Web Joernaal



Woensdag 30 Sep 2015

Op die internet

Real Martians: How to Protect Astronauts from Space Radiation on Mars - Nasa.

The Ugly Truth About Trading... - Daily Reckoning.

JSE aandele

Die JSE het vandag +1.43% opgegaan – in teenstelling met ander aandeel markte word die JSE deur inflasie ondersteun, wat maak dat die stygings die dalings mettertyd oorheers. Glencore was +15.6% hoër, en Naspers +3.0%.

SAB Miller is op na R780. 'n Mens wonder waarom Anheuser-Busch InBev skielik van besluit verander het, na hulle voorheen nie belang gestel het om SAB oor te neem nie. Dalk was dit na hulle te veel van hul eie bier produkte geniet het. Beide maatskappye het seker min mededinging want die netto wins marge is 17.3% vir SAB en 20.7% vir Anheuser. Analiste verwag -31% laer inkomste vir SAB, en -5.2% laer vir Anheuser. Dit is seker weens geld eenhede wat geval het teenoor die dollar. Saam lyk die moontlikheid van verkope groei en wins marge groei maar skraal.

Datatec (DTC) verwag vir die eerste 6m tot Augustus 'n wesens VPA van omtrent $0.12, wat -25% laer is, weens 'n wisselkoers verlies op die Angola Kwanza.


Dinsdag 29 Sep 2015

Op die internet

The Tell-Tale Signs of a Bear Market - Wolf Street.

Illegal Volkswagen diesel emission systems may require two solutions - Reuters.

JSE aandele

Will debt sink Glencore? - Moneyweb.

Tiger: how to lose R1.5bn inside 24 months… - Moneyweb.

Vandag het Glencore +7.6% herstel, Italtile was +7.3%, Assore +4.4%, Mediclinic +4.5%, Kumba +4.0%.

Gewoonlik is dividend opbrengs te laag om 'n verskil te maak, maar die val in party aandeel pryse het dividend opbrengs verhoog. 'n Hoë dividend opbrengs is gewoonlik 'n teken van lae of negatiewe groei, wat beteken dat die dividend dalk nie volhoubaar is nie. Die dividend is geneig om 'n bodem te skep vir 'n dalende aandeelprys, tot die dividend gesny word. Voorbeelde van laaste dividend opbrengs na 15% belasting: Adcorp (ADR) 148c/R28.5 = 4.4%, Anglo American (AGL) ~2xR3.969/R117 ~ 5.8%, ARM (ARM) 350c/R54 = 5.5%, Assore (ASM) 600c/R70 = 7.3%, Barclays Africa (BGA) (525c+450c)/R167 = 5.0%, Coronation (CML) 2x246c/R68 = 6.1%, Hudaco (HDC) (310c+180c)/R106 = 3.9%, Lewis (LEW) R5.17/R62 = 7.1%, MMI (MMI) 155c/R24 = 5.5%, MTN (MTN) 2x480c/R178 = 4.6%, Nampak (NPK) 149c/R27.22 = 4.7%, Reunert (RLO) R3.80/R62 = 5.2%, Vodacom (VOD) R7.75/R137 = 4.8%.

Capitec Bank (CPI) se inkomste vir die 6m tot Augustus was +17% hoër, en vwVPA +25% hoër. Die prys/verdienste is nou R477.59/R25.57 = 18.7.

Internasionale aandeelmarkte

Die S&P 500 het gister -2.6% laer gesluit, en die Nasdaq -3.0% laer. Gedurende Dinsdag was die Shanghai mark -1.8% laer en die Hang Seng -3.6% laer. Noudat baie maatskappye resultate uitgebring het, beweeg aandeel markte in 'n stiller periode in, wat gevaarlik kan wees. Terwyl maatskappye resultate uitbring is kopers opgewonde en hou aandele op. Tot die volgende resultate uitkom, is daar minder rede om te koop.


Maandag 28 Sep 2015

JSE aandele

Die JSE het vandag -1.67% geval. Die rand het na R14.01 geval. Die grootste valle was: Glencore -26.4%, Kumba -14.1%, ARM -13.4%, Exxaro -10.0%, Anglo -9.3%. Party myn maatskappye het alreeds baie geval, en lyk goedkoop. Party analiste en finansieële TV kanale skep die indruk dat die wêreld tot 'n einde kom, en dat daar geen aanvraag na minerale gaan wees nie. SAB Miller is +3.1% hoër, wat die prys/verdienste nou R776.68/$2.366xR14.00 ~ 23 maak. Anheuser-Busch InBev (VSA: BUD) se prys/verdienste is 18.7.

Byvoorbeeld, Anglo se aandeel prys is nou R118.65, teenoor verkope per aandeel van R251. Die aandeel prys voorspel dat Anglo geen wins gaan maak in die afsienbare toekoms nie. Dit sal verbasend wees gegewe die rand se val. Platinum verkope kan dalk val, maar mense gaan steeds voertuie koop, en elektriese voertuie is steeds te duur. As regerings strenger standaarde stel vir uitlaat gasse, sal meer platinum of palladium benodig word.

Glencore in freefall as analysts see tougher restructuring ahead - Moneyweb.


Vrydag 25 Sep 2015

Op die internet

Jim Cramer Is Worried About Volkswagen, Glencore, and Petrobras - The Street.

JSE aandele

Op finansieële TV kanale raak kommentators behep met die swak ekonomie in China en laer mineraal pryse. As daar swakheid is in die Chinese ekonomie is dit weens 'n verswakking in die aanvraag na hulle produkte in die res van die wêreld. Die kommentators kan dan eerder hulle uitspreek oor die resessie in res van die wêreld.

Glencore word geprys vir bankrotskap. Anglo American (AGL) se besigheid is goed versprei. Inkomste vir die 6m tot Junie het bestaan uit yster erts 17.4%, steenkool 22.6%, koper 15.9%, platinum 22.6%, en diamante 26%. Die "EBITDA" (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings) bydraes was yster 21%, steenkool 18%, koper 18%, platinum 16%, diamante 24%. Die yster erts prys in China herstel in yuan en rand. Die steenkool prys is plat in dollars, en klim in rand. Die platinum prys daal in dollars, maar plat af in rand. Koper wins hang af van die bewegings in die geldeenheid van die land waarin die myn geleë is. Diamant inkomste het -21% geval in dollars.

Vir die 6m tot Junie was Anglo se netto wins marge 1.9% wesens of 7.8% onderliggend. BHP Billiton (BIL) se netto wins marge was 9.2% wesens of 4.8% onderliggend. Die groot verskil in die waardasies van die twee maatskappye maak nie sin nie. Anglo is op 'n prys/verkope van 0.58, en BHP Billiton 1.86.

Diesel en platinum

Volkswagen's appalling clean diesel scandal, explained - Vox. "Since 2009, Volkswagen had been installing elaborate software in 482,000 "clean diesel" vehicles sold in the US, so that the cars' pollution controls only worked when being tested for emissions. "

Catalytic converter - Wikipedia. "Three-way catalytic converters (TWC) have the additional advantage of controlling the emission of nitrogen oxides (NOx), particularly nitrous oxide, a greenhouse gas over three hundred times more potent than carbon dioxide, a precursor to acid rain and currently the most ozone-depleting substance. ... Three-way converters are effective when the engine is operated within a narrow band of air-fuel ratios near the stoichiometric point, such that the exhaust gas composition oscillates between rich (excess fuel) and lean (excess oxygen). Conversion efficiency falls very rapidly when the engine is operated outside of this band."

Dit is nie duidelik hoe Volkswagen die filter uitlaat gasse kon gemanipuleer het nie. Die uitlaat stelsel is nie normaalweg verstelbaar nie. Die verbranding van diesel in die enjin kan verstel word. Brandstof kan net verbrand as daar genoeg suurstof is. Oortollige brandstof kan meer besoedeling veroorsaak, maar seker nie meer drying lewer nie.

Die Volkswagen diesel kar skandaal kan tot laer diesel kar verkope lei as die publiek van diesel afgeskrik word, wat platinum volume kan verminder. Platinum en palladium is omruilbaar vir petrol enjins, so die mark kan verskuif van palladium na platinum. 'n Uitlaat stelsel benodig minder platinum as palladium, wat die rede is waarom platinum duurder is a palladium.


Donderdag 24 Sep 2015

Op die internet

Global Markets: It's Getting Ugly Out There - Talk Markets.


Woensdag 23 Sep 2015

Rugby wêreld beker

Reël veranderings het rugby verander in 'n vervelige draf-en-val spel. Elke speler wat die bal kry hardloop in teenstanders in, en val dan grond toe om bal besit te behou. Skeidsregters blaas meer in die guns van een span.

9.00nm Frankryk 38 - Romanië 11
5.45nm Australië 28 - Fiji 13
3.30nm Skotland 45 - Japan 10

JSE aandele

Die Monetêre Beleids Komitee het rentekoerse onveranderd gelaat, 'n dag vroeër weens 'n vakansie dag môre.

PPC (PPC) sê sement verkoops pryse was laer in alle gebiede. Volume was plat in Suid Afrika.

ELB Group (ELR) se inkomste vir die jaar tot Junie was +8.3% hoër, en vwVPA -15.4% laer.

Taste (TAS) verwag vir die 6m tot Aug 'n kern VPA van -1c to +1c, vergeleke met 4.3c die vorige tydperk.

Ten minste drie konstruksie aandele lyk nie so sleg soos die res van die sektor nie, gebaseer op hulle laaste resultate. Die koop-verkoop prys gaping kan wyd wees weens lae handel. Raubex (RBX) se inkomste vir die jaar tot Feb. was +14.5% hoër, en vwVPA +11.9% hoër. Die prys/verkope R18.66/R37.9 = 0.49 en prys/verdienste R18.66/R2.06 = 9. Dividend opbrengs na belasting was 3.2%. Stefanutti Stocks (SSK) se inkomste vir die jaar tot Feb. was +12% hoër, en vwVPA +85% hoër. Die prys/verkope is 425c/R56.6 = 0.075 en prys/verdienste 425c/147c = 2.9. Geen dividend nie. Consolidated Infrastructure Group (CIL) se inkomste was laas +27% hoër, en vwVPA +23%. Volgende resultate rondom 29 Oktober.

Adcorp (ADR) se prys het die laaste paar maande geval. Die prys/verdienste is nou R29.00/R2.81 = 10.3. Die inkomste vir die jaar tot Feb. was +13% hoër, en vwVPA +60% hoër.


Dinsdag 22 Sep 2015

JSE aandele

Glencore slumps to record low - IOL. Die prys/verkope van Glencore is omtrent R21.60/~R176 ~0.12 (bemarking afdeling seker laer marge), BHP Billiton (BIL) R217.18/~R131 ~1.66, Anglo (AGL) R135/~R242 ~0.56, en Kumba (KIO) R89.36/~R128 ~0.7.

Choppies Enterprises (CHP) van Botswana se inkomste vir die jaar tot Junie was +19% hoër, en wesens VPA +22% hoër. Dit lyk of die prys/verdienste 594c/(16.92thebe xR1.307) ~27 is.

Attacq (ATT) se inkomste vir die jaar tot Junie was +50% hoër, en vwVPA af van 52.7c na 2.1c.


Maandag 21 Sep 2015

JSE aandele

Maatskappye wat in die hotel bedryf betrokke is, is City Lodge (CLH) inkomste R1303M, Gooderson Leisure Corp (GDN) inkomste R120M, Sun International (SUI) 7.8% van inkomste, en Hospitality Property Fund (HPA, HPB) omset R434M. City Lodge (CLH) se laaste inkomste was +23% hoër, VPA +13% hoër, prys/verdienste R138.84/712c = 20 en dividend opbrengs 460c/R138.84 = 2.8% na belasting. Hospitality A (HPA) se 6m uitkering van 74.88c gee 'n jaar ekwivalente opbrengs van 2x74.88c/R12.00 = 12.5%. Die groei koers is beperk tot die amptelike "CPIX" inflasie koers wat naby 5% is. Hospitality B (HPB) se inkomste is op die oomblik baie laag weens 'n val in totale inkomste.

Silverbridge (SVB) se inkomste vir die jaar tot Junie was -3.5% laer, en wesens VPA +42% hoër na 24.1c

Rolfes (RLF) se inkomste vir die jaar tot Junie was +13.1% hoër, en wesens VPA 38.2c, wat +5.5% hoër is of +30% op herverklaarde waarde.


Sondag 20 Sep 2015

Rugby wêreld beker

Die naweek se rugby wedstryde was eensydig en vervelig, behalwe vir die 34-32 uitslag tussen Japan en Suid Afrika. Die spel word oorheers deur die aanhoudende geblaas van die skeidsregter. Die Springbokke speel soos 'n span sonder 'n afrigter. Hulle verteenwoordig 'n land wat funksioneer asof dit nie 'n regering het nie.

5.45nm Nieu Seeland 26 - Argentinië 16
3.30nm Wallis 54 - Uruguay 9
1.00nm Samoa 25 - VSA 16


Saterdag 19 Sep 2015

Rugby wêreld beker

9.00nm Frankryk 32 - Italië 10
5.45nm Suid Afrika 32 - Japan 34
3.30nm Ierland 50 - Kanada 7
1.00nm Tonga 10 - Georgië 17


Vrydag 18 Sep 2015

Rugby wêreld beker

9.00nm Engeland 35 - Fiji 11
8.00nm Opening seremonie

JSE aandele

Holdsport (HSP) verwag vir die 6m tot Augustus 'n kern wesens VPA van 217.5c tot 224.5c, +25% tot +29% hoër (+18% tot +22% uitgesluit wisselkoers kontrakte).

Illovo (ILV) verwag vir die 6m tot Sep 'n wesens VPA van 68.4c tot 85.5c, -50% tot -60% laer. Vir die jaar tot Maart 2016 word steeds 98.4 tot 134.2c verwag.


Donderdag 17 Sep 2015

JSE aandele

Remgro (REM) se intrinsieke netto bate waarde was R288.89 op 30 Junie, +17.5% hoër. Die verkope was +3.9% hoër, en vwVPA +21% hoër (hoofsaaklik weens RCL Foods).


Woensdag 16 Sep 2015

Op die internet - Suid Afrika

810 785 cars stolen in South Africa over the last 10 years - Rand Daily Mail.

SA’s Future? Now Zim revisits agriculture policy post land-grab destruction - BizNews. Zimbabwe het teruggegaan na oorlewings boerdery, wat 'n mens sou verwag van 'n Afrika land. Daar is waarskynlik geen moderne boerdery praktyke nie. Suid Afrika sal eers daarheen terugkeer wanneer daar nie meer 'n ekonomie is wat welsyn verskaf nie.

JSE aandele

Master Drilling (MDI) verwag vir die 6m tot Junie dat die wVPA +0.5% tot +20.5% hoër sal wees in VSA dollars, en +13.3% tot +33.3% hoër in rand. Dan is die prys/verdienste rondom R14.40/~75.2c ~ 19.

SABMiller (SAB) het aangekondig dat Anheuser-Busch InBev hulle ingelig het dat hulle beoog om 'n voorstel te maak om SABMiller aan te koop. Die SABMiller aandeel prys is tans +20% hoër na R750. Die mark wag al jare dat dit gebeur. Wat verbruikers nodig het is meer mededinging wat tot meer innovasie lei, en die mark oophou vir nuwe deelnemers.

Quantum Foods (QFH) verwag vir die jaar tot September 'n wVPA van ten minste 49.4c, teenoor 11.2c 'n jaar gelede. Die eerste 6m wVPA was 26.3c. Die aandeel prys is nou 332c.

Richemont (CFR) se verkope vir die 5m tot 31 Augustus was +4% hoër teen konstante wisselkoers (Europa +26%, Asië -18%, Japan +48%), en +16% hoër in Euros weens die verswakking van die Euro.

EOH (EOH) se inkomste vir die jaar tot Junie was +35% hoër, en vwVPA +31% hoër. Die prys/verdienste is nou R159/R5.48 = 29.

Clover (CLR) se inkomste vir die jaar tot Junie was +8.6% hoër, en vwVPA +70% hoër. Die prys/verdienste is nou R18.21/165.9c = 11. Die jaar se dividend opbrengs is 2.6% na belasting.


Maandag 14 Sep 2015

JSE aandele

Comair (COM) se inkomste vir die jaar tot Junie was -6.2%, of dieselfde as die herverklaarde inkomste vir die jaar tevore. Die vwVPA is -14% laer. Die prys/verdienste is nou 301c/47.9c = 6.3. Die jaar se dividend is 4.2% na belasting. Lae volume.


Sondag 13 Sep 2015

Op die internet

Why Commodities And Precious Metals Are True Contrarian Opportunities - Talk Markets.

100% Of US Economists Think China Is Lying About GDP Growth, WSJ Finds - Talk Markets. As 'n ekonomie teen 7% per jaar groei, beteken dit dat die volgende geslag (na 25 jaar) 'n lewens standaard het wat 5.4 keer groter is as hulle ouers (uitgesluit bevolkings groei). As die ouers 'n 200m² huis gehad het, kan die volgende geslag 'n 1080m² huis gekostig. Dit is onmoontlik. Dit lyk of baie behuising geskep is, en kar besit is veel hoër in China as 'n geslag gelede. 'n Mens kan bloot die lewens standaard van jong mense vergelyk met hulle ouers op dieselfde ourderdom in ander lande om te bepaal wat die ekonomiese groei is.

ETFs Do Battle - Talk Markets.


Saterdag 12 Sep 2015

Op die internet

Three Steps To Protect Your Portfolio From The Next Bear Market - Talk Markets.


Vrydag 11 Sep 2015

Op die internet

Oil prices 'to remain below $50 until end of 2016' - The Week UK.

Gold price continues to 'seek out a bottom' - The Week UK.

Character Traits Of The Great Investor Sir John Templeton - Value Walk.

Op die internet - Suid Afrika

Anyone who finds investing easy is stupid - Moneyweb. Die onverstaanbare waardasies en wisselvalligheid van aandele dui op daarop dat al meer mense probeer om geld te maak uit aandele sonder enige kennis.

WATCH: Consistent Trump’s popularity surges; Hillary dropping like a stone - Biznews.

US considers suspending SA’s membership of AGOA, ending billions in exports - Biznews. By Walmart (VSA) kos 'n 6-stuk 32 oz (907g) pak Tyson Chicken Thighs $3.56 (R48.3). Dit is R53.3/kg. Dit lyk of 6 stukke by Pick n Pay R39 sal kos. By Woolworths kos Free Range Chicken Thighs R97.74 vir 1.1kg, wat R85/kg is. Die rand het die laaste 4 jaar getuimel. As hoender steeds goedkoper ingevoer kan word, is plaaslike produksie te duur. Daar is inboorlinge wat so honger is dat hulle tarentale jaag wat in woonbuurtes rondloop, maar hul regering wil hê dat hulle meer vir hoender moet betaal. In plaas van gratis/gesubsidieerde behuising, elektrisiteit, mediese dienste, vervoer, ens. behoort die regering kos seëls uit te deel, en die bevolking te laat werk vir al die ander dienste.

JSE aandele

Rand Merchant Insurance (RMI) se beleggings markwaarde het +32% opgegaan na R43.2 per aandeel, vergeleke met die huidige aandeel prys van R41.00. Inkomste is +10% hoër en vwVPA +13% hoër na 218c. Die jaar se dividend opbrengs is 2.4%.


Donderdag 10 Sep 2015

Op die internet

Chilean Peso and Copper Prices - Yahoo Finance. Dit beteken myne wat minerale in lande myn met 'n duur geldeenheid, soos die VSA, swak sal vaar. Die lande wat die meeste minerale uitvoer het die beste beskerming teen vallende pryse want die geld eenheid val saam met die mineraal prys.

China Consumes Mind-Boggling Amounts Of Raw Materials [Chart] - Value Walk.

JSE aandele

Torre (TOR) se inkomste vir die jaar tot Junie was +208% hoër, en vwVPA +147% hoër, weens die aankoop van besighede. Die prys/verdienste 485c/29.9c = 16.

Discovery (DSY) se inkomste vir die jaar tot Junie was +15% hoër, en genormaliseerde vwVPA +13% hoër (sonder die wins van 'n "put option"). Die prys/verdienste is nou R125.57/R6.72 = 18.7.

Spur (SUR) se (konsessie) inkomste vir die jaar was +3.7% hoër, en vwVPA -3.2% laer (+26% hoër vir die 2de helfte). Die prys/verdienste is nou R35.20/152.8c = 23. Internasionale inkomste, bestaande uit konsessie inkomste en maatskappy besitte restaurante omset was -11.5% laer. Wêreldwye restaurant verkope was +12.1% hoër, en internasionale restaurant verkope +18.6% hoër. Die maatskappy wil 38 restaurante in Suid Afrika oopmaak.

FirstRand (FSR) se inkomste uit bedrywighede vir die jaar tot Junie was +12% hoër, en vwVPA +13% hoër. Die prys/verdienste is nou R52.09/381.4c = 13.7. Die jaar se dividend opbrengs is 3.4% na belasting.

Stenprop (STP) in Bermuda se verwagte huur uitkering is €0.085 vir die jaar tot Maart 2016, wat die opbrengs €0.085*R15.5/R22.30 = 5.9% sou maak.

Supergroup (SPG) maak 'n regs aanbod van 11.70057 aandele vir elke 100 Supergroup aandele gehou, teen R25.70, vir die koop van 'n 75% aandeel in Telo Zwei Vermögensverwaltung GmbH.


Woensdag 9 Sep 2015

Op die internet

Deutsche Bank: Assets Are At ‘Peak Valuation’ According To 200 Yrs Of Data - Value Walk. Dit is omdat rentekoerse so laag is. Belasting en regulasies bring die ekonomie tot stilstand, byvoorbeeld Uber.

JSE aandele

Aspen (APN) se inkomste vir die jaar tot Junie was +22% hoër (+3.2% vir die 2de helfte). Die vwVPA was +13% hoër (+2.7% vir die 2de helfte), of +15% vir genormaliseerde vwVPA. Die swak rand het klaarblyklik 'n negatiewe invloed. Die prys/verdienste (genorm.) is nou R324.91/R12.19 = 27. Die aandeel prys daal die afgelope 6m.

Sasfin (SFN) se inkomste vir die jaar tot Junie was +7.7% hoër, en vwVPA +16.5% hoër. Die prys/verdienste is nou 5599c/567c = 9.9. Lae handel.

Pinnacle (PNC) se inkomste vir die jaar tot Junie was +11.7% hoër, en vwVPA +9.8% hoër. Die prys/verdienste is nou 1300c/182.9c = 7.1.

Ascendis (ASC) se inkomste vir die jaar tot Junie was +74% hoër, en genormaliseerde wesens VPA +31% hoër. Die prys/verdienste is nou 1482c/94.0c = 15.8. Lae handel.

Anglo (AGL) het hulle Rustenburg myn en konsentrasie besigheid verkoop.

Datatec (DTC) se filiaal het Advanced Technology Group gekoop, wat deels befonds word deur aandeel teen R67.00 te verkoop.

MMI (MMI) se netto versekerings premies vir die jaar tot Junie was +18.4% hoër, wins +17% hoër, maar kern vwVPA net +6.0% hoër weens beleggings in strategiese groei inisiatiewe. Die internasionale afdeling se wins was +25% hoër na R152M. Die prys/verdienste is nou R26.35/239c = 11. Die aandeel prys het afgekom voor die resultate. Die jaar se dividend is 155c/R26.35 -15% = 5% na belasting.


Dinsdag 8 Sep 2015

Op die internet

China’s GDP Growth Really Is 7%: Source Research - Value Walk.

China Just Killed the World's Biggest Stock-Index Futures Market - Bloomberg.

Why The Market Could Soar From Here - Talk Markets.

Avoid Linear Thinking In Asymmetrical Markets - Talk Markets. Rentekoerse naby 0% is nie 'n goeie teken nie.

China's trade data is horrible again - Business Insider.

JSE aandele

Steinhoff (SHF) se inkomste vir die jaar tot Junie was +15% hoër. Die vwVPA was 369c teenoor 402c 'n jaar gelede, en voortgesette vwVPA 420c (voortgeset 417c verlede jaar). Die prys/verdienste (voortgeset) is nou R80.65/420c = 19.

Remgro (REM) verwag vir die jaar tot Junie 'n wesens VPA van 1525.0c tot 1576.7c, +18% tot +22% hoër, hoofsaaklik weens beter resultate by RCL Foods - die verbetering van die besigheids model by Rainbow. Die prys/verdienste sal dan rondom R248.86/~1550c ~16 wees.

Petmin (PET) se inkomste vir die jaar tot Junie was +25% hoër (-13% laer vir die 2de helfte). Die vwVPA was 24.3c teenoor 15.0c 'n laer gelede. Genormaliseerde wins was 30% hoër. Die prys/verdienste is nou 139c/24.3c = 5.7. Die aandeel prys is wisselvallig.


Maandag 7 Sep 2015

Op die internet

You Deserve a Raise Today. Interest Rates Don’t. - The New York Times. Nog 'n rede waarom lone nie opgaan nie is omdat vervaardiging na ander lande verskuif het wat goedkoper werkers het.

Another Useless G20 Pow-Wow - Talk Markets.

Op die internet - Suid Afrika

Mandy Collins: Big Business Call Centre spin – Why I’m not lying down Vodacom - Biznews. Van Augustus na September het 1GB van my Vodacom data verdwyn, terwyl ek nie die netwerk gebruik het nie. Om my identiteit te bevestig het Vodacom vir my vra gestel wat nie van toepassing is op my pakket nie. Dit het 'n skrywe aan Hellopeter geneem vir Vodacom om iets te doen. Ek het geen manier om na te gaan hoeveel data ek wanneer gebruik het nie. Dit is belaglik.

Eiendomstrusts en die vallende rand

Eiendoms trusts word verkoop weens die dalende rand, omdat die mark verwag dat die inflasie wat dit gaan veroorsaak die Reserwe Bank gaan forseer om rente koerse te verhoog. Hoër rentekoerse beteken dat eiendom laer waardeer word om dieselfde huur opbrengs te gee. Die waardasie van eiendom hang af van die huidige huur opbrengs, en die groei in huur.

Die rentekoers op byvoorbeeld 'n SA Retail Bond is 8% vir 'n 2 jaar belegging. As rentekoerse sou opgaan na sê 9%, sal dit 'n eiendomstrust wat nou 8% huur opbrengs gee, wat teen 10% groei oor 'n jaar, net meer as 'n jaar neem om die nuwe rentekoers te ewenaar. 'n Eiendomtrust wat nou 5% betaal, teen 10% groei sal baie jare nodig om dieselfde rentekoers te bereik.

Die rand het sedert 2011 19% per jaar verswak. Dalk word al meer produkte ingevoer weens 'n verlies aan geskoolde arbeid. Die rand lyk goedkoop, in teenstelling met wat party kommentators sê, wie altyd voorspellings maak in die dieselfde rigting as waarin iets beweeg. Wisselkoerse word hoofsaaklik deur handel bepaal nie. Kapitaal vloei is klein vergeleke met handel. Die VSA het unieke uitvoere wat ander lande deels forseer om meer te betaal daarvoor weens die sterk dollar. Ander lande kan egter minder bekostig weens hulle swakker geld eenhede. Byvoorbeeld DSTV sal minder TV programme van die VSA moet koop (of duur plaaslike produksie staak), of intekenaars verloor. Dit kan jare neem vir ekonomieë om aan te pas. Wisselkoerse keer uiteindelik weer terug na normaal.

JSE aandele

Trader promises price war to undercut the JSE - Moneyweb.

ADvTECH (ADH) wil 'n regsaanbod maak vir die insameling van R850m.

Glencore (GLN) wil $2.5b kapitaal insamel met 'n aandele uitreiking om skuld te verminder. Hulle wil nog $7.7b kontant geskep om ander maniere teen die einde van 2016.

AVI se inkomste vir die jaar tot Junie was +9.5% hoër, en wvVPA 10.3% hoër. Die prys/verdienste is nou R78.95/412.9c = 19.1. Die jaar se dividend is 3.6% na belasting. 'n Verdere daling in die rand kan die marge onder druk plaas.

Sasol (SOL) se omset vir die jaar tot Junie was -8.6% laer, en vwVPA -16.6% laer (17.85c vir die 2de helfte). As die 2de helfte VPA herhaal is die prys/verdienste R424.03/2x17.85c = 12. As die Brent olie rondom $50 bly en die rand wisselkoers R14, sal die rand olie prys dieselfde wees as die 2de helfte. Die jaar se dividend opbrengs is 3.7% na belasting.


Saterdag 5 Sep 2015

Op die internet

Emerging troubles - The Economist. "Banks that financed the boom in emerging markets are in a tricky spot"

Manufacturing, The Dollar And Implications For Monetary Policy - Talk Markets. Dit wys die sterker dollar lei tot laer uitvoere en vervaardiging. Kapitaal vloei na die lande met hoër groei, en die geld eenheid van die lande versterk tot 'n punt waar uitvoere nie meer mededingend is nie, en die ekonomie verswak.

Why Hedge Fund Hot Shots Finally Got Hammered - Talk Markets.


Vrydag 4 Sep 2015

Op die internet - Suid Afrika

Eskom managing maintenance to avoid blackouts - Moneyweb.

Op die internet

Oil Prices, Inventories And The Slowing U.S. Production - Value Walk. Dit lyk of olie nog 'n bodem soek.

Bazooka-Mario isn’t The Terminator and the inflation in the Eurozone is going down again - Secular Investor.

The Two Keys To The Magic Formula For Long-Term Investment Success - Value Walk.

Swiss RMB Hub Dream Unfazed By Currency Scare - Value Walk.

JSE aandele

Subcontractor applies for Basil Read liquidation - Moneyweb.

Die JSE het vandag -2.6% getuimel, saam met die rand wat nou R13.84/$ is. Aandele wat gister opgeskiet het, was vandag af. Party mense wou seker nie in die mark wees wanneer China se markte Maandag oopmaak nie. Dit is meestal die kleiner aandele wat net in China verhandel wat oorprys geraak het.

Capitec Bank (CPI) verwag vir die 6m tot Augustus 'n wVPA van 1242c tot 1283c, +22% tot +26% hoër. Op jaar basis gee dit 'n prys/verdienste van R479.72/~2525c ~19. Groei is laer die afgelope twee jaar. Relatief tot die res van die mark is dit steeds hoë groei.

African Rainbow Minerals (ARI) se inkomste vir die jaar tot Junie was -5.9% laer, en vwVPA 799c teenoor 1886c 'n jaar gelede (329c vir die 2de helfte). As die 2de helfte VPA herhaal, is die prys/verdienste R67.02/2x329c = 10.2. Prys/verkope is R67.02/R46.9. Die dividend opbrengs is 4.4% na belasting.


Donderdag 3 Sep 2015

Op die internet

Property is a bad investment – buy one - Moneyweb. Eiendom is 'n hoë risiko belegging in die nuwe Suid Afrika, weens die verval van woonbuurtes. Eiendom wat met 'n lening gekoop word bied een voordeel bo 'n afgeleide instrument (CFD) op die aandeel mark, naamlik dat die bank nie verwag dat jy die kontant het om die moontlike verlies te dek weens laer mark waardasies nie.

How To Beat This Market’s “Three Cs” Of Risk - Talk Markets. Weereens, koper val weens oorproduksie. Laer mineraal pryse het bygedrae tot laer Chinese handel – goedkoper invoere moes gebalanseer word deur laer uitvoere. Normaalweg sou die yuan versterk het, wat tot meer invoere sou gelei het, tot handel weer in balans gekom het, maar daar is seker te veel inmenging deur die regering. Laer mineraal pryse is die oorsaak, nie die gevolg nie.

JSE aandele

Die JSE het vandag +2.4% opgeskiet – irrasionele uitbundigheid omdat die Chinese market toe is vandag en môre. Die word nie deur die verswakkende ekonomie geregverdig nie. Grootste stygings: Amplats +9.3%, Goldfields +8.4%, Assore +7.4%, Anglo Gold +7.2%, Anglo +6.9%, Aveng +5.7%, Glencore +5.4%, EOH +5.4%, ens.

Dit lyk of die mededinging tussen Telkom, Vodacom en MTN winste verder onder druk gaan plaas. Die diens en betroubaarheid van internet toegang word al swakker.

Party aandeel waardasies maak nie sin nie: Distell (DST) is op 'n prys/verdienste van R173.02/R6.60 = 26.2 met inkomste groei +10.4% en genormaliseerde vwVPA groei van +2.3%. Hudaco (HDC) is op 'n prys/verdienste van R115/R10.73 = 10.7 met inkomste groei van +21% en vwVPA groei van +20% (laer groei verwag vir die volle jaar).

Caxton (CAT) se inkomste vir die jaar tot Junie was +16.2% hoër, en wVPA +10.6%, of +21.1% vir verstelde wVPA. Die prys/verdienste is 2000c/119c. Baie min aandele verhandel.

Sanlam (SLM) se netto inkomste vir die 6m tot Junie was -7.5% laer, en vwVPA +6% hoër, of +4% genormaliseerd. Die prys/verdienste is R60.95/425c = 14.3.

Implats (IMP) se inkomste vir die jaar tot Junie was +11.8% hoër, en die vwVPA 36c teenoor 86c die jaar tevore (2de helfte verlies van -30c). Die prys/verkope is R46.54/R53.4. Die maatskappy wil kapitaal insamel deur tot +28.2% meer aandele uit te reik deur 'n versnelde boekbou.


Woensdag 2 Sep 2015

Op die internet

U.S. Recession Looms As Factory Orders Plunge 9th Month In A Row - Talk Markets.

This Is Now The Worst Possible Environment For Stock Market Investors - Talk Markets.

Bill Gross: Fed Rate Hike “Too Little Too Late” As Growth Dies - Value Walk.

Bul of beer mark

Is die terme bul of beer mark nog van belang? Ontwikkelde ekonomieë groei uiters stadig. Inflasie en ekonomiese groei is naby 0%. Die hoë ekonomiese groei in ontwikkelende lande is meestal inflasie wat nie behoorlik gemeet word nie. Daar is twee markte: die sywaartse mark weens lae ekonomiese groei, en die herstel mark na 'n groot val. In Suid Afrika gaan die aandeel mark hoofsaaklik op weens inflasie.

JSE resultate

Die JSE is vandag +1.5% hoër. Grootste valle: Goldfields -7.2%, Harmony -6.9%, Comair -6.9%, ArcelorM -6.4%, Glencore -6.1%, Assore -5.0%, Anglo Gold -4.7%, Metair -4.3%. Grootste stygings: Aveng +9.0%, Hulamin +8.4%, DRD Gold +7.8%, Cadiz +6.7%, Afrox +4.9%, Cash Build +4.8%.

Howden (HWN) se inkomste vir die 6m tot Junie was -10% laer, en wVPA -20% laer. Baie min aandele verhandel.

Imsimbi (ISB) verwag vir die 6m tot Aug 'n wVPA wat ten minste 20% hoër is. Geen aandele verhandel.


Dinsdag 1 Sep 2015

Verwarrende kommentaar op TV

Kommentators op TV skep knaend verwarring. Party dink die Chinese yuan behoort te verswak omdat hulle koppeling aan die VSA dollar dit versterk het teenoor ander geld eenhede. Die yuan behoort te versterk omdat China 'n handels oorskot het. Die VSA dollar behoort te verswak omdat die VSA 'n handels tekort het. Party mense dink mineraal pryse het geval weens 'n laer Chinese aanvraag. Die pryse is laer weens oorproduksie. Amerikaners kan nie besluit of laer olie voordelig is nie. Olie wat in die VSA geproduseer veroorsaak net 'n interne verskuiwing van welstand. Goedkoper ingevoerde olie is voordelig. Dit sal neig om die dollar te versterk, wat nadelig vir uitvoere kan wees, of anders kan die VSA ander produkte invoer met die geld wat op olie gespaar word (soos Kubaanse sigare), wat wel die lewens standaard verhoog.

Op die internet

Obama Renames Mount McKinley to Denali - Daily Reckoning.

Don't Be Duped: Oil Is Not Bouncing Into Recovery - Talk Markets.

JSE aandele

Die JSE het vandag -2.9% getuimel. Die rand is nou R13.41/$. Brent olie is nou -5.7% laer na $49.9. Groot af bewegings: Mr Price -13.3%, Glencore -10.3%, Foschini -6.6%, Telkom -5.4%, Naspers -5.2%, Truworths -5.1%, Billiton -5.1%, First Rand -4.4%. Groot op bewegings: ArcelorMittal +4.4%, Grindrod +6.5%, Eqstra +15.3%.

RCL Foods (RCL) se inkomste vir die jaar tot Junie was +19%, of +4.4% op herverklaarde pro forma. Die voortgesette vwVPA was 111.5c teenoor -47.7c 'n jaar gelede, of 45.0c vir herverklaarde pro forma.

Mr Price (MPC) se verkope vir die 21 weke tot 22 Augustus was +9.0% hoër.

Advanced Health (AVL) se inkomste vir die jaar tot Junie was +15.4% hoër, en vwVPA 3.26c teenoor 6.44c die jaar tevore. Die aandeelprys is 190c.

Foschini (TFG) se totale verkope vir die 5m van April tot Augustus van die 2016 besigheids jaar was +33.1% hoër. Sonder Phase Eight was dit +9.7% hoër.

Hyprop (HYP) se huur uitkering is 280.3c vir die 6m tot Junie, wat die jaar se opbrengs 543c/R121.88 = 4.5% maak. Die maatskappy verwag 10% groei tot Junie 2016.

Mustek (MST) het resultate uitgebring. Die aandele verhandel in baie lae volume.

Grand Parade (GPL) se inkomste vir die jaar tot Junie was R502m (106c per aandeel), teenoor R135m die jaar tevore. Die Burger King inkomste was R308m, teenoor R127m die jaar tevore. Die vwVPA was 10.4c. Daarvan het SunWest 24.6c bygedra, en Burger King -11.6c verloor. Burger King het 26 winkels opgemaak gedurende die jaar, wat die totaal 44 maak. Die wVPA vir voorgesette besigheid is -10.0c. Die aandeel prys is 551c.

Eqstra (EQS) se inkomste vir die jaar tot Junie was -5.2% laer, en vwVPA +2.6% hoër. Die prys/verdienste is nou 315c/78.7c = 4. Geen dividend was verklaar nie.

Cashbuild (CSB) se inkomste vir die jaar tot Junie was +13% hoër, en die vwVPA +33% hoër. Die prys/verdienste is nou R302.04/R15.09 = 20. Inkomste vir die 6 weke sedert die jaar einde is +11% hoër.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2015