Saterdag 30 Mei 2015
Op die internet
The Sick U.S. Economy - Talk Markets.
A Recession Within A Recession - Talk Markets.
Worst Economic Data Day Of 2015 Ends With Some Folks Selling In May - Talk Markets.
ASCO '15: Merck, Bristol Drugs Boost Immune System to Kill Broad Swath of Cancer Types - The Street.
FIFA Scandal: Why Sepp Blatter Keeps Winning - The Fiscal Times. Nog 'n verkiesing waarin kiesers omgekoop word met toelaas.
Rand Paul Unfiltered: 6 Straight-from-the-Hip Quotes - The Fiscal Times.
CEO of bankrupt Linux company says employee lawsuits put it out of business - Yahoo Finance. Dit is Mandriva Linux.
Apple's mysterious vans are reportedly part of a project to make 3D maps - The Verge.
Vrydag 29 Mei 2015
JSE mark bewegings
Die JSE het vir die laaste 9 dae gedaal. Die huidige vlak gaan moeilik volgehou kan word in Junie. Die myn aandele val gewoonlik net tot 'n vorige steun vlak. Dit lyk of die mark wag om eers die effek van die lae yster erts prys te sien. Teen die huidige yster erts prys gaan resultate sleg lyk. Daar is nog net een maand oor vir die olie prys om Sasol (SOL) se 6m resultate te bepaal. Die mediese aandele het teruggeval van hoë vlakke af, maar nie genoeg om waarde te bied nie. MTN (MTN) en Vodacom (VOD) het geval van vlakke wat nie sin gemaak het nie. Banke en lewens versekeraars Old Mutual (OML) en Sanlam (SLM) het afgekom. Aandele wat nog opgehou word is BA Tobacco (BTI), Richemont (CFR), SAB Miller (SAB), Steinhoff (SHF).
FIFA
Die ooglopende vraag word nie deur die media beantwoord nie, naamlik het die omkopery 'n deurslaggewende invloed gehad op waar die sokker wêreld beker in 2010 gehou was, of waar dit in 2018 en 2022 gehou gaan word? Sepp Blatter gaan duidelik ongewild wees, en hy gaan moeilik as president kan werk in die omstandighede. Dit is tipies van autokrate dat hulle nie eie onbekwaamheid herken en bedank nie.
JSE aandele
WG Wearne (WEA) se inkomste vir die jaar tot Feb was +9.5% hoër, en die vwVPA 'n verlies van -2.83c, teenoor -6.07c die jaar tevore.
Ansys (ANS) se inkomste vir die jaar tot Feb was R251m, teenoor R65.8m die jaar tevore. Die wVPA was 4.44c teenoor 'n verlies van -3.58c. Die aandeel prys is 74c.
Op die internet
How should the Greek crisis be handled, according to economic theory? - World Economic Forum.
Petrol Price to increase by 47c cents a litre - Eyewitness News.
Medupi able to produce 800 MegaWatts - Eyewitness News. "This has helped stabilise the power supply system and could help prevent load shedding."
Why Chinese sharemarkets are plunging - Sydney Morning Herald.
Police Minister exonerates Zuma in row over tax cash spent on private residence - Engineering News. "Police Minister Nathi Nhleko says that the firepool‚ amphitheatre‚ kraal‚ chicken run and visitor's centre at the president's Nkandla home are all security features".
Remarkable Advances in Electrical and Computer Engineering - Visual Capitalist.
Nuclear Takes Back Seat in United States, but Drives the Bus in China - Visual Capitalist.
Donderdag 28 Mei 2015
JSE aandele
Cadiz (CDZ) verwag vir die jaar tot Maart 'n verlies in vwVPA van -23.0c.
Huge Group (HUG) se inkomste vir die jaar tot Feb was +0.5% hoër, en die VPA -6.4% laer. Die prys/verdienste is nou 300c/12.8c = 23.
Foschini (TFG) se inkomste vir die jaar tot Maart was +13.3% hoër, en wvVPA +9.5% hoër. Die prys/verdienste is nou R166.17/R8.90 = 18.7. Die maatskappy wil in die komende jaar meer as 'n 160 nuwe winkels in sub-Sahara Afrika open, wat handels ruimte 6% sal verhoog, en ook meer as 100 Phase Eight winkels internasionaal.
Micromega Hold (MMG) het resultate uitgebring, maar verhandel in baie lae volume.
Peregrine (PGR) verwag 'n genormaliseerde wVPA wat 34% to 39% hoër is.
Mix Telematics (MIX) het resultate uitgebring, maar geen aandele verhandel nie.
Reinet (REI) se netto bate waarde op 31 Maart 2015 was R33.74 per deposito bewys, teenoor die mark prys van R26.09.
Esor (ESR) se inkomste vir die jaar tot Feb was -9.1% laer, en die vwVPA 'n verlies van -18.8c, teenoor -11.3c die jaar tevore.
Op die internet
Iron ore miners in for a 'very, very tough time' - Sydney Morning Herald.
World Economic Forum on Africa 2015 - World Economic Forum. Vind plaas in Kaapstad 3-5 Junie.
Why austerity is the only deal-breaker for Greece - World Economic Forum. Die onderliggende probleem is dat politici nie weet hoe die ekonomie werk nie, en dus nie die ekonomiese groei kan skep wat nodig is om skuld terug te betaal. Vir regerings om op kiesers se mening staat te maak is 'n mors van tyd, want kiesers stem vir regerings voordele.
Obamacare to add billions in insurance overhead costs, study says - Marketwatch.
Peter Diamandis – Why investing in nuclear today is a very, very bad idea - Biznews. Op die baie lang termyn is kern krag die beste energie bron. Volgens 'n 450,000 jaar temperatuur grafiek (Planet Seed), kan die aarde in 'n nuwe ys tydperk ingaan (enige tyd binne duisende jare), wat deur vulkaniese uitbarstings veroorsaak word. As vulkane die atmosfeer met rook vul, gaan sonpanele nie werk nie. Mense gaan vrek van die koue, en hulle gaan nie genoeg elektrisiteit hê vir verhitting nie.
NASA Begins Testing Mars Lander in Preparation for Next Mission to Red Planet - Nasa.
US alleges SA bribed Fifa for World Cup - Business Day.
Woensdag 27 Mei 2015
JSE aandele
Gooderson Leisure Corp (GDN) en Insimbi (ISB) het resultate uitgebring, maar daar is geen aandeel verhandeling nie.
Lewis (LEW) se inkomste vir die jaar tot Maart was +8.0% hoër, en vwVPA -4.1% laer. Die prys/verdienste is nou R93.10/R8.75 = 10.6. Dividend opbrengs is 4.7% na belasting.
Op die internet
Could SA’s gold mining industry be gone by 2020? - Mineweb.
U.S. prepares criminal indictment alleging corruption at soccer body FIFA - Market Watch. Dit is nie sokker se groot probleem nie. Die groot probleem is die stadige tempo waarteen doele aangeteken word. As die onkant reël afgeskaf word, sal dit spelers forseer om oor die veld uit te sprei, wat die spel sal oopmaak.
Hackers hit IRS, gain access to information on 100,000 taxpayers - NY Daily News
Dinsdag 26 Mei 2015
Griekeland
Die Griekse Minister van Finansies is Yanis Varoufakis. Wat die Duitsers wil weet is "where-a-fak-is our money?"
SA ekonomiese groei
SA se reële Bruto Binnelandse Produk (BBP) groei was +1.3% in die eerste kwartaal. As inflasie nie behoorlik gemeet word nie, krimp die ekonomie. Die nominale BBP het begin afgaan. Die eerste kwartaal se BBP is gewoonlik laag, en sal waarskynlik die 2de kwartaal hoër wees.
JSE aandele
Nampak (NPK) se inkomste vir die 6m tot Maart was +15.7% hoër, en die vwVPA -8.7% laer. As die voortgesette VPA herhaal, is die prys/verdienste nou R36.40/2x98.2c = 18.5.
Adcorp (ADR) se inkomste vir die jaar tot Feb was +12.9% hoër, en die vwVPA +60% hoër. Die prys/verdienste is nou PE=3155c/281c = 11.2. Die wins is wisselvallig.
Vukile (VKE) se huur uitkering vir die 6m tot Maart is 77.68800c, wat die jaar se opbrengs 136.774c/R19.34 = 7.1% maak. Die maatskappy verwag +7% tot +8% groei tot Maart 2016.
Alexander Forbes (AFH) verwag 'n wVPA van 31c tot 36c vir die jaar tot Maart, wat die prys/verdienste rondom 937c/~34c ~ 28 maak.
Taste (TAS) se inkomste vir die jaar tot Feb was +24 hoër, die vwVPA -56% laer na 6.7c, en kern VPA +3% hoër na 16.1c. Die aandeel prys is 346c.
Op die internet
BMW, Nissan SA join forces to roll out electric vehicle infrastructure - Engineering News. Nissan SA het net tien LEAF elektriese karre verkoop in April, BMW vier van die i3, en agt van die i8. Daar is 'n straat-wettige gholf karretjie in Suid Africa - Melex Electrovehicle.
What’s really in your chicken pieces? Here’s the truth, and it’s not good! - Biznews.
Maandag 25 Mei 2015
JSE aandele
Hospitality (HPA, HPB) verwag 'n huur uitkering van 75.10c vir die A eenhede (ekwivalente jaar opbrengs 2x75.10c/1520c = 9.9%), en 1.71c vir die B eenhede (aandeel prys nou 225c).
Cartrack (CTK) se inkomste vir die jaar tot Feb was +32% hoër, en wVPA +12% hoër. Die prys/verdienste is nou PE=902c/65c = 13.9.
Freedom Property (FDP) het resultate uitgebring.
Verimark (VMK) het resultate uitgebring, maar verhandel in lae volume.
Famous brands (FBR) se inkomste vir die jaar tot Feb was +16% hoër, en vwVPA +15% hoër. Die prys/verdienste is nou
R116.72/467c = 25.
Tongaat Hulett (TON) se inkomste vir die jaar tot Maart was +2.8% hoër, en vwVPA -15.6% laer. Die prys/verdienste is nou
R130.49/826c = 15.8.
Rhodes Food Group (RFG) se inkomste vir 6m tot Maart was +12.4% hoër, en vwVPA +9.2% hoër. Die prys/verdienste is nou R19.69/50.2c = 39.
Illovo Sugar (ILV) se inkomste vir die jaar tot Maart was +0.6% hoër, en vwVPA -7.7% laer. Die prys/verdienste is nou R19.42/179c = 10.8. Die maatskappy verwag 'n wVPA van 98c tot 134c vir die volgende 6m, wat gewoonlik die grootste deel van die jaar se wins verteenwoordig.
Quantum Foods (QFH) se inkomste vir 6m tot Maart was -3.7% laer, wVPA was 26.3c teenoor 9.3c die jaar tevore. As dit herhaal, is die prys/verdienste 395c/(2x 26.3c) = 7.5.
Saterdag 23 Mei 2015
Op die internet
Jim Cramer's 'Mad Money' Recap: Here's My Game Plan for Next Week - The Street.
These Rare Commodities Might Be Gone Soon - Talk Markets.
Today’s CPI Lesson: The Fed’s 2% Inflation Target Is Completely Stupid - Talk Markets.
Tobacco giants sue Britain over rules on plain packaging - Sydney Morning Herald.
Mary-Kate and Ashley Olsen Not Returning for 'Fuller House' Revival (Exclusive) - Hollywood Reporter.
Na 'n tydperk waarin kombuis toerusting almal dieselfde gelyk het, kom styl terug:
Top 20 Ultimate Coffee Machines - Onetrapixel.
The 10 best coffee machines - The Telegraph.
Vrydag 22 Mei 2015
JSE resultate
Mr Price se vwVPA vir die jaar tot Maart is +21% hoër, wat die prys/verdienste R246.84/865c = 29 maak.
Richemont (CFR) se verkope vir die jaar tot Maart was -2.2% laer of +4% hoër op herverklaarde verkope, en vVPA -36% laer (grootliks weens mark-na-mark verliese). Die prys/verdienste is R108.20/(E2.356 x R13.2/10) ~ 35.
Hosken (HCI) se inkomste vir die jaar tot Maart was +47% hoër, en vwVPA +3.8%, of +2.1% hoër na die oudit. Die prys/verdienste op voortgesette verdienste is R159/1055c = 15.1.
Donderdag 21 Mei 2015
Rentekoerse
Die Monetêre Beleids Komitee het rentekoerse onveranderd gelaat. 'n Rentekoers verhoging sal die regering nog minder gewild maak, en sal nie maklik gedoen word nie. Hoë belasting, RA, en SEB het ekonomiese groei, en die aanvraag na geld verswak. Inflasie sal eers optel wanneer die regering geld druk om vir maatskaplike toelaas te betaal.
Vakbonde staak
Omtrent 2000 MTN werkers staak, wat die oproep sentrum in Polokwane (iewers in Suid Afrika) se sluiting veroorsaak het. Honderde McDonald's werkers het in die VSA na die koofkwartiere gemarseer vir hoër lone. Duitsland se trein dienste is verlam deur 'n staking. Onderwysers staak in Frankryk weens skool hervorming. Van die 16,000 werkers by die Brittanje se Networkers Rail het 80% gestem vir 'n staking. Peru se mynwerkers is op 'n onbepaalde staking.
JSE resultate
Investec Ltd (INL, INP) se totale bedryfs inkomste was -2.8% laer of +5.5% hoër op herverklaarde inkomste (in pond). Netto rente inkomste was -17.3%, of +8.9% op herverklaarde waarde. Netto fooi en kommissie inkomste was +10.2% of +12.5% hoër. Beleggings inkomste was -9% of -19.4% laer. Die vwVPA was +5.9% of +5.0% hoër (in pennies). Die prys/verdienste is nou R114.77/(33.9p x R18.4) ~ 18.4.
Mediclinic (MDC) se inkomste vir die jaar tot Maart was +16% hoër, en genorm. vwVPA +9% hoër. Die prys/verdienste is nou R117.18/R4.01 = 29.
Tsogo Sun (TSH) se inkomste vir die jaar tot Maart was +5.3% hoër, en verstelde vwVPA -1% laer. Die prys/verdienste is nou R26.16/R1.75 = 14.9.
Stefanutti Stocks (SSK) se inkomste vir die jaar tot Feb was +12.1% hoër, of +15% op herverklaarde inkomste. Die genormaliseerde vwVPA is 115.83c (voorgeset 146.5c), teenoor die vorige jaar se herverklaarde 67.3c (voortgeset 86.4c). Die prys/verdienste op voortgesette wins is 675c/147c = 4.6. Die prys/verkope is 0.12. Lae handel, en wye prys gaping.
Afrimat (AFT) se inkomste vir die jaar tot Feb was +5.1% hoër, en vwVPA +25% hoër. Die prys/verdienste is nou 1770c/132.8c = 13.3.
Woensdag 20 Mei 2015
JSE resultate
Hudaco (HDC) verwag vir die 6m tot Maart wVPA te minste 30% hoër. As dit in vwVPA groei is vir die jaar, sal die prys/verdienste R126/>R11.28 < 11 wees.
Micromega (MMG) verwag vir die jaar tot Maart meer as 100% groei in wVPA, wat die prys/verdienste R17.25/>99c < 17.5 sal maak.
Spar (SPP) se inkomste vir die 6m tot Maart was +41% hoër, meestal weens die Ierse besigheid, en vwVPA +20% hoër. Die prys/verdienste is nou R192/R8.01 = 24.
Tiger Brands (TBS) se omset vir die 6m tot Maart was +7% hoër, en vwVPA -1.4% laer. Die prys/verdienste is nou R313.35/R17.59 = 17.8.
Infrasors (IRA) se inkomste vir die jaar tot Feb was +3.0% hoër, en wVPA op van 6.0c na 10c (1ste 6m 4.7c, en 2de 6m 5.3c). Die prys/verdienste is 112c/10c = 11.2. Min aandele verhandel.
Op die internet
Koos Bekker targets e-commerce: Naspers’s next Tencent? - Biznews. Die samesmelting van Takealot en Kalahari (waarin Naspers en Tiger Global Management elk 'n 41% aandeel het) was nie noodwendig 'n goeie idee nie. Kalahari was 'n bekende handelsnaam, veral vir boeke. Kliente kan verloor word as 'n handelsnaam gestaak word, soos wat HP gedoen het deur hulle instrumente Agilent te noem. Baie mense ken HP. Min mense weet wat Agilent is.
Elektrisiteits tariewe is heelwat hoër in party lande, soos R4.35/kWh in Duitsland, of R3.70/kWh in Australië (plus 'n diensfooi van R330 per maand) - Wikipedia. In Suid Afrika is dit tipies R1 tot R1.50/kWh.
Dinsdag 19 Mei 2015
Op die internet
Eskom vs City Power: domestic electricity prices - Moneyweb. Gewoonlik kry grootmaat kopers 'n afslag. Nie by Eskom of munisipaliteite nie. Dit is die gewone omgekeerde Afrika logika. Net soos 'n mens anti-materie kry in die heelal, is daar teen-logika.
ZAPIRO : the Story of Eskom - Biznews. Die regering, en die kiesers wat hulle ondersteun, verstaan nie dat 'n ekonomie nodig is vir mense om te betaal vir die dienste wat hulle ontvang nie. Wanneer die ekonomie soos die res Afrika lyk, gaan die dienste nie meer bekostigbaar wees nie.
Partial listing: The solution to Eskom’s problems? - Moneyweb. Dit sal 'n goeie kort geleentheid bied.
At last a tailwind for U.S. economy: housing - Market Watch. 'n Herhaling van die 2008 finansieële borrel? In baie lande het eiendom pryse opgeskiet weens lae rentekoerse.
The median cost of a house in San Jose is $900,000 - Market Watch.
Opinion: Here’s why the stock market is going nowhere fast - Market Watch.
JSE resultate
Reunert (RLO) se inkomste vir die 6m tot Maart was +7% hoër, en die genormaliseerde vwVPA dieselfde as die verlede jaar voor die oudit, of +19% hoër na die oudit. Die prys/verdienste is R64.30/R5.45 = 11.8. Die dividend opbrengs is 5.0% na belasting.
PPC (PPC) se inkomste vir die 6m tot Maart was +9% hoër, en vwVPA af van 95c na 59c. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste omtrent R17.90/~R1.18 ~ 15. Die netto wins marge is 1%.
Coronation Fund Man (CML) se inkomste vir die 6m tot Maart was -6% laer, en vwVPA -10% laer. Die prys/verdienste is R88.51/~R4.94 ~18.
Maandag 18 Mei 2015
JSE resultate
Netcare (NTC) se inkomste vir die 6m tot Maart was +5.8% hoër, en vwVPA +15.5% hoër, of verstel +20% hoër. Die prys/verdienste is R40.04/166c = 24.1.
Barloworld Ltd. (BAW) se inkomste vir die 6m tot Maart was +2.6% hoër, en vwVPA +9.1% hoër. Die prys/verdienste is R97.23/909c = 10.7.
Vodacom (VOD) se inkomste vir die jaar tot Maart was +2.1% hoër, en vwVPA -6% laer. Die prys/verdienste is R144/R8.40 = 17.1.
Astral (ARL) se inkomste vir die 6m tot Maart was +22% hoër, en vwVPA op van 386c na 999c. Die netto wins marge is nou 6.7%. As die VPA herhaal is die prys/verdienste R181/~R20 ~ 9.1.
Pioneer Foods (PFG) se inkomste vir die 6m tot Maart was -10.6% laer, of +7.7% hoër op voortgesette besigheid, vwVPA -13.2% laer, en verstelde voortgesette vwVPA +34% hoër. As die laaste VPA herhaal is die prys/verdienste R180/~R8.38 ~ 21.5.
Saterdag 16 Mei 2015
Op die internet
'n Australiese senator genaamd Nick Xenophon wil 'n ondersoek hê na die lae yster erts prys - Nick Xenophon. Big miners BHP Billiton and Rio Tinto’s ‘flood the market tactics’ threaten Australia’s prosperity - The Daily Telegraph.
PPC welcomes imposition of anti-dumping duties on Portland cement - Business Day. As ander lande sement wil verkoop 48% onder die fabriek prys, behoort Suid Afrika dit te benut, solank dit volhoubaar is. Invoer beskerming versterk die rand, wat uitvoere duurder maak. Internasionale handel is altyd in balans. As 'n land besluit om minder in te voer, moet hulle ook minder uitvoer. Dit maak sin om die goedkoopste produkte in te voer. Meer werk word verloor in uitvoer nywerhede as die poste wat in sement vervaardiging beskerm word, omdat Pakistan bereid is om sement onder koste te verkoop. Regerings dink hulle kan ekonomiese beginsels klop. Dit is onmoontlik.
Councils owed R98bn as errant consumers and state fail to pay - Business Day. Die ANC verstaan nie hoe gevorderd die SA ekonomie relatief tot die res van Afrika was nie, of die redes daarvoor nie. Die faktore wat gelei het na die relatiewe voorspoed word vernietig. Die ANC, DA en EFF partye wil almal SA transformeer na 'n tipiese Afrika land, waarin mense nie hulle rekenings sal kan bekostig nie.
Van 21 Mei 2013: What is the Cost of Mining Gold? - Visual Capitalist (dit verwys na die werklike koste, nie die gevolge vir die samelewing nie). Die goeie nuus is dat Afrika die meeste goud het. Die slegte nuus is dat dit die duurste is om te myn.
VSA: Bubble in Higher Education: When Will It Pop? - Visual Capitalist. "First, the US Federal Government now holds close to 45% of its total financial assets in student debt."
Google's self-driving car graduates to city streets - Los Angeles Times.
Vrydag 15 Mei 2015
Internet toegang
Die selfoon netwerke se diens is te duur en wisselvallig om die hoë spoed (breë band) te verskaf wat moderne samelewings benodig. Selfoon netwerke word deur radio spektrum beperk. Landlyne kan onbeperkte diens verskaf, maar ongelukkig is daar net Telkom en Neotel.
JSE resultate
Esor (ESR) verwag vir die jaar tot Feb 'n wVPA verlies van -17.0c to -20.3c.
Sovereign Foods (SOV) se inkomste vir die jaar tot Feb was +18.5% hoër, en vwVPA 103.3c, teenoor 60.2c vir Feb 2014, en 74.5c vir Feb 2013.
Op die internet
'n Eerste warm-bloedige vis is gevind (Discovery). Dit beteken die einde van die uitdrukking " 'n koue vis".
Here Are 6 Rules For Investing Like Warren Buffett - Talk Markets. (Berkshire Hathaway aandeel prys vergelyking met S&P 500 laaste 5 jaar - Yahoo Finance).
You Won’t Believe How Bad Pollution In China Has Become - All That is Interesting.
Canadian schoolgirl suspended over her (perfect) answers to sex-ed homework - Daily Life.
Donderdag 14 Mei 2015
JSE aandele
Oceana (OCE) se inkomste vir die 6m tot Maart was +9% hoër, en vwVPA -11% laer.
Tiger Brands (TBS) verwag vir die 6m tot Maart wVPA van 853c, wat omtrent dieselfde is as 'n jaar gelede.
Op die internet
Amcu to demand two-fold wage hike - IOL.
China slowdown to hit steel consumption by 6pc this year - Sydney Morning Herald.
Woensdag 13 Mei 2015
Op die internet - Suid Afrika
Kyalami racetrack in R100m overhaul - Engineering News. Kyalami Grand Pix Circuit, 'n filiaal van LSM Distributors, wat Posche Centre South Africa bedryf, wil die Kyalami resiesbaan restoureer vir internasionale gebeure. Die baan kan van Augustus tot September heropen.
Op die internet
Chinese iron ore mines face 'annihilation' as BHP, Rio Tinto, Vale boost output - Sydney Morning Herald. As China meer geld kan maak uit gevorderde uitvoer produkte, en basiese kommoditeite goedkoop kan invoer is dit vir hulle voordelig. Dit is minder voordelig vir die lande wat 'n lae wins maak op mineraal uitvoere nie. Dit is soos Suid Afrika wat goud teen 'n verlies verkoop. Ons sal julle betaal om die goud te vat.
Three bubbles that are ready to pop - UK Moneyweek. Gesondheids aandele in SA is ook op borrel vlakke.
JSE aandele
Tencent se inkomste vir die eerste 3m was +21.7% hoër ('n jaar gelede was die groei +35.7%), en vVPA +6.2% hoër ('n jaar gelede was die groei +59%). Die VPA is gewoonlik laer die res van die jaar. As die VPA vir die jaar 2015 teen dieselfde tempo groei, is die prys/verdienste HK$156.8/(~RMB2.70xHK$1.25) ~ 46. As groei opgehou het, kan die Tencent se aandeel prys en Naspers (NPN) baie ver val.
Value (VLE) se inkomste vir die jaar tot Feb is +3.2% hoër, en wVPA -33% laer (-3% vir die 2de 6m).
Taste (TAS, Caltex Maxi's en Scooters Pizza) verwag vir jaar tot wVPA -54% tot -58% laer, en kern wVPA +1% tot +5% hoër. Die prys/verdienste is dan rondom 326c/~17.4c ~ 18.7
Datatec (DTC) se inkomste vir die jaar tot Feb was +13.3% hoër in dollars, en die vwVPA +17.9% hoër in dollar. Die prys/verdienste is 6150c/443c = 13.9, en die dividend opbrengs 2.7% na belasting.
SAB Miller (SAB) se inkomste vir die jaar tot Maart was -1% laer in dollar, en die verstelde verdunde VPA -1% laer in dollar. Die prys/verdienste is omtrent R670/R28.4 ~ 24.
Allied Electronics (Altron, AEL, AEN) se inkomste vir die jaar tot Feb 2015 was -1% laer, en nvwVPA as 99c, wat -51% laer was. Die tweede 6m se VPA is 28c. Die aandeel prys R14, en het -44% geval die afgelope jaar. Dir prys/verkope is R14/R65.5 = 0.21.
Mediclinic (MDC) verwag vir die jaar tot Maart 'n basiese genormaliseerde wVPA van 405.9c tot 413.4c, wat +8% tot +10% hoër is. Dan is die prys/verdienste R115.30/~410c ~ 28.
Life Healthcare (LHC) se inkomste vir die 6m tot Maart was +7% hoër, en vwVPA -3.0% laer. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste R38.60/~R1.60 ~ 24. Die verwagte VPA vir die jaar tot Sep 2015 is -25% tot -45% laer, grootliks weens die verkoop van 'n 49.3% aandeel in Joint Medical Hold.
Dinsdag 12 Mei 2015
Olie en elektriese voertuie
As Brent olie in 'n kanaal opbeweeg, kan dit vir eers terugval onder $60 (Nasdaq). OPEC se mandjie prys het teruggeval na $62 op 11 Mei (OPEC). Boone Pickens verwag Brent olie teen $90 tot $100 in 12 tot 18 maande. Iets onverwags sal met die hidrouliese krakers moet gebeur vir olie om so hoog te gaan. Klink of hy olie probeer op praat.
'n Elektriese voertuig bied verskeie voordele: geen olie en water vlak wat gereeld nagegaan moet word nie, geen verkoeler wat oorgedoen moet word nie, geen uitlaat stelsel wat 'n gat kry nie, en geen brandstof lekke nie. Dit is hoog tyd dat die brandstof enjin waai.
Een van die kwessies met 'n elektriese voertuig is die lewensduur van die battery. Die Nissan Leaf battery word vir 8 jaar of 160,000 km gewaarborg (Wikipedia, Nissan Leaf). Daar is 'n groot verskil tussen 'n 10 jaar en 20 jaar battery lewe. Alhoewel, 'n elektriese voertuig is net goedkoper vir mense wat lang afstande aflê, wat beteken dat die voertuig in elk geval na 10 jaar afgeskryf word.
Op die internet
Daar is 'n Afrikaanse uitdrukking vir die Rhodes monument aanval by UCT, en die Hitler kommentaar by Wits: "Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou".
Die hoë tegnologie organisasie NASA gebruik nog Fahrenheit vir temperatuur - Heat Shield for NASA’s Orion Continues Post-Flight Journey by Land. Daar is geen kommentaar op die artikel nie, en is alreeds gesluit, op die dag wat dit geplaas was. Die afkorting NASA word vir baie organisasies gebruik (The Free Dictionary), en was ook die "National Association of Soap Actors" in "Hot in Cleveland" genoem.
Glencore's Ivan Glasenberg on the attack as BHP cuts shale spending - Sydney Morning Herald.
The most over-the-top celebrity homes - Sydney Morning Herald.
Maandag 11 Mei 2015
Op die internet
Rest in pieces, CNA - Moneyweb. Die plaaslike CNA lyk baie stil. Edgars self lyk nie juis mededingend nie. Dit is verbasend dat mense fisiese musiek by winkels soos Musica koop met alles wat op die internet beskikbaar is. Skryfbehoefte winkels vaar klaarblyklik nog goed, maar mense lees minder, en tydskrifte kan deesdae gratis aanlyn gelees word. Die transformasie na 'n derde wêreld land verminder die aanvraag na literatuur. In eerste wêreld lande is daar nog 'n aanvraag na boeke.
Did an Asteroid Bring Water to Earth? Probably. - Discovery.
Rare Plant Pinpoints Exact Location of Diamonds - Discovery.
JSE aandele
Die styging van myn aandele soos Anglo (AGL) en BHP Billiton omdat China rentekoerse verlaag het, is baie optimisties. As die Chinese ekonomie sukkel, sal hulle ystererts en koper invoere verminder. China produseer 51% van die wêreld se ystererts self, en het 6 van die 10 grootste koper myne. Dit lyk onwaarskynlik dat myne goeie resultate sal uitbring vir die huidige 6 maande.
Arrowhead A en B (AWA, AWB) se huur uitkering vir die 3m tot Maart is 18.7c, wat die jaarlikse ekwivalente opbrengs vir A 4x18.7c/995c = 7.5% maak. Groei van +11.8% word vir die jaar tot Aug verwag.
Volgens Old Mutual (OML) se handels opdatering vir die eerste kwartaal was netto rente inkomste +4.4% hoër, kommissie en fooie +9.4% hoër, handels inkomste +50.8% hoër, versekerings inkomste -8.2% laer. Bates onder bestuur was +27.4% hoër.
Sovereign Foods (SOV) verwag vir die jaar tot Feb wVPA van 98.2c tot 110.1c, +63% tot 83% hoër. Dan is die prys/verdienste rondom R8.20/~R1.04 ~ 7.9.
Raubex (RBX) se inkomste vir jaar tot Feb is +14.5% hoër, vwVPA +11.9% hoër. Die prys/verdienste is nou R21.36/205.6c = 10.4. Hul bestel boek is +32.5% hoër.
Calgro M3 (CGR) se inkomste vir die jaar tot Feb was +19% hoër (teenoor -1.6% vir Feb 2014), en vwVPA +32% hoër. Die prys/verdienste is nou R14.92/110c = 13.6. Aandele verhandel in lae volume.
Sondag 10 Mei 2015
Op die internet
ZeroHedge: Peak Gold? Goldman Calculates There Is Only 20 Years Of Gold Supply Left. - Kirill Klip.
Internet TV en video dienste: Cut the cord and leave cable TV behind - PC World.
Swatch says it can solve the smartwatch battery problem - PC world.
Tesla Powerwall & Powerblocks Per-kWh Lifetime Prices vs Aquion Energy, Eos Energy, & Imergy - Clean Technica.
Saterdag 9 Mei 2015
Op die internet
Americans are scooping up real estate bargains... overseas - CNN Money.
Die geskiedenis van goud mynbou in SA - Moneyweb. Die rand was $1.35 in 1980.
Fxtop en die Bank of England het historiese wisselkoerse. Iewers in die 1980s was die Zimbabwe dollar sterker as die rand. Sien die inflasie koers vir die Zimbabwe geld eenheid by Wikipedia.
The Great Disconnect - Daily Reckoning.
Volgens die artikel wil Rio Tinto en BHP Billiton nou op koper konsentreer: Copper surplus coming sooner: Rio Tinto - Sydney Morning Herald. Anglo wil hulle kopermyne in Chile verkoop.
Scientists are measuring the Nepal earthquake by bouncing radar beams off Kathmandu from space - Quartz.
JSE aandeel mark
Die JSE alle aandele het na Donderdag se -1.1% val, Vrydag met die opening +1% gespring en daar gebly. Die neiging lyk steeds af.
Op 'n vorige kommentaar van 20 Oktober 2014 was die meeste top 10 aandele in die Satrix40 nie aantreklik nie. Die mark het intussen opgegaan, terwyl die yster erts en olie prys getuimel het. Van die nie-mynbou maatskappye se resultate was ook swak. Net Naspers (NPN) en First Rand (FSR) het hoë groei gerapporteer.
Britse verkiesing
Skotland wil apart wees, en England wil apart wees van Europa weens ongewenste immigrasie. Ierland is klaar apart. Die Britse Arbeiders party en die Anglikaanse kerk het 'n veldtog teen die opbreek van SA in state gevoer. Doen wat ons sê, moenie doen wat ons doen nie. Dit is goeie ding almal is blank, anders was dit rassisme.
Vrydag 8 Mei 2015
Aandele
Die FTSE het na die open 2% opgeskiet, seker omdat die Conservative party gewen het.
Harmony (HAR) se kwartaalikse kontant vanaf Maart 2014 tot Maart 2015: R2008m R1828m R1374m R701m. Netto verlies was -R263m vir die laaste kwartaal, teenoor -R856m vir die Des kwartaal. Die maatskappy wil voortgaan om die vertoning te verbeter en myne te herstruktureer.
Tencent (HK:0700) het die afgelope week aan die begin van die dag in Hong Kong sterk geklim, maar dan laer gedryf die res van die dag. Vandag is dit op, saam met die Hang Seng. Die eerste kwartaal se resultate is rondom 14 Mei.
Alibaba (US:BABA) se inkomste vir 3m tot Maart was $2811m, wat +45% hoër is. Die verkope/aandeel was $2811m/2585m = $1.087/aandeel. Die verdunde VPA is $0.18 (-53% laer), of $0.48 nie-GAAP (+7% hoër), wat die netto wins marge 44% maak. Die prys/verdienste is $86/~$1.92 = 45. Verkope groei is hoog, maar wins nie.
Rio Tinto chief Sam Walsh stands firm on iron ore expansions - Sydney Morning Herald 7 Mei 2015. Australia & New Zealand Bank verwag $56/ton vir 2015, en $55/ton in 2016. UBS verwag $45 vir die 2H van 2015, en $48 in 2016. (SMH)
Donderdag 7 Mei 2015
JSE aandeel bewegings
Die JSE alle aandele het -1.13% geval, met groot bewegings in Anglo (AGL) -4.9%, BHP Billiton (BIL) -3.6%, SAB Miller (SAB) +3.9%, en Sasol (SOL) -4.6%. Kumba (KIO) is baie wisselvallig. Goud myne het getuimel.
JSE aandeel resultate
Barloworld (BAW) verwag vir die 6m tot Maart 'n wesens verdienste per aandeel van 356c tot 376c, +6% tot 12% hoër. Die prys/verdienste rondom R94.89/~R9.09 ~10.4.
Redefine (RDF) se huur uitkering vir die 6m tot Feb is 39c, wat die ekwivalente opbrengs 2x39c/R11.39 = 6.8% maak. Groei van 7 tot 7.5% word vir die jaar tot Aug verwag.
Yster erts
Die gemiddelde ystererts prys vir die 2de 6m van 2014 was $82.2. Kumba (KIO) se netto wins marge was toe R14.1/R66 = 21%, en huidige prys/verkope R173/~R132 ~1.3. Afr Rain Min (ARI) se netto wins marge was 470c/R24 = 20%, en prys/verkope R112.22/~R48 ~2.4. Vir die eerste 3m van 2015 was die yster erts prys $62.3, -24% laer. In April het dit begin herstel, maar is nog nie by die eerste 3m se prys nie.
Op die interweb
Top 10 most tourism-ready economies World Economic Forum.
Die son soos afgeneem deur NASA se Interface Region Imaging Spectrograph (IRIS) ruimtetuig.
Grafiek van Europese banke se nie-presterende bates: Unclogging Euro Area Bank Lending - iMFdirect.
It is entirely rational – SA is progressing despite modern day Hitlers - Biznews. SA is nie besig om vooruit te gaan nie. Die verval in plattelandse dorpe maak dit duideliker as in stede, waar die inwoners van luukse woonbuurtes nie die groter prent kan sien nie. Die agteruitgang word aangehelp deur SEB: Confusion over new BEE Act causes business panic - Mail & Guardian.
China Builds City's First All-Robot Factory Replacing Human Workers - Sputnik. Vervaardigers ondervind 'n tekort aan arbeid. As China robotte gebruik, is werkers in die res van die wêreld in nog groter moeilikheid.
Why pessimistic views of China’s economy are unconvincing - World Economic Forum. Lyk of SA nie meer deel is van die BRIC nie. SA kiesers het besluit om eerder terug te gaan na 'n minder ontwikkelende land.
A blueprint for Greece’s recovery World Economic Forum.
Woensdag 6 Mei 2015
Aandeel mark bewegings
Die ou gesegde "Sell in May and go away" was nie dikwels weerspieël in aandeel mark bewegings nie. Dit wil lyk of aandeel markte wêreldwyd kan terugval na onlangse stygings. China se Shanghai mark het verdubbel in 6m. 'n Dubbel kort beurs verhandelde fonds (BVF) in die VSA is Proshares UltraShort China 25 (FXP). Fed's Yellen says equity valuations high, warns of 'potential dangers'. 'n Dubbel kort BVF vir die S&P 500 aandele is ProShares UltraShort S&P500 (SDS). Die Britse FTSE 100 het nie veel opgegaan die afgelope twee jaar nie (kort UK:XUKS). Die Duitse DAX het baie opgegaan, en reeds -8% geval van die piek af (2x kort DE:DES2).
Aspen (APN) het onder die nek lyn van 'n kop en skouers geval. Naspers (NPN) het by voorbaat geval, ingeval Tencent môre val. Dit lyk na winsneming op Capitec (CPI) na dit in 6m opgeskiet het. Party eiendomstrusts val. Rentekoerse word oor 2 weke deur die MPC bepaal. Octodec (OCT) het -7.4% geval voor die 22 Mei cum datum. Reinet (REI) is af, terwyl BA Tobacco (BTI) op is. Die stygende olie prys bring seker kleinhandelaars af, net soos dit opgegaan het toe olie geval het.
Iron ore price surges past $US60 per tonne - Sydney Morning Herald.
Australië se Woolworths: The clock is ticking for Woolworths to save itself - Sydney Morning Herald.
Op die interweb
Can cars ever really be driverless? - World Economic Forum. In SA word die spoed by padwerke verlaag na sê 40km/h, maar daar is dikwels geen bord wat die spoed ophef nie. In automatiese mode sal die kar seker vir 'n honderd kilometer aanhou teen die verlaagde spoed.
Here are all of the ways Greece's bailout crisis could end - UK Business Insider. In hierdie stadium moes ons al advertensies gesien het vir 'n Griekse vakansie. Om toerisme te bevorder is een manier vir Griekeland om lenings terug te betaal. Hulle het 'n besigheids plan nodig.
New York Times ‘lies about number of immigrants living in SA’ - Biznews. 'n Mens kan aanneem dat immigrasie beheer onder die ANC net so sleg bestuur word as die ander regerings funksies. Dit is onwaarskynlik dat onwettige immigrante deur Statistiek SA in die sensus opgetel was, watter metode al gebruik was. Daar is waarskynlik miljoene immigrante net van Zimbabwe.
Eskom werkers by die Medupi kragstasie in Limpopo staak steeds, nou al amper 6 weke. Belasting betalers behoort te staak totdat bekwame regering oorneem.
JSE resultate
Spar (SPP) verwag vir die 6m tot Maart wesens VPA van 446.4c tot 465.0c. Die groei word beinvloed deur die Ierse besigheid. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste rondom R188.49/~R9.11 ~ 20.7.
Lodestone REIT se 3m huur uitkering is ekwivalent aan 'n jaar opbrengs van 3x12.99c/725c = 5.4%
Dinsdag 5 Mei 2015
Op die interweb
Forget Guts: Here Are Your 11 Stock Market Rules - Daily Reckoning.
The Only Vitamin Worth Its Price? - Daily Reckoning.
‘Shrinkflation': how to spot those sneaky price increases - Biznews. Nog 'n nuwe verskynsel by party supermarkte is 'n gebrek aan pryse, of verkeerde pryse. 'n Mens sukkel dikwels om die prys vir 'n item op die rak te kry. Jare gelede was die prys op die produk geplak, wat dit baie makliker gemaak het.
Olie
Brent olie het na $68.13 geklim. Dit lyk in hierdie stadium of 'n prys rondom $60 nie volhoubaar is, veral wat hidrouliese krakers betref. As die prys baie styg sal kraking weer aantreklik raak. Met die ekstra belasting wat die SA regering op die olie prys gelaai het, kan SA petrol duur word.
JSE aandeel resultate
Tongaat (TON) verwag vir die jaar tot Maart 'n wesens verdienste per aandeel van ongeveer 826c, wat omtrent -16.5% laer is.
Holdsport (HSP) se verkope vir die jaar tot Februarie was +9% hoër, en kern wVPA +6.1% hoër. Die prys/verdienste is nou R53.95/450c = 12.
Mr Price (MPC) verwag vir die jaar tot Maart 'n vwVPA van 844c tot 872c, +20% hoër. Die prys/verdienste is rondom R250/~858c ~29.
Quatum Foods (QFH) verwag vir 6m tot Maart 'n wVPA van 25.3c tot 27.2c. As dit herhaal, is die prys/verdienste van 389c/~52.6c ~7.4.
Rhodes Food (RFG) verwag vir die 6m tot Maart 'n wesens verdienste per aandeel van 26.2c tot 27.0c, wat die prys/verdienste omtrent 1836c/~53c ~35 maak.
Reunert (RLO) verwag vir die 6m tot Maart 'n wesensverdienste per aandeel van 254.0c tot 279.0c, wat +7% tot +17% hoër is. As dit herhaal, is die prys/verdienste omtrent R65.02/~R5.33 ~ 12.2.
Brait (BAT) verwag 'n netto bate waarde van R75.08 tot R78.28 per aandeel vir jaar einde tot 31 Maart 2015. Die aandeel prys is nou R90. Die aandeel prys het verlede Dinsdag deur die dag opgeskiet, maar teruggeval na die R90 vlak waar baie handel plaasvind.
Maandag 4 Mei 2015
VSA presidensieële kandidaat
"I understand bureaucracies, and that’s what our federal government has become — a giant, bloated, unaccountable, corrupt bureaucracy" - Carly Fiorina. (Politico)
Olie
Volgens David Einhorn (van Greenlight Capital) se aanbieding by die Ira Sohn Conference verloor die hidrouliese krakers ("frackers") soos Pioneer Natural Resources (PXD) geld teen die huidige olie prys nie. Pioneer se prys/verkope is 5.9. Die olie prys sal waarskynlik opgaan as die krakers se toevoer verdwyn, maar as olie veel opgaan kan OPEC steeds mark aandeel afstaan aan ander olie maatskappye.
JSE aandeel bewegings
Van die duur aandele relatief tot groei, het begin afgaan soos Clicks (CLS) PV=27, Foschini (TFG) PV=19, Mr Price (MPC) PV=32, Naspers (NPN), Netcare (NTC) PV=24, Sanlam (SLM) PV=18. Party eiendoms trusts beweeg van hoë vlakke af, soos Growthpoint (GRT), Redefine (RDF), en Resilient (RES). Myne beweeg op, soos Anglo (AGL), en BHP Billiton (BIL). BHP Billiton is op dieselfde vlak as 2013 toe die ysterts en olie pryse hoog was.
JSE aandeel resultate
Octodec (OCT) se huur uitkering vir die 6m tot Feb is 96.8c, wat ekwivalent is aan 'n jaarlikse opbrengs van 2x96.8c/2830c = 6.8%. Groei van +8 tot +9% word verwag vir die jaar tot Aug.
Sondag 3 Mei 2015
Op die interweb
These are the coolest cars you'll never drive - Engadget.
Canada has the Most Overvalued Housing Market in World - Visual Capitalist. As Kanadese huis pryse terugval na die 100 vlak, sal dit 'n groot val wees. Dit lyk of die lae olie prys nog nie die huismark getref het nie.
Saterdag 2 Mei 2015
Op die interweb
How Zimbabwe is investing in irrigation - World Economic Forum. Zimbabwe se opperhoof Mugabe beskou landbou as die ekonomiese skans van die land. In Zimbabwe is landbou 12% van die ekonomie, en Suid Afrika 2.4% - Agriculture Share of GDP By Country. Die inboorlinge wat grond wil hê konsentreer op 'n bedryf wat net 2.4% van die ekonomie is, en een waarin hulle rekord van sukses swak is.
How batteries will transform the power grid - World Economic Forum. Een idee is om elektriese voertuie aan die elektrisiteits netwerk te koppel sodat die elektrisiteits verskaffer die batterye kan gebruik as daar 'n vlugtige tekort is. Eskom sal jou battery pap trek. Dit lyk of die elektrisiteits verskaffers al meer apparate in huise wil beheer. Dit gaan verwarring en ongerief veroorsaak.
Top 10 emerging technologies of 2015 - World Economic Forum.
Vrydag 1 Mei 2015
Op die interweb
This is the last image sent by NASA's Messenger before it crashed into Mercury - The Verge.
NASA's seemingly impossible space engine looks more possible after latest test - The Verge
Tesla nuwe tuis battery
Tesla’s new “Powerwall” home battery will cost $3500 for 10kWh units - Ars Technica.
Werkers dag
In plaas van 'n werkers dag, behoort daar dag te wees vir entrepreneurs, wetenskaplikes en ingenieurs. Sonder hulle sou daar geen werk of ontwikkeling gewees het nie. In 'n beskawing waarin al meer take deur rekenaars en robotte gedoen word, is werkers van al minder belang.
Ouer webjoernaal
Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2015