Web Joernaal



Maandag 31 Aug 2015

Olie

Brent verhandel nou teen $52.43, +4.8% hoër. Daar is gereeld gerugte oor wat OPEC sou gesê het, klaarblyklik om die olie prys te beïnvloed. Al manier waarop OPEC produsente meer geld kan maak uit olie is met hoër volume, wat noodwendig teen 'n laer prys gaan wees. 'n Hoër prys sal hulle mark aandeel verder laat krimp. VSA gestoorde olie kom af van rekord vlakke - U.S. Energy Information Administration.

JSE aandele

Comair (COM) verwag dat die wVPA vir die jaar tot Junie -12% tot -26% laer sal wees.

SA Corporate Real Estate (SAC) se 6m huur uitkering van 19.66c gee 'n jaar ekwivalente opbrengs van 2x19.66c/490c = 8.0%. Die maatskappy verwag omtrent +10% groei vir die jaar.

Wilson Bayly Holmes-Ovcon (WBO) se inkomste vir die jaar tot Junie was +14.8% hoër, en vwVPA -13.5% laer. Die prys/verdienste is nou R95.00/R11.06 = 8.6.

Bidvest (BVT) se omset vir die jaar tot Junie was +11.6% hoër, en vwVPA +8.6% hoër. Die prys/verdienste is nou R305.02/R18.72 = 16.3.


Sondag 30 Aug 2015

Op die internet

Is The Stock Correction Over? Here's What To Watch - Forbes.

The Biggest Charts Of The Week Ahead - Talk Markets.


Vrydag 28 Aug 2015

Op die internet

Why we need to lie to ourselves about the state of the economy - Sydney Morning Herald.

The Best And Worst Performing Commodities Of 2015 - Talk Markets.

Koper myne

Carl Icahn besit nou 8.5% van Freeport-McMoRan. Inkomste is hoofsaaklik van koper - verfynde koper produkte is 44%, en koper in konsentraat 16% van die totale inkomste. Olie is 20%. Goud is net 7.4%. Analiste verwag dat Freeport se inkomste vanjaar -19% sal val. Prys/verkope is 0.55, en netto wins marge 5.2%. Dit wins is gewoonlik veel hoër. Koper het in die laaste paar dae opgegaan - Kitco. Die koper prys daal al vir 5 jaar. Wêreld koper voorraad het toegeneem.

Goud myne

Onderstaande tabel vergelyk goud myne.

Goud myne
Maatskappy Inkomste Inkomste groei Prys/verkope Netto marge Prys/verdienste
Anglogold Ashanti (RSA) $5.4B -22% 0.65 -1.2% loss $7.93/-$0.14
Barrick (Canada) $10.2B -8.1% 0.83 5.3% $6.84/$0.44 = 15.5
Goldcorp (Canada) $3.4B +31% 2.93 6.1% $13.68/$0.29 = 47
Harmony (RSA) $1.4B -10.1% 0.34 -6.3% loss $0.9097/-$0.17
Kinross (Canada) $3.5B -12.5% 0.60 1.7% $1.74/$0.05 = 35
Newmont Mining (US) $7.3B +9.2% 1.2 9.1% $17.04/$1.39 = 12.2
Yamana Gold (Canada) $1.8B +5.6% 0.91 -2.3% loss $1.95/-$0.05

JSE aandele

Torre Industries (TOR) verwag 'n wVPA van 29c tot 30.4c, +140% tot 151% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom 470c/~29.7c ~16.


Donderdag 27 Aug 2015

Op die internet

It’s Time to Pile Back Into Gold Stocks [Charts] - Visual Capitalist.

New analysis shows over 99 percent of the women on Ashley Madison were fake - Extreme Tech.

JSE aandele

Brent olie is +5.2% hoër na $46 (dit wys hoe die mark word deur spekulante oorheers word). Die JSE is vandag +1.6% hoër. Groot bewegings: Anglo +7.8%, Assore +7.4%, BHP Billiton +7.0%, ARM +6.5%, Sappi +5.8%, en Sasol +5.3%.

Discovery (DSY) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA van 844c tot 897c, of genormaliseerd 654.3c tot 713.8c, +10% tot +20% hoër.

African Rainbow Minerals (ARI) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA van 765c tot 835c. Die aandeel prys is nou R62.88.

Afrox (AFX) se inkomste vir 6m tot Junie was -6.5% laer, en vwVPA 37.4c, -24% laer. Die 2de helfte wins is gewoonlik laer. Die aandeel prys is nou R12.00.

Advanced Health (AVL) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA van 3.26c, -49% laer. Die aandeel prys is nou 203c.

Italtile (ITE) se omset vir die jaar tot Junie was +14.8% hoër, en vwVPA +22% hoër. Die prys/verdienste is nou 1100c/70.8c = 15.5. Lae handel.

Massmart (MSM) se inkomste vir die 6m tot Junie was +9.0% hoër, en vwVPA was 122.4c, -26.4% laer (-4.4% voor wisselkoers). Die prys/verdienste is nou R115/(339c+122c) = 25, en prys/verkope 0.31.

Woolworths (WHL) se inkomste vir die jaar tot Junie was +45% hoër (+12% sonder David Jones), vwVPA was 367c +1.7% hoër, of +6.7% op herverklaarde waarde, en verstelde vwVPA was 416c +11% hoër (finansieële koste 167c). Laasgenoemde gee 'n prys/verdienste van 9889c/416.4c = 24. Bruto wins was +49% hoër, maar uitgawes was +63% hoër, en winkel kostes +77% hoër. David Jones se verkope was +10.7% hoër vir die 2de 6m, en bedryfswins +28.8% hoër vir 11 maande.


Woensdag 26 Aug 2015

Op die internet

Is This The Big Market Correction? - Talk Markets.

Monthly S&P 500 Charts - Talk Markets.

JSE aandele

Die JSE het -1.3% geval. Aandele wat gister op was, was vandag af.

Murray & Roberts (MUR) se inkomste vir die jaar tot Junie was -15% laer, en vwVPA -5% laer. Die prys/verdienste is nou R12.02/R2.07 = 5.8.

Grand Parade (GPL) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA 10.37c tot 10.69c weens eenmalige korporatiewe aktiwiteit.

Santam (SNT) se bruto geskrewe premies vir die 6m tot Junie was +7% hoër, en vwVPA +11% hoër. Die prys/verdienste is nou R211.04/R15.23 = 13.9.

Growthpoint (GRT) se huur uitkering is 44.5c vir die 3m tot Junie. Die opbrengs vir die jaar tot Junie is 173.4c/2554c = 6.8%. Die maatskappy verwag 5 tot 6% groei tot Junie 2016.

Assore (ASR) se inkomste vir die jaar tot Junie was +16% hoër, en die wVPA -53% laer. Die prys/verdienste is nou R78.82/R19.15 (R12.76 van Assmang) = 4.1. Die dividend opbrengs is 6.5% na belasting.

Adcock Ingram (AIP) se inkomste vir die jaar tot Junie was +6.2% hoër, en vwVPA 160.1c, teenoor -100.8c 'n jaar gelede. Die prys/verdienste is nou R47.60/160.1c = 30, en prys/verkope 1.5.

Op die internet - Suid Afrika

Why the rand’s plunge is different this time - Moneyweb. As 'n mens kyk na die eenvoudige produkte wat ingevoer word, is daar 'n gebrek aan entrepreneurs in Suid Afrika. Hulle het seker geëmigreer soos Mark Shuttleworth en Alon Musk.

What is the Sarb up to? Making sense of the Reserve Bank’s surprise market commentary. - Moneyweb. Die grondwet sê: "The primary object of the South African Reserve Bank is to protect the value of the currency in the interest of balanced and sustainable economic growth in the Republic."

Windfall for South Africans with property in Mauritius? - Moneyweb. Eiendom in Mauritius is nie meer aantreklik nie.


Dinsdag 25 Aug 2015

Op die internet

Switzerland has completed construction on the world's longest tunnel - Business Insider UK.

Goldman's Gary Cohn: Beware $30 oil - CNBC.

Plunge in Oil Prices Causes Junk-Debt Bloodbath for Drillers - Bloomberg.

Right Now You Need To Do Nothing - Talk Markets.

During Every Market Crash There Are Big Ups, Big Downs And Giant Waves Of Momentum - Talk Markets. Wanneer 'n aandeel mark opgaan, hou beleggers hulle aandele. Wanneer 'n mark sywaarts beweeg, verhoog wisselvalligheid soos wat mense meer verhandel om geld te maak. Die Chinese aandeel markte (kleiner maatskappye) het geval omdat dit baie opgegaan het.

JSE aandele

Suid Afrika se ekonomie (bruto binnelandse produk) het -1.3% gekrimp vir die 2de kwartaal, teenoor die jaar tevore.

Die JSE was vandag +2.8% hoër. Groot bewegings: Imperial +13.2%, PSG Konsult +7.6%, Naspers +7.5% (Tencent +4.7%), Sanlam +7.1%, FirstRand +6.8%, Truworths +6.7%, Netcare +6.7%, MTN +5.1%, en Steinhoff +4.9%. Goudmyne het geval.

Die Shanghai aandeel mark was vandag -7.6% laer, en die Hang Seng +0.7% hoër.

Volgens Hospitality (HPA, HPB) se omsigtigheids aankondiging is daar steun vir die omruiling van een A aandeel met 3.5 B aandele. Die laaste uitkering vir B was net 5.4% van A, wat sou beteken dat die A eenheid houers se laaste opbrengs van 2x74.88c/1150c = 13% verdun na 10%. Daar is 'n wye koop-verkoop prys gaping op die mark.

Cashbuild (CSB) verwag vir die jaar tot Junie 'n vwVPA van 1496.5c tot 1553.2c, +32% tot +37% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom R317/~R15.25 ~21.

Iliad (ILA) se inkomste vir die 6m tot Junie was -1% laer, en die vwVPA +4.7% hoër. Die prys/verdienste is nou 960c/73c = 13.

BHP Billiton (BIL) se resultate is beskikbaar as 'n 109 bladsy dokument op hulle webwerf. Die inkomste vir die jaar tot Junie was -22% laer, en die basiese VPA -86% laer, of -52% vir onderliggend. Die prys/onderliggende-verdienste is R211.43/$1.207xR13.3 ~13.

Basil Read (BSR) verwag vir die 6m tot Junie 'n wVPA van 21c tot 50c, vergeleke met 'n verlies van -145.74c. Die aandeel prys is nou 390c, +21.9% hoër na gister se -19.8% val. Baie min aandele verhandel.

Imperial (IPL) se inkomste vir die jaar tot Junie was +7% hoër. Die vwVPA was dieselfde as die jaar tevore, en kern VPA -3% laer. Die prys/kern-verdienste is nou R166.95/1736c = 9.6. Die maatskappy verwag enkel syfer groei in inkomste en wins vir 2016.


Maandag 24 Aug 2015

JSE aandele

South African government to hike steel import tariff by 10% - Sunday Times.

Die JSE het vandag -2.9% geval. Die grootste valle was Eqstra -12.8%, EOH -9.9%, PSG Konsult -9.2%, Glencore -8.6%, MTN -7.8%, Anglo -6.8%, Amplats -6.4%, Kumba -6.4%, Implats -6.0%, Fambrands -5.7%, BHP Billiton -5.6%, SAB Miller -4.0%, en Old Mutual -3.6%. Die grootste stygings was Anglo Gold +7.6%, Harmony +6.3%, Gold Fields +4.8%, en Hospitality A +3.9%.

Die rand het vroeg vanoggend na R13.61/$ gesink, en toe herstel. Die val in geldeenhede teenoor die dollar is tipies wanneer aandeel markte val. Die val in olie het ook voorgekom voor die 1987 mark val. Die Shanghai aandeelmark was -8.5% laer, en die Hang Seng -5.2%. Brent olie verhandel onder $45.

Metrofile (MFL) se inkomste vir die jaar tot Junie was +4% hoër, of +14% genormaliseerd. Die wesens VPA was -14.8% laer, of +16.6% hoër genormaliseerd. Die prys/verdienste is nou 390c/32.3c = 12.

Implats (IMP) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA van 33c tot 47c, -45% tot -62% laer.

Supergroup (SPG) se inkomste vir die jaar tot Junie was +39% hoër, en kern vwVPA +11.8% hoër. Die VPA gee 'n prys/verdienste van 3239c/282c = 11.4.

Sun International (SUI) se inkomste vir die jaar tot Junie was -2.5% laer, of +6% hoër op herverklaarde inkomste, en die verstelde vwVPA +10% hoër. Laasgenoemde gee 'n prys/verdienste van R101.00/R7.23 = 14.

Advtech (ADH) se inkomste vir die 6m tot Junie was +33% hoër, en vwVPA +26% hoër (genormaliseerd +30%). Die prys/verdienste is nou R12.00/46.6c = 26.

EOH (EOH) verwag vir die jaar tot Junie 'n vwVPA 535.9c tot 580.6c, wat +20% tot +30% hoër sal wees (+25% tot +46% vir die 2de 6m). Die aandeel verhandel op die oomblik -10% laer, wat die prys/verdienste omtrent R143.00/~R5.58 ~26 sal maak.

Anglo (AGL) het hulle belang in die koper besigheid Anglo American Norte S.A. (“Norte”) vir $300m in kontant verkoop, met 'n verdere moontlike $200m in betalings.

South32 (S32) se inkomste vir die jaar tot Junie 2015 was -25.9% of -7.2% laer in dollars. Die pro forma vwVPA is 9.4c (dollar), teenoor 4.6c die jaar tevore. Die statutêre vwVPA is -16.9c (dollar) teenoor 1.3c die jaar tevore.


Saterdag 22 Aug 2015

Op die internet

Oil Inventory Build May Be Due To Lower Refinery Utilization, Glut Continues To Occur - Talk Markets.

Markets Sinking: Global Report - Talk Markets.

Griekeland

'n Sesame Bar wat in Suid Afrika verkoop word, word in Griekeland vervaardiging. Griekeland voer iets uit.

Aandele week oorsig

Vrydag het die S&P500 -3.2% geval, die Dow -3.1% en die Nasdaq -3.5%. Die markte het nie gereageer toe die Chinese Shanghai 150% opgeskiet het in 'n jaar nie, maar dit reageer nou op die terugval van die Chinese mark. Wanneer die wêreld se vervaardiging verskuif na 'n bevolking van 1.4b skep dit noodwendig ekonomiese probleme vir die ander lande. Dalk sien ons nou die uiteindelik die gevolge daarvan. China vererger sake deur die Yuan kunsmatig laag te hou, deur kapitaal uitvloei, soos lenings aan ander lande. China voer 32% meer uit as in. Ons wag al dekades vir China en die VSA se handel om in balans te kom. Om Chinese produkte te kan koop, moet ander lande iets produseer om uit te voer. Die Chinese Yuan moet versterk wat vervaardiging in ander lande meer mededingend sal maak. Lande wat minerale en olie uitvoer, moet minder invoer weens die val in prys van die kommoditeite, wat ook Chinese vervaardiging beïnvloed.

As 'n aanduiding waarheen die JSE mark moontlik kan beweeg, kan 'n mens kyk na die 10 grootste aandele: BHP Billiton (BIL), SAB Miller (SAB), Richemont (CFR), Naspers (NPN), MTN (MTN), Sasol (SOL), Anglo Amer (AGL), BA Tobacco (BTI), FirstRand (FSR), Standard Bank (SBK). Die val in die olie prys is nie goed vir BHP Billiton en Sasol nie. Dit lyk of die olie mark deur spekulante oorheers word. Die huidige olie prys is nie noodwendig 'n aanduiding van die lang termyn volhoubare prys nie. SAB Miller se inkomste en VPA vir die jaar tot Maart was -1% laer in dollars, en die prys/verdienste is 21. China se ekonomiese probleme kan nie goed wees vir Richemont nie. Naspers se aandeel prys is afhanklik van Tencent. MTN se inkomste vir die 6m tot Junie was -4.8% laer, en vwVPA -10.2% laer. Die Nigeriese besigheid word deur die lae olie prys getref. Anglo het reeds baie geval. Kumba lyk goedkoop, tensy die wêreld in 'n depressie ingaan. BA Tobacco se verkope en wins val in pond. Die banke is nie duur nie.


Vrydag 21 Aug 2015

Op die internet

What the world would look like if countries were the size of their stock markets - World Economic Forum.

JSE aandele

Digicore (DGC) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA van ten minste 13.0c. Dan is die prys/verdienste minder as 430c/31c < 14.

Grindrod (GND) se inkomste vir die 6m tot Junie was +16% hoër of -39% laer op herverklaarde inkomste, en vwVPA -16%. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste 1470c/87c = 17. Die Baltic Dry Index is hoër nou as die eerste 6m van 2015, maar begin weer daal (Bloomberg).

Internasionale markte

Gisteraand het die S&P500 -2.1% geval, Dow -2.1%, en Nasdaq -2.8%. Die Shanghai het vanoggend binne 'n paar uur -3.04% geval en Hang Seng -2.3%, en toe afgeplat – verhandeling is of gestaak, of die regering steun die mark. Tencent het intra-dag -2.9% geval. Die Shanghai het -4.3% laer geëindig en die Hang Seng -1.5%. Tencent was -3.4% laer vir die dag.


Donderdag 20 Aug 2015

Op die internet

Griekse eerste minister Tsipras bedank, vir nuwe verkiesing.

Credit Traders Gird for the Worst as Fed Loses Its Grip on Debt - Bloomberg.

Macquarie: Why the Canadian Dollar's Drubbing Could Last a Decade - Bloomberg.

JSE aandele

Die rand het vir 'n verandering versterk na R12.85/$. Die JSE het onder 50,000 en onder 'n 5 jaar steun lyn geval. Amplats het +17.3% opgeskiet, Implats +16.9%, Lonmin +23%, en Northam +7.5%. Die platinum prys het +3.7% gestyg oor twee dae, wat baie klein lyk vergeleke met die lang termyn dalende neiging. Dalk spekulante wat uit kort posisies gedruk was. Goudmyne het ook opgeskiet. Die goudprys is +3% op sedert die bodem van 'n paar weke gelede. Die beweging is klein vergeleke met historiese wisselvalligheid.

Mustek (MST) verwag vir die jaar tot Junie dat die wesens VPA 120.9c tot 130.9c sal wees, +20% tot +30% meer. Dan is die prys/verdienste rondom 940c/~125.9c ~ 7.5.

Truworths (TRU) se inkomste vir die jaar tot Junie was +8.4% hoër, en wvVPA +4.0% hoër. Die prys/verdienste is nou R82.35/592.1c = 13.9.

Northam (NHM) se inkomste vir die jaar tot Junie was 13.1% hoër (-1.7% vir 2de 6m), en die vwVPA 'n verlies van -203c (405c se aandeel betaling, waarde vermindering, SEB fooi, en korporatiewe transaksie koste), teenoor 'n wins van 2.2c die jaar tevore. Die prys/verkope is R39.31/R15.4 = 2.6

Onelogix (OLG) se inkomste vir die Mei was +4.9% hoër, of +7.5% op voortgesette besigheid, en vwVPA 'n verlies van -1.7c, met kern vwVPA +1.8% hoër (Postnet verkoop). Die prys/verdienste op kern VPA is 486c/33.9c = 14.3.

Exxaro (EXX) se inkomste vir die 6m tot Junie was +12.3% hoër, en vwVPA was -61% laer. As die VPA herhaal, sal die prys/verdienste 6274c/~2x303c ~10.4 wees. Die prys/verkope is omtrent R62.74/2xR23.3 = 1.3. Australiese steenkool pryse het in Julie van bodem vlakke opbeweeg (Index Mundi).

Internasionale aandeelmarkte

Die Shanghai aandeel mark was vandag -3.4% laer, en die Hang Seng -1.8% laer. Tencent het -3.0% geval. Naspers is sover -0.9% laer.


Woensdag 19 Aug 2015

Op die internet

The Unseen Consequences Of Zero-Interest-Rate Policy - Talk Markets.

All Bubbles Are Different - Talk Markets.

JSE aandele

Suid Afrika se amptelike verbruikers inflasie koers ("CPI") is 5.0% vir Julie. In die belasting jaar tot Feb. 2015 was 9.9% meer BTW ("VAT") ingesamel. Die regering reken ekonomiese groei was 1.4%. Ekonomiese groei is twyfelagtig, wat beteken dat inflasie ten minste 10% was. Die groei in die geld voorraad, die groei in BTW ingesamel, en die val in rand stem ooreen. Wat nie sin maak nie is die amptelike inflasie koers.

Die JSE mark is vandag -1.6% laer, met Lonmin -19.6% laer, Metair -12.9% laer, Massmart -8.5% laer, Glencore -7.5% laer, Kumba -6.1%, ens.

Kumba (KIO) se aandeel prys is nou R86.55, teenoor verkope per aandeel van 2x R63.8 = R127.60 gebaseer op die 6m tot Junie. Die maatskappy het 21 Julie 'n uitdagende 2de 6m verwag weens die herstrukturering van twee myne, en die sluiting van Thabazimbi, om produksie koste beduidend te verlaag. Intussen het die yster erts prys in dollars gestabiliseer en die rand geval. Toekomstige resultate sal afhang van die volume erts wat verkoop word.

RCL Foods (RCL) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA van 108c tot 116c, teenoor 'n verlies die jaar tevore. Die prys/verdienste is rondom R16.33/~R1.12 ~ 14.6.

Distell (DST) se inkomste vir die jaar tot Junie was 10.4% hoër, en die vwVPA -5.4% laer, of genormaliseerd +2.3%. Die prys/verdienste is nou R168.50/654c = 26.

Emira (EMI) se huur uitkering vir die 6m tot Junie is 69.62c, wat die ekwivalente jaar opbrengs 2x69.62c/R17.25 = 8.1% maak. Die jaar se huur was +9.0% hoër. Die maatskappy verwag soortgelyke groei tot Junie 2016.

Glencore (GLN) se VPA vir die 6m tot Junie was -53% laer, na $0.07. Die inkomste was -25% laer. As die 6m inkomste herhaal, is die inkomste/aandeel ongeveer R176.

Blue Label Telecoms (BLU) se inkomste vir die jaar tot Mei was +14% hoër, en die vwVPA +20% hoër. Die prys/verdienste is nou 900c/80.5c = 11.2

Massmart (MSM) verwag vir die 6m tot Junie 'n wVPA van 117.8c tot 130.2c, -22.4% tot -29.8% laer. Die prys/verdienste is rondom R127.86/~R4.63 ~ 28. Die aandeel het -6.1% geval. Die meeste wins word in die tweede 6m gemaak wat Kersfees insluit. Die aandeel het vir jare op 'n baie hoë prys/verdienste verhandel. Die wins marge is baie klein. Die aandeel prys is nou R117, teenoor verkope/aandeel van R357. As tweede 6m se VPA dieselfde bly as verlede jaar sal die prys/verdienste R117/~R4.63 ~ 25 wees.

Metair (MTA) se inkomste vir die 6m tot Junie was +9.5% hoër, en vwVPA -8.3% laer. As die VPA herhaal sal die prys/verdienste 3676c/2x110c = 16.7 wees.


Dinsdag 18 Aug 2015

Kommoditeite

Koper val (Nasdaq). Suiker val (Nasdaq). Yster erts is op van Julie se laagte punt (Custeel).

JSE aandele

Shoprite (SHP) se verkope vir die jaar tot Junie was +11% hoër, en vwVPA +10% hoër. Die prys/verdienste is nou R160.38/R7.69 = 21.

Aveng (AEG) se inkomste vir die jaar tot Junie was -17% laer, en vwVPA 'n verlies van -143.8c.

The Shanghai aandeel mark het -6.2% geval, en die Hang Seng -1.4%


Maandag 17 Aug 2015

Op die internet

Drinking coffee could prevent colon cancer's return: study - Yahoo.

Showman Trump is great for GOP: Steve Forbes - CNBC. Donald Trump is besig om die presidensieële verkiesing vir die Republieke party te bederf. Dit is onwaarskynlik dat 'n kandidaat wat minderhede afskrik die verkiesing kan wen. Intussen trek hy aandag af van die ander kandidate wat kon gewen het.

JSE aandele

Clientele (CLI) se inkomste vir die jaar tot Junie was +16% hoër, en vwVPA +15% hoër. Die prys/verdienste is nou 1800c/107.7c = 16. Baie min aandele verhandel.

Efficient Group (EFG) verwag vir die jaar tot Aug dat die wVPA ten minste +20% hoër sal wees. Baie min aandele verhandel.

Northam (NHM) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA verlies van -202.7c tot -203.1c, weens 'n swart ekonomiese bemagtigings transaksie.

Group Five (GRF) se inkomste vir die jaar tot Junie was -10% laer, en vwVPA -49% laer. Die prys/verdienste is nou R21.57/204c = 10.6. Die maatskappy verwag 'n verbetering in finansieële vertoning in die komende jaar.

Adapt IT (ADI) se inkomste vir die 6m tot Junie was +41% hoër, en vwVPA +35% hoër. Die prys/verdienste is nou R10.00/45.4c = 22.

Op die internet - Suid Afrika

Never take investment advice from a fund manager - Moneyweb. Met 9% groei in die geld voorraad, waarvan omtrent alles inflasie is, kan ten minste 9% groei verwag word van 'n buitelandse belegging weens die wisselkoers. Die stand van die land is waarvoor 99% van kiesers gestem het. Die ANC, DA en EFF partye ondersteun dieselfde politieke stelsel, wat die terugkeer na 'n primitiewe Afrika land tot gevolg het.


Vrydag 14 Aug 2015

Op die internet

Three S&P 500 Datapoints Which Point To A Recession - Talk Markets.

Weekend Reading: Chinese Food - Talk Markets.

JSE aandele

Aveng (AEG) verwag 'n wesens verlies per aandeel van 137c tot 147c vir die jaar tot Junie.

Wilson Bayly Holmes-Ovcon (WBO) verwag vir die jaar tot Junie 'n wesens VPA van 1114c tot 1231c, -5% tot +5%, met voortgesette wVPA -7.5% tot -17.5% laer.

City Lodge (CLH) se inkomste vir die jaar tot Junie was +23% hoër, en vwVPA +13% hoër, of +18% genormaliseerd. Die prys/verdienste is nou R143/712c = 20. Die dividend opbrengs na belasting is 391c/R143 = 2.7%.

Standard Bank (SBK) se totale inkomste was -4% laer vir die 6m tot Junie, en vwVPA +26% hoër, of +12% hoër op die besigheid wat voortgesit was. Die prys/verdienste is nou R152.81/R11.91 = 12.8.


Donderdag 13 Aug 2015

JSE aandele

Vandag het aandele opgegaan na gister se val, met Naspers +7.7%.

Sun Int (SUI) verwag vir die jaar tot Junie 'n wVPA van 596c tot 653c, +5% tot +15% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom R112.43/~625c ~18.

Trencor (TRE) se inkomste vir die 6m tot Junie was +10.5% hoër, en vwVPA 276c.

JSE (JSE) se inkomste vir die 6m tot Junie was 15.9% hoër, en vwVPA +25% hoër. Die prys/verdienste is R144.95/R8.25 = 17.6

Metrofile (MFL) verwag vir die jaar tot Junie 'n vwVPA van 31.6c tot 32.4c, +14% tot +17% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom 430c/~32c ~ 13.4.

Sasfin (SFN) verwag vir die jaar tot Junie 'n vwVPA van 554c tot 574c, +14% tot 18% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom 5800c/~586c ~ 10.3.

Curro (COH) se inkomste vir die 6m tot Junie was +45% hoër, en vwVPA +67% hoër. As die VPA herhaal is die prys/verdienste is 3415c/2x14.5c = 118.

Brait: A new look at the share price - Moneyweb.


Woensdag 12 Aug 2015

JSE aandele

Tencent se inkomste vir die 2de kwartaal was +19% hoër, en vVPA +25% hoër. Die prys/verdienste gebaseer op die laaste kwartaal is HK$142/(4x RMB0.778 xHK$1.21) = 38. Dit lyk of die aandele wat Naspers besit R1884 per Naspers aandeel werd is, teenoor hul aandeel prys van R1625. Die Chinese aandeel markte moet nog terugval na normale vlakke.

Die JSE het vandag -3.2% getuimel, met Naspers -6.2% laer (Tencent -4.2%), Glencore -6.1%, PSG -6.7%, Peregrine -6.6%, Sanlam -5.8%, Richemont -4.6%, etc.

Allan Gray kliente besit 15.0543% van African Rainbow Minerals (ARI).

New Europe Property (NEP) se uitkering vir die 6m tot Junie is €0.1817, wat +22% hoër is, en 'n jaar ekwivalente opbrengs van 2x€0.1817 xR14.31 /R141.10 = 3.7% is.

OneLogix (OLG) verwag vir die jaar tot Mei 'n vwVPA van -3.1c tot 3.1c, en kern wVPA van 31.6c tot 35c.

Mpact (MPT) se inkomste vir die 6m tot Junie was +10.8% hoër, en vwVPA +47% hoër. Die prys/verdienste is nou 4661c/303c = 15.4. Die maatskappy verwag dat gedempte ekonomiese toestande in Suid-Afrika dit moeilik sal maak om soortgelyke vlakke van volume groei in die tweede helfte vol te hou. Hulle is ook bekommerd oor die vlak van inflasie in inset koste soos rou materiaal, arbeid, elektrisiteit en geadministreer dienste.

China het die Yuan Renminbi (RMB) geld eenheid verder verlaag. Dit is nou 3.5% laer teen die dollar oor twee dae. China se uitvoere is omtrent 32% meer as invoere - die Yuan sou versterk het, as dit nie vir kapitaal uitvloei was nie.


Dinsdag 11 Aug 2015

Op die internet

Recession Imminent As Wholesale Inventories Surge, Sales Disappoint; Autos Worst Since 2009 - Talk Markets.

JSE aandele

Sovereign Foods (SOV) verwag vir die 6m tot Augustus 'n wesens VPA van te minste 71.7c, wat die omkering van die voorsiening vir elektrisiteits tariewe van 26c insluit. Die aandeel prys is 850c.

Bell Equipment (BEL) se inkomste vir die 6m tot Junie was -16% laer (R2898m/R3439m), en vwVPA 101c, wat 'n netto wins marge van 3.3% is. Die aandeel prys is R9.05, teenoor 'n ekwivalente jaar verkope/aandeel van R61.

Finansieële televisie kanale maak 'n bohaai oor die volgende:

China het die Yuan Renminbi (RMB) geld eenheid se waarde verminder. Dit is vandag -1.9% laer teenoor die VSA dollar, en ook die Hong Kong dollar HK$, wat nie die waarde van Naspers se aandele in Tencent beïnvloed nie. Die klein verstelling gaan nie veel verskil maak nie - die Yuan (wat aan die VSA dollar gekoppel is) het die afgelope jaar 20% versterk teenoor die Euro. As die Yuan verder verswak, sal die Hong Kong dollar waarskynlik volg.

OPEC het laas maand olie uitset verhoog met +0.3% (met 100,700 vate na 31.5m vate).


Saterdag 8 Aug 2015

Op die internet

China Exports Fall as Lower Demand, Strong Yuan Hurt Growth - Bloomberg. Met mineraal pryse wat laer is as 'n jaar gelede, sal die prys van party uitvoer produkte ook geval het, soos staal produkte, en nie noodwendig die volume nie.


Vrydag 7 Aug 2015

Op die internet

Polls: 44% Say Trump Wins Debate; Rubio and Carson Surprise [Chart] - Visual Capitalist.

Here We Go Again: China Packaging Stock Margin Loans As Asset Backed Securities - Value Walk.

JSE aandele

Exxaro (EXX) verwag vir die 6m tot Junie dat die wesens VPA ten minste -20% laer sal wees.

Arrowhead (AWA, AWB) se huur uitkering vir die kwartaal tot Junie is 18.90480c (+10.5% hoër as jaar gelede) vir die A en B aandele, wat die ekwivalente jaar opbrengs vir A ~4x18.9c/965c = 7.8% maak, en soortgelyk vir B.

Sappi (SAP) se verkope vir die kwartaal tot Junie was -14% laer ($1272m/$1484m). Wesens VPA was $0.01, teenoor $0.09 'n jaar gelede.

Lewis (LEW) gaan R46m se premies en R23m se rente aan kliente terugbetaal aan wie polisse wederregtelik verkoop was.

Sasol verwag vir die jaar tot Junie 'n wesens VPA van 48.73c to 51.74c, -14% tot -19% laer. Dan is die wVPA vir die eerste 6m van 2015 17c tot 20c. As dit herhaal is die prys/verdienste rondom R436.28/~2x18.5c ~ 11.8.

Liberty (LBH) se inkomste vir die 6m tot Junie was +1% hoër (R18.74b/R18.54b), en vwVPA +7% hoër (705c/659c). Die prys/verdienste is nou R141.97/R14.38 = 9.9.


Donderdag 6 Aug 2015

Op die internet

Here's the Next Crisis "Nobody Saw Coming" - Charles Hugh Smith.

JSE aandele

Old Mutal (OML) se totale inkomste vir die 6m tot Junie was +9.3% hoër in £, en vwVPA -1.4% laer in £. Die prys/verdienste is nou R44.50/11.5pxR19.95 ~ 19.4.

Mondi (MND, MNP) se inkomste vir die 6m tot Junie was +10% hoër in €, en vwVPA +12% hoër in €. Die prys/verdienste is omtrent R317.75/€1.121xR13.91 ~ 20.


Woensdag 5 Aug 2015

Op die internet

Deducing The Crash In Oil: How Would Sherlock Holmes Drill Beneath The Headlines? - Talk Markets.

8 Financial Experts That Are Warning That A Great Financial Crisis Is Imminent - Talk Markets.

JSE aandele

Rand within whisker of 20 to £1 - Moneyweb. Het die MBK onlangs rentekoerse begin verhoog omdat die Reserwe Bank weet hoeveel geld hulle besig is om te skep? M3 geld voorraad groei van Junie 2014 tot Junie 2015: 7.16% 6.77% 6.32% 7.78% 8.00% 8.30% 7.32% 7.35% 8.11% 7.42% 8.38% 8.37% 8.89%. 'n Maatskappy se inkomste moet ten minste teen die M3 groei, anders krimp die besigheid.

Resilient Property Income Fund (RES) se huur uitkering vir die 6m tot Junie is 205.05c. Die ekwivalente jaar opbrengs is 2x205.05c/R101.95 = 4.0%. Die maatskappy verwag naastenby 18% groei tot Junie 2016.

Brait (BAT) se netto bate waarde is R80.34 vir die kwartaal geëindig 30 Junie, +4.2% hoër as die R77.12 op 31 Maart. Bydraes: Steinhoff R21.34, New Look R20.74 (was bekom teen 'n 9.0x veelvoud), Premier R12.18 (veelvoud is 12.6x), Iceland R1.93, en kontant R19.8.

MTN (MTN) se inkomste vir die 6m tot Junie was -4.8% laer (+0.7% konstante wisselkoers), vwVPA was -10.2% laer. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste nou R208.00/2xR6.51 = 16.

Blue Label Telecoms (BLU) verwag vir die jaar tot Mei 'n wesens VPA van 81.47c tot 83.50c, +20% tot +23% hoër, en kern VPA 88.85c tot 90.88c, +28% tot +31% hoër. Laasgenoemde gee 'n prys/verdienste rondom 912c/~90c ~ 10.1.


Dinsdag 4 Aug 2015

Op die internet

Mobius: Oil's fall is purely sentimental - Yahoo Finance. "Nobody is an expert on oil prices, not even the top people in the industry. I sit on boards of some of these oil companies and their predictions are way off."

Top 6 Myths Driving Oil Prices Down - Value Walk.

JSE aandele

Telecoms firms in a race to the bottom - Tech Central.

Basil Read (BSR) verwag vir die 6m tot Junie 'n wesens VPA wins, teenoor 'n verlies van -145.74c die jaar tevore.

Nedbank (NED) se rente and soortgelyke inkomste vir die 6m tot Junie was +10.6% hoër (hersien), en vwVPA +14.1% hoër. Die prys/verdienste is nou R272.52/R21.02 = 13.0. Die dividend opbrengs is 3.4% na belasting.

Merafe Resources (MRF) se inkomste vir die 6m tot Junie was +11.6% hoër, en vwVPA 4.9c, teenoor 8.9c 'n jaar gelede, en 'n -0.6c verlies die 6m tot Des.

Royal Bafokeng Platinum (RBP) se inkomste vir die 6m tot Junie was -22.1% laer, en wesens VPA 'n verlies van -60.4c.


Maandag 3 Aug 2015

Op die internet

Oil’s Below $50 and About to Get Worse - Bloomberg.

More on gold mining - Talk Markets.

China’s Dilemma: Is It 1987 Or 1929? - Value Walk.

Here Is The Reason Why GM's July Car Sales Smashed Expectations - Talk Markets.

JSE aandele

Brent olie het na $50.29 geval. Die vlak is waarskynlik nie volhoubaar nie. Die aandeel prys van olie maatskappye weerspieël steeds nie die laer olie prys as 'n jaar gelede nie.

Yster erts (China ingevoerde fyn volgens Custeel) is nou $57, en die rand is R12.7. Dit gee 'n rand yster erts prys van R724, vergeleke met die $61 x R11.91 = R727 wat Kumba verdien het vir die eerste 6 maande.

Amsa dares Kumba to drop prices - IOL.

Bell Equipment (BEL) verwag vir die 6m tot Junie 'n wVPA van 100c tot 110c. Die wins is verbeter deur koste besnoeiing. Handels toestande bly moeilik.


Saterdag 1 Aug 2015

Op die internet

Japan's ridiculous robot hotel is actually serious business - Engadget. "The aim of the hotel, as CEO Hideo Sawada puts it, is a serious one: to be the most efficient hotel in the world." Huis ten Bosch is: (1) 'n koninklike paleis in Den Haag in Nederland, (2) 'n tema park in Japan, en (3) 'n koshuis op Stellenbosch.

Hypersiences wants to drill into the earth with a huge gun - Popular Science.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2015