Web Joernaal



Saterdag 28 Februarie 2015

Op die interweb

Twitter is nou net vol van die Drachma gerugte. Gold Sovereigns Bought by Greeks in Volume as New Greek Drachmas Designed - Goldcore.


Vrydag 27 Februarie 2015

Op die interweb

Here’s how bad things are for newspapers - Moneyweb. (a) Mense is te besig om te lees. Dit is makliker om prentjies op TV te kyk. (b) Die persone (politici) en gebeure wat koerante dek, stel die lesende publiek nie in belang nie. (c) Koerante is nie krities genoeg oor die onbekwame regering nie. Al waarvoor koerant papier goed is, is verf werk. Iemand behoort groot velle blanke koerant papier te verkoop.

MultiChoice announces new DStv prices - Techcentral. Die publiek moes omtrent 40 jaar wag vir enige TV uitsending. Ons wag nog steeds vir mededinging. DSTV kan die hoë tariewe vra weens die sport dekking, wat swak, of glad nie, deur die ander uitsaaiers gedek word nie. Uitsaaiers kan nie meeding as hulle nie hul sport uitsendings verbeter nie. Rolprente en TV reekse is ooral beskikbaar - TV, DVD, DVD verhuring, en die internet.

Budget 2015: Combined fuel taxes breakdown from 2013 to 2016 - Biznews. Die petrol prys gaan 41% uit belastings bestaan.

Budget 2015: New property transfer duty rates (table) - Biznews. Dus, hereregte op 'n eiendom van R3m sal R167,500 of 5.6% kos. Dis genoeg geld vir 'n klein motor.

JSE aandeel mark

Grand Parade Invest (GPL) het resultate uitgebring. Die aandele verhandel in baie lae volume.

Intu Properties (ITU) se dividend opbrengs is ~R2.44/R63.56 -20% VK belasting ~3.1%. Die netto rente inkomste is 7.3% hoër.

Old Mutual (OML) het hulle resultate in twee dele op SENS uitgebring, asof een baie lang publikasie nie genoeg is nie. Dalk hoop hulle dat die mense so lank vat om daardeur te lees, dat die naweek aanbreek voor hulle klaar is. Vir 2014 is die totale inkomste -22% laer, en vwVPA -17.7% laer. Die prys/verdienste is nou R40.10/~R2.07 ~ 20.


Donderdag 26 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Aspen (APN) verwag vir die 6m tot Des wesens VPA van 530.2c tot 551.5c (+25% tot +30%), wat laer is as die 592c vir die 6m tot Junie. As die verwagte VPA herhaal, is die prys/verdienste rondom R424.42/~R10.82 ~ 39.

Caxton (CAT) se inkomste vir die 6m tot Des was +12.4%, maar -4% vir soortgelyke besigheid. Wesens VPA was +10.7%. Die prys/verdienste is nou 1550c/104c = 14.9.

Rand Merchant Insurance (RMI) verwag vir die 6m tot Des wesens VPA van 119.5c tot 125.3c (+26% tot +32%). As dit herhaal, is die prys/verdienste rondom 4517c/~244.8c ~ 18.5. Die aandeel prys het amper verdubbel vanaf R24 'n jaar gelede.

Afrox (AFX) se inkomste vir 2014 was dieselfde as die jaar tevore, en wesens VPA -62% (verlies vir die tweede helfte). Die verkope per aandeel was R18.9, teenoor die aandeel prys van R15.19.

British American Tobacco (BTI) se inkomste was -8.4% laer. Die vwPA was -15.6% laer, en die aangepaste VPA was -3.9% laer. Die prys/verdienste is omtrent R664.18/208.1p~R36.7 = 18. Die dividend opbrengs is omtrent 3.3% na belasting.

Capital & Counties Prop. (CCO) se NBW is +25% na 311p ~ R55, vergeleke met 'n aandeel prys van R70.51. Die netto huur inkomste opbrengs is 2.4% op die eiendom waardasies. Die dividend opbrengs is 0.37%. Rentekoerse in die VK is naby 0%, wat eiendoms waardasies opgejaag het.

MMI (MMI) verwag kern VPA +5% tot +15%, en wesens VPA -20% tot -30% laer. As die kern VPA herhaal, is die prys/verdienste romdom R32.70/~235c = 13.9.

Spur (SUR) se inkomste vir die 6m tot Des was +8.7%. Sonder die sluiting van die Captain DoRegos pakhuis en verspreiding sentrum sou inkomste +16.9% gewees het. Die vwVPA was -28% laer weens SEB. Die prys/verdienste is nou 3650c/134c = 27. Die maatskappy wil 4.2% meer restaurante oopmaak, en het 'n 51% aandeel in RocoMamas gekoop.

Digigor (DGC) se inkomste vir die 6m tot Des is +5.3%. Die verdienste is wisselvallig. As die laaste vwVPA herhaal is die prys/verdienste ~280c/2x9.03c ~ 15.5.

Implats (IMP) se inkomste vir die 6m tot Des was -3.6% laer, vwVPA 66c, vergeleke met 142c die jaar tevore, en 'n -56c verlies vir die 6m tot Junie (seker die stakings). Die prys is nou R74.22, vergeleke met verkope per aandeel van R52.3 op jaar grondslag.

Liberty (LBH) se totale inkomste was -6.5% laer, versekerings premies was +18%, en vwVPA was -2.8% laer (-12.3% laaste 6m). Die prys/verdienste is nou R141.39/R13.92 = 10.2.

Massmart (MSM) se inkomste vir 2014 was +10.4%, vergelykbare winkel verkope +7.5%, inflasie +4.8%, en vwVPA -17% (-21% laaste 6m). Die prys/verdienste is nou R161.27/505c = 32. Die dividend opbrengs is 2.2% na belasting.


Woensdag 25 Februarie 2015

Staats begroting 2015

Die manier waarop die regering klein verstellings maak aan belasting, in plaas daarvan dat hulle die geweldige ondoeltreffendheid van die staatsdiens herken, is soortgelyk aan die manier waarop Eskom baie moeite doen om beurt krag uit te werk, in plaas daarvan dat hulle in die eerste plek bekwame personeel aanstel op 'n nie-rasse grondslag. In plaas daarvan dat die regering herken dat rente bloot vergoeding is vir die inflasie wat die regering self veroorsaak, word spesiale belastingvrye rekenings geskep. Kapitaal groei op eiendom is meestal weens inflasie, en behoort nie belas te word nie. Politici is te onnosel om die mees elementêre ekonomiese beginsels te verstaan. Regerings wêreld wyd spandeer onbeperk die publiek se geld omdat hulle nie die invloed op die ekonomie verstaan nie.

Die belasting drempel is op met 9.7% van R67,111 na R73,650 vir persone jonger as 65 jaar (na R114,800 van 65j tot 74j, en R128,500 bo 74j). Die belasting tabel word elke jaar aangepas vir inflasie, byvoorbeeld 'n persoon wat R200,000 se inkomste gehad het verlede jaar, sal dieselfde belasting koers betaal as sy salaris 7% verhoog. Die maksimum inkomste belasting koers is verhoog van 40% na 41%. Rente wat belastingvry verdien kan word, is onverandered op R23,800 (R34,500 bo 65).

Die algemene brandstof heffing word met 30.5c/liter verhoog, en die Pad Ongeluk Fonds heffing word met 50c/liter verhoog, wat beteken dat petrol 80.5c duurder gaan word. BTW bly 14%.

Die regering wil inkomste met 9.0% verhoog van 2014/5 na 2015/16, en uitgawes verhoog met 8.7%. Die verwagte groei in Bruto Binnelandse Produk is 8.0%.

Daar is geen teken dat die enorme groot bedrae wat uitgemors word, verminder gaan word nie. Die nasionale regering se begrote uitgawes vir 2015/6 werk uit op omtrent R3200 per maand per volwassene (2015 ~ 35.24m). Daar is armes wat geen inkomste het nie. As die gemiddelde persoon self kon besluit hoe hulle die R3200 per maand kon spandeer, sou hulle voorkeure waarskynlik baie verskil van die regering. Onderstaande tabel toon hoe die regering die geld spandeer.

Die skool opvoeding van R481 per maand beteken elke persoon betaal R289,000 oor 'n 50 jaar volwasse leeftyd vir skool. As mense dit self moes betaal het, sou hulle aangedring het op 'n leerplan wat meer nuttig is. Die gesondheids dienste van R372 per maand is ekwivalent aan 'n doktersbesoek vir elke volwassene elke maand.

Party mense betaal R300 per maand vir private sekuriteits dienste. Elke huishouding van twee volwassenes in die land betaal die regering R810 per maand vir die polisie en weermag (sonder 'n herkende vyand).

Die sosiale toelae werk uit op R367 per volwassene, maar party armes kry niks. Die koste van staatskuld van R299 per maand werk uit op R179,400 oor 50 jaar. Elke persoon in Suid Afrika kon een of twee karre daarmee gekoop het.

Regering uitgawes
Funksie Bedrag Per volwassene per maand
Basiese opvoeding R203,500,000,000 R481
Gesondheid R157,300,000,000 R372
Verdediging, openbare orde, en veiligheid R171,200,000,000 R405
Ekonomiese aangeleenthede (nugter weet) R206,200,000,000 R488
Algemene publieke dienste R64,400,000,000 R152
Plaaslike ontwikkeling en sosiale infrastruktuur R199,600,000,000 R472
Sosiale beskerming R155,300,000,000 R367
Skuld dienste koste R126,400,000,000 R299
Totaal R1,351,000,000,000 R3195


Vooraf besprekings van die staats begrotings rede

Al die kommentators bespreek maniere waarop die regering meer belasting kan insamel, weens die begrotings tekort. Die regering mors enorme bedrae geld op funksies wat onnodig en ondoeltreffend is. Die bespreking behoort te gaan oor watter uitgawes nodig is.

Die JSE is ryp vir 'n val

Die JSE bereik nuwe hoogtepunte, terwyl die ekonomie swak vaar. Aandele styg op swak resultate. Die huidige hoë waardasies gaan moeilik wees om te handhaaf die res van die jaar. As iets die mark skrik maak, sal kopers nie in storm om die winskopies op te raap nie, want daar is niks nie. Dit is gewoonlik na die Desember jaar einde resultate klaar bekend gemaak is, en dividende betaal is, dat die motivering om aandele te koop kwyn.

JSE aandeel mark resultate

Murray & Roberts Hold (MUR) se inkomste vir die 6m tot Des was -15%, en die vwVPA -1.2% (+31% op voortgesette besigheid). Die prys/verdienste is R17.91/R2.16 = 8.3.

Hospitality Property Fund (HPA, HPB) se A uitkering vir die 6m tot Des is 73.33c, wat 'n jaarlikse ekwivalente opbrengs van 2x73.33c/1552c = 9.5% is. A groei teen 'n vaste 5% per jaar. B se uitkering is 9.12c, wat 'n jaarlikse ekwivalente opbrengs van 2x9.12c/235c = 7.8% is. B se groei is afhanklik van 'n herstel na vorige huur vlakke, vanaf 2006: 116.8c 140.4c 166.16c 152.65c 87.98c 58.9c 7.91c 18.08c 33.45c (6 maande 9.12c) Jun2015.

Mustek (MST) se resulate is uit, maar die aandele verhandel in lae volume.

Grindrod (GND) se inkomste vir 2014 is -11%, of +76% op voortgesette besigheid, en vwVPA -9.4%. Die prys/verdienste is R19.05/R1.07 = 17.8. 'n Herstel in netto wins marge van die huidige 5.8% is reeds in die aandeel prys, of inkomste groei word verwag.


Dinsdag 24 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Shoprite (SHP) se verkope vir die 6m tot Des is +12.5%, en vwVPA +8.6%. Die aantal winkels is 6.1% meer. Die prys/verdienste is nou R175.60/R7.27 = 24.

Mondi (MND, MNP) se inkomste vir 2014 was -1.1% laer, en vwVPA +8.9% hoër. Die prys/verdienste is nou R232/~R13.1 ~18.

Discovery (DSY) maak 'n regs aanbod teen R90.00, wat sal verhandel van 16 Maart tot 26 Maart (DSYN). Discovery se netto inkomste vir die 6m to Des was +17%, en genormaliseerde VPA +17%. Die prys/verdienste is R113/R6.46 = 17.5.

EOH (EOH) verwag 'n wVPA van 275.5c tot 298.5c (+20% to +30%) vir die 6m tot Des. As dit herhaal word, sal die prys/verdienste R132.63/~574c ~ 23 wees.

Petmin (PET) se inkomste vir die 6m tot Des is +95% hoër as Des 2013, en +4.5% hoër as die 6m tot Junie. Die vwVPA is +25%, en +1.8% hoër as die 6m tot Junie. Die prys/verdienste is 151c/16.65c = 9.1.

BHP Billiton (BIL) se inkomste vir die 6m tot Des is -12% laer, en vwVPA -36% laer, of -39% vir die herverklaarde VPA. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste nou R288.47/~R21 ~ 14. Die dividend is $0.62 (6m opbrengs 2.1% na belasting).

Imperial (IPL) se inkomste vir die 6m tot Des was +9.5%, en vwVPA -7%. Die prys/verdienste is R197.00/R15.49 = 12.7. Die maatskappy verwag laer verdienste tot Junie 2015 as jaar tevore. Die dividend is laer (6m opbrengs 1.5% na belasting).

AECI (AFE) se inkomste vir 2014 was +6%, en die vwVPA +8% (+6% vir tweede helfte). Die prys/verdienste is R124.78/R8.00 = 15.6. Die gewone dividend is 225c (6m opbrengs 1.5% na belasting) en spesiale dividend 375c (2.6% na belasting). Aandele verhandel in lae volume.


Maandag 23 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Supergroup (SPG) se inkomste vir die 6m tot Des. was +23%, en vwVPA +12%. Die prys/verdienste is R36.37/R2.55 = 14.3.

Grand Parade (GPL) verwag 'n wVPA verlies van -4.19c tot -6.98c vir die 6m tot Des. Die aandeel prys is 630c, op van 480c 'n jaar gelede. Baie lae volume. Die netto bate waarde was 358c in Junie 2014. Die mark verwag 'n goeie wins marge van watter besighede hulle ookal in gaan belê. McDonald's sukkel met hamburger verkope.

Hyprop (HYP) se uitkering vir die 6m tot Des is 262.7c, wat +13.7% groei is. Dit gee 'n opbrengs van 2x262.7c/R106.88 = 4.9%. Die maatskappy verwag groei van 12 tot 15% vir die jaar tot Junie 2015. Teen 'n groei tempo van 13.7%, sal die opbrengs 5.6% wees oor 'n jaar, 6.4% oor 2 jaar, 7.2% oor 3 jaar. Dit sal lank neem vir die opbrengs om die vlak van ander eiendoms trusts te bereik, of SA Retail Bonds wat 7.25% betaal.

Casbuild (CSB) verwag wVPA van 762.6c tot 821.2c vir die 6m tot Des, wat gemiddeld +35% groei is. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste rondom R196/~R15.8.

Rolfes (RLF) se inkomste was +13.7% vir die 6m tot Des, en die wVPA +16%. Die prys/verdienste is nou 375c/39.4c = 9.5. Die aandeel prys herstel van 'n bodem by 320c 'n paar maande gelede.

Bidvest bied R52 per aandeel vir alle uitstaande Adcock aandele.

Sun International (SUI) se inkomste vir die 6m tot Des was -2.2% laer, of +6.6% hoër op die herverklaarde inkomste. Die voortgesette VPA is 371c. As dit herhaal word, is die prys/verdienste omtrent R134.75/~R7.42 ~ 18.6. Die netto wins marge was 7.3%. Die aandeel prys is +42% op van R95 'n jaar gelede.

Nedbank (NED) se inkomste was +14.2% vir 2014, en wesens VPA +13%. Netto rente inkomste was +8.2%. Nie-rente inkomste was +4.9%. Waardevermindering kostes op lenings en voorskotte was af met -19%. Die prys/verdienste is nou R255.71/R20.66 = 12.4. Die aandeel prys is +28% van 'n jaar gelede.

Wilson Bayly Holmes (WBO) se inkomste is +9.7%, of +11.1% op die herverklaarde inkomste, vir die 6m tot Des. Die wesens VPA is -8.9%, of -18.4% op die herverklaarde VPA. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste omtrent PE=R124.94/~R10.60 ~11.8.

Hulamin (HLM) se inkomste is +6.3% vir 2014, en wesens VPA is 110c (70c vir die tweede ses maande). Die prys/verdienste is nou R9.23/R1.10 = 8.4.


Sondag 22 Februarie 2015

Krieket wêreld beker

Die SA krieket span behoort teruggeroep te word. Hulle is besig om SA krieket se naam gat te maak. Na Indië 307/7 aangeteken het sonder veel inspanning, kon SA net 177 kry almal uit na 40.2 boulbeurte. Hulle kon nie eers 50 beurte uit kolf nie. Sedert 2013 is Chris Nenzani die president van Cricket South Africa (CSA), en vanaf 2013 Haroon Lorgat die Hoof Uitvoerende Beampte. Op Wikipedia is daar geen melding van enige persoonlike krieket agtergrond vir Haroon Lorgat nie, en Chris Nenzani bestaan nie op Wikipedia nie. Die internet gee die indruk van totale onbekwaamheid in SA krieket se bestuur, byvoorbeeld: CSA appoints Nenzani as president.

Tydskrifte en TV

Tydskrifte sirkulasie syfers daal soos wat verwag kan word. 'n Mens sien rakke vol tydskrifte by supermarkte, maar selde kyk enigeen daarna. Tydskrifte en koerante het nie hulle inhoud aangepas met die verskyning van die internet of satelliet TV nie.

Op plattelandse dorpe het mense destyds baie moeite gedoen om die SAUK se sein van ver af op te tel, te oordeel aan die groot antennes. Die antennes is nou opgeroes en val uitmekaar.


Saterdag 21 Februarie 2015

Griekeland

Die politici wat verklaar dat Griekeland se geldelike probleme vir eers opgelos is na onderhandelings, praat twak soos gewoonlik. Tensy die Griekse ekonomie skielik meer doeltreffend word, sal Griekeland die EU moet verlaat omdat hulle op die oomblik geen beheer oor hulle geld voorraad het nie, wat 'n land normaalweg het nie. As Griekeland die EU verlaat, sal dit 'n vraagteken plaas oor die toekoms van die Euro geld eenheid.


Vrydag 20 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Exxaro (EXX) verwag wesens VPA van 1328c tot 1381c vir 2014. Dit maak die tweede ses maande se wesens VPA 538c tot 591c. Indien dit die toekomstige wins verteenwoordig, is die prys/verdienste nou omtrent R112.01/~R11.29 ~9.9. Die internasionale steenkool prys is nou laer as die gemiddelde prys die laaste ses maande van verlede jaar. Die dollar prys het van November af op dieselfde vlak gebly. In Rand het die prys op beweeg sedert November.

African Rainbow Minerals (ARI) verwag wesens VPA van 455c tot 490c vir die ses maande tot Des. 2014. As dit die toekomstige wins verteenwoordig, is die prys/verdienste nou omtrent R129/~R9.45 ~13.7. Die yster erts prys het aangehou daal van verlede jaar af. Dit val nou stadiger.

Buitelandse grond besit

Die ANC se voorgestelde verbod op buitelanders se besit van plaas grond toon dat hulle nie weet wat in die werklike lewe aangaan nie. Hoeveel buitelanders wil grond in SA koop, na wat in Zimbabwe gebeur het, en met al die plaas moorde? Daar is miljoene werkloses in die platteland. As buitelanders werk skep op plase behoort dit verwelkom te word. Daar is baie swartes wat grond besit, en nie boer nie. Hulle lewe eerder op staats toelae. Die ANC ignoreer die benutting van grond, en is behep met ras.


Donderdag 19 Februarie 2015

JSE aandeel mark

MTN (MTN) verwag wesens VPA van 1482c tot 1623c, wat die prys/verdienste rondom R212.34/~R15.53 ~ 13.7 maak.

Truworths (TRU) se inkomste vir die ses maande tot Des was +6%, en wat gelyk was aan verkoop inflasie van 6%. Die aandeel prys het 7.3% opgeskiet, en die prys/verdienste is nou R87.42/R5.71 = 15.3. Kleinhandel verkope was +10% vir die eerste 7 weke van 2015. Die maatskappy beplan 6% meer handels ruimte vir 2015 en 5% vir 2016.


Woensdag 18 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Discovery (DSY) verwag genormaliseerde VPA +10% tot +20% vir die ses maande tot Des. As die VPA herhaal, is die prys/verdienste rondom R116.11/~R6.81 ~17. Met die eenmalige rekenkundige effek van die aankoop van 25% van Prudential Health Holding Ltd, is die wesens VPA +95% tot +105%. Discovery is een van 'n handvol aandele op die JSE aandeel mark wat nog hoë groei toon.

RCL Foods (RCL) se inkomste was +37% vir die ses maande tot Des, weens 'n oorname. As die VPA van 69.8c herhaal, is die prys/verdienste nou R17.75/~R1.40 ~ 12.7.

Adcock (AIP) verwag wesens VPA van 81.0c tot 84.0c vir die ses maande tot Des. As dit herhaal, is die prys/verdienste ~ R48.10/~R1.65 ~ 29. Die historiese VPA vanaf 2008: 385c 448c 363c 464c 422c 350c -179c/9m. 'n Herstel na vorige wins vlakke is alreeds in die aandeel prys, afhangende van wat die groei sal wees.

Pinnacle (PNC) verwag wesens VPA van 77c tot 82c vir die ses maande tot Des. As dit herhaal, is die prys/verdienste omtrent R10.63/~R1.59.

City Lodge Hotels (CLH) se inkomste was +20% vir die ses maande tot Des, en wesens VPA +15.5%. As die VPA herhaal word, sal die prys/verdienste R134.19/~R7.58 = 18 wees. As die nuutste dividend herhaal, is die dividend opbrengs 2.9% na belasting. Daar is 'n wye koop-verkoop aandeel prys gaping. Die aandeel prys gaan al vir twee jaar sywaarts, weens lae inkomste groei vanaf 2009: +9% +13% +5% +11% +11% +9%. Dit lyk of die maatskappy ten minste teen inflasie groei, met 'n klein dividend daarby. Die bydrae van nuwe kamers tot toekomstige groei is onduidelik.

Emira (EMI) se uitkering vir die 6m tot Des is 64.65c, wat 9% hoër is. Die jaarlikse ekwivalente opbrengs is 2x64.65c/R18 = 7.2%. Soortgelyke groei word vir die 2de 6m verwag.


Dinsdag 17 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Comair (COM) se inkomste vir die ses maande tot Des was +5.5%, en die wesens VPA +2.6%. Die prys/verdienste is 530c/56.5c = 9.4.

Aveng (AEG) se inkomste vir die ses maande tot Des was -14% laer, en wesens VPA -55% laer. Die prys/verdienste is R15.87/63.1c = 25.

Curro (COH) se inkomste was +52% vir die jaar 2014, en wesens VPA +37%. Die VPA vir die ses maande tot Des was laer (8.5c) as die ses maande tot Junie (8.9c). Die prys/verdienste is 3314c/17.4c = 190.


Maandag 16 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Distell (DST) se verkope was +10.5% vir die 6m tot Des, en die wesens VPA -10.5%. Die prys/verdienste is nou R147.6/R6.38 = 23. Die dividend opbrengs is 2.0% na belasting.

Italtile (ITE) se omset was +17.4% vir die 6m tot Des, en die wesens VPA +29%. Die prys/verdienste is nou 1200c/66c =18.2. Die dividend opbrengs is 1.6% na belasting. Die vooruitsigte vir die tweede helfte word gedemp deur die resultate van die vorige jaar se tweede helfte wat ongewoon sterk was, en positiewe items in die eerste helfte wat nie sal herhaal nie.

Dawn (DAW) se inkomste is +9% vir die 6m tot Des, en wesens VPA 'n verlies van 27.8c.

Jasco (JSC) se inkomste is -5.3% vir die 6m tot Des, en die wesens VPA 0.6c.


Vrydag 13 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Anglo American (AGL) se inkomste was -7.5% laer vir die jaar 2014. Die wesens VPA was $1.19. Die eerste 6 maande se VPA was $1.14, wat die tweede 6 maande se VPA $0.05 maak.

Arcelor Mittal (ACL) se inkomste was +7.5% vir die jaar 2014, en wesens VPA was 'n verlies van -57c, teenoor 'n verlies van -56c die vorige jaar.


Donderdag 12 Februarie 2015

Opening van parlement

Die opening van parlement 7nm laat 'n mens wonder tot watter mate die inboorlinge beskaaf geword het dat al die westerse seremonies sin maak. Parlement was grootliks 'n mors van geld en tyd gewees voor 1994, en nou is dit veel erger.

Krieket wêreld beker

Die openings seremonie van die krieket wêreld het begin met 'n klomp geskree, wat 'n mens geforseer het om die kanaal te verander. Die formaat van die beker behoort verander te word (net soos al die ander sport kompetisies). Die top spanne behoort teen mekaar te speel in 'n rondomtalie formaat. As een span al die ander spanne klop, is hulle die kampioene, anders is daar nie 'n wêreld kampioen nie. Die swakker spanne kan in hulle eie liga speel.

JSE aandeel mark

Onelogix (OLG) se inkomste was 9% hoër vir 6 maande tot Nov, en wesens VPA 20c, +16% hoër, wat die prys/verdienste 600c/34c = 17.6 maak.

Woolworths (WHL) se wesens VPA vir die 6 maande tot Des was 192c, +6.4% hoër. Die aangepaste wesens VPA is 242c - daarvolgens is die prys/verdienste R85.63/484c = 17.7. Die aangepassings is vir oorname transaksie kostes. Voedsel groei was +14.1%, met prys beweging van +9.5%. Bruto wins marge het 25.2% gebly. SA klere verkope was +9.4% hoër, en +3.4% hoër vir vergelykbare winkels.


Woensdag 11 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Assore (ASR) se inkomste is +27% vir die 6m tot Des, en VPA is -59% na 959c.

Mustek (MST) verwag wesens VPA van 50.58c tot 55.64c vir die 6m tot Des, wat laer is as die VPA vir 6m tot Junie 2014.

Northam (NHM) verwag wesens VPA van 80c to 98c vir die 6m tot Des. As dit herhaal, sal die prys/verdienste romdom R42.80/R1.78c ~ 24 wees. Die aandeel prys het 34% opgegaan van 'n laagtepunt van R32 in Nov.

Group 5 (GRF) se inkomste vir die 6m tot Des is -12%, en voortgesette wesens VPA is -41% na 118c.


Dinsdag 10 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Santam (SNT) verwag wesens VPA van 1395c tot 1498c, 35% tot 45% hoër, vir die jaar 2014. Gebaseer op net die tweede ses maande VPA is die prys/verdienste rondom R237.05/~R13.05 ~ 18.

Sun Int (SUI) verwag wesens VPA van 359c tot 375c vir die 6m tot Des, +10% tot +15% hoër. Die verdunde aangepaste wesens verdienste per aandeel sal 401 tot 417c wees, +20% tot +25% hoër. Daarvolgens is die prys/verdienste R137.26/~R8.18 ~ 16.8. Die aandeel prys het +44% opgeskiet vanaf R95 'n jaar gelede. Die lang termyn verkope groei is laag, vanaf Junie 2010: -1.5% +9% +6.8% +8% +5.4%

Mondi (MND, MNP) verwag basiese wesens verdienste per aandeel +7% tot +11% vir 2014.

Wilson Bayly Holmes (WBO) verwag wesens verdienste per aandeel -5% tot -10% vir die 6m tot Des.

Kumba (KIO) se verkope het -12.7% geval, en wesens verdienste per aandeel was R14.1 vir die ses maande tot Des. 2014. As laasgenoemde die langtermyn VPA verteenwoordig, is die prys/verdienste omtrent R229.67/~R28.2. Die prys het 3% geval, al was die VPA dieselfde as die handels opdatering.


Maandag 9 Februarie 2015

Griekeland

Die Europese Unie behoort verantwoordelikheid te neem vir Griekeland se skuld, want (1) hulle het toegelaat dat die situasie ontwikkel sonder om iets te doen, en (2) wanneer 'n land sy eie geld eenheid het, kan hulle geld druk om die probleme op te los met inflasie, en 'n swakker geld eenheid. Griekeland word nie toegelaat om dit te doen nie. In Griekeland, soos die meeste EU lande, word bank depositos gewaarborg tot E100,000 (Wikipedia). Die rekening houers sal nie geld verloor as die banke ondergaan nie, net die aandeel houers. Dus behoort daar geen stormloop deur deposante op banke te wees nie.

JSE aandeel mark

New Europe Property Investments (NEP) se uitkering vir die ses maande is +25.2% hoër. Die laaste 6m se dividend opbrengs is 2xE0.1735/R123 = 3.7%.

Tigerbrands (TBS) se omset vir die eerste kwartaal tot Des. 2014 is 7% hoër. Die prys/verdienste is R371.94/R17.71(Sep14) = 21.

Imperial (IPL) verwag wesens VPA van 765c tot 740c (8% tot 11% laer) vir die 6 maande tot Des. 2014, wat die prys/verdienste ongeveer R191.60/R15.5 ~ 12.3 maak.

Rolfes (RLF) verwag wesens VPA van 22.3 to 23.3c (12 tot 17% hoër) vir die 6 maande tot Des. 2014, wat die prys/verdienste 350c/39c ~9 maak.

Adapt It (ADI) se verkope vir die 6m tot Des was op met 37%, en VPA op met 35% (in lyn met handels opdatering). Die prys/verdienste is nou 930c/38.5c = 24. Lae volume.

Amplast (AMS) se verkope was op met 6.1% vir 2014. Verkope per aandeel was R213. Die platinum prys in rand was op van R14,400 na R15,000 per ons. Die toeskryfbare wesens VPA is af van 553c na 300c. Verdunde VPA is op van -533c na 238c. Die aandeel prys is nou R386.35.


Vrydag 6 Februarie 2015

JSE aandeel mark

Sasol (SOL) se handels verklaring verwag wesensverdienste +3% tot +9% hoër vir die 6 maande tot Des. 2014, weens verhoogde produksie, koste styging onder inflasie, en 'n 9% laer rand wisselkoers. Die Brent olie prys was 19% laer ($89 teenoor $109.83). Die petrol prys het eers maande na die olie afgekom, en het dus min invloed op die resultate. Op 4 Feb 2015 het die petrol prys afgekom na vlakke wat laas in Sep 2011 gegeld het. Dit sal waarskynlik nie lank hou nie, met die olie prys wat van 'n $48 tot $50 kanaal opgegaan het na $58 nou, waar dit 3 dae gelede was. Sasol se aandeelprys is 3.8% hoër na R467.56.

Telkom (TKG) het van Woensdag af opgeskiet van R70 na R78.39. Die volgende resultate is eers rondom 8 Junie, dus nie die resultate wat uitgelek het nie.

Vodacom (VOD) is +1.9% vir week ten spyte van die swak handels opdatering.

Hulamin (HLM) het na R8.57 teruggeval. Die maatskappy verwag genormaliseerde VPA van 109c tot 120c vir die jaar tot Des. 2014.

Steinhoff (SHF) het die week geklim van R60 na R63.54, wat die prys/verdienste R63.54/R4.17(Jun14) maak. Verkope vir die 6 maande tot Junie 2014 was -15% (herverklaar +28%), en VPA -4.8% (herverklaar +11.2%).

Discovery (DSY) is die week op met 3.8%. Die verwagte VPA vir die 6 maande tot Des is meer as 546c.

EOH (EOH) is die week op met 6% na 'n prys/verdienste van R127.50/R4.18(Jul14) = 30.5.

Exxaro (EXX) is die week op met 7.6% na 'n prys/verdienste van R110.84/R15.37(Jun14) = 7.2.

Aveng (AEG) het gedurende die week 6.5% opgegaan, maar die week laer geëindig.

Randgold (RNG) het vandag 13% opgeskiet - daar is 'n groot koop-verkoop bod prys gaping. Die resultate word 9 Feb aangekondig.

Griekeland

Die Europese politici weet nie wat om te doen omtrent Griekeland se skuld nie. Die Grieke het 'n abnormale hoë lewens standaard gehandhaaf met geleende geld. Hulle sal nou 'n laer lewens standaard moet aanvaar, wat noodwendig die ekonomie sal laat krimp in Euros, tensy hulle skielik harder werk. Hulle sal minder geld op hulself moet spandeer en meer uitvoer, wat vir Griekeland waarskynlik meer toerisme beteken. Toerisme moet bevorder word. Die ernorme styging in eiendoms belasting maak Griekse eiendom onaantreklik vir buitelanders. In plaas van belasting verhoog, moet regerings uitgawes gesny word.


Donderdag 5 Februarie 2015

Telekommunikasie sektor

Die telekommunikasie aandele lyk oorprys vir groei wat laer as inflasie is, en in party gevalle negatief:

MTN se prys/verdienste is R212/R14.64(Jun14) = 13.9. Hulle verkope was laas +10.7%, waarvan +6.3% weens wisselkoers was. Hulle VPA vir die 6 maande tot Junie 2014 was dieselfde as die ses maande voor dit. Die dividend opbrengs is 4.5%. Die inkomste in SA het 7% geval vir die 6 maande tot Junie 2014. Nigerië se ekonomie is afhanklik van olie.

Telkom (TKG) se prys/verdienste is R73.75/419c(Sep14) = 17.6. Verkope tot Sep was -1.5%. Die VPA was effens hoër as die ses maande voor dit. Dit betaal nie tans 'n dividend nie. Dit het laas 'n netto wins marge van 6.8% gehad. Telkom wil Business Connexion (BCX) koop (SENS 22 Mei 2014, 11 Jul 2014, 30 Jan 2015). BCX se verkope tot Aug 2014 was +5.5%, en VPA het geval. Telkom wil 660c per aandeel betaal, wat BCX se prys/verdienste = 660c/39.8c = 16.6 maak. Om R6.60 te betaal vir BCX se verkope per aandeel van R17.91 kan voordelig wees as hulle meer wins daaruit kan maak.

Vodacom (VOD) se prys/verdienste is R133.91/R8.71(Sep14) = 15.4. Die verkope vir die 3 maande tot Des was -1.1%. Die VPA tot Sep. 2014 was -5.3%. Die dividend opbrengs is 5.1%, en het in Sep. 90% van die VPA uitbetaal.


Woensdag 4 Februarie 2015

JSE aandeelmark

Volgens Vodacom (VOD) se kwartaalikse opdatering het groep inkomste 1.1% geval in die 3 maande tot Des. 2014. Data inkomste was 19.9% hoër, en is 27.4% van die totale inkomste. Die prys/verdienste is R130/R8.71(Sep14) =14.9. Die 6 maande inkomste tot Sep. was +2.3% en die VPA -5.3%.

Dit is onduidelik waarom MTN (MTN) opskiet. Dalk 'n oorreaksie op die sterker olie prys, waarop Nigerië staatmaak. Die VPA vir die 6 maande tot Junie 2014 was dieselfde as die ses maande voor dit. Die inkomste in SA het 7% geval vir die 6 maande tot Junie 2014. Die prys/verdienste is R215/R14.54(Jun14) = 14.8. Die Vodacom en MTN prys/verdienste is nie hoog relatief tot die mark nie, maar die sektor se groei het opgehou weens mededinging, net soos selfoon netwerke in ontwikkelde lande.


Dinsdag 3 Februarie 2015

JSE aandeelmark dag oorsig

Moneyweb onderhoud met Adrian Saville: The market seems to be heading toward exhaustion. Na die skerp styging in kleinhandel en eiendoms trusts, en die swak verwagte resultate in ander aandele, sal dit moeilik wees om groei uit die mark te kry die volgende ses maande. Myn aandele beweeg op terwyl die yster erts prys op 'n jare lange laagtepunt bly.

Baie kommentators beveel nou Europese aandele aan (Buy where others are worried). Die meeste groot maatskappye se verkope groei net so min soos die ekonomie, dus 0% in Europa en 3% in die VSA. Die VSA aandeelmark is duur relatief tot die verkope groei, maar die VPA groei is hoër, onder andere weens aandele terugkoop.

Sasol is +5.4% na R474.44, op 'n Brent olie prys van $56.26. Dit is onduidelik of OPEC sal probeer om die olie prys laag te hou. Die ekstra olie uit breking ("fracking") sal in elk geval 'n demper plaas op die prys van olie. Voor die val onder $50 het die olie prys vir 'n wyle net bo $60 vertoef. Die laer olie prys sal nog nie in Sasol se opkomende resultate weerspieël word nie. Die huidige aandeelprys lyk optimisties vir 'n olie prys wat steeds 50% laer as die 2014 piek.

Die dollar verswak met die hoër olie prys. Dit is 'n hoender en eier situasie. Die olie prys styg deels omdat die dollar verswak, of die dollar verswak omdat die VSA meer vir olie invoer betaal.

Standard Bank (SBK) het +4.7% opgegaan na R160.38. Hulle het gister aangekondig dat die groep hul 60% aandeel in Standard Bank PLC aan ICBC (Industrial and Commercial Bank of China) verkoop het, en dat die VPA vir die jaar tot Des 2014. -5% to +5% sal wees, relatief die vorige jaar. Die prys/verdienste is R160.38/R10.60 = 15.2 op die ou resultate.

Clicks het teruggeval na R88.51, na dit opgeskiet het, op die handels opdatering van 28 Jan.

Life Healthcare (LHC) verwag verdienste per aandeel van 74.8c tot 109.9c vir die ses maande tot Maart 2015, 37.2% tot 57.2% laer as die vorige jaar se 174.8c, grootliks weens die verkoop van hul aandeel in Joint Medical Holdings Ltd. Die wesens verdienste per aandeel was verlede jaar 82.6c vir die ses maande. Dit is nie duidelik wat die wesens verdienste sal wees tot Maart 2015 nie. Verkope groei was +10.2% tot Sept, en wVPA +7.7%. Die verkope/aandeel was R12.58. Die aandeel prys is nou R42.47, en die prys/verdienste was 24 op Sept resultate. Die aandeel prys verhandel meestal sywaarts sedert Oktober.

RCL Foods (RCL) verwag wesensverdienste van 60c to 80c vir die ses maande tot Des. 2014. As dit herhaal vir die volgende 6 maande, is die prys/verdienste R18.50/~R1.40. Verkope/aandeel was R23 vir die jaar tot Junie 2014. Die aandeelprys het alreeds in Desember begin opbeweeg.


Maandag 2 Februarie 2015

Woolworths

Woolworths het die prys van 'n pak sampioene van iets bo R20 opgesit na omtrent R25, en bied nou R10 af as mense twee koop, wat die prys weer R20 maak. Dit lyk of Woolworths desperaat raak om meer wins te maak. Langsaan in die winkel sentrum verkoop Fruit & Veg City sampioene vir R10.

JSE aandeelmark

Die Brent olie prys het opgespring na $53.35. Sasol is vandag 6.8% op na R450. BHP Billiton is 2.1% op na R258.60.

Tencent is 2.9% hoër. Tencent gaan die VSA se NBA (National Basketball Association) regstreeks aanbied in China. Naspers verhandel naby nuwe hoogtepunte van R1714.37. EOH is op 'n hoogtepunt van R123.03. Comair is op 'n hoogtepunt van R5.90. Hulamin het R9.16 gehaal.

Volgens Group Five (GRF) se handels verklaring sal verdunde VPA 40-50% laer wees vir die ses maande tot Des, wat die VPA 101 to 121c maak. Die aandeel prys is nou rondom R26. Die inkomste per aandeel was R150 vir die jaar tot Junie 2014. Die netto wins marge is af na 1.5%.


Sondag 1 Februarie 2015

Amerikaanse voetbal finaal

Die VSA se NFL (National Football League) Super Bowl finaal tussen die New England Patriots en die Seattle Seahawks is môre oggend 1.30vm op DSTV kanaal 206. Ek het verlede jaar daarna probeer kyk, weens al die aandag wat VSA TV kanale vooraf daaraan gegee. Dit was vervelig. Doen dit nie weer nie.

Haar verlies

Toekomstige behandeling vir haar verlies met stam selle: Battle against baldness turns to stem cells.

Bestaande behandeling: Cure for baldness? Not yet, but hair loss can be treated.

Belasting

In Februarie kan 'n mens aandeel posisies tydelik of permanent sluit om 'n groot wins of verlies gedurende die afgelope belasting jaar te help uitbalanseer.

Kleinhandel aandele

Op Britse finansiële TV programme word so baie oor handelaars, veral supermarkte, gepraat dat dit lyk na die enigste sektor wat nog oor is in Brittanje. Ontwikkelde lande en Suid Afrika ondervind soortgelyke neigings. Vervaardiging het na China verskuif. Konstruksie vaar swak weens die gebrek aan ekonomiese en bevolkings groei. Mynbou sukkel om 'n wins te maak weens oorproduksie. Wat oorbly is kleinhandel, logistieke goedere verspreiding, en finansies.

Onder is 'n lys van kleinhandelaars. Van die aandeel pryse het opgeskiet. Daar is baie maatskappye wat by goedere handel betrokke is, maar nie onder kleinhandel gegroepeer word nie, soos Argent, Famous Brands, Imperial, Invicta, Mustek, ens.

Kleinhandel
MAATSKAPPY Verkope groei VPA groei Prys/ verdienste Dividend opbrengs Kommentaar
Cashbuild (AEG) 12% (6m tot Des) 13% (12m tot Jun) 16.4 2.4% Prys opgeskiet van R136 jaar gelede na R186 nou.
Clicks (CLS) +9.4% +12.9% 27 1.8% Prys opgeskiet van R56 jaar gelede na R91 nou.
Combined Motor Hold (CMH) +9.1% (6m tot Aug) +8.4% (6m tot Aug) 9.3 4.7% Prys R13 jaar gelede. Nou R15 deur baie wisselvalligheid.
Foschini (TFG) +10.5% (9m tot Des) +3.4% (6m tot Sep) 42 2.8% Prys opgeskiet van R92 jaar gelede na R168 nou.
Holdsport (HSP) +7.2% (6m tot Aug) +6.7% (6m tot Aug) 11.5 3.9% Prys R41 jaar gelede. Nou R50.
Illiad (ILA) 0% (6m tot Jun) - 12.1 2.0% Prys 600c jaar gelede. Nou 850c.
Italtile (ITE) +18% tot 20% (6m tot Des) +27% tot 29% (6m tot Des) 19 1.2% Prys 760c jaar gelede. Onlangs opgeskiet na 1300c.
JDGroup (JDG) -5% - - 0% Prys R28 jaar gelede. Nou R25.30. Verkope/aandeel = R124.
Lewis (LEW) +4% (9m tot Des) -12% (6m tot Sep) 10.5 4.8% 'n Jaar gelede het die prys getuimel van R68 na R56. Dit onlangs opgeskiet na R90.90.
MassMart (MSM) +10.4% (12m tot Des) -7.3% (6m tot Jun) 28 2.1% Prys R116 jaar gelede. Prys opgeskiet. Nou R166.56.
Mr Price (MPC) +14.2% (3m tot Des) +23% (6m tot Sep) 34 1.7% Prys R136 jaar gelede. Prys opgeskiet na R265 nou.
Pick n Pay (PIK) +7.2% (6m tot Aug) +31% (6m tot Aug) 39 1.4% Prys R45 jaar gelede. Nou R57.53.
Shoprite (SHP) +12.5% (6m tot Des) +3.4% (12m tot Jun) 26 1.6% Prys R142 jaar gelede. Nou R184.90.
Spar (SPP) +15.1% (oorname) +12.6% 25.3 2.5% Prys R117 jaar gelede. Nou R184.49, gesteun deur oorname.
Truworths (TRU) +5.2% (6m tot Des) +2.0% (12m tot Jun) 14.2 4.0% Prys omtrent R72 jaar gelede. Nou R81.
Woolworths (WHL) +12.5%, +55.2% met David Jones (6m tot Des) oorname oorname 2.5% Prys R61 jaar gelede. Nou R86.90.

Griekeland

Mense wat rondsit en filosofeer oor die lewe sal sukkel om 'n bestaan te maak. Griekeland wil nou hê hulle skuld moet afgeskryf word, en dan wil hulle voortgaan om nog geld te leen sodat werkers dieselfde salarisse kan ontvang. Klink soos Zimbabwe. Griekeland se skuld van R5580b werk uit op R504,000 per persoon (nationaldebtclocks). Die ekonomie (Bruto Binnelandse Produk) is R2590b, wat die per capita inkomste R291,000 maak. Die skuld tot BBP verhouding van 2.15 is hoog. Vir die VSA is dit 72%, Portugal 129%, en Suid Afrika 43% (Wikipedia). Die inkomste per persoon lyk hoog vir 'n land wat veronderstel is arm te wees.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie.
Kopiereg @2014