JSE aandele


JSE portefeulje 17 Maart 2017


Die M3 geld voorraad het weer begin styg na dit ongewoon laag was gedurende 2016: Okt +6.62%, Nov +4.76%, Des +6.07%, Jan +7.91%. Dit skep 'n minimum vlak vir inflasie (minus ekonomiese groei), wat verder opgestoot word deur stygende regerings uitgawes en belasting – die meeste belastings word deurgegee as hoër pryse. Die stygende belasting beteken ook minder geld vir die res van die ekonomie waarin mense werk vir 'n salaris, en dus minder produksie en 'n kleiner ekonomie.

Dit is duidelik uit ander statistiek dat werklike inflasie hoër is as die amptelike syfer. Die regering verklaar 'n laer inflasie koers om beter ekonomiese groei te toon (inflasie word afgetrek van die ekonomiese produksie om groei te bepaal). Die Department van Finansies verwag net +3.2% groei in BTW vir 2016/17. As inflasie byvoorbeeld 9% is, is ekonomiese groei daarvolgens –5.8%. Die ekonomiese inkrimping kan ook in maatskappy resultate gesien word.

Groot maatskappye wat hulle mark versadig het vaar swak as die ekonomie swak doen. Kleiner aandele wat nog mark aandeel wen, kan steeds groei. Aandeel fondse jaag die groot aandeel op na baie hoë waardasies. Party aandele moet tot 50% val om waardasies terug te bring na die werklikheid.

Maatskappye wat resultate sal uitbring tot einde Maart, se aandeel prys word nou opgejaag.

Banke het 'n mate van groei terwyl die geld voorraad meer word, want hulle hanteer meer geld waarop hulle 'n inkomste kan maak. Die groei in inkomste (en verdienste per aandeel) van die ou styl banke was: Barclays Africa (BGA) +7.7% (+4.9%), First Rand (FSR) +11.6% (+14%), Nedbank (NED) +21.7% (+4.8%), Standard bank (SBK) +5.3% (+3.7%).

Indeks tot onderwerpe


Hoë groei aandele

Daar is baie min aandele wat nou aantreklik is. Onderstaande tabel lys hoër groei aandele. Aandele wat uitval sedert die portefeulje van 6 maande gelede is: Balwin Properties (BWN), Calgro M3 (CGR), City Lodge (CLH), Clicks (CLS), Foschini (TFG), Italtile (ITE), Truworths (TRU), Woolworths (WHL).

Hoë groei aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Kommentaar
AdaptIT (ADI) 2.0 R12.95/(80.5c) = 16.1 +47% (6m tot Des) +20% (6m tot Jun) Wins groei stadiger. Lae handel.
AdvTech (ADH) 3.2 R20.15/~71c = 28 +28% (6m tot Jun) ~ +40% (12m tot Des) Groei wissel.
Alviva (AVV) was Pinnacle 0.29 R22.25/221.2c (kern) = 10.1 +47% +17% (kern) Netto wins marge 2.9%
Arrowhead A (AWA) Huur opbrengs 4x21.41c/907c = 9.4%, en groei van +6% tot +8% tot Sept 2017.
Ascendis Health (ASC) 1.6 R23.63/~2x74.89c ~ 15.8 +66% (per aandeel +8.5%) +34% (genormaliseerd)
Capitec (CPI) R796.15/R30.26 = 26 -22% of +16% 16% tot 19% Duur
Consolidated Infrastructure (CIL) 0.79 R22.49/248.4c = 9.1 +26% +8.1% Groei wissel.
Delta Property Fund (DLT) Huur opbrengs 10.3%. Groei 7% tot 8% tot Feb 2017.
EOH (EOH) 1.4 R144.80/~2x415c ~ 17.4 +21% +22% Groei stadiger.
Fambrands (FBR) 3.7 R158.58/~2x270c ~ 29 +23% +12% Baie duur. Swak ekonomie sleg vir besigheid.
Naspers Ltd -N- (NPN) Afhanklik van Tencent. Die ander besighede vaar swak. Internet verkope groei, maar maak 'n verlies.
Rhodes Food Group (RFG) 1.5 R24.39/R1.265 = 19 +37% +51%
Rolfes (RLF) 0.57 580c/(~2x37.85c) = 7.7 +31% (6m tot Des) +34% (6m tot Des) Lae handel
Shoprite (SHP) R205.52/(464c+460c) = 22 +14% (6m tot Des) +14% (6m tot Des)
Spar (SPP) R185.60/1009.4c = 18.4 +24.5% +31.2% Wins groei wisselvallig. Dividend opbrengs 2.9%.

Goedkoop aandele

Hierdie is aandele met min groei, maar wat goedkoop lyk. Myn aandeel pryse het baie herstel danksy 'n groot verbetering in wins. Alles hang nou af van mineraal pryse vorentoe, veral yster erts. Te oordeel aan die hoë wins marge, is die huidige yster erts prys waarskynlik nie volhoubaar nie. 'n Sterker Rand is nie goed vir winste nie. Die Rand versterk weens 'n aanvraag na minerale oorsee, en swak kleinhandel verkope wat invoere af hou.

Aandele wat uitval is: Barclays Africa (BGA), Group 5 (GRF), Petmin (PET).

Goedkoop aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Dividend opbrengs Kommentaar
Adcorp (ADR) 0.12 R16.95/~(2x123.7c) ~ 6.9 +3.4% -18% 4.5% Lae handel.
African Rainbow Minerals (ARI) 2.1 R104.91/~(2x869c) ~ 6.0 (6m tot Des) +5.1% (6m tot Des) 869c teenoor 232c (6m tot Des) 1.7% Netto wins marge 34%.
Anglo American (AGL) 0.95 R202.93/(2x$1.13xR13) = 6.9 +29% in $ (6m tot Des) $1.13 teenoor $0.12 (6m tot Des) 0% Netto wins marge 12.8%.
Assore (ASR) R256.21/~2xR21.05 ~ 6.1 R21.05 teenoor R7.15 (6m tot Des) 3.4%
Basil Read (BSR) 0.052 Verlies -1.5% (6m tot Des) Verlies 0% Lae handel.
Esor (ESR) 0.094 33c/(~2x2.07c) ~ 8.0 -13.8% +2.8% 0% Lae handel.
Exxaro (EXX) R120.51/~(2x993c) = 6.1 +11% (6m tot Des) 993c teenoor 236c (6m tot Des) 3.3%
Hulamin (HLM) 0.21 R6.94/116c = 6.0 +16% (6m tot Des) 72c teenoor 12c 1.9%
Kumba (KIO) 1.5 R216.02/(~2xR17.73) = 6.1 +33% (6m tot Des) R17.73 teenoor R3.97 (6m tot Des) 0% Netto wins marge 25% (6m tot Des). Dit was op 'n yster erts prys van $74 x R13.98 = R1045.
Merafe Resources (MRF) 0.68 R1.77/~2x18.9c ~ 4.7 +49% (6m tot Des) 18.9c teenoor 9.0c (6m tot Des) 2.2%

Duur aandele

Baie aandele is nou duur. Die plaaslike ekonomie is swak. Aandeel markte wêreldwyd is afhanklik van 'n verdere groei in skuld, en dit is alreeds baie hoog.

Duur aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Kommentaar
Amplats (AMS) 1.3 R303.09/~2x312c ~ 49 +4.7% 312c teenoor -902c Mark reageer op die dollar prys van platinum. Rand prys bly laag.
Anheuser-Busch InBev (ANH) 4.7 R1429.00/($2.83 x R13) = 39 (genormaliseerd) -3.3% $2.83 teenoor $5.20 (genormaliseerd)
Aspen (APN) 3.1 R273.33/(~2x 692.0c) = 20 +13% +6% (genormaliseerd)
Astral (ARL) 0.52 R160.74/~2x191c ~ 42 +11% (6m tot Sep) 191c teenoor 1014c (6m tot Sep) Sterker Rand maak ingevoerde hoender goedkoper.
AVI (AVI) 2.6 R101.48/(181.2c+300.4c) = 21 +11.6% (6m tot Des) +8% (6m tot Des)
Bidvest (BVT) 0.57 R160.39/(560c+509.8c) = 15 +2.0% (6m tot Des) +4.3% (6m tot Des)
Clicks (CLS) R135.55/438.5c = 31 +7.0% (6m tot Aug) +13.6% (6m tot Aug)
Coronation Fund Managers (CML) R67.24/(~2x 217.9c) = 15.4 -13% (6m tot Des) -19% (6m tot Des) Dividend opbrengs 5.2% (al die wins).
Curro (COH) 11.7 R50.44/43.7c = 115 +27% (+12.8% per aandeel) +54%
Discovery (DSY) 2.0 R135.91/(~2x 338.6c) = 20 +1.4% (6m tot Des) +2% (genormaliseerd)
Distell (DST) 1.25 R141.00/(203c+536c) = 19.1 +2.4% +1.2%
Hyprop (HYP) Uitkering opbrengs is 5.3%. Groei van 12% word tot Jun 2017 verwag.
Massmart (MSM) 0.36 R150.94/587.6c = 26 0.6% (8 weke tot 19 Feb) +14.3% (6m tot Des) Ekonomie lyk swak.
Mediclinic Int (MEI) 2.9 R120.63/(~2x 14.9p x R15.78) = 26 +27% in £ (6m tot Sep) -14% in £ (6m tot Sep)
Mr Price (MRP) 2.3 R174.57/(584.4c + 351.2c) = 18.6 -0.5% (3m tot Des) -13.7% (6m tot Sep)
MTN (MTN) 1.4 Verlies -11.6% (6m tot Des) Verlies
Northam (NHM) 2.6 Verlies, genormaliseerd R51.79/(46.5c+52.1c) = 53 +7.9% (6m tot Des) verlies, genormaliseerd +28%. Waardasie maak nie sin nie.
Omnia (OMN) 0.76 R170.00/(514c+349c) = 20 +3% (6m tot Sep) -25%
Pick n Pay (PIK) R71.65/(154.6c + 79.9c) = 31 +7.2% +22% (6m tot Des)
Pioneer (PFG) 1.8 R184.27/(323c + ~298c) = 30 +9.9% +7.0% (12m tot Sep)
PPC (PPC) ~ 0.5 R6.75/~2x14c ~ 24 -14.4% (6m tot Sep) 14c teenoor 84c (6m) Netto wins marge 2.1%.
Rand Merchant Insurance (RMI) R43.29/(112.7c+119.6c) = 18.6 +0% +6.6% (6m tot Des) Mark waarde per aandeel R41.22.
Resilient (RES) Huur uitkering opbrengs 4.4%. Groei +14% tot +16% teen Jun 2017.
Sanlam (SLM) R73.04/408.5c = 17.9 -5.1% (6m tot Des) genormaliseerd +15% of -6% Ekwiteits waarde per aandeel R54.07.
Santam (SNT) R261.50/~2x447c = 29 +5.4% (6m tot Des) -52% (6m tot Des)
Steinhoff NV (SNH) R65.28/(~4x€0.061 x R13.68) = 20 +45% in € (3m tot Des) €0.061 vir 3m tot Sep Baie inkomste groei. Die probleem is die wins.
Tiger Brands (TBS) 2.2 R423.21/2085c = 20 +0.4% +1.4%
Vodacom (VOD) 2.8 R154.87/~2xR4.27 = 18 +1.2% (3m tot Des) -0.7% (6m tot Sep) Dividend opbrengs 4.1% omdat amper al die wins uitbetaal word.


Portefeulje September 2016


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/aandele_jse
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2017