Web Joernaal



Woensdag 31 Desember 2014

Aandeel mark dag oorsig

Gedurende hierdie vakansie tydperk is die bewegings in aandele en kommoditeite nie nodig 'n aanduiding van waarheen hulle pryse sal gaan wanneer almal weer terug is by die werk nie. Baie groothandelaars in SA sluit vir drie weke, wat 'n invloed op die mark vir rou produkte moet hê.

Die Brent olie prys is 1.93% laer na $56.5. Om olie uit die grond te pomp moet goedkoper wees as om steenkool om te sit in petrol soos wat Sasol doen. As die groot olie produsente probeer om die hoër koste produsente soos die krakers permanent uit die mark te druk, kan Sasol een van die slagoffers wees. Jare gelede sou die Nasionale Party regering Sasol gesubsidieer het. Regerings steun is waarskynlik nie meer moontlik nie.

Die goeie nuus gedurende die stil tydperk is dat rand versterk, dalk omdat die invoere vir Kersfees verkope verby is. Groot skerm TVs word 'n bietjie goedkoper. Ons wag nou net dat die programme verbeter, sodat dit die moeite werd is om 'n TV te koop.

Famous Brands was vandag +5.1% na R115.36, wat dit op 'n PV van R115.36/R4.36 = 26 plaas, teenoor onlangse verkope groei van 14%, en VPA groei van 17%. Die volgende resultate kom eers rondom 27 April uit. Die laaste Sens was 'n direkteur wat R1.44m se aandele verkoop het op 24 Des. Net betyds vir 'n Kersfees geskenk. Capitec het verder opgeskiet met +2.5% na R340, wat dit op 'n PV van 17.7 plaas, vergeleke met onlangs inkomste groei van 12%, en VPA groei van 21%. Coronation Fund Managers se aandeel prys is +2.6% na R115.16, gelyk met die vorige hoogtepunt. Kumba is op +1.6% na gister se -3.5% val.


Dinsdag 30 Desember 2014

Aandeel mark dag oorsig

Kumba is -3.5% na R236.04, met die Chinese ystererts prys wat 'n klein styging toon - Custeel. Anglo is -1.5% na gister se +3.1%. BHP Billiton is -1.2% na gister se 1.9%. SAB Miller is -2.6% na R600.54, die vlak waarom dit sywaarts beweeg, 'n onverklaarbare hoë vlak. British American Tobacco is -2.1% na R628.10, en beweeg ook sywaarts op 'n hoë vlak. Richemont het begin afbeweeg met -1.6% na R104.01, na twee maande se styging vir onduidelike redes. Dit sal nou seker soos die vorige twee aandele sywaarts beweeg. Sasol is -2.7% na R436, met die Brent olie prys wat effens laer is op $57.88. Tiger Brands is -3.1% na R367.03. Prescient het in 'n paar dae opgeskiet van 90c na 115c sonder enige Sens aankondiging.

Aandele wat begin herstel na groot valle, is Hospitality B (+4.1%), en Eqstra (+3.7%). Exxaro (EXX) bly rondom R105.


Maandag 29 Desember 2014

Aandeel mark dag oorsig

Vandag se beweging in myn aandele stem nie ooreen met die mineraal pryse nie. Dit lyk of beleggings in die indeks of sektore die onderliggende aandele opgestoot het. Goud is effens laer na $1185.73, maar goud aandele het opgeskiet met Gold Fields +5.3% na R51.74, Harmony +8.1% na R21.58, Anglo Gold +5.4% na R99.20. Die yestererts prys dryf laer, maar Anglo American is +3.1% na R219.94, en BHP Billiton is +1.9% na R254.40. Die Brent olie prys beweeg sywaarts teen $59.93, terwyl Sasol opgeskiet het met 3.9% na R447.99. Die platinum prys dryf laer, en is nou $1203, terwyl Amplats +1.7% na R341.58, en Implats +3.8% na R74.90. Die beurs verhandelende platinum fonds NGPLT is wel effens hoër vir die dag. Exxaro is +3.4% na R107.54.

Mr Price is +3.6% na R236.58, Pick n Pay +3.3% na R53.00, Shoprite is +2.9% na R167.62, en Woolworths +3.2% na R78.10. Barclays Africa is +1.5% na R182.73, Firstrand +3.0% na R51.00, Nedbank +3.4% na R251.15, en Standard +1.7% na R144.41. Eiendoms maatskappy Hospitality A is -0.29% na R13.75, terwyl die B eenhede +5.4% is na R1.95.


Sondag 28 Desember 2014

Krieket toets

Aan die einde van die derde dag is Wes Indië 147/2, in opvolging van SA se eerste beurt telling van 417/8 verklaar. In die oorblywende twee dae, moet SA vir Wes Indië tweekeer uitboul om die toets te wen, en waarskynlik weer kolf.


Vrydag 26 Desember 2014

TV programme

Partykeer is daar interessante karakters op die Hollandse kanaal BVN (Beste van Nederlands, DSTV 431) program "College Tour Special", soos John Cleese vandag.

VSA aandeel markte is oop

CNBC het op die oomblik dekking oor die VSA aandeel markte.

Kersfees geskenke

Op Ebay kan 'n mens kyk watter Kersfees geskenke mense wil verkoop - Unwanted Christmas Gifts - Ebay. Daar is niks op Bidorbuy nie - Suid Afrikaners is tevrede met hulle geskenke.

Vervelige krieket

Vyfdag krieket is 'n toets van uithou vermoë, vir buite die spelers en toeskouers.

Krieket

Die groot vraag is, watter krieket word tweede Kersdag uitgesaai (weens die gebrek aan ander TV programme)?

Donderdag 23.45nm - 7.30vm. Krieket, 1ste toets, dag 1, Nieu Seeland teen Sri Lanka.
Vrydag 1.15vm - 8.30vm. Krieket, 3de toets, dag 1, Australië teen Indië.
Vrydag 9.30vm - 6.00nm. Krieket, 2de toets, dag 1, Suid Afrika teen Wes Indië.


Woensdag 24 Desember 2014

Baie nuwe idees onsuksesvol

Elke jaar kom derduisende nuwe produkte op die mark. Seker 90% tot 99% is nie 'n kommersieële sukses nie. Produkte waaroor deesdae 'n ophef gemaak word, is onder andere mikro-kopter gonsers ("drones"), slim horlosies, Google Glass, ens. As aflewering met gonsers automaties gedoen kan word d.m.v. rekenaars kan dit aflewerings vinniger en meer doeltreffend doen as koeriers en die poskantoor, maar daar is verskeie moontlike probleme. Die gonsers sal net ligte pakkette kan aflewer, en die afstand is beperk. Dit sal 'n veilige plek nodig hê om te land, en die ontvanger sal moet teken vir die aflewering. Die publiek kan geïrriteerd raak deur die lawaai.

Dekades gelede was daar klein TVs wat op die pols gedra kon word, maar dit was 'n mislukking. TVs met 'n geboë skerm het nou verskyn. Ek onthou nog die verkoopsman wat in 1975 gesê het die natuurlike kurwe van die ou buis TVs (katode straal buis) se skerm is voordelig vir mense wat van die kant af na die skerm kyk. Twak, beeld wat jy wen aan een kant van die TV, verloor jy aan die ander kant.

Op die wêreld wye web

NASA video van koolsuurgas om die aardbol - You Tube.

Beach Sand Used to Make a Battery That Lasts Three Times longer - Popular Science.

Belangelose nuus

Nuus berigte wat van geen belang is vir die gemiddelde persoon word oor en oor deur nuus en finansieële kanale herhaal word, soos die Sony kuberkraking wat deur Noord Korea gepleeg was, of nie, oor 'n rolprent waarin min mense in die eerste plek belang gestel het. Amy Adams (Amelia Earhart in "Night at the Museum 2") se verskyning op die Today program was gekanselleer omdat sy nie oor die Sony storie wou praat nie - The Superficial. George Clooney het gesê ons moet Sony ondersteun - CNN


Maandag 22 Desember 2014

Aandeel mark dag oorsig

Die groot aandeel beweging vandag was Sasol -3.8% na R435.00 (Brent olie -2.1% na $60.1). Woolworths het +2.3% na R76.10 herstel van 'n dalende tydperk. Firstrand was +1.5% na R49.77.

Konstruksie maatskappye begin herstel na maande se val. Basil Read het opgespring na 430c vanaf 400c op baie lae volume van 950 aandele. Hulle het 'n verlies gehad vir die ses maande Junie 2014. Jaarlikse verkope is omtrent R50 per aandeel. Aveng, Group 5, Murray & Roberts, Raubex, en Wilson Bayly Homes het teruggesak na 'n herstel van die bodem. Stefanutti was +6.5% na 671c. Calgro M3 het opgeskiet na 'n handels verklaring, wat te min inligting bevat om die groei tempo te bepaal.

Fotos van die aarde

Nasa fotos op Twitter van die aarde uit die International Space Station (ISS).

Aandeel mark voorskou

Brent olie is 4% hoer na $62.16. Relatief tot die groot val die afgelope 6 maande is die beweging te klein om 'n verandering in die neiging te sien (Nasdaq Crude Oil Brent 1 year. Op pad af, het tydelike sywaartse bewegings voorheen plaasgevind. Die olie prys het in 2009 weens 'n resessie ook ver geval, en eers 'n bodem bereik op 'n vlak wat kennelik te laag was winsgewendheid, want dit het daarna herstel (Investing.com). Die verskil hierdie keer is dat oorproduksie, onder andere weens kraking, Opec forseer om die olie prys laag te hou om hulle mark aandeel te beskerm.

Die yster erts prys dryf meestal sywaarts (Custeel).

Tencent het vanoggend geval, en beweeg nou sywaarts op HK$112.70, -2.6% relatief tot Vrydag.


Sondag 21 Desember 2014

Op die wêreld wye web

Twitter bevat gewoonlik 'n klomp omsamehangende kommentaar oor niks, maar hier is die 9 beste Tweets sover vir die jaar volgens Marketwatch.

Om in 'n stil elektriese voertuig na wilde diere te kyk maak sin: Power rangers: Botswana's all-electric safari - CNN. Kyk na foto 4 vir 'n samestelling van primitiewe Afrika en moderne tegnologie.

'n Video op die webwerf van die People tydskrif wys waar die tweeling broers van die TV program "My Dream House" woon (DSTV 176).

Fotos met snaakse perspektiewe op CNN.

Die bekroning van Mejuffrou Wêreld Rolene Strauss is deur 393,000 mense gekyk op Youtube.


Saterdag 20 Desember 2014

Aandeel mark strategie

Die probleem met geld maak in die aandeel mark, is dat ongeag hoeveel kennis en ondervinding 'n mens het, dit steeds neerkom op die toekoms voorspel. Ondervinding is 'n groot voordeel, maar 'n mens is nooit heeltemal seker wanneer aandele verhandel word of dit die regte besluit is nie. Byvoorbeeld, om 'n posisie te neem in olie verwante aandele, moet 'n mens raai wat van vorentoe met die olie prys gaan gebeur. Waar tegniese analise faal, is onverwagte gebeure wat nie in prys grafieke voorkom nie. Byvoorbeeld Spar se oorname van Spar in Ierland het 'n groot sprong in hule aandeel prys veroorsaak, wat geregverdig was. Dit lyk wel partykeer of korporatiewe aksie uitgelek het wanneer die aandeel prys beweeg voor die amptelike aankondiging.

Olie prys

Kommentators op finansieële TV kanale dink olie sal weer opgaan. Hulle voorspel samesmeltings en oornames in die VSA olie bedryf volgende jaar. Daar is geen amptelike aankondiging wat verduidelik waarom die olie prys geval het nie, maar dit is duidelik dat OPEC 'n laer olie nodig het om hulle mark aandeel te beskerm. Daarvoor moet van die hoër koste produsente uit die mark gedruk word. As samesmeltings koste bespaar, gaan die olie prys net verder moet daal, totdat produksie gestaak word. Teen $60 is die rand olie prys 39% laer as die jaar tot Junie 2014, wat Sasol se wins baie sal afbring as die olie prys op die vlak bly, afhangende van die petrol verkoop prys, en steenkool inset koste.


Vrydag 19 Desember 2014

Colbert vervang Letterman en ons sien niks

Stephen Colbert van die "Colbert Report" gaan vir David Letterman op "The Late Show" op die CBS vervang wie aftree - Market Watch. DSTV het lank gelede Letterman afgehaal. Swak diens en geen mededinging nie. Jay Leno van "The Tonight Show" se opvolger, Jimmy Fallon, is 'n power onderhoud voerder. Hy lag deurentyds. NBC het 'n stadium Jay Leno en Conan O'Brien gehad. Die TV kanaal se gesels programme het agteruitgegaan.

Amerikaners dink hulle kabel TV diens is te duur - Market Watch. Die gemiddelde koste is R1040 ($90) per maand, met Comcast wat R2160 ($186) per maand vra.

Sal SA weer die Formule 1 wedren sien?

Volgens die artikel in Biznews probeer Ecclestone die Formule 1 wedren terugbring na Suid Afrika. Ek was as kind by 'n Formule 1 wedren in Oos-Londen. Die baan was deel van 'n openbare pad, wat enigeen normaalweg kon ry. Dit was moeilik om op die pad by die spoedgrens te hou.

Aandeel mark dag oorsig

Kalmte het vandag teruggekeer na die mark met JSE all aandele slegs op met 0.2%. Baie mense het vandag met vakansie gegaan. Volgende week het net drie werksdae. Brent olie was op +1.54% na $60.69, en Sasol +1.37% na R452.12. As die olie prys op die huidige vlak bly, gaan Sasol se volgende resultate nie goed lyk nie. Die mark verwag seker 'n herstel in die olie prys. Anglo met +0.83% en BHP Billiton met +1.11% het nie veel beweeg nie. Remgro was +2.6% na R251.22. Consolidated Infra. was +6.4%, Group 5 was +4.7%, Raubex was +5.0%, en Wilson Bayly Holmes was 5.5%, maar Stefanutti Stocks -5.3%. Invicta het met +5.1% herstel. Eqstra Hold. was +8.1%. Arcelor Mittal was +7.2%.

Aandeel mark voorskou

Die fyn ystererts prys mik steeds laer (Custeel). Die myn aandeelpryse het dalk nog 'n bodem bereik nie. Olie se afwaartse neiging het nie noodwendig opgehou nie (Nasdaq). Tencent het in Hong Kong gespring met die mark opening, maar verhandel nou sywaarts teen 3.5% hoër.


Donderdag 18 Desember 2014

Aandeel mark dag oorsig

Die JSE alle aandele het opgeskiet met 4.25%. Die rand het versterk na R11.53, wat aandui dat oorsese geld bygedrae het die mark styging. Brent olie is op 1.81% na $61.77, en Sasol is +10.55% na R446.00. Naspers is +10.9% na R1457.25 (Tencent was +6.27%). Die grootste bewegers was Bidvest +5.3%, Firstrand +6.9%, Mr Price +6.5%, MTN +6.43%, SABMiller +5.15%, Sanlam +5.9%, en Shoprite +5.7%. Die groot bewegings maak nie sin nie, en is duidelik nie volhoubaar nie. Kort posisies wat gesluit was, kon deels bygedrae tot die groot bewegings.

Met so 'n wisselvallige mark moet 'n mens eerder uit die mark bly, of 'n strategie volg om die wisselvalligheid te neutraliseer. Die wisselings kan verminder word deur 'n balans van lank en kort posisies. Wanneer die hele mark opgaan of afgaan, gaan die meeste aandele op of af. Die idee is dat die lank posisies mettertyd meer as die mark sal styg, en die kort posisies sal afgaan relatief tot die mark bewegings. Die beste tyd om lang posisies te neem is wanneer die mark geval het, en kort posisies wanneer die mark opgeskiet het.

Krieket toets teen Wes Indies

Volgens die Wes Indies se toets rekord het hulle onlangs gewen teen Bangladesh en Zimbabwe, verloor teen Nieu Seeland, Indië, England, Australië, en gelyk uitslagte gehad teen Sri Lanka en Pakistan. Toets krieket is meer interessant as die spanne ewe sterk is.

9.00vm Federale reserwe se invloed op aandeel markte

Aandeel markte sal waarskynlik vandag gesteun word deur die Fed voorsitter Janet Yellen se verklaring wat "considerable time" vervang het met "patient" - MarketWatch. Asië se aandeel markte is op die oomblik hoër. Tencent is op met 5.2%, wat Naspers gaan opstoot.


Woensdag 17 Desember 2014

Mark oorsig

Die JSE alle aandele is vandag 0.24% af. Brent olie het gestabiliseer op $60.18, en Sasol was +2.1% na R403.43. Anglo American was +1.4%, en BHP Billiton +0.73%. Van die groter bewegings was Anglo Gold -3.1%, Arcelor Mittal +4.8%, Aspen +2.9%, Citylodge -3.3%, Eqstra +3.9%, Foschini -2.8%, GrowthPoint +4.3%, Gold Fields -3.37%, Hospitality B -5.6%, Mediclinic +3.6%, Naspers -2.7% (Tencent was -2.5%), Redefine +2.6%, SAB Miller -2.3%. Hospitality A was +4.9% na R15.75 aan die einde van die dag, maar -6.7% na R14.00 net voor dit - hoogs wisselvallig.

Dit lyk of die partytjie van kort posisies in myn maatskappye naby 'n einde is, tot die winsgewendheid meer duidelik word met die resultate vroeg volgende jaar. Waar is die beleggings geleenthede nou? Daar is nog kort posisies wat moontlik kan werk, soos AECI (myn aanvraag moes verswak het), Aveng, Coronation, Grindrod, Illovo, Naspers, MTN, Richemont, SAB Miller, Sanlam, Telkom, Tsogo Sun, Tiger Brands. Baie aandele swaai wild rond sonder 'n duidelike rigting, byvoorbeeld die banke, veral Investec, en supermarkte. Miskien kan van die aandele wat getuimel het, baie stadig versamel word, soos Eqstra, Exxaro, Hospitality B, Kumba, ens. Discovery en EOH kan versamel word wanneer dit ophou val. Amplats en Implats sal seker 'n verlies maak, wat hul aandeelpryse vrystel om enige plek heen te gaan. Maatskappye met hoë verkope groei, maar swak wins groei, se toekomstige resultate is minder voorspelbaar, byvoorbeeld HCI, RCL Foods, Rolfes, Steinhoff.

Nog nuus wat van geen belang is nie

Die finansieële TV kanale dek baie berigte wat van geen belang is vir beleggers nie, soos die verbetering van bande tussen die VSA en Kuba, New York staat se verbod op kraking, die VSA polisie se toets van bril kameras, Jack Ma van Alibaba se rykdom, ens. Elke week vind hulle 'n paar nuus stories wat herhaal word.

Televisie

Die SABC voorsitter Ellen Tshabalala het bedank. Niemand stel belang nie. Televisie in Suid Afrika was nog altyd 'n groot teleurstelling. SA het die eerste 40 jaar van televisie ontbeer, weens die Nasionale Party. Die blanke kiesers het aanhou stem vir geen TV nie. Televisie uitsendings het in 1928 met meganiese TV in die VSA begin (Wikipedia). Elektroniese TV het in 1936 in Europe begin. Die VSA het in 1953 kleur uitsendings begin.

Daar was opwinding met die eerste uitsendings in SA in 1975. Daar was net een kanaal en die aantal programme was baie beperk, met vertonings soos Biltong en Potroast. Die lip bewegings van oorklankings het nie ooreengestem met die klank nie (Butler Parker). Die opwinding het gou plek gemaak vir verveeldheid wat nooit opgehou het vir die SAUK/SABC nie. Daar was aanvanklik 'n aanbieder wat die volgende program aangekondig het. Van die aanbieders het baie opgewonde gelyk oor die swak programme. Die aanbieders het seker verdwyn omdat hulle nie meer die skyn kon handhaaf nie. Mense het net hul gunsteling programme elke week gekyk, indien enige.

Die publiek moes vir satelliet TV wag vir regerings beperkings op TV om weg te val. Ons wag nog steeds vir werklike wedywering. Regstreekse uitsendings is beperk tot nuus kanale, wat net slegte nuus verskaf, en sport. Die ander kanale bestaan uit ou programme wat herhaal word. Hoogs gevorderde tegnologie word gebruik om TV van satelliete uit te saai wat om die aarde wentel. Die meeste TV inhoud wat deur die hoë tegnologie gedra word, is bedoel vir 'n lae intelligensie gehoor. Dit is soos vullis optel met 'n Rolls Royce.


Dinsdag 16 Desember 2014

Aandeel mark oorsig

Die ystererts prys begin weer afwaarts mik na 'n effense herstel. Dit kan of 'n dubbelle bodem maak, of verder val. Die olie prys steek af en toe vas op die afwaartse pad. Dan word daar baie gepraat op finansieële TV kanale oor olie wat nou 'n bodem bereik het omdat dit onwinsgewend is op die vlak, en dan val dit verder. Die kort termyn siening op die kanale is pateties. Op die kort termyn kan ystererts myne aandele sywaarts beweeg of herstel, totdat die volgende resultate uitkom. As die resultate 'n groter skok is as wat verwag was, kan die aandeel pryse verder val. Die platinum het stadig herstel tot $1245 en nou weer getuimel na $1196. Daar bleik drie moontlike uitkomste vir platinum te wees: (1) die myne sny produksie en die platinum prys herstel na die produksie koste van rondom $1800, of (2) platinum myne word baie meer doeltreffend, en die platinum prys sak verder weens aanhoudende oorproduksie, of (3) die rand, wat alreeds onderwaardeer is, tuimel weens die vernieting van die ekonomie deur die inboorlinge.

Die Satrix 40 (STX40) het nie dieselfde vlak as in Oktober bereik. Ons sal moet sien of dit 'n ondersteunsvlak is, en of dit dieper val. Anglo American (AGL) en BHP Billiton (BIL) tuimel vertikaal, wat nie volhoubaar is nie. Anglo mik na die vorige laagte punt van R185 van Junie 2013. BHP het verskeie vorige laagtepunte. Aandele wat skerp gestyg het die laaste paar maande, kom nou terug: AECI (AFE), Aspen (APN), Barclays Africa (BGA), Barloworld (BAW), British American Tobacco (BTI), Discovery (DSY), Firstrand (FSR), Investec (INL, INP), Liberty (LBH), MMI (MMI), Mr Price (MPC), Naspers (NPN), Nedbank (NED), Old Mutual (OML), Remgro (REM), RMB (RMH), Sanlam (SLM), Shoprite (SHP),Tiger Brands (TBS), Woolworths (WHL), ens. Wat opgaan, moet afkom. Aandele wat baie opgegaan het, maar (nog) nie teruggeval het nie: AVI (AVI), Clicks (CLS), Coronation (CML), PSG (PSG), RCL Foods (RCL), Richemont (CFR), RMIH (RMI), Steinhoff (SHF), Telkom (TKG). Spar (SPP) het 'n rede vir die sprong in die aandeelprys.


Maandag 15 Desember 2014

TV kanaal CNBC

Die finansieële kanaal CNBC (DSTV 410) is baie beter noudat baie van die Afrika inhoud weg is weens die vakansie.

Aandeel mark oorsig

Die JSE alle aandele het 1.34% geval. Die rand het verswak na R11.76 per dollar. Brent olie is 1.23% laer op $61.09, met Sasol effens hoër op R395.29. BHP Billiton (BIL) is 2.99% af na R237.23. Anglo American (AGL) is 2.2% af na R204.39. SAB Miller (SAB) is 3.4% af na R594.00. Arcelor Mittal (ACL) is 4.2% af na R22.42. Group 5 is 5.5% af na R26.50. Old Mutual (OML) is 2.5% af na R32.95. Sanlam (SLM) is 3.5% af na R65.67. Harmony (HAR) is 1.7% op na R20.18.

Eiendoms maatskappy Hospitality A (HPA) het na R15.01 geval, wat die laaste uitkering opbrengs 9.4% maak, met groei van 5%. Die mark dink dalk dat die A eenhede se uitkering bedreig word deur die val in die B eenhede se verwagte uitkering na onder 9c vir die ses maande tot Desember 2014. Ellies het geval na 120c weens die regs aanbod van 110c, ver onder die verkope per aandeel van 694c vir die jaar tot April. Nuwe notering HomeChoice Int. (HIL) het 6.4% geval na R30.90.

Mejuffrou Wêreld

Rolene Strauss van Suid Afrika het die naweek Mejuffrou Wêreld gewen -
zap2it.


Sondag 14 Desember 2014

Rugby

Die BlitsBokke het die skeidsregter geklop om die Sewes Rugby toernooi in Port Elizabeth te wen. Die skeidsregter het 'n wedstryd wat aanskoulik sou gewees het, bederf deur elke 10 sekondes die fluitjie te blaas. As 'n mens tussen Sewes en gewone vyftien man rugby op televisie skakel, is dit opmerklik hoe groot en vet die gewone rugby spelers is. Dekades gelede was rugby spelers maerder gewees, maar die verandering van reëls het hardloop rugby na strompel-en-val rugby verander.

Posdiens deel van die beskawing wat vernietig word

Aanlyn aankope op Ebay word nie meer deur die poskantoor afgelewer nie. Voor die staking, was die meeste oorsese pos afgelewer, maar party pakkette het net verdwyn. Dit is nie duidelik of die poskantoor, of SARS se doeane diens, die pos weggegooi of gesteel het nie. Nou kom oorsese pos glad nie meer aan nie.

Onelogix (OLG) het die Postnet konsessie aan Aramex van Dubai verkoop. Daar is 'n geleentheid vir 'n privaat maatskappy om van die poskantoor se funksies oor te neem, maar nou sal Postnet dit waarskynlik nie doen nie. Die poskantoor kan goedkoper pos en pakket aflewering bied as koerier maatskappye weens hoë volume. Die oorsese verkopers op veilings webwerwe maak staat op die pos dienste van hulle lande. Wat benodig word, is 'n plaaslike maatskappy wat pos en pakkette van oorsese pos dienste goedkoop kan aflewer.

Globale verwarming

Volgens die artikel "Long-term temperature data shows earth is cooling" op Biznews word die aarde langtermyn koeler. Lug bestaan per volume uit 78.09% stikstof, 20.95% suurstof, 0.93% argon, 0.039% koolsuurgas, en klein hoeveelhede van ander gasse. Die persentasie koolsuurgas is onbenullig. Dit is verbasend dat dit globale verwarming veroorsaak. Daar is geen twyfel dat die persentasie koolsuurgas opgaan as gevolg van menslike bydrywighede nie, maar die aarde se temperatuur het nie soveel opgegaan as die koolsuurgas nie. As daar 'n verband is tussen die twee, behoort die temperatuur nou omtrent 5°C warmer te wees. Dit kan wees dat die smelt van ys by die noord en suid pool die verhitting vertraag, of dat die aarde 'n ander meganisme het om die temperatuur te reguleer. Rook besoedeling, wat dikwels saam met koolsuurgas vrygestel word, kan dalk bydrae tot verwarming.

"Game sal enige prys klop"

Defy se dubbel oond is op Makro se webwerf teen 'n spesiale aanbod van R7999 te koop. Ek het die aanbod uitgedruk en na Game gegaan om dit teen dieselfde prys te kry, omdat hulle "enige aanbod klop". Game het Makro geskakel, wat geantwoord het dat die spesiale aanbod Vrydag verval het. Die aanbod is steeds op hulle webwerf, en is dus steeds te koop teen die prys. Game is nie gevorderd genoeg om internet toegang te hê nie, en het my stelling dat die aanbod steeds op die webwerf is geignoreer. Swak diens.

Makro se spesiale prys

Voor dit het Makro in Montague Gardens my geskakel en gesê hulle kan die oond langs die weskus aflaai, en installeer, maar die prys wat hulle toe kwoteer is die gewone prys, en nie die spesiale aanbod nie. Die aflewering sou R880 kos, en die installasie R1040 kos. As die oond nie 100kg geweeg het nie, kon ek vir R250 se petrol self die oond opgetel het. Om 'n paar drade te verbind vir R1040 lyk belaglik. Swak diens.


Vrydag 12 Desember 2014

Aandeel mark oorsig

Om geld te maak moet 'n mens in die aandeel mark wees, selfs gedurende die stil Kersfees periode. Die vraag is watter aandele om lank of kort op te gaan. Aandele wat sywaarts beweeg is van geen nut nie. Die meeste fondse gaan net lank, wat aandeel pryse relatief hoog hou. As fonds bestuurders met vakansie gaan, en die res van die mark meer negatief is, kan dit aandele afwaarts stuur die volgende 3 weke.

Volgens aandeel prys grafieke mik baie aandele laer: Satrix40 (STX40), AECI (AFE), African Rainbow Min (ARI), Anglo American (AGL), Amplats (AMS), Arcelor Mittal (ACL), Assore (ASR), Aveng (AEG), Barloworld (BAW), BHP Billiton PLC (BIL), Eqstra (EQS), Exxaro Resources (EXX), Foschini (TFG), Grindrod (GND), Growthpoint (GRT), Hosken (HCI), Kumba Iron Ore (KIO), Imperial (IPL), Implats (IMP), Investec (INL), Lewis (LEW), Liberty (LBH), Life Health Care (LHC), Metair (MTA), MMI (MMI), MTN (MTN), Omnia (OMN), Pick n Pay (PIK), PPC (PPC), Reunert (RLO), Sappi (SAP), Sasol (SOL), Truworths (TRU), Tsogo Sun (TSH), Tiger Brands (TBS), Wilson Bayly Holmes (WBO), en Woolworths (WHL).

Aandele wat hoër neig: Brait (BAT), Capitec (CPF), Coronation (CML), Fountainhead Property (FPT), Gold Fields (GFI), Harmony (HAR), JSE (JSE), Massmart (MSM), Mr Price (MPC), Spar (SPP), en Supergroup (SPG).

In rand, het die ystererts prys teen R812/ton vir November - Index Mundi - nou sover geval as die dip in Sep. 2012. Tot 2007 was die ystererts prys baie laer rondom R260/ton. Volgens Custeel het die prys in Chinese Yuan 'n bodem bereik.

African Rainbow Min (ARI) het op 3 Des. 2014 in 'n handels verklaring gesê wesensverdienste per aandeel sal ten minste 45% laer wees vir die ses maande Des. 2014, wat die VPA minder as 596c sal maak vir ses maande. Die aandeel prys het getuimel tot R112.73. Met die tydelike dip in die ystererts prys in Sep. 2012, het hulle VPA na 654c vir die ses maande van 2012 geval. Wat van die wins vorentoe gaan word, gaan afhang of die erts prys herstel of laag bly.

Anglo American (AGL) se aandeelprys het geval tot R208.66 nou. Vir die ses maande tot Junie was die onderliggende VPA $1.00, teenoor $2.09 vir die hele jaar 2013. Kumba se ystererts produksie het met 37% herstel vir die derde kwartaal. Die ystererts prys in rand was omtrent 30% laer. BHP Billiton (BIL) word deur beide die ystererts en olie prys getref.

Brait (BAT) se aandeelprys het na R77 herstel. Die Steinhoff aanbod vir Pepkor werk uit op R51 per Brait aandeel, waarvan R29 in kontant, en R22 in Steinhoff aandele. Die res is die Premier Foods belegging van omtrent R6 per aandeel, en Iceland Foods omtrent R3 per aandeel werd. Die pro forma netto bate waarde per aandeel in die aankondiging gegee is R61.35.


Dinsdag 9 Desember 2014

Medium groei aandele

Medium groei aandele word hier beskou as die wat onlangs inkomste groei van 10% tot 15% gehad het. Die meeste se prys/verdienste is relatief hoog. As die PV nie hoër kan gaan nie, word toekomstige groei in die aandeelprys deur die VPA groei tempo bepaal. Byvoorbeeld:

Medium groei
Maatskappy Inkomste groei Verdienste per aandeel groei Prys/verdienste
AECI +11% +11% 17.0
Afrimat (AFT) +10.5% +26% 14.1
AVI (AVI) +11% +15% 19.7
Capitec Bank (CPI) +12% +21% 15.6
Citylodge (CLH) +9% +7% 20
Clicks (CLS) +9.4% +12.9% 22.6
Distell +12.8% +42% (op en af) 19.1
Life Health Care (LHC) +7.7% +10.2% 23
MTN (MTN) +10.7% (konstante wisselkoers 4.1%) +11.7% 15
Shoprite (SHP) +10.5% +3.4% 22
Spar (SPP) +15.1% (deels Spar Ierland) +12.6% 21
Supergroup (SPG) +13.8% (laaste 6m) +9.7% (laaste 6m) 14
Tiger Brands (TBS) +11% +12% 21
Woolworths (WHL) +12.8% +6% (skatting) 19 (skatting)


Hoë groei aandele

Hierdie is maatskappye met inkomste groei gewoonlik bo 15%.

Hoë groei
Maatskappy Inkomste groei Verdienste per aandeel groei Prys/verdienste
AdaptIT (ADI) lae handel +34% +51% 24
Aspen (APN) +70% (laaste 6m) +42% 33 (laaste 6m)
Bidvest (BVT) +20% +11% 17
Coronation (CML) +31% (+14% laaste 6m) +37% (+17.4% laaste 6m) 19.6
Consolidated Infrastructure Group (CIL) +24% (laaste 6m) VPA +40% 16.2
Discovery (DSY) +37% +44% 18
EOH (EOH) +42% +37% 27
Famous Brands (FBR) +14% +17% 25
Firstrand (FSR) +20% +22% 14.5
Medi Clinic (MDC) +19% +7.1% 22
Mr Price (MPC) +14.7% +23% 29
Naspers (NPN) +19.5% +22.3% 60
Netcare (NTC) +16.1% +17.8% 23
OneLogix (OLG) +18% (laaste 6m) +25% 17
PSG (PSG) beleggings +39% prys/beleggings 0.99
Rand Merchant Insurance (RMI) +22% +30% 21
Remgro (REM) Intrinsieke waarde +20% prys/i-waarde = 0.98

Maandag 8 Desember 2014

Aandeelmark oorsig

Dit is moeilik om nou geleenthede in die aandeelmark te sien. Party aandele verhandel in 'n wye band wat die toekomstige beweging moeilik voorspelbaar maak, byvoorbeeld die banke, supermarkte, Remgro (REM), en Sanlam (SLM). Die kleiner ystererts myne se aandeelpryse val steeds, ten spyte daarvan die prys van ystererts gestabiliseer het. Die olie prys val steeds, wat Sasol (SOL) afbring. British American Tobacco (BTI), Richemont (CFR), en Steinhoff (SHF) klimp vir redes wat onduidelik is. Mediese dienste en kort termyn versekering soos RMIH (RMI) aandele is duur. Party aandele gaan sywaarts soos Bidvest (BVT), SAB Miller (SAB), en Vodacom (VOD). Discovery (DSY) haak vas op 'n prys/verdienste van 20.8.

Maatskappye wat kan herstel is Ellies (ELI), Pinnacle (PNC), en South Ocean Hold (SOH), maar dit is klein volume aandele. Party aandele, soos Basil Read (BSR), Bell (BEL), Eqstra Hold (EQS), Exxaro Resources (EXX), Hospitality B (HPB) lyk oorverkoop, maar die aandeel pryse het nog nie 'n bodem bereik nie. Rolfes (RLF) het hoë verkope groei, maar die VPA krimp.


Maandag 1 Desember 2014

Illovo (ILV) resultate

Vir die ses tot September 2014 is inkomste af met 5%, en wesensverdienste per aandeel af met 10%. Omtrent al die wins word in die eerste helfte gemaak. Die prys/verdienste is nou R26.98/175c = 15.4, en die dividend opbrengs is 97c/R26.98 -15% = 3.1%.

Ouer webjoernaal


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie.
Kopiereg @2014