Web Joernaal



Vrydag 30 Januarie 2015

JSE aandeelmark oorsig

Hudaco het vandag 7.54% opgeskiet na R117.77 op hulle resultate, wat dieselfde is as die jaar se groei in VPA. Mense is desperaat om in enige groei te vind.

Hulamin (HLM) het 5.1% geklim na 885c. Die HUB Richard Jacob het teruggekeer van mediese verlof. Die verwagte genorm. VPA vir 2014 is 109c tot 120c.

Woolworths het geklim na die 15 Jan. handels verklaring, en is nou R86.90. Die 9.5% verkoopsprys inflasie kan 'n aanduiding wees van hoër wins marge.

SABMiller (SAB) is die week op met 9%, veel meer as hulle jaarlikse verkope groei.

MTN het 3.1% teruggeval na R202.07, na waar dit die week begin het.

Stefanutti Stocks (SSK) het 9.3% geval na 510c, op baie lae volume - slegs 2500 aandele het verhandel - verkopers sit op 563c en kopers op 510c.

Comair (COM) is op met 6.7% na 560c, ook met 'n wye koper-verkoper gaping, alhoewel 797,055 aandele het verhandel.

Invicta (IVT) val steeds, en is af na R76.04, R7 bo die R69 regs aanbod.

Poynting (POY) het teruggespring van 166c na 203c.

Versekering

Santam se diens is nou pateties. Hulle het my epos geignoreer. Dit het vier oproepe geneem om my polis te wysig, wat R21 se selfoon lugtyd gekos het. Die laaste oproep was 19 minute lank. Hulle sê hulle sal terugskakel, maar doen nie. Hulle sê hulle sal 'n kwotasie epos, maar doen dit nie.

Die manier waarop ander versekerings maatskappye ook lang telefoniese kwotasies doen, is irriterend. Die mens het ontwikkel om te lees en skryf sodat hulle nie tot mondelingse kommunikasie beperk is nie. Met versekerings firmas is 'n mens nooit seker of hulle sal uitbetaal nie. Hulle soek gewoonlik deur die polis na enige rede om nie te betaal nie. 'n Mens kan vir dekades lank 'n polis betaal, en die dag wanneer jy eis, vind jy jou polis is ongeldig, en die versekerings maatskappy sal ook nie die premies terugbetaal nie.

Kar versekering lyk buitensporig hoog. As jy R300 per maand betaal op 'n R100,000 kar, kon jy oor dertig jaar nog so 'n kar gekoop het met die versekerings premies. Die verantwoordelike pad gebruikers subsidieer onverskillige bestuurders, en bedrog.

JSE aandeelmark

Die ystererts prys het nog verder gedaal, maar vir eers gebodem. BHP Billiton het 16% meer ystererts geproduseer vir die 6 maande tot Desember 2014. Kumba het vir die 4de kwartaal tot Des. 16% meer ystererts verkoop (in tonne), waarvan 93% uitgevoer was (28 Jan). Vir die jaar 2014 word 'n wesensverdienste per aandeel van R33.10 tot R35.60 verwag (23 Jan), wat die tweede 6 maande se VPA omtrent 40% laer maak. Dit lyk of die produksie sal aanhou groei, totdat party myne toegemaak word.

Hudaco (HDC) se verkope vir die jaar 2014 is 14% hoër, en vir die ses maande tot Des. 11% hoër. Die wesensverdienste is op met 7.3% vir die jaar. Die PV is nou R109.51/R8.84 = 11. Die dividend opbrengs is 3.6% na belasting. Die aandeel prys het voor die resultate opgeskiet van R93 na R113. Die maatskappye verwag 'n positiewe impak op verdienste vir 2015 van die swakker rand, koste vermindering, die oorname van Partquip.


Donderdag 29 Januarie 2015

JSE aandeelmark

Die MPC (Geldelike Beleids Komitee) het rentekoerse dieselfde gehou. Die aandeel mark het nie onmiddelik daarop gereageer nie.

Ons sien weer 'n herhaling van die styging in kleinhandel aandele in 2011 en 2012, terwyl die res van die ekonomie swak gevaar het, veral mynbou. Die waardasie van die kleinhandelaars kan lei tot 'n regstelling.

Afrox (AFX) sê wesens verdienste per aandeel vir die jaar 2014 sal 57% tot 67% laer wees, wat die VPA 31.5c tot 40.9c maak. Die aandeel prys is op die oomblik R14.00, af van 'n piek van R24.80 in Jan. 2013. Die verkope/aandeel was R18.6 vir die jaar tot Junie 2014. Eienaardig dat die aanvraag na gas so swak is gegewe die krag onderbrekings. Volgens die laaste finansiële verslag, word die swak handels toestande veroorsaak deur die aanhoudende agteruitgang in vervaardiging, mynwese en staal sektor.

Konstruksie maatskappye

Al die maatskappye in die konstruksie sektor word ewe laag gewaardeer weens die swak vertoning van die sektor die afgelope paar jaar. Bloot gebaseer op die laaste resultate in onderstaande tabel het Group 5 (GRF) en Stefanutti Stocks (SSK) beter gevaar as die res, maar sit op laer waardasies. Dalk is die PV verhoudings laag omdat die verdienste so baie opgegaan het, en die aandeel prys nog nie aangepas het daarby nie.

Konstruksie maatskappye
MAATSKAPPY Verkope groei VPA groei Prys/verkope Prys/verdienste
Aveng (AEG) -5.2% (6m) -9.4% 0.13 16
BASIL READ (BSR) +10.1% (6m) verlies 0.09 verlies
CALGRO M3 (CGR) -5.2% (6m) +27% 2.3 14.4
GROUP 5 (GRF) +28% (6m) +35% 0.18 6.6
Murray & Roberts (MUR) -6.8% (6m) +62% 0.24 9.1
Raubex (RBX) +15.6% (6m) +5.6% (6m) 0.57 10.9
Stefanutti Stocks (SSK) +10% (6m) +29% (6m) 0.11 7.8
Wilson Bayly Holmes (WBO) +5.4% (6m) +11.4% 0.26 9.4


Woensdag 28 Januarie 2015

JSE aandeelmark dag oorsig

Clicks (CLS) se verkope groei vir die 20 weke tot 18 Jan. was +13.9% (die ses maande finansiële periode eindig Maart), met verkoopprys inflasie +3.6%. Die prys/verdienste volgens die resultate tot Sept. is R91.89/R3.37 = 27.3

New Capital (CPF) se huur uitkering vir die ses maande tot Des. is 44.22c (cum 13 Feb.), wat die jaar se opbrengs 83.44c/R14.94 = 5.6% maak, met verwagte groei van 9% vir Junie 2015.

SABMiller (SAB) se aandeel prys was +4.02% na R623.49. In die handels opdatering van 21 Jan. het SABMiller gesê die groep netto produksie inkomste was 4% hoër teen konstante wisselkoerse. Die sterk dollar en swak Russiese Ruble sal negatief wees. 'n Direkteur het 27 Jan. 32,193 SABMiller aandele met 'n opsie gekoop teen £22.40, en dit vir £34.5246 verkoop (R6.8m wins).

Mr Price (MPC) se aandeel prys is +3.53% na R267.58, wat die prys/verdienste volgens die Sept. resultate R267.58/R7.80 = 34.3 maak.

Te oordeel aan Apple se resultate, lyk dit of elektroniese toerusting een van die goed is waarop mense die geld spandeer wat hulle op laer petrol pryse spaar.


Dinsdag 27 Januarie 2015

JSE aandeel mark

Eiendoms-trusts het baie gestyg voor hierdie week se MPC (Monetary Policy Committee) rentekoers besluit. As rentekoerse nie verlaag word nie, kan daar 'n afwaartse aanpassing wees.


Maandag 26 Januarie 2015

JSE aandeel mark

Invicta (IVT) het met 27% getuimel van R114.00 na R83.00. Die aandele het vandag sonder die reg begin verhandel, om 44.00724 meer aandele per 100 Invicta aandele gehou, te koop teen R69.

PPC (PPC) verwag wesensverdienste per aandeel van 53c tot 72c vir die ses maande tot Maart 2015, wat op 'n jaar grondslag rondom 125c is. Die jaarlikse VPA het tussen 169c en 216c gewissel sedert 2009. Die aandeel prys het vandag op R22.20 gesluit. Die prys val al sedert Augustus 2014. Wat van die prys gaan word hang af of die wins marge sal normaliseer of nie.

Tencent (0700.HK) was vandag 3.24% op, en Naspers (NPN) 3.34% na R1704.00. Volgens Barron's Asia: Tencent Can Pull In 10 Billion Yuan Annually From WeChat Advertising

Die sterk dollar kan nie goed wees vir SAB Miller se resultate, in terme van die wins uit ander lande nie. Die val in die Russiese Ruble is ook nie goed nie.

Eiendoms trusts

Eiendoms trusts is die afgelope paar weke opgejaag. Om aantreklik te wees op die vlakke, moet die groei volhoubaar wees. Gegewe SA se lang geskiedenis van inflasie, sou 'n rentekoers verlaging onwys wees.

Eiendoms trusts
MAATSKAPPY Huur opbrengs Groei Volgende kwalifikasie datum
Acucap (ACP) 5.8% 5 tot 6% ~ 20 Junie
Arrowhead A of B (AWA of AWB) 6.7% ~11% ~ 28 Februarie
Emira (EMI) 6.5% ~ 7 Maart
Fountainhead (FPT) 6.4% 5 tot 6% ~ 30 April
Growthpoint (GRT) 5.4% 7 tot 7.5% ~ 20 Maart
Hospitality A (HPA) 8.5% +5% ~ 8 Maart
Hospitality B (HPB) onder 7.3% ~ 8 Maart
Hyprop (HYP) 4.4% 10 tot 12% ~15 Maart
New Capital (CPF) 5.3% ~ 10% Februarie
Redefine 6.5% 7 tot 7.5% ~ 17 Mei
Resilient (RES) 3.7% ~ 12% ~ 22 Februarie
SA Corp (SAC) 6.4% ~ 14 Maart
Vukile (VKE) 6.4% +7.5% tot 8% ~ 12 Junie

JSE aandeel mark

Solank as wat aandele 'n hoër opbrengs gee as ander bate klasse soos rente koerse, kan aandele opkruip, as rentekoerse nie styg nie, en 'n swak ekonomie nie in resultate deurkom nie. Die aanvoeling vir watter aandele duur is, sal heroorweeg moet word weens die laer petrol prys, wat die risiko van hoër rentekoerse vir eers laat verdwyn het. Byvoorbeeld, Bidvest se prys/verdienste is R310/R17.23 = 18. Die dividend opbrengs was R8.10/R310 -15% = 2.2%. Vir die ses maande tot Junie 2014 was verkope 22% hoër, en wesensverdienste per aandeel 6.7% hoër. Tiger Brands is op 'n prys/verdienste van R380/R17.71 = 21. Vir die ses maande tot Sept. 2014 was verkope 11% hoër, en wesensverdienste 12.3% hoër. Dividend opbrengs 2.1% na belasting. Die mark is bereid om die aandele op die hoë waardasie te hou, met die hoop dat die toekomstige groei ten minste die kontant opbrengs sal klop. Dit is nog nie duidelik of die ekonomiese verswakking van verlede jaar, wat aandele afgebring het, nou verby is nie. Die mark lyk oorprys as die swak ekonomiese toestande voortduur.

Krieket

Die Wes-Indiese krieket span het die vierde eendag wedstyd gewen. SA het van die beste kolwers in die wêreld, maar dit lyk of SA se boulers kan sukkel in die opkomende wêreld beker.


Vrydag 23 Januarie 2015

JSE aandeel mark

Kumba (KIO) verwag wesens verdienste per aandeel van R33.10 tot R35.60, wat die tweede ses maande se VPA omtrent R14 maak. As laasgenoemde die langtermyn VPA verteenwoordig, is die PV omtrent R224.32/~R28.

AVI (AVI) verwag inkomste groei van 11.1%, en wesens verdienste per aandeel groei van 8% tot 11% (249c tot 256c) vir die ses maande tot Desember. Die aandeelprys het die afgelope 12 maande opgegaan van R51 na R80.41, wat die huidge PV omtrent 20 maak. Saam met 'n dividend opbrengs van 3% na belasting, is die total opbrengs 11% tot 14%. Weens die gebrek aan hoë groei beleggings, is die mark nou bereid om 'n hoë prys/verdienste te betaal vir lae groei. As AVI verteenwoordigend is van die kleinhandel sektor, het kleinhandel aandeel pryse dalk klaar opgegaan vir die volgende ses maande.

Verlede jaar het kleinhandel aandele geval weens die swak ekonomie. Die maand het dit geklim weens die gedagte dat 'n laer olie prys na groter verbruikers besteding sal lei. Die armste mense koop nie self brandstof nie, maar gebruik openbare vervoer, insluitende mini-bus taxis. Die gegoede mense wat hulle eie voertuie het, sal nie noodwendig meer kos of klere koop nie. Dalk sal die ekstra geld eerder op duursame goedere spandeer word, soos 'n groot TV vir sport, of nuwe voertuig. Saam met die laer olie invoer pryse, het uitvoere verswak wat verbuikers besteding negatief gaan tref.

In 'n handels verklaring verwag Amplats (AMS) 'n wesensverdienste van 250c tot 335c vir die jaar tot Desember 2014. Die eerste ses maande se wesensverdienste was 60c. Dus was die tweede ses maande 190c tot 275c. Met die tussentydse resultate tot Junie 2014 het hulle gesê: "We estimate that cash unit costs will increase to between R18,000-R19,000 per equivalent refined platinum ounce for 2014". Die platinum prys was $1436 x R10.71 = R15,800 vir die eerste ses maande, en rondom $1300 x ~R11 = R14,300 die tweede ses maande. Dit lyk of die platinum prys laag bly omdat myne hulle kostes gesny het na die huidige platinum prys.


Donderdag 22 Januarie 2015

Toestand van die aandeel nasie

Die yster erts prys daal steeds - Iron ore price extends slump - The Australian. Die aandeel prys van Anglo American het 'n dubbel bodem gemaak - Bigcharts. Die aandeel prys van Assore (ASR) het 'n enorme berg gevorm die laaste 5 jaar en is nou terug na 2010 vlakke - Bigcharts. Volgens BHP Billiton se bedryfs oorsig vir die ses maande tot Desember, was yster erts produksie 16% hoër, petroleum produksie 9% hoër, energie steenkool produksie 3% laer, metallurgiese steenkool produksie 21% hoër, en koper produksie 4% laer. Discovery (DSY) klim. Exxaro (EXX) bly op 'n bodem - hulle winsgewendheid sal duideliker wees wanneer die resultate rondom 6 Maart uitkom. Party eiendomstrusts het opgeskiet, dalk weens spekulasie dat rentekoers kan afkom. Die meeste aandele verhandel sywaarts, sonder 'n duidelike rigting.

Adcock (AIP) het verder geval na maande van 'n bodem vorm. Die prys/verkope is R42.59/R24 = 1.8, wat verwag word van 'n maatskappy met 'n hoë wins marge, of hoë groei. Die netto wins marge was 20% in 2011. Barloworld (BAW) het skielik gesak (dit was ex div van 214c 19 Jan.). Die PV is R87.90/R8.52 = 10.3 volgens die September 2014 VPA. Foschini (TFG) het opgeskiet, en verhandel nou op 'n PV van R160.29/R9.17 =17.5. 'n Direkteur het 16-20 Januarie R32m se aandele gekoop. Grindrod (GND) het verder geval. Massmart (MSM) styg vertikaal. Pioneer (PFG) skiet op. RCL Foods (RCL) het teruggesak.


Woensdag 21 Januarie 2015

JSE aandeel mark middag

Baie kleinhandelaars verhandel hoër. Woolworths (WHL) verhandel middag teen R83.52, wat na 'n nuwe hoogtepunt lyk. Dit het geklim na die handels opdatering van 15 Januarie. Sonder David Jones was verkope vir die ses maande to Desember 2014 12.5% hoër. Voedsel verkope was 14.1% hoër, waarvan 9.5% inflasie was. David Jones se verkope was 2.0% hoër in Australiese dollars. Woolworths se VPA is moeilik om te bepaal weens die oorname. As die VPA op jaar grondslag R4 is, die prys/verdienste nou 21.

Die platinum prys het 8% geklim van 'n laagtepunt van $1182 na $1278 nou. Dit is nog baie ver van winsgewende vlakke vir Amplats (+2.8% na R384.60, prys/verkope = 1.81) en Implats (+3.2% R78.78, prys/verkope = 1.65), wat geprys is vir groot wins marges.


Dinsdag 20 Januarie 2015

Eiendoms trusts

Die JSE eiendoms trusts met redelike volume word onder gelys. Dit is duur relatief tot die uitleen rentekoers op afgeleide instrumente, soos Kontrakte Vir Verskil (CFDs). Indien inflasie afkom, behoort die groei in huur ook afkom.

Eiendoms trusts
MAATSKAPPY Huur opbrengs Groei Volgende kwalifikasie datum
Acucap (ACP) 6.3% 5 tot 6% ~ 20 Junie
Arrowhead A of B (AWA of AWB) 7.1% ~11% ~ 28 Februarie
Emira (EMI) 6.8% ~ 7 Maart
Fountainhead (FPT) 6.7% 5 tot 6% ~ 30 April
Growthpoint (GRT) 5.8% 7 tot 7.5% ~ 20 Maart
Hospitality A (HPA) 9.1% +5% ~ 8 Maart
Hospitality B (HPB) onder 8.6% ~ 8 Maart
Hyprop (HYP) 4.6% 10 tot 12% ~15 Maart
New Capital (CPF) 5.7% ~ 10% Februarie
Redefine 6.7% 7 tot 7.5% ~ 17 Mei
Resilient (RES) 3.8% ~ 12% ~ 22 Februarie
SA Corp (SAC) 6.9% ~ 14 Maart
Vukile (VKE) 7% +7.5% tot 8% ~ 12 Junie


Maandag 19 Januarie 2015

Deflasie - Moneyweb

Interessante artikel deur Magnus Heystek oor effek van deflasie - 2015 is going to be a tough year to make money. Sentrale banke is angstig om deflasie te vermy weens die assosiasie met depressie - sien Deflation - Wikipedia. Die val in goedere pryse moet redelik groot wees vir verbruikers om hulle aankope uit te stel.

Die rede vir deflasie in Japan en Europa kan die hoë belasting wees. Dit onderdruk ekonomiese bedrywigheid. Japan het verkoops belasting verhoog, wat die situasie net gaan vererger. In die VSA leen die regering mildelik geld, o.a. van die Federale Reserwe, maar banke leen moeilik geld aan die publiek, wat bydrae tot deflasie. Party mense redeneer dat dit goed is dat die regering geld spandeer wanneer die publiek dit nie doen nie, wat gedurende die Groot Depressie gebeur het. Dit hang af waarop die regering die geld spandeer.

Suid Afrika het nie 'n deflasie probleem nie, want die regerings vergroot altyd die geld voorraad. Die hefboom aksie van afgeleide instrumente kan soos gewoonlik gebruik word om geld uit SA inflasie te maak, as 'n mens nie te veel betaal vir die onderliggende belegging nie. Eiendoms trusts is nou duur omdat die mark nie gou rentekoers verhogings verwag nie. Groei aandele met 'n opbrengs van 14+% is skaars. Dit maak dit moeilik om geskikte beleggings te vind vir die uitbuiting van inflasie. Die laer petrol prys gaan inflasie vir eers laag hou. Die laer petrol prys kan kleinhandelaars aanvanklik bevoordeel weens groter verbruikers besteding, totdat die laer mineraal uitvoer pryse myne forseer om kostes te sny.

Aandeel mark

China se Shanghai Stock Exchange (SSE) het vanoggend 7.7% geval. Die Hong Kong aandeel mark, Hang Seng, het 1.5% geval. Tencent (0700.HK) was 0.9% hoër. Brent olie het middag 1.4% teruggesak na $49.49, wat dit in 'n sywaarste band hou. Totdat olie 'n duidelike rigting inslaan, is dit onduidelik of Sasol op of af sal gaan, en kan eerder vermy word. Goud het effens teruggesak. Tensy 'n fundamentele rede vir goud se styging duidelik word, lyk dit na spekulasie. Goud is aantreklik weens die koste inflasie van myne, wat hoër is as die algemene verbuikers inflasie (of deflasie) . Richemont het sover 2.5% opbeweeg. Dit was in die eerste plek nie duidelik waarom die prys 'n paar maande gelede opgegaan het gegewe die laaste resultate nie. Massmart is nou 3.1% hoër. Die rede vir hoë waardasie is onduidelik.


Sondag 18 Januarie 2015

Voedsel teken van agteruitgang

Daar was 'n tyd toe melk in glas bottels met aluminium doppe by huise afgelewer was. Vandag is dit 'n gesukkel om vars vetvrye melk in supermarkte te kry. Vars melk smaak beter in koffie as langlewe melk. Shoprite verkoop melk wat naby die verval datum is, as hulle hoegenaamd vetvry het. Pick n Pay verkoop melk onder hulle eie handelsmerk wat 'n paar dae voor die verval datum suur word. Woolworths verkoop 2 liter, maar nie 1 liter nie.

Die gehalte van vrugte en groente het agteruitgegaan. Selfs appels is 'n swak gehalte. Dit is 'n gesukkel om piesangs te kry wat nie slegte kolle het nie. Spanspek is of te groen of te ryp. Geelwortels lyk of dit weke oud is. Een dag die somer was vars kersies in supermarkte beskikbaar, en toe nie weer nie. Met al die plaas moorde deur primitiewe inboorlinge is dit 'n wonder dat voedsel hoegenaamd nog geproduseer word.

Zuma het onlangs te kenne gegee dat hy wil teruggaan na die tyd voor Jan van Riebeeck, toe daar geen westerse ontwikkeling was nie. Hy wil 'n voorskoot van dier vel dra, in 'n modder hut woon sonder elektrisiteit, en Zoeloe Impi kaalvoet stuur om naburige stamme se beeste te roof. Van Riebeeck se aankoms was die begin van beskawing en ekonomiese ontwikkeling. Dit behoort 'n openbare vakansie dag te wees net soos Columbus dag in die VSA.


Vrydag 16 Januarie 2015

Regering befonds Eskom

Die weiering van die regering se reguleerder om die prys verhogings waarvoor Eskom die afgelope jare gevra het, toe te toestaan, is een van die redes waarom Eskom 'n geldelike tekort ondervind. Die regering het dus self die probleem veroorsaak. Die hoofrede vir die probleme by Eskom, en ander staats beheerde instellings, is vanselfsprekend die onbekwaamheid van regstellende aksie werknemers.

JSE aandeelmark dag oorsig

Brent olie is nou 3.15% hoër na $49.17, wat die bokant van 'n sywaartse band is. Sasol is +4.0% na R383.76. Daar is gewoonlik positiewe en negatiewe kommentaar oor 'n belegging, soos die olie prys. Wanneer 'n mens 'n belegging maak, moet 'n mens die helfte van die mark kommentaar wat verskil van jou posisie ignoreer. Eers was daar baie menings oor hoe ver olie gaan val. Noudat die prys terug spring, is daar voorspellings van 'n hoër olie prys. Die vlak waar olie gaan stabiliseer is te moeilik om te voorspel. Wat wel duidelik is, is dat OPEC nie kan toelaat dat olie te veel styg nie, want dan gaan hulle mark aandeel verder krimp. Dit maak 'n kort posisie op olie maatskappye en Sasol 'n groter sekerheid as om die olie prys self te verhandel.

Richemont het nog 2.1% geval. 'n Sterker Switserse Frank kan nadelig wees vir Richemont se wins, as hulle goedere in lande verkoop word met 'n swakker geldeenheid, en die uitgawes in 'n sterker geldeenheid spandeer word. Mediclinic se wins uit hulle Switserse hospitaal vergroot met 'n sterker Switserse Frank. Anglo, BHP Billiton en Glencore het herstel na 'n skerp val. Koper het herstel na 'n skielike dip. MTN het 3.8% teruggesak na gister se 5.2% styging. Die goud prys klim steeds.

Foschini oorname van Phase Eight

Foschini (TFG) het aangekondig dat hulle 85% van Poppy Holdco koop, wat as Phase Eight verhandel. Foschini verwag nie 'n wesenlike verskil in hulle resultate tot Maart 2015 weens twee maande se insluiting nie, en verwag 'n neutrale invloed vir Maart 2016. Foschini betaal £140m vir 88% van die aandeel waarde. Phase Eight se verkope vir die jaar tot Januarie 2014 was £141m. Phase Eight se verkope het gemiddeld 18.9% per jaar gegroei oor die laaste 5 jaar. "EBITDA" (verdienste voor rente, belasting, waarde vermindering en skuld delging) groei was gemiddeld 27.5% per jaar.


Donderdag 15 Januarie 2015

JSE dag mark oorsig

Groot aandeel bewegings op die mark vandag, was MTN +5.2%, BHP Billiton 6.0%, Mediclinic +7.0%, Remgro +4.7%, en Comair +5.1%. Goudmyne het gespring met goud wat 2.4% hoër is (Nasdaq). Anglogold Ashanti (ANG) is nou R127.00, op van die bodem rondom R100 gedurende November en Desember (Bigcharts). Goud is omtrent 10% hoër sedert die laagtepunt in November.


Woensdag 14 Januarie 2015

JSE dag mark oorsig

Daar was vandag enorme bewegings in myn aandele soos Anglo (-9.02%), Billiton (-6.8%) en Glencore (-10.5%). Anglo het die vorige laagtepunt van Julie 2013 bereik. Hulle prys/verkope van 0.74 is laag. Die koper prys het skielik verder geval (Nasdaq). Platinum is heeltemal te laag vir wins. Dit lyk of die yster prys 'n bodem bereik. Al positiewe sektor vir Anglo is diamante. Implats het 7.3% geval, wat 'n sywaartse beweging langs die bodem vlak is. Dit verhandel teen 'n prys/verkope van 1.5. Kumba het 6.1% geval, ook sywaarts op bodem vlakke.

OneLogix (OLG) is 5.2% hoër, en verhandel nou teen 'n prys/verdienste van 20.0, teenoor die laaste verkope groei van 18%, en VPA groei 25%. Comair is 10.5% op, en verhandel nou op 'n prys/verdienste van 10.2, teenoor die laaste verkope groei van 16.5%, en VPA groei 16.3%. Ellies het teen 111c die regsaanbod prys van 110c bereik.

Volgens Shoprite (SHP) se bedryfs opdatering vir die 6 maande tot Des. 2014, was omset op met 12.5%. Vergelykbare groei was 5.1%. Voedsel inflasie was 5.2%. Dus was al reële groei weens ekstra winkels. Die prys/verdienste is nou 24.8. Volgens Massmart (MSM) se verkope opdatering vir die jaar tot Des. 2014, was verkope 10.4% hoër, teenoor geskatte inflasie van 4.8%. Vergelykbare winkel verkope was 7.5% hoër. Die prys/verdienste is nou 26.7. Hierdie kleinhandelaars is duur, moontlik omdat die res van die aandeel mark so onaantreklik lyk. Kleinhandelaars verkoop meer noodsaaklike goedere, wat hulle groei meer stabiel maak. Min nuwe verskaffers kom op die mark, wat beteken dat die kleinhandelaars saam goedere pryse opstoot met inflasie. Mededinging beperk goedere prys stygings, dus is reële groei meestal deur die uitbreiding van die getal winkels.


Dinsdag 13 Januarie 2015

JSE dag mark oorsig

Die JSE alle aandele is 2.0% op. Die rand het versterk na R11.49 per dollar, wat 'n aanduiding kan wees van buitelandse geld wat na die aandeel mark gevloei het. Truworths (TRU) het in 'n besigheids-opdatering gesê kleinhandel verkope vir die 6 maande tot Des. 2014 was 5.2% hoër, en inflasie was 5.8%.

Sasol

Sasol se wins word bepaal deur die gaping tussen die olie prys (eintlik die regerings-beheerde petrol-prys) en die steenkool prys. Die Brent olie prys was hoog gewees vir die eerste helfte van 2014, en het net bo $110 gepiek in Junie. Daarna het dit getuimel na $46 nou. Dit is 'n val van 58% in ses maande. Die plaaslike steenkool prys is moeilik om op die internet te kry. Die Australiese termiese steenkool prys het al in Jan. 2011 begin daal, van $142 na $66.7 laas Desember. Omdat die val meer geleidelik was, het Sasol vir 'n wyle 'n hoë olie prys geniet, en 'n lae steenkool prys. Die gemiddelde olie prys vir die 6 maande tot Des. 2014 was rondom $83, en dit het maande geneem vir die petrol prys om te val. Dus, sal die opkomende resultate nog goed lyk. As die olie prys laag bly, sal dit 'n groot verskil maak aan Sasol se wins, maar eers in die resultate vir die 6 maande tot Junie 2015. Steenkool is nie onderworpe aan die dieselfde wedywering vir mark aandeel as wat olie is nie. Die prys behoort nie dieselfde afwaarste druk te ondervind nie. As een energie bron (olie) afkom, kan dit ander energie bronne (steenkool) tot 'n mate aftrek as 'n verskuifing moontlik is. Dit lyk of die steenkool prys 'n bodem bereik. Exxaro het 'n hoë 38% netto wins gemaak vir die ses maande tot Junie 2014, maar die plaaslike steenkool prys word seker deur die internasionale prys bepaal.


Maandag 12 Januarie 2015

JSE dag mark oorsig

Goudmyner Pan African Resources PLC (PAN) verwag verdienste per aandeel 60 tot 80% laer vir die ses maande tot Des. 2014, wat 'n VPA van 3.02c tot 6.04c sal wees. Ten spyte daarvan het goudmyners Anglo Gold (+5.7%), Goldfields (+9.5%), Harmony (+10.6%), Randgold (+13.7%) opgeskiet. Brent olie is -5.2% na $47.5, na Goldman hulle geraamde olie prys gesny het. Sasol se aandeelprys het 2.1% geval na R381.80. Tencent het vroeg Maandag op dieselfde vlak gebly as Vrydag. Naspers het later in die dag 3.8% gesak. MTN neig steeds afwaarts met 'n 2.1% val na R199.88. Nampak het na R41.00 geval, wat die onderste lyn is van 'n vernouende driehoekige formasie. Hulle PV gebaseer op die laaste ses maande se VPA is 13.5, met 'n hoë netto wins marge van 9.7%.

ANC saamtrek

Dit is ironies dat die ANC saamtrek in Kaapstad gehou word. Die ANC volgelinge in die stadion kon nie in die Oos-Kaap vir hulle self sorg nie. Hulle het na die Wes-Kaap getrek omdat hulle afhanklik is van die blanke ekonomie. By die byeenkoms moes hulle hoor hoe die ANC hulle gaan bevry van die blanke ekonomie, sodat hulle weer in die situasie is wat hulle in die Oos-Kaap gehad het. Niks wat die ANC sê of doen maak sin nie. Die korrupte leier het homself uitgespreek teen korrupsie. Die ANC verstaan nie wat korrupsie is nie.


Saterdag 10 Januarie 2015

Aandeel mark week oorsig

Baie aandele se Maandag en Vrydag prys val het grootliks die styging van Dinsdag tot Donderdag uitgekanselleer. Party spekulante sluit hulle posisies Vrydag. Vrydag se val kan 'n aanduiding wees van kort termyn wins wat geneem was, nadat aandele opgejaag was deur spekulante. Party aandele het te skerp gestyg gedurende die week om volhoubaar te wees. Die Satrix 40 prys grafiek vernou in 'n simmetriese driehoekige formasie (Symmetrical Triangle). Dit kan opwaarts of afwaarts wegbreek. Die Satrix 40 is 5% hoër as 'n jaar gelede. Die JSE word ten minste ondersteun deur inflasie. Dit maak 'n opwaartse wegbreek meer waarskynlik, alhoewel myne laag gehou kan word deur mineraal pryse, en die groei aandele is oorprys. 'n Sywaartse beweging in die eerste helfte van jaar het in 2010, 2011, 2012 en 2013 voorgekom. In 2014 het die mark die eerste helfte opgegaan, 'n paar maande sywaarts gegaan, en toe gesak.

Die meeste aandele beweeg sywaarts, party met baie wisselvalligheid. Die res kan naastenby in die groepe verdeel word:

Opgeskiet: Aspen, Astral, AVI, Capitec, Clicks, Massmart, Mediclinic, RCL Foods, Naspers, Spar.

Neig opwaarts met wisselvalligheid: Barclays Africa, Discovery, Fambrands, Firstrand, Nedbank, Oceana, Supergroup, Standard Bank.

Neig afwaarts: MTN, Old Mutual, Sasol.

Soek nog bodem: Anglo, BHP Billiton, Assore, HCI, Illovo.

Bly op bodem: Adcock, Arcelor Mittal, Aveng, Exxaro, Grindrod, Implats, Omnia, Kumba, Wilson BHO.

Begin klim van bodem af: African Rainbow Min, Anglogold Ashanti, Harmony, Truworths.




Vrydag 9 Januarie 2015

Effek van petrol prys op verbruiker

Die aanname dat die lae petrol prys goed is vir winkels omdat verbruikers meer geld het, is nie noodwendig reg nie. Die swak rand wys dat wat Suid Afrika spaar op goedkoper olie invoer, verloor word met laer uitvoer inkomste. Dus, werkers wat by uitvoere betrokke is, het minder geld om te spandeer. In die geheel lyk dit of daar geen voordeel vir die ekonomie is nie.

Olie prys bodem

Kommentators verskaf verwarrende syfers vir 'n bodem in die olie prys, van $40 tot $80. Een rede vir die groot bereik is die verskil tussen kort en lang termyn kostes. Die koste van bestaande olie boorgate ontgin is relatief laag. Wanneer die boorgate opdroog, en nuwe boorgate geboor moet word, gaan die kostes op. Dus, kan die olie prys op die kort termyn laag bly, maar in die toekoms opgaan weens die koste van eksplorasie.

Tencent

Tencent se daaglikse aandeel prys spronge met openstyd die afgelope week, het weer vandag voorgekom, maar toe teruggesak.


Donderdag 8 Januarie 2015

Aandeel mark dag oorsig

Die JSE alle aandele is 1.3% hoër. Die FTSE is nou +2.2%, DAX was +2.7% en CAC40 +3.4%. Vergeleke met die ekonomiese groei koers in Europa, maak die groot bewegings nie sin nie. Naspers het opgeskiet na nuwe hoogtepunte, vandag R1687.98 (David Shapiro op Biznews). Tencent het opgeskiet, maar op HK$127.30 is nog onder die laaste piek van HK$131.90. Aspen het 4.63% opgeskiet na 'n nuwe hoogtepunt van R427.00. Mediclinic het 4.06% opgeskiet na 'n nuwe hoogtepunt van R107.96. Shoprite is +3.35% na R178.79.


Woensdag 7 Januarie 2015

Aandeel mark dag oorsig

Die JSE beweeg op en af sonder enige besondere rigting. Dit kan nog vir 'n maand so aangaan, totdat resultate begin uitkom.

Vir die jaar tot Junie 2014 was Sasol verkope per aandeel R299. As 'n mens die verdienste per aandeel van R69.6 aftrek was die kostes R239.4 per aandeel. Die gemiddelde rand olie prys was R1137. As verkope direk eweredig is aan die olie prys, en die kostes was vas gewees, sou Sasol gelyk gebreek het teen 'n olie prys van R239.4/R299 = 80% x R1137 = R910 per drom, wat teen die huidige wisselkoers van R11.71 uitwerk op 'n olie prys van $77.7. Die steenkool prys het ook geval, wat die inset koste afgebring het. Die olie prys is te laag vir party produsente, en sal een of ander tyd opgaan. Die groot vraag is waar die olie in die toekoms sal stabiliseer.

Naspers en Tencent

Tencent is in drie dae op met 10.8%, insluitende vandag. Op 'n jaar prys grafiek lyk dit of Tencent in 'n dalende band verhandel, solank dit nie bo die vorige piek van HK$132 klim nie. Die laaste resultate het 'n afplatting in verkope getoon. Die volgende resultate word rondom 14 Mei verwag. Naspers het gister op R1589.03 gesluit, 5.0% hoër. Op 5nm het 150,335 aandele verhandel ter waarde van R239m.

Uber voertuie geskut

Polisie het op 34 Uber voertuie in Kaapstad beslag gelê omdat hulle nie permitte het on 'n taxi diens te bedryf nie (News24). In ander lande is taxi gebruik baie algemeen, deur die plaaslike inwoners, nie net toeriste nie. In SA word taxis baie min gebruik. In SA skep Uber 'n nuwe diens wat min tot geen invloed op die taxi bedryf het nie. Die polisie optrede teen Uber bestuurders is wat gebeur wanneer onnosel politici iets in ander lande sien gebeur, en nie verstaan dat plaaslike situasie heeltemal verskil nie. Die polisie doen niks om werklike misdaad soos die hoë vlak van huis inbrake te bekamp nie.


Dinsdag 6 Januarie 2015

Aandeel mark dag oorsig

Die JSE is vandag op na gister se val. Goudmyne het opgeskiet met 6% tot 12%, weens 'n 0.5% styging in die goud prys. Sasol se aandeel prys is net -0.15% na R404.43. Sasol se aandeel prys was jare gelede baie goedkoop gewees vir die wins wat hulle gemaak het, seker omdat die mark gedink die olie prys gaan nie hoog bly nie. Nou bly die aandeel prys hoog want die mark dink die olie prys kan so laag bly nie.


Maandag 5 Januarie 2015

Aandeel mark dag oorsig

Baie van die groot maatskappye het getuimel, insluitende banke en kleinhandelaars. Een manier om die hele mark te verhandel, is die Satrix 40 (STX40), maar die volume is baie klein. Dit het gesluit op R43.12, maar net voor dit aan die onlangse dubbel bodem by R42 geraak. Om die indeks af te trek, sal van die grootste maatskappye nog verder moet val. Die myne het alreeds baie geval, en die ander maatskappye word gesteun deur aanhoudende inflasie, en reële groei wat die bodem vir mark insinkings elke jaar hoër opstoot.

Sasol is -6.03% na R405.02, met die Brent olie prys wat steeds tuimel. Die huidige olie prys van $52.92 is seker te laag vir party olie produsente, en nie lang termyn volhoubaar nie. Die lyk of die prys wel naby die gemiddelde produksie koste kan verhandel vir 'n geruime tyd. Anglo is -5.2% na R202.50, wat die prys/verkope 0.82 maak. BHP Billiton is -5.6% na R234.26, wat die prys/verkope 1.6 maak, tweekeer duurder as Anglo. Anglo het platinum myne wat 'n verlies maak, maar nie olie soos BHP Billiton nie.

Matriek resultate

Die matriek resultate verskaf komiese verligting in die media wat gewoonlik vol neerdrukkende nuus is. Die Sunday Times (baie dun en nie R20 werd nie) berig verneukery by 13 skole. Die leerlinge volg maar net die voorbeeld van die staats president. Volgens Moneyweb het die matriek slaagsyfer opgegaan van 60.6% na 78.2% onder Zuma se "leierskap". Vir meer as 50 jaar al word die gemerkte eksamen punte aangepas, onder die aanname dat lae of hoë punte beteken dat die vraestel te moeilik of maklik was. Die slaagsyfer beteken niks. Soos wat die gemiddelde leerling dommer word, word die standaard net afgebring. Die grootste probleem is nie die slaagsyfer nie, maar die inhoud van die leerplan. Leerlinge moet voorberei word die lewe, veral vir ekonomiese deelname. Die leerplan bereik glad nie die doel nie.

Chinese staal fabriek kom na SA

Die aankondiging in September 2014 dat Hebei Iron & Steel Co Ltd, 'n Chinese regerings staal fabriek, van hulle vervaardiging na Suid Afrika gaan skuif (IDC) laat die vraag onstaan hoeveel goedkoper dit is om staal te verskeep as yster erts. Die yster inhoud in magnetite is 72.4%, hematite 69.9%, goethite 62.9%, limonite or siderite 48.2% (Wikipedia). SA se geskatte ysterts graad is 59.1% (Iron and steel in SA - Journal SAI Mining and Metallurgy). Ekstra staal vervaardiging kan positief wees vir Kumba en die ander ystererts myne, en negatief vir Arcelor Mittal.

Toekoms van SA

In die artikel Time travelling to 2024 op Moneyweb word verskillende toekoms scenarios voorgestel. Dit is nie nodig om oor die toekoms te wonder nie. Die verval in plattelandse dorpe is duidelik te sien. Huise word nie meer geverf nie, en raak verwaarloos. Dit volg dieselfde patroon as in die voormalige TBVC state. Vir mense wat in die gegoede woonbuurtes van stede woon, is dit moeiliker om die agteruit te sien, en daarom stem hulle vir transformasie. Politici woon dikwels in die gegoede woonbuurtes, en het daarom beleide wat onrealisties is. Byvoorbeeld, Angela Merkel wil immigrasie in Duitsland bevorder. Haar rykdom word op R130m geskat. Sy sal duidelik nie in die arm woonbuurtes saam met immigrante moet bly nie. Die nie-blankes word op die kort termyn bevoordeel deur die afskaffing van apartheid, en stem daarom ook vir transformasie. Hulle het klaarblyklik geen idee hoe arm die res van Afrika is nie.


Vrydag 2 Januarie 2015

Aandeel portefeulje vir die jaar 2015

Om aandele vir die jaar te kies 'n maand of twee voor baie maatskappye resultate uitbring is nie beste benadering nie. Van die maatskappye wat in die hoë groei kategorie geval het maande gelede, se groei tempo is nou af. Die aandeel mark is in die algemeen minder aantreklik as verlede jaar. Weens die min aandele met sterk groei, kan 'n mens onder die aandele kyk wat baie geval het vir herstel moontlikhede. Onderstaande tabel lys van die maatskappye wat moontlik hoër groei bied, totdat opkomende resultate duidelikheid bring.

Voorlopige portefeulje 2015
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Kommentaar
AdaptIT (ADI) 2.2 24 +31% (laaste 6m) +42% (laaste 6m) Klein volume.
Arrowhead A of B (AWA of AWB) Eenheids pryse reeds opgeskiet. Huur opbrengs 7.8%, en groei 11%. As rentekoerse opgaan, kan dit val.
Aspen (APN) 5.3 (laaste 6m) 34 (laaste 6m) +53% +29% Duur as die groei teruggaan na 20%.
Capitec (CPI) 17.7 12% (laaste 6m) 21% (laaste 6m) Groei stadiger.
Consolidated Infrastructure Group (CIL) 1.6 16 +24% (laaste 6m) +40% (laaste 6m) Langtermyn groei rekord is laer as die laaste syfers.
Discovery (DSY) 1.9 21 +37% +44% Verwagte wesensverdienste vir die 6 maande tot Desember ten minste 85% hoër.
Eqstra (EQS) 0.13 4.4 +5.3% -21% Aandeel prys herstel kans.
EOH (EOH) 1.8 26 +42% +37% 'n Direkteur het op 18 Des. 'n opsie geneem met aandeel prys perke van R101.36 en R152.60 tot 9 Jan. 2017, wat 'n vraagteken plaas oor toekomstige groei.
Exxaro (EXX) 2.5 6.7 +19% +11% Steenkool prys neig steeds afwaarts. Netto wins marge was 38% vir 6m tot Junie.
Fambrands (FBR) 3.8 26 +14% +17% Duur.
FirstRand (FSR) 15.0 +20% +22% Maatskappy verwag volhoubare en bogemiddelde vertoning ten spyte van die swak ekonomie.
Group 5 (GRF) 0.19 7.3 +39% +35% Aandeel prys herstel kans.
Hospitality A (HPA) Klein volume. Huur opbrengs 10.8%, groei 5%. Getref deur val in B uitkering.
Hospitality B (HPB) Klein volume. Huur is af na minder as 9c vir 6 maande.
Medi Clinic (MDC) 2.5 24 +19% +7.1% Groei op en af.
Mr Price (MPC) 3.4 30 +15% +23% Duur.
Onelogix (OLG) 0.94 18.1 +18% (laaste 6m) +25% (laaste 6m) Prys geklim. Klein volume.
Peregrine (PGR) 2.0 9.8 +20% +43% Lang termyn groei is laag.
Prescient (PCT) 2.6 16.4 +17% +21% Nie langtermyn VPA groei nie.
South Ocean Hold (SOH) 0.1 4.5 +15.5% (6m) Klein volume. Aandeel prys herstel kans.
Wilson Bayly Holmes (WBO) 0.26 9.4 +8.4% +11.4% Aandeel prys herstel kans.

Beleggings maatskappye

Beleggings maatskappye word hier beskou as maatskappye waarvan die aandeel prys grootliks bepaal word deur die waarde van die aandele in ander maatskappye, of wat in verskeie bedrywe betrokke is. Dit is moeiliker om die groei te bepaal. Party bied diversifikasie deurdat dit in verskillende nywerhede belê is. As die hele ekonomie swak vaar, kan dit nadelig wees.

Beleggings maatskappye
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei laaste 5 jaar VPA groei laaste 5 jaar Kommentaar
Bidvest (BVT) 0.61 17.6 -2% +8% +12.7% +14.9% +20% +14.9% +8.6% +27% +5.5% +11% Dividend 2.3%
Coronation (CML) 20 +14% (laaste 6m) +17% (laaste 6m)
Naspers Ltd -N- (NPN) 9.6 63 20% 22% Tencent groei stadiger.
PSG (PSG) Prys is R127.75, teenoor R118.49 (10 Okt. 2014) se beleggings in Capitec, PSG Konsult, Curro, ens.
Rand Merchant Insurance (RMI) 5.9 21 +25% +30% Prys is R40.86, teenoor R32.78 (Junie 2014) beleggings in Discovery, MMI, en Outsurance.
Remgro (REM) Intrinsieke waarde was R246 Junie 2014, groei +20%.

Medium groei aandele

As die hoë groei aandele in die eerste tabel nie die gewensde resultate lewer nie, kan 'n mens kyk na maatskappye wat lang termyn verkope wat inflasie klop, maar die groei tempo nie altyd hoog is nie.

Medium groei aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei laaste 5 jaar VPA groei laaste 5 jaar Kommentaar
Afrimat (CLS) 1.22 14.3 +13% +9.8% +16.6% +34% +42% (6m +10.5%) +26% +3.9% +15.7% +22.4% +42% (6m +26.1%)
Clicks (CLS) 1.0 24 +9.1% +6.4% +9.5% +13.7% +9.4% +27% +18.5% +9.2% +9.2% +12.9% Dividend opbrengs 2.4%
Foschini (TFG) 1.6 14.3 +7.9% +15% +17.5% +12% +0.4% (6m +10.2%) -6.3% +20% +23% +11% +6% (6m +3.4%) Aandeel prys gaan afwaarts.
Fountainhead Property (FPT) Huur opbrengs 7.6%, groei 5% tot 6%.
Growthpoint (GRT) Huur opbrengs 5.9%, groei 7% tot 7.5%. Die groei moet volhoubaar wees om die lae opbrengs te regverdig.
Life Health Care (LHC) 3.4 24 +11.7% +11.5% +8.3% +10.2% +88% +17.6% +17.2% +7.7% Dividend 2.8%
Medi Clinic (MDC) 2.5 24 +5% +9% +18% +12% +25% +54% -2.3% +8.1% +43% +39%
MMI (MMI) 13.4 ... +42% +14% +41% +21% ... +18% +10% +10% +12%
Redefine (RDF) Huur opbrengs 6.9%, groei 7% tot 7.5%.
Shoprite (SHP) 0.88 24 +14% +7.3% +14.4% +12.1% +10.5% +30.8% +12.4% +19.5% +11% +3.4%
Spar (SPP) 22 +9.1% +10.2% +12.4% +9.6% +15.1% +30% +3.4% +9.2% +14% +12.6% Eenmalige groei in Maart 2015 resultate verwag weens Spar Ierland oorname.
Supergroup (SPG) 0.71 14 -2% +12% +30% +14.8% (tweede 6m +13.8%) +22% ... +46% +61% +18% (tweede 6m +9.7%) +18%
Truworths (TRU) 2.8 13.7 +9% +13% +12% +11% +8% +11.4% +20.8% +15.7% +8.5% +2%
Woolworths (WHL) 1.45 ~19 +8.2% +9.2% +11.5% +22.9% +12.8% +47% +32% +24% +28% +8%

Kort

Aandele wat moontlik kan val.

Kort
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Laaste verkope groei Laaste VPA groei Kommentaar
AECI (AFE) 0.95 17.3 +11% +11% Omnia vaar swakker. Myne getref deur lae mineraal pryse.
Astral (ARL) 0.72 21 +13% +95% Geprys vir verdere groei. Wins marge in hoender bedryf gewoonlik laag.
Brait (BAT) Met die groter kontant deel in die netto bate waarde (NBW), is NBW van R61.35 meer akkuraat. Aandeel prys is R78.
Grindrod (GND) 1.9 24 -37% -32%
MTN (MTN) 2.6 13.9 +10.7% +9% SA verkope 7% geval, en lae olie prys sleg vir Nigerië ekonomie.
Pioneer (PFG) 1.9 22 +4.2% +45%
RCL Foods (RCL) 0.83 verlies +95% verlies Geprys vir groot wins. Wins in hoender bedryf gewoonlik laag.
Sasol (SOL) 1.5 7.3 +9% (laaste 6m) +4% (laaste 6m)
Telkom (TKG) 1.1 16.6 -1.5% -67%
Zeder (ZED) 1.1 16.6 -1.5% -67% Prys opgeskiet na 790c. Beleggings per aandeel 749c op 5 Nov. 2014. Sien Pioneer bo.


JSE kalender

Die JSE se afgeleide afsluit kalender vir 2015, op bladsy 2.


Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie.
Kopiereg @2014