afrika lande het verswakkende geld eenhede want regerings druk geld vir uitgawes (mense wil nie belasting betaal nie).


Sondag 10 Januarie 2016

Op die internet

Weighing The Week Ahead: Is It Time To Buy The Dip? - Talk Markets.

Op die internet - Suid Afrika

Elon Musk could build Tesla ‘gigafactory’ in Cape Town: report - BusinessTech. "Tesla Motors is already planning to open an office in South African in early 2016, aimed at providing its energy storage solutions to local consumers and businesses."


Saterdag 9 Januarie 2016

Op die internet

VW proposes catalytic converter to fix U.S. test cheating cars - Bild am Sonntag - Reuters.

Corbyn’s Labour is now an irrelevant cult (UK) - The Telegraph. "Labour is now mostly a front for some of the vilest and most repulsive political movements on the planet"

We May Be Near A Bottom For Commodities - Talk Markets.

The “Hanging in There” Game for Oil Producers - Value Walk.

Is a Crash Just Around the Corner? - Value Walk.


Vrydag 8 Januarie 2016

Op die internet

This is What Happens after PE Firms Get Through with a Retailer (Private Equity) - Wolf Street.

Back From The Moon - Talk Markets. "... money growth continues to swell at a 6.2% domestically over the last 12 months ..." (US)

Myths Your Parents Told You About Stock Buybacks: DB - Value Walk.

Predictions For 2016 - Talk Markets. "I’m betting that you cannot solve the debt crisis evident during the Great Recession by taking on a record amount of debt."

SNB Suffers Record 23 Billion-Franc Loss on Strong Currency - Bloomberg.

South Africa’s Rand May Weaken to 19 per Dollar, Nomura Says - Bloomberg. Dit neem gewoonlik 'n paar maande vir invoerders en uitvoerders om aan te pas by swak Rand. Daarna behoort dit te versterk. Verbruikers moet eers ophou om ingevoerde produkte te koop weens die hoë prys, voor die invoer gestaak word.

That Giant Sucking Sound You Hear Is the ETF Options Market - Bloomberg.

Bond markets are forecasting further weakness in stocks while investors are running out of options (US) - Yahoo.com.

Pay-as-you-go solar power is bringing electricity to more people in rural East Africa - Quartz.

JSE aandele

Dividends: both saviour and villain in 2015 - Moneyweb.


Donderdag 7 Januarie 2016

Op die internet

10 science-backed life hacks you can teach yourself in under 5 minutes - Business Insider UK.

The most convincing argument for legalizing LSD, shrooms, and other psychedelics - Vox.

These 5 Surprising Celebrities Are Joining Hillary Clinton On the Campaign Trail - Fortune. Hillary Clinton sal 'n ramp wees vir die VSA ekonomie. Die woord "Clinton" is naby aan die "Klingon" karakters uit Star Trek. Dalk is die Clintons vreemde wesens uit die buitenste ruim.

German Factory Orders Rise in Sign of Solid Domestic Demand - Bloomberg.

Fly to Work in The World's First Autonomous, Human-Size Drone - Fortune. Dink net aan die lawaai as 1 miljoen mense werk toe gaan.

CleverPet Is a Game Console for Dogs (Yes, for Dogs) - Yahoo.

The 3 countries (and 1 disputed territory) that don't have Netflix - Vox.

JSE aandele

EOH lyk na 'n winskoop op 'n prys/verdienste van R122.4/R5.48 = 22. Barclays Africa verhandel nou op 'n prys/verdienste van R128.3/(817c+797c) = 8.0, en dividend opbrengs van (525c+450c)/R128.3 -15% = 6.5%. Naspers se afslag op hulle Tencent aandele is nou kleiner op -19%. Die val in die olie prys beteken swaarkry vir Nigerië. MTN moet eerder die Nigeriese besigheid afsplit sodat dit nie MTN se resultate beïnvloed nie.

Die JSE is deur die dag -2.7% laer, en die Rand R16.08/$, waar dit 'n maand gelede was. Desperate verkopers. Bank aandele val, dalk omdat mense verwag die Rand val sal tot inflasie en hoër rente koerse lei. Die groot invoer wat inflasie kon veroorsaak het, is olie, maar die prys daarvan val, en sal nie veel inflasie veroorsaak nie. Baie invoere is nie so noodsaaklik dat dit nie verminder kan word nie, soos televisie programme. Ingevoerde karre kan verminder word, want dit word ook plaaslik vervaardig.

In een of ander stadium sal ander aandeel markte die val in die Chinese Shanghai moet ignoreer, want laasgenoemde is baie meer oorprys. Die JSE word deels opgehou deur rand verskansde aandele.

In die stryd tussen die groot olie produsente kan die olie prys te laag daal vir Sasol se chemiese proses om winsgewend te wees. Die olie produsente pomp die maksimum olie van bestaande gate om maksimum wins teen die lae prys te maak. Dit lyk of die bestaande gate nog jare kan hou, voor die koste van nuwe gate die olie prys opstoot.


Woensdag 6 Januarie 2016

Op die internet

Ultra-thin laptops aren't what we need, but we want them anyway - Verge.

World Bank cuts global economic growth outlook - Reuters. Dit is nie wat aandeel markte sê nie. Volgens die markte gaan die wêreld in 'n depressie in.

Chart Of The Day: Beijing Bosses Propping Up Chinese Stock Market At 65X - Talk Markets.

The Endless Mini is an Affordable Computer for the Developing World - Popular Science. Daar is deesdae baie van die klein rekenaars. $79 is omtrent R1250. Die Raspberry Pi kos omtrent R470 sonder kas, kragbron, ens. Dit is feitlik onmoontlik vir die publiek om sagteware in Linux te installeer.

Op die internet - Suid Afrika

Netflix is nou in 190 lande beskikbaar, insluitende Suid Afrika (Netflix Media Center). Die amptelike webwerf is Netflix, maar daar is geen lys van programme nie. Ander webwerwe verskyn op 'n Google soektog wat klaarblyklik niks met Netflix te doen het nie.

Tough exams blamed for fall in matric pass - Techcentral. Die punte word gewoonlik verstel as die eksamen vraestel te moeilik of maklik was. M.a.w. die departement van onderwys besluit eers wat die slaag syfer behoort te wees, en dan word almal se punte aangepas om dit te bereik. Dit was vir meer as 50 jaar die geval. Dalk word dit nie meer gedoen word nie. Daar is geen absolute standaard in onderwys nie. As die gemiddelde student dommer word, word die leerplan daarby aangepas.

Business leaders must act to cure ailing economy - Business Day. Dit gaan nie help nie. As die ekonomie beter doen, gaan die ANC in die regering bly, en wanbestuur voortduur. Die publiek moet eers 'n politieke party verkies wat die primêre funksies van 'n regering vervul.

JSE aandele

Why Reunert may be worth a punt - Techcentral.

Die Rand is nou R15.84/$. Die JSE gaan meestal sywaarts.

Rally over as iron ore headed back to $US30s: Citi - SMH.


Dinsdag 5 Januarie 2016

Op die internet

Germany is the world’s strongest economy - Quartz.

The Perverse Paradox in Mexico’s “Model” Economy - Wolf Street.

In this Dismal Economy, There’s One Thing that’s Booming! (US) - Wolf Street. "The Brewers Association reported that the total number of breweries in the US soared to 4,144 in 2015 – a phenomenal 36% jump from a year earlier"

A stock-market crash of 50%+ would not be a surprise — or the worst-case scenario - Business Insider UK.

China Said to Intervene to Prop Up Stock Market After Slide - Bloomberg.

It's not just the Oregon militia: Why many Westerners get angry about federal land rights - Vox.

Lang termyn aandeel mark vertonings

Die S&P 500 het vir sewe jaar geklim, maar begin nou soos 2007 'n afwaartse neiging toon (Bigcharts). Die FTSE 100 in Londen is nou terug waar dit was aan die begin van 2013 en die einde van 2006 (Bigcharts). Die DAX in Duitsland het lang termyn groei met 'n onlangse afplatting in die vorm van 'n vernouende driehoek patroon (Bigcharts).


Maandag 4 Januarie 2016

Op die internet

A hot US fintech startup that lets you trade stocks for free is coming to Europe - Business Insider.

Regression To Trend - A New Look At Long-Term Market Performance - Talk Markets.

The Economy In 2016: On The Edge Of Recession (US) - Talk Markets. Die blote verskynsel dat so baie lande daarin slaag om altyd 'n bietjie ekonomiese groei te kry, skep wantroue in die meting van inflasie. Van normale afwyking rondom die gemiddelde sou 'n mens meer resessies verwag het.

HSBC: Sweden is 'skating on thin ice' and its housing bubble 'is not sustainable' - Business Insider UK.

Reuse standbeeld in China. Dit is die skaal waarop standbeelde in Suid Afrika gebou moes wees om skade deur die EFF te verhoed.

Op die internet - Suid Afrika

US set to reimpose tariffs on SA goods - Business Day.

JSE aandele

Wanneer daar 'n groot val is in die mark, word 'n klomp stop verlies (vaste instruksies aan 'n makelaar om teen 'n sekere prys posisies te sluit) verkope van spekulante gesneller. Die stop verlies beginsel kan nie werk nie. As 'n mens wins in een rigting kon maak, en verlies in die teenoorgestelde kon vermy, sou almal ryk gewees het. Dit is nie moontlik nie. Mark wisselvalligheid is noodsaaklik om die posisies uit te mark te druk, sodat lank termyn beleggings vorentoe oorheers.

Naspers verhandel omtrent 22% onder die waarde van hulle aandele in Tencent. Dit lyk of die mark nog nie Naspers se waardasie aangepas het na die val in die Rand nie. Tencent is vanoggend -2.1% laer saam met die Hang Seng wat -2.7% laer is. Die Shanghai is -6.9% laer. Die wêreld se ekonomieë kan vanjaar swak vaar. Een sekerheid is dat die Rand sal val as die ekonomieë swak is. As 'n mens die rand verskansde aandele uitlaat, en aandele wat alreeds getuimel het soos myne en banke, bly daar nie veel aandele oor om te kort nie. Die verkoop van myn aandele word oud. Die yster erts prys (Chinese fyn ingevoer) is vandag hoër na $43.8.


Saterdag 2 Januarie 2016

Op die internet

2015 Hardest Trend Following Stocks Since March Of 2009 - Talk Markets.

Op die internet - Suid Afrika

Opinion: Stock picks for 2016 - Moneyweb.

Lae handel in JSE aandele

Die JSE behoort in twee verdeel te word, naamlik aandele wat altyd kopers en verkopers het met 'n klein prys gaping, en die res wat vermy kan word. Wanneer die aandele in 'n CFD (Contract For Difference) gehou word, word die waarde bepaal deur die koper se bod prys, al word dit nie verkoop nie. Wanneer die mark tuimel, kan die bod na enige prys val weens 'n gebrek aan kopers. Die makelaar verwag die klient genoeg kontant in die rekening het om die teoretiese verlies te dek. Dit maak die posisie sinneloos, want die doel van 'n CFD is dat 'n mens net 5% tot 25% nodig het om die aandele te koop.


Vrydag 1 Januarie 2016

Op die internet

You probably know to ask yourself, “What do I want?” Here’s a way better question - Quartz. "Because happiness requires struggle."

2016 Market Outlook & Forecast - Talk Markets.

Happy New Year: America’s Largest Utility Jacks up Rates the Most since 2006 Despite Total Collapse of Natural Gas Prices - Wolf Street. "It will hike natural gas rates for the average residential customer by 4.0% and electricity rates by a stunning 8.5%"

Op die internet - Suid Afrika

You can thaw and refreeze meat: five food safety myths busted - Timeslive.

Voorlopige 2016 vooruitsigte vir JSE aandele

Dit is beter om beleggings besluite te neem nadat maatskappye met 'n Desember jaar einde resultate uitgebring het. Daar is soveel geld van aandeel fondse wat 'n belegging soek op die JSE dat enige maatskappye wat nog groei het op hoë waardasies gehou word, insluitende handelaars wat nou sukkel weens die swak ekonomie. Banke het geval weens krediet graderings wat die groei in die geld voorraad ignoreer, en kan verder herstel. Myne kan óf bankrot speel, óf die aandeel pryse kan baie herstel, óf die maatskappye net genoeg kostes sny om gelyk te breek, in welke geval die aandeel pryse nie soveel sal opgaan nie. Anglo American se prys/verkope is 0.31, Amplats 0.81, BHP Billiton 1.2, en Kumba 0.32. Die mark het Anglo verkoop tot dieselfde vlak as hulle yster erts myn wat 'n vyfde van die besigheid is, maar dink platinum sal beter vaar. As die geweldige krediet wat wêreldwyd opgehoop het tot ekonomiese swakheid lei, sal dit nie goed wees vir Suid Afrika se uitvoere, en die JSE nie. Die JSE het die afgelope jaar sywaarts beweeg. 'n Mens sou verwag dat inflasie die JSE vorentoe kan steun, deur byvoorbeeld die rand verskansde aandele. Maatskappye met buitelandse inkomste se volgende resultate sal bevoordeel word die swakker rand.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2016