JSE aandele 2 Sep 2016


Noudat baie maatskappye resultate uitgebring het, kan die portefeulje van Maart weer heroorweeg word. Met die geld voorraad groei wat afkom, en in Julie net 4.4% was, is daar die moontlikheid van lae inflasie, lae rentekoerse, laer ekonomiese groei, lae groei vir die JSE, en 'n sterk Rand. Dit lyk of inflasie opgehou gaan word deur lone eise wat produksie oorskry. Die ekonomie word verder verswak deur geld vermorsing deur die regering. Dan sal rentekoerse opbly en die ekonomie verswak. Hoë rentekoerse en swak groei kan goed wees vir die aandeel prys van eiendoms maatskappye wat 'n hoë opbrengs gee. Eiendoms maatskappye wat op 'n lae opbrengs is omdat hulle in die verlede hoë groei gehad het, se groei kan afkom, wat die aandeel pryse baie duur kan maak.

Indeks tot onderwerpe


Hoë groei aandele

Onderstaande tabel lys hoër groei aandele. Aandele wat uitval is: Anchor Group (ACG), Hudaco (HDC), Supergroup (SPG).

Hoë groei aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Kommentaar
AdaptIT (ADI) 2.3 R13.30/55.21c = 23 +54% (6m tot Jun) +16.6% (6m tot Jun) Wins groei laer.
Arrowhead A (AWA) Huur opbrengs 4x20.875c/779c = 10.7%, en groei 8% tot 10% tot Sept 2016.
Ascendis Health (ASC) 1.9 R26.14/~2x56.04c = 23 +40% +32% Resultate binnekort.
Balwin Properties (BWN) 1.8 886c/~2x73c = 6.1 +44% (6m tot Feb16) +49% (6m tot Feb16) Afhanklik van aanvraag na eiendom.
Calgro M3 (CGR) 2.0 R18.70/136.9c = 13.7 +21% (6m tot Feb16) +20% (6m tot Feb16) Lae handel. Afhanklik van aanvraag na eiendom.
Capitec (CPI) R601.94/2781c = 22 +16% +26%
City Lodge (CLH) R160.90/859.9c = 18.7 +14.6% +13.2% Dividend opbrengs 2.7%.
Clicks (CLS) R120.79/~432c = 28 +13.4% +6% tot 15% (6m tot Aug) Dividend opbrengs 1.7%. Duur.
Consolidated Infrastructure (CIL) 0.97 R25.83/(~2x132.6c) ~ 9.7 +26% +23% Groei wissel.
EOH (EOH) 1.6 R144.07/~719c ~20 +30% +20% tot +30% Resultate binnekort
Fambrands (FBR) 3.6 R153.60/R5.40 = 28 +31% +16% Aandeel prys baie opgegaan.
Foschini (TFG) 1.2 R135.62/1046c = 13 +20% (6m tot Mrt) +25% (6m tot Mrt) Dividend opbrengs 4.3%
Italtile (ITE) 4.0 R15.00/85.5c = 17.5 +13.6% +21%
Naspers Ltd -N- (NPN) Die waarde van hul aandeel houding in Tencent is nou R2700 werd. Internet verkope maak 'n verlies.
Pinnacle (PNC) 0.29 R15.95/(193.9c) = 8.2 +19% +17% Goedkoop. Resultate binnekort.
Truworths (TRU) 1.8 R77.19/688.2c = 11.2 +44% (nuwe besighede) verstel +16.2% (+9.8% 2de 6m) Winter wins laer. Somer verkope meer belangrik. Dividend opbrengs 4.9%.
Woolworths (WHL) 1.2 R81.25/453.4c = 18 +15% (6m tot Jun) +16% (6m tot Jun) Dividend opbrengs 3.3%

Goedkoop aandele

Hierdie is aandele met min groei, maar wat goedkoop is. Aandele wat in lae volume verhandel, en nie deur fondse opgejaag word nie, is dikwels goedkoper.

Myn aandele het baie geval, en deels herstel. Die versterking van die Dollar het 'n oordrewe indruk geskep van die val in mineraal pryse. Die val van die Rand in 2015 het die wins voortuitsigte vir myne baie verbeter. Dit lyk of die Rand verder kan herstel, wat minder goed sal wees vir myne.

Banke is relatief goedkoop weens die bedreiging van 'n laer krediet gradering vir Suid Afrika, en probleme met die minister van finansies. Die mark reaksie is oordrewe. Die groter probleme vir banke is lae groei en mededinging van Capitec.

Aandele wat uitval is: AngloGold Ashanti (ANG), Assore (ASR), Astral (ARL), Eqstra (EQS), Imperial (IPL), Nedbank (NED), en Standard bank (SBK).

Goedkoop aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Dividend opbrengs Kommentaar
Adcorp (ADR) 0.12 R16.38/352.6c = 4.6 +11.9% (6m tot Feb) -22% (6m tot Feb, genormal.) 7.0% Lae handel. Impak van arbeids wetgewing nie so groot soos verwag nie.
Anglo American (AGL) 0.69 R154.74/(~2x$0.34xR14.5) = 15.7 (onderliggend 9.9) -14% in $ +100% 0% Die prys/verkope is laag. As die maatskappy myne verminder, gaan inkomste val.
Barclays Africa (BGA) R148.65/(889c+857c) = 8.5 +12.6% +7.5% 5.7%
Basil Read (BSR) 0.071 R2.68/(~2x48.92c) = 2.7 -12.3% +32% 0% Lae handel.
Delta Property Fund (DLT) Huur opbrengs 12.8%. Groei 7% tot 8%.
Esor (ESR) 0.092 36c/(~2x12.1c) ~ 1.5 -0.8% Verlies na wins 0%
Group Five (GRF) 0.19 R25.35/(2x204c) = 6.2 -1% +64% Werk in Europa.
Hulamin (HLM) 0.18 520c/(2x44c) = 5.9 +25% wissel 0%
Kumba (KIO) 1.2 PE=R134.00/(~2xR9.38) = 7.1 -12% +20% 0% Yster erts prys was $52/ton x R15.40 vir die 6m tot Junie. Dalende yster erts prys en sterker Rand nie goed nie.
Petmin (PET) 0.45 120c/(~2x 9.38c) = 6.4 (6m tot Jun) +3.9% (6m tot Des) -41% (6m tot Jun) 0%

Duur aandele

Baie aandele is nou duur. Die plaaslike ekonomie is swak. Aandele word opgejaag deur fondse wat nie aan kliente die waardasie noem van die onderliggende aandele gehou nie. Aandeel markte val dikwels in September en Oktober omdat die resultate verby is, en daar min nuus is wat beleggers motiveer. Die VSA het baie aandele wat belaglik oorprys is. 'n Val in die mark sal ander markte aftrek.

Duur aandele
MAATSKAPPY Prys/ Verkope Prys/ Verdienste Verkope groei VPA groei Kommentaar
African Rainbow Minerals (ARI) 2.0 R87.25/(2x ~R2.60) = 16.8 (Jun) -9.6% (6m tot Des) ~ -21% (6m tot Jun) Dividend opbrengs 3.4%. Resultate binnekort.
Amplats (AMS) 1.8 R419.15/(~2x 357c) ~59 +2.7% -62% Mark reageer op die dollar prys van platinum. Rand prys bly laag.
Aspen (APN) 4.6 R355.00/(573.1c+655.3c) = 29 -3% (Des 2015) -23%, genormal. +14% (Des 2015) Resultate binnekort
BHP Billiton (BIL) 2.3 verlies 6m tot Jun -30% (6m tot Jun) verlies Kleiner besigheid as 'n paar jaar gelede, en kommoditeits pryse baie geval.
British American Tobacco BATS (BTI) 6.8 R933.38/(219.3p xR19.25) = 22 +4.2% -16.7%, of +10.9% verstel Dividend opbrengs 2.7%. Dividend is 82% van die wins.
Capco (CCO) Capital & Counties Prop. 0.85 (prys/NBW) +5.5% Dividend opbrengs 0.51%. Eiendom word ontwikkel. Op huidige waardasie van R66.2 per aandeel is huur opbrengs 1.1%.
Coronation Fund Managers (CML) R70.50/(~2x230c) = 15.3 -5% -6.9% Dividend opbrengs 5.5% (al die wins).
Curro (COH) 10.4 R41.71/~2x21.6c = 97 +24% +49%
Discovery (DSY) 1.87 R123.74/(2xR3.32) = 18.6 +10% (6m tot Des) 0% tot +5% (genormaliseerd) Resultate binnekort
Distell (DST) R168.00/733c = 23 +9.6% +12.1%
Hyprop (HYP) Uitkering opbrengs is 5.0%. Groei van 10% word tot Jun 2017 verwag.
Massmart (MSM) 0.32 R127.68/(386.4c+145.8c) = 24 +8.9% +15% (12m) VPA bly vir baie jare R5 tot R6.
Mediclinic Int (MEI) 2.9 R198.34/(29.5pxR19.25) = 35 +6.6% in £ -29% in £
New Europe Property (NEP) -12.2% Dividend opbrengs 3.6%. Rand dalk sterker vorentoe.
Northam (NHM) 2.8 verlies, genormaliseerd R49.50/87.1c = 56 +1.0% verlies, genormaliseerd +5.1% Waardasie maak nie sin nie.
Old Mutual (OML) 1.0 (prys/NBW) R38.24/(6.4p+6.0p)xR19.25 ~ 16 -4.8% in £ -13% in £
Pick n Pay (PIK) R71.62/R2.20 = 33 +8.4% +26%
Pioneer (PFG) 2.0 R170.30/(348c+445c) = 21 +5.9% (6m tot Mrt) +6.2% verstel (6m tot Mrt)
PPC (PPC) ~ 1 R6.58/~39c = 16.9 -1% (6m tot Mrt) -12% (6m tot Mrt)
Rand Merchant Insurance (RMI) R42.46/(~2x101c) = 21 +20% -17% Resultate binnekort
Redefine (RDF) Dividend opbrengs 7.5%. Groei +6% tot +7% die laaste jaar. Uitkering verdun deur koop van Pivotal Fund wat geen huur inkomste het nie.
Resilient (RES) Dividend opbrengs 4.3%. Groei +14% tot +16% teen Jun 2017.
Sanlam (SLM) R64.39/355.2c = 18 -7.3% genormaliseerd +5.7% Resultate binnekort. Dividend opbrengs 3.2%.
South32 (S32) 1.4 R21.88/(2x $0.026 xR14.5) = 29 -25% in $ Verlies na wins
Spar (SPP) R191.26/(350c+442c) = 26 +16.8% +5.4% Dividend opbrengs 2.9%
Steinhoff NV (SNH) R88.33/(€0.146+€0.160)xR16.15 = 18 +21% in € (6m tot Jun) +2% in € (6m tot Des) Baie inkomste groei. Die probleem is die wins.
Tiger Brands (TBS) 2.3 R391.80/(920c+965c) = 21 -0.1% (6m tot Mrt) +14.9% (6m tot Mrt)
Vodacom (VOD) 2.8 R154.40/R8.60 = 18 +5.8% (3m tot Jun) +1.1% (6m tot Mrt) Dividend opbrengs 4.4% omdat amper al die wins uitbetaal word.


Portefeulje Maart 2016


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/aandele_jse
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.
Kopiereg @2016