Clicks (CLS) resultate: Feb25, Feb25. Clicks se aandeelprys het in 2 weke 12% gestyg wat meer as die laaste jaar se inkomste groei van 6.6%. Die laaste jaar het die aandeelprys 33.7% gestyg.
Nominal inflasie was 10% per jaar die afgelope 3 jaar, volgens die Rand se val, en geld skepping oorsee. Die ekonomiese uitset het 5.5% p.j. gestyg oor 3 jaar, en net 4.5% die laaste jaar. Die reële ekonomiese verswakking was -4.1% per jaar.
Vir die jaar tot Feb 2025, het plaaslike BTW insameling +7.1% gestyg, en ingevoerde BTW -1.3% gedaal (SAID). Dis minder as die gemiddelde prys styging van 10%, maar meer as die nominale ekonomiese groei van 4.5%. Verwagte totale salarisse (betaal soos jy verdien) styg 5.5%, maar belasting het 12.4% gestyg weens vroeë ontrekkings uit pensioen fondse, en tabelle wat nie aangepas was vir inflasie nie.
Onder kakkop Kieswetter doen SAID eensydige heraanslagte sonder om die belasting betaler te raadpleeg. Gedurende apartheid het belasting inspekteurs die belasting betalers in persoon ontmoet. Die ANC dreig mense af met naamlose kommunikasie totdat hulle enige syfer wat die SAID mee vorendag kom betaal. Die efiling webwerf laat nie besware toe nie. Al kontak besonderhede is 'n telefoon nommer. Die personeel wie die telefone antwoord kan net inligting verskaf. Enige besware word verwys, en 'n belasting inspekteur kan dalk in 6 maande daarna kyk.
Sedert die DA by hierdie ANC bedrogspul betrokke geraak het, is daar geen teken van verbetering nie.
Vrydag 11 Apr 2025
Aandele - Suid Afrika
Gemfields (GML) voorheen Pallinghurst (PGL) resultate: Des24. Min handel.
Assura PLC (AHR) aanbod van Sana Bidco: senspdf. Min handel.
Die platinum myne aandele val nie soos die olie maatskappye nie. Die mark dink mense gaan nuwe motors koop, maar dit nie gebruik nie.
Die JSE (groen) vergeleke met die Rand Brent olie prys (bruin). Kry vir jou 'n vat olie.
Op die internet - Suid Afrika
Staats inkomste tot ekonomiese uitset was 27% en uitgawes 32% vir die jaar tot Feb 2025. Staats uitgawes kan met -50% gesny word, en die inkomste verkry word van 15% belasting op alle transaksies. Al die ander belastings kan afgeskaf word.
Suid Afrika se uitvoer na die VSA (blou) het in Feb opgeskiet net voor die tariewe. Invoer uit die VSA (rooi) is baie laer as die uitvoer. As die ANC bewind onder Ramavoos nie invoerheffings en subsidies afskaf nie, sal VSA tariewe waarskynlik verder styg.
Dinsdag 8 Apr 2025
Aandele - Suid Afrika
Anglo American (AGL) ontbondel van Amplats: senspdf. Dis 'n teken dat platinum naby 'n bodem is, en koper 'n hoogtepunt bereik het.
Anglo Platinum of Amplats (AMS) tweede notering op die Londen Aandeelmark: senspdf.
Grand Parade (GPL) oordrag na hoofbord van JSE: senspdf. Min handel.
Dis onwaarskynlik dat Suid Afrika steenkool winsgewend kan uitvoer deur dit met duur trokke na hawens aan te ry. DIe ANC bewind versoek nou eers inligting vir private deename aan spoor en hawe vrag logistieke projekte tot 9 Mei (African Mining Market). Hulle is hopeloos.
Bank aandele het getuimel vir geen rede nie. Banke vat 'n deel van die geld in omloop as inkomste. Daar is geen rede om te glo dat geld skepping sal verminder onder die ANC bewind nie.
Later in die dag is die Rand R19.56/$ en R24.89/£. Die onsamehangende onsin deur die ANC se groot opperhoof word aangehaal deur die onderdanige media.
Sirius Real Estate (SRE) handels opdatering: senspdf.
Party aandele het Vrydag getuimel, waarskynlik weens indekse wat verkoop was. Die kleiner aandele wat nie in indekse is nie, is minder wisselvallig. Die Rand tuimel na R19.22/$. Die swakste was R19.78/$ in Mei 2023. Dis die swakste vlak nog teen die £ teen R24.79/£. Die ANC bewind het die Rand al vir 31 jaar vernietig. Die R/$ (blou) verswakking was verwag volgens die groei in die verhouding van geld of skuld (rooi).
Die steenkool prys is geweldig wisselvallig. Die Australiese prys het na $97.00 in Maart geval. Die Richards Baai prys plat af by $87.10 x R19.22 = R1674. Exxaro (EXX) verkoop meestal aan Eskom teen 'n vaste prys. Thungela (TGA) se netto wins marge was 9.7% in 2024 teen $91.56 x R18.34 = R1679/t, en die Richards Baai prys $105.30 x R18.34 = R1931, wat nou -13.3% laer is. Die prys/wins is nou R97.23/R25.27 = 3.8, en 6m dividend (voor 22 Apr) is R11.00/R97.23 -20% = 9.1%.
Vrydag 4 Apr 2025
Aandele - Suid Afrika
Mustek (MST) Novus oorname na hof: senspdf. Die regering is so onbekwaam dat almal regstappe neem.
Combined Motor Hold (CMH) handels verklaring: senspdf.
Die Rand Brent olie prys het na $65.34 x R19.11 = R1250/vat geval. 'n Olie prys onder $60 sal verliese beteken vir VSA skalie olie, en die Rand gaan aanhou verswak weens die styging in staats uitgawes. Die Rand Brent olie prys (orange) en die petrol prys (blou) verhandel op 'n nuwe vlak die laaste 3 jaar. As die petrol prys onder R20/liter val, sal dit nie lank hou nie.
'n Ford Mustang kos vanaf $31,920 x R19 = R606,000 in die VSA. In Suid Afrika kos 'n Mustang 5.0L V8 GT Fastback 10AT R1,307,500. Dis 2.2x duurder weens invoer heffings. Die Ford Ranger kos vanaf $32,980 x R19 = R627,000 in die VSA. In Suid Afrika is die Ranger 2.0L SIT SC XL 4x2 6AT teen R574.000 goedkoper.
Die aandeelmark het Sasol (SOL) vandag laat tuimel met -12.9% na R67.50 weens die val in die olie prys na $70.09 x R18.76 = R1315, wat -5.3% laer as die olie prys van R1389 vir die 6 maande tot Des 2024. Sasol het R14.06 wins per aandeel vir die 6m gemaak, wat die prys/wins 2.4 sou maak. Sasol word beskerm deur die Rand verswakking onder die ANC bewind. As die VSA plastiek invoer van China met 34% belas, kan Sasol se VSA plastiek meer winsgewend wees.
Die mark word oorheers deur spekulante wat aandele op en af jaag, soos die telekom sektor wat nou opgejaag word vir geen rede nie.
Primary Health Properties PLC (PHP) moontlike samesmelting met Assura PLC: senspdf. Min handel.
Supermarket Income REIT PLC (SRI, LSE:SUPR) dividend: senspdf. Min handel.
Dis moeilik om die belasting op 'n ingevoerde motor te vind. Dit lyk of die regering die feite probeer wegsteek. Dit lyk na 'n minimum van 40% met BTW ingesluit. Met duur motors is dit hoër. 'n Groot verskeidenheid van modelle is nie beskikbaar nie as gevolg van die ANC bewind.
Die ANC bewind wil 'n handels ooreenkoms met die VSA bereik. Die goedkoopste Toyota Corolla in die VSA is die Sedan 2.0L LE automaties teen $22,175 xR18.74 = R415,560. In Suid Afrika kos die Corolla 2.0 XR automaties R565,100. Die motor sal óf ingevoer moet word sonder invoer heffings, óf die plaaslike fabriek sal die prys moet afbring.
Die staats begroting is deur parlement goedgekeur. As dit die begroting is wat 12 Maart aan parlement voorgelê was, dan word inkomste belasting weer nie aangepas vir inflasie nie. Die Rand het na R18.84/$ verswak. Teen die Britse pond ewenaar dit die vorige rekord laagtepunt van R24.44/£.
Hierdie grafiek van 30 Oktober som the situasie op. Relatief tot die Rand waarde van VSA totale skuld as nominale inflasie koers (swart), het Suid Afrika se skuld (oranje) opgeskiet om onder ANC volgelinge uit te deel, die ekonomie (blou) het verswak, staats uitgawes (rooi) en inkomste (groen) het meer as die ekonomie gestyg. Die ANC bewind het die ekonomie vernietig, en die skuld en belasting opgejaag, veral onder Zuma/Ramaphosa. Niks gaan verander solank Ramaphosa daar bly nie. Hy word daar gehou deur die DA teen die wil van die 85% stemgeregtigdes wie nie vir die ANC gestem het nie.
Trump’s 25% tariff sparks big concern for SA’s car makers - Techcentral. Alternatiewe opskrif: Belasting betalers verwelkom VSA tariewe. Die hoop is dat tariewe na ten minste 40% styg, asook in die EU, om 'n einde te maak aan subsidies. Arm Suid Afrikaners moet betaal sodat die rykes in die ontwikkelde lande goedkoper motors kry.
Die staats begroting word normaalweg in Februarie aan parlement voorgelê. Dit het eers 12 Maart gebeur, en parlement stem 2 April daaroor. Gewoonlik bepreek parlement dit van Maart tot Junie, en die toewysingswet word in Julie goedgekeur.
"NEVER say NEVER. #OUTA laid charges in 2017. Today, ex-Denel chair #DanielMantsha & former CEO #ZwelakheNtshepe finally appeared in court. Justice moves slow — but it moves." - X was Twitter.
Ascendis Health (ASC) resultate: Des24. Min handel.
Op die internet - Suid Afrika
"Exciting News! The rebuilding of Parliament has begun, and we want YOUR ideas for the new design!" - X was Twitter. Parlement produseer niks van waarde nie. Die gebou is 'n totale vermorsing van belasting betalers se geld. Die party marionette kan buite in die ope lug vergader.
FRED se Suid Afrka elektrisiteit en brandstof grafiek is op datum gebring tot Des 2024 (onder). Dit het 11.6% per jaar gestyg onder Zuma/Ramaphosa.
Woensdag 26 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Daar is fondsbestuurders op TV wie net ten gunste van hulle eie portefeulje praat, en ander aandele as waardeloos afmaak. Hulle betaal R22/L vir brandstof, en Sasol verskaf 40% van die land se brandstof (Sasol jaarstate bladsy 33). Sasol Secunda verskaf 50% van die land se plastiek rou materiaal (Tips). Sasol kan in hierdie stadium 'n derde van hulle uitstaande aandele met hulle wins terugkoop.
Metrofile (MFL) oorname aanbod oorweeg: senspdf. Die aandeelprys het gepiek by R26.60 in 1998, en is nou R2.10. Min handel.
Onder Zuma/Ramaphosa het plaaslike regerings skuld opgeskiet (rooi) en besigheids skuld het geval (blou en groen). Die twee idiote is steeds in politiek.
Dinsdag 25 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Lighthouse Properties PLC (LTE) dividend: Des24. Min handel.
Oceana (OCE) handels opdatering: senspdf. Min handel.
U.S. Refugee Admissions Program FAQs - U.S. Embassy & Consulates in South Africa. "USRAP processing includes an interview with the Department of Homeland (DHS) to determine if the applicant is eligible for refugee status, security checks, and medical exams. All applicants must complete the full security screening process – both biographic and biometrics checks – which is the most rigorous of all travelers to the United States"
"Eskom warns of high risk of loadshedding due to six generation units taken offline over the past twelve hours" - X was Twitter.
"unproductive expenditure" - X was Twitter. Dit gaan verder as net die gebrek aan ekonomiese voordeel. Wanneer belasting inkomste van een groep gebruik word om gratis voordele te verskaf aan 'n ander groep, produseer laasgenoemde geen ekonomiese uitset nie, en krimp die ekonomie. Die term bevat die woord "onproduktief".
Sondag 23 Mrt 2025
Op die internet - Suid Afrika
"Eskom adds 800MW of new capacity to the grid for the first time with the addition of Kusile Power Station's final unit to the national grid" - X was Twitter.
Vrydag 21 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
"Tencent has reportedly placed an order worth billions of dollars for Nvidia’s $NVDA H20 GPUs to support its plan to integrate DeepSeek into WeChat, capitalizing on the surge in popularity for DeepSeek’s models as Tencent’s Yuanbao AI app is the most downloaded on iPhones in China." - X was Twitter.
Donderdag 20 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
South Ocean Hold (SOH) resultate: Des24. Amper geen handel.
Choppies Enterprises (CHP) resultate: Des24. Min handel.
Momentum Group (MTM) voorheen Momentum Metropolitan (MTM) voorheen MMI (MMI) resultate: Des24, Des24 bladsy 23: Versekerings Inkomste was -7.5% laer as laasjaar verklaar, vwVPA op bladsy 29. Die aandeelprys het deur die dag +9.0% gestyg.
Op die internet - Suid Afrika
Ramaphosa steps in over Sandton Drive name change - BusinessTech. Die ANC wil die straat waarop die VSA konsulaat is hernoem na 'n Palestynse terroris wie vliegtuie gekaap het. Hulle vernoem al lankal dorpe, paaie, en lughawens na terroriste, swart diktators, en ander barbare wie niks bygedra het die skepping daarvan nie.
In die 12 Mrt begrotingsrede (gov.za) word meer as R1 triljoen oor drie jaar op infrastruktuur bestee. Dienste word aangelê vir mense wie niks bydra tot die ekonomie nie. Hulle betaal nie vir die infrastruktuur nie. Belastingbetalers kry nie voordele uit die ANC bewind se wit olifante nie.
Die rente op Suid Afrika se 10 jaar staatseffek is vandag op na 10.843% van rondom 9% einde verlede jaar (Trading Economics). Die rentekoers (blou) is op die vlak omdat uitleners vergoed wil word vir inflasie, hier getoon as VSA totale skuld groei in Rand (rooi). Met kruideniersware wat 13.1% gestyg het en Eskom tariewe 12.74% is rentekoerse te laag.
Woensdag 19 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Arcelor Mittal SA (ACL) lang staal produksie opdatering: senspdf.
Suid Afrika se totale skuld het 30.4x van 1994 tot 2022 gegroei, wat nominale inflasie van 13.0% per jaar is. Shoprite se inkomste het 34.2x oor die tydperk gegroei. As hulle wins marge dieselfde gebly het, is dit een aandeel wat by inflasie gebly het.
Op die internet - Suid Afrika
"While we have made notable progress in our generation recovery efforts, Eskom faced the loss of five generation units before the peak period. Consequently, Stage 2 loadshedding was implemented at 18:25 and will remain in effect until 5:00 tomorrow" - X was Twitter.
Eskom kliente betaal 12.74% meer, en munisipaliteite +11.32% meer - X was Twitter. Daar is steeds media wat die amptelike inflasie koers van 3.2% verkondig.
Telkom announces price hikes — all the details - Mybroadband. Die vesel verskaffers bied lae tariewe voor installasie, maar na installasie word pryse opgejaag weens 'n gebrek aan mededinging. ICASA doen niks nie.
Op die internet - Suid Afrika
Alle inkomste bronne wat 'n vergoeding is vir inflasie behoort belastingvry te wees, insluitende rente, en kapitaal groei. Maatskappye bied swak groei weens die verswakkende ekonomie. Om beleggings meer aantreklik te maak, behoort wins en dividend ook belastingvry te wees.
"The US Department of State will no longer recognise Ambassador Rasool as a member of the SA Mission as of Monday, March 17 at which point his privileges and immunities will cease. He and his dependants are required to depart the US no later than March 21 @News24 @maroelamedia" - X was Twitter. Ramavoos sê hy gaan eers 'n paneel van deskundiges saamstel om vas te stel wat dit beteken. Dan gaan 'n oudregter 'n waarheid en versoenings kommissie hou. 'n Nuwe Minister vir Diplomasie gaan geskep word.
South African ambassador 'no longer welcome' in US, Rubio says - BBC. Volgens die Britse Ryk was die Rasool "as kind met geweld uit sy huis in Kaapstad se Distrik Ses verwyder, nadat dit onder die Apartheidsregering tot wit gebied verklaar was". Ag siestog. Die feit dat miljoene mense getrek het, en triljoene Rand se eiendomswaarde verloor was weens die ANC se vernietiging, dit word nie genoem nie.
Die media probeer die indruk skep dat daar 'n geskil is tussen die Suid Afrika en die VSA. Nee, die VSA beheer bloot sy uitgawes, en skop 'n lasterlike diplomaat uit. Suid Afrika is onbenullig klein, soos 'n lastige vlieg.
Ten spyte van al die ANC korrupsie glo die media en ekonome steeds die bewind se ekonomiese statistiek. Om voor te gee dat daar ekonomiese groei is belaglik. Die ekonomie val -4.5% per jaar die laaste 10 jaar.
Vrydag 14 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Choppies Enterprises (CHP) handels verklaring: senspdf. Min handel.
Libstar (LBR) handels verklaring: senspdf. Min handel.
Primary Health Properties PLC (PHP) dividend: senspdf. Min handel.
Die ANC gebruik die Regering van Nasionale Eenheid om nog meer gratis voordele uit te deel as ooit tevore: nasionale gesondheids versekering, eiendom onteiening sonder vergoeding, en begrote toename in sosiale dienste van +9.0%.
Hierdie maand se inflasie koers op 'n mandjie kruideniersware van Maart laasjaar is +13.1%. Die amptelike inflasie koers is 3.0% in Des, wat deur die media en ekonome geglo word.
Die Rand is te sterk volgens pryse by Aldi in die Verenigde Koninkryk: Gebakte bone 410g blik R6.34 (Aldi), plaaslik R12 tot R19. Rys R12.22/kg (Aldi), plaaslik R29/kg. Bevrore ertjies R23.27/700g (Aldi), plaaslik R53/750g.
Die groei in die Rand waarde van VSA totale skuld (onder) was 11.9% per jaar van 2010 tot 2024, wat die nominale inflasie koers aandui onder Zuma/Ramaposa.
Die Rand/$ (blou), hier vergelyk met SA skuld oor VSA skuld (rooi), gaan aanhou verswak weens die regering se groeiende skuld van 8.3% die afgelope jaar, en begrote staats inkomste groei van 9.5%. Die Rand trek al weer by R23.80/£. Niks het verander weens die Regering van Nasionale Eenheid nie. Buitelandse beleggings en emigrasie is steeds die enigste oplossing.
EPE Capital Partners (EPE) resultate: Des24. Gewoonlik min handel, baie vandag.
Growthpoint Properties (GRT) resultate: Des24, Des24. Totale inkomste was -0.8% laer as laasjaar verklaar.
Begroting - Suid Afrika
The DA rejects the ANC’s tax and chaos budget - DA. Die DA verwys slegs na die BTW verhoging, maar sê niks omtrent die styging van inkomste belasting weens inflasie nie. 'n BTW verhoging verbreed die belasting basis, en is 'n belasting op uitgawes, wat baie beter is as die styging in inkomste belasting.
"Budget Speech 2025 Update! VAT will increase by 0.5% from 1 May 2025, followed by another 0.5% on 1 April 2026. Stay informed on all our fiscal updates!" - ANC bewind, X was Twitter.
Verwagte staats inkomste vir die afgelope jaar styg +4.2% (R2029.2B/R1948.0B) teenoor +6.0% (R2036.6B/R1921.4B) beplan, en vir die komende jaar +9.5% (R2221.9B/R2029.2B). Verwagte staats uitgawes vir die afgelope jaar styg +6.4% (R2404.0B/R2259.5B) teenoor +4.4% (R2369.0B/R2268.9B) beplan, en vir die komende jaar +7.8% (R2592.3B/R2404.0B). Dus beteken die begrote waardes niks. Die ANC bewind bestee na willekeur.
Staats skuld styg die afgelope jaar met 8.3% van R5259.4B in 2023/24 na R5693.6B in 2024/25. Die begrote styging vir die komende jaar is 7.0% na R6094.2B in 2025/26, en 6.1% volgende jaar.
Die begrote rente onkoste vir 2025/26 is R424.9B, wat R870 per maand per volwassene is (40.7M). Die staats skuld is R140,000 per volwassene.
Styging in staats uitgawes vir die komende jaar: Sosiale Ontwikkeling (werkloosheid, pensioene, kinder steun) +9.0% (R422.3B/R387.3B), Gesondheid +9.9% (R298.9B/R271.9B), Polisie en Onveiligheid +9.1% (R266.1B/R244.0B). Van die totale staats uitgawes word R1806.3B/R2592.3B = 70.1% bestee aan "ontwikkeling" (gratis behuising, elektrisiteit, water, en toelaes), onderwys en gesondheid wat alles maatskaplike voordele is. 'n Verdere R424.9B/R2592.3B = 16.4% gaan aan rente op skuld. Slegs R344.8B/R2592.3B = 13.3% word bestee op die hoof regerings funksies.
Die belasting drempel word +0% na R95,750 verhoog, net soos verlede jaar. Die belasting kerwe word 0% opgeskuif, soos verlede jaar. Die rente inkomste wat vrygestel word van belasting bly R23,800. As die styging in staats skuld die afgelope jaar as nominale inflasie koers gebruik word, dan is inflasie 8.3%.
Die begrote styging in alle staats inkomste is 9.5%. As salarisse teen inflasie van 8.3% styg, styg inkomste belasting meer as 8.3% omdat die kerwe nie aangepas word nie. Die ANC bewind onttrek geld uit die ekonomie waarvoor mense kon gewerk het, en deel dit uit as gratis dienste. Daarom verswak die ekonomie.
Die ANC maak 'n bespotting van die ander partye in die Regering van Nasionale Eenheid.
Op die internet - Suid Afrika
' "To make up for the ‘lost’ revenue from the move, the government now proposes no inflationary adjustments to personal income tax brackets, rebates and medical tax credits."
We want to hear how @GovernmentZA will stop wasting money! Where are THOSE adjustments? - X was Twitter. Dis duidelik die ANC kan net gestop word deur uitgestem te word. Die DA kan 'n regering vorm met die ander partye.
Dinsdag 11 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Vukile Property Fund (VKE) koop Bonaire Shopping Centre in Spanje vir €305M (~ R6063M teenoor Vukile inkomste van R4134M): senspdf.
"There are REAL threats to private property rights in South Africa. Here is a fact sheet that corrects the lies of the ANC-led government, other politicians and left-wing commentators:" - X was Twitter.
'Louder for those who keep on doing this: "We cannot discuss the Budget while totally ignoring the fact that the government misuses money through bad policy, wastes it through maladministration, and loses it entirely through corruption." ' - X was Twitter. Die meeste geld word uitgedeel as gratis dienste aan mense wie niks bydra tot die ekonomie, of die inkomste belasting wat nodig is om daarvoor te betaal nie.
"ANC secretary-general Fikile Mbalula says the ANC will deploy local government intervention task teams to assist struggling municipalities in the Free State to address service delivery challenges.." - X was Twitter. In plaas van optree teen die onbekwame ANC lede.
'President Cyril Ramaphosa: "When you're a patriot of a country, the best you do is to resolve the problems or issues you have in your country, rather than begin to damage the sovereignty of your country by running off to other countries and expecting them to take action against your own country." ' - X was Twitter. Dieselfde ANC het die Brittanje gevra om die anti-apartheid veldtog te voer. Ramapouse praat net kak ooral waar hy gaan.
More name changes planned for South Africa’s city of gold - BusinessTech. Hulle kan niks skep nie, maar sit hulle merk op ander beskawings, soos graffiti op 'n historiese gebou uitkrap. Hulle voel nie verleë om hulle name op plekke te plaas wat hulle vernietig het nie.
Maandag 10 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Sun International (SUI) handels verklaring: senspdf.
Astoria Investments (ARA) aanbod ontvang vir alle aandele teen 48p: senspdf. Amper geen handel.
"Some people on X asked me what I base my statement on that black people already own most agricultural land in South Africa." - X was Twitter. Al vraag wat van belang is: Wat die is landbou produksie van die swart besitte grond?
"Starlink Cricket team is not allowed to play in South Africa, because players are not black" - X was Twitter. Die internasionale sports liggame moet Suid Afrika skors.
Sondag 9 Mrt 2025
Op die internet - Suid Afrika
"After the recovery of more than 3 000MW of generation capacity and replenishment of sufficient emergency reserves in the past 44 hours, loadshedding will be suspended today at 10:00" - X was Twitter.
Die ANC se gebruik van die woord "voorspoed" is lagwekkend. Van 13 Jan 2024: "The ANC has steadily worked to change the economy to ensure that reconstruction, growth and recovery leads to shared prosperity. .... The ANC remains the party of choice for all who seek to build a united, non-racial, non-sexist, democratic and prosperous South Africa. .... A prosperous society is one where people’s lives are better, where they flourish and are happy. A prosperous people are free from poverty, unemployment, crime and hunger. To achieve such prosperity, we must transform our the economy to ensure a more equitable distribution of wealth and control." (anc1912).
Relatief tot die VSA is die voorspoed per persoon af van omtrent 19% in 1983 na 7.3% in 2023 (blou links). Relatief tot Zimbabwe is dit nou terug na wat dit was in 1978 (rooi regs). Wanneer dit onder 2x Zimbabwe val, sal dit terugkeer na 1961 (die jaar waarin Suid Afrika 'n onafhanklike republiek geword het).
Saterdag 8 Mrt 2025
Op die internet - Suid Afrika
Die prosedure om na die VSA te emigreer as vlugtelinge is vol praktiese probleme. Mense sal moontlik alles verkoop of oppak, sonder om te weet of hulle as immigrant aanvaar sal word. Volgens emigrate2usa kan die keurings proses 18-24 maande neem, en behels agtergrond nasporing, biometriese opnames (vingerafdrukke, foto's, irisskanderings), in persoon onderhoud, en mediese ondersoek. Die aansoeker moet buite die VSA en Suid Afrika wees, soos in Lesotho, Swaziland/Eswatini of Nambië (US Citizenship and Immigration Services). 'n Toeriste visum is gewoonlik net 3 maande geldig. Om in ander lande te bly vir 18 tot 24 maande beteken toer tussen verskillende lande.
Vrydag 7 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Putprop (PPR) resultate: Des24. Amper geen handel, baie vandag.
South Ocean Hold (SOH) handels verklaring: senspdf. Min handel.
"Starlink is not allowed to operate in South Africa, because I’m not black" - X was Twitter. Die ANC maak nie 'n enkele geluid om die rassistiese wette te herken of te verander nie.
"Eskom implements Stage 3 loadshedding from 14:00 today and anticipates to be in this mode until Monday at 05:00, following 98% availability of power supply, due to loss of 2700MW over the past 14 hours. To replenish emergency reserves over the weekend – ongoing high levels of planned maintenance continue." - X was Twitter.
"Ramaphosa doesn't mind that Jozi's residents live in a shithole. He just doesn't want G20 delegates to realise that it is a shithole" - X was Twitter. Die toestand van Johannesburg en al die ander vervalle stede is die gevolg van die ANC se doelbewuste veldtog teen die blanke beskawing.
Foreign pensions now under attack from Sars - Moneyweb. Dit maak nie sin vir persone van 'n ontwikkelde land om na Suid Afrika te trek nie, waar die belasting drempel byvoorbeeld 1/17 kleiner is as die VSA.
Donderdag 6 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Mustek (MST) word 55.36% besit deur Novus, verwante partye, persone elders genoem, en 'n DK trust. 'n Onbekende aanbod vir die ander aandele word gemaak volgens 'n dokument van 15 Nov 2024: senspdf.
Sanlam (SLM) resultate: Des24, Des24 bladsy 81. Die inkomste staat verander gedurig. Die vorige jaar was lewens en gewone versekerings inkomste saam R112,151M, en nou is daar net een waarde van R93,475M, wat die vorige jaar R87,840M was.
"The United States has officially withdrawn from the Just Energy Transition Partnership (JETP), impacting a $9.3 billion climate finance agreement designed to assist South Africa in transitioning from coal to cleaner energy sources" - X was Twitter. Verbruikers betaal alreeds 68% meer omdat elektrisiteit nie slegs deur steenkool opgewek word nie (jaar tot Maart 2024).
Geen statistiek wat die ANC bewind verklaar is geloofwaardig nie. In soverre die Bruto Binnelandse Produk (BBP) van waarde is, het dit relatief tot totale VSA skuld as nominale inflasie koers (onder) teen -2.6% per jaar verswak sedert 1994, en -4.5% per jaar die afgelope dekade.
Sedert 1991 het die reële ekonomiese uitset (blou) heeltemal afgewyk van die werklike ekonomiese uitset volgens VSA geld in omloop (rooi). Almal kan die verval sien. Die ekonomiese groei volgens die amptelike inflasie koers (pers) het nog meer gestyg, omdat die amptelike inflasie koers 'n groter vervalsing is.
Die 95 oktaan petrol prys jaar inflasie vir Mrt is R21.55/R23.73 = -9.2% by die kus.
Maandag 3 Mrt 2025
Aandele - Suid Afrika
Two major SA asset managers dump R9bn in Sasol stock - Moneyweb. Sasol se wins word bepaal deur die prys verskil tussen steenkool en petrol, en VSA natuurlike gas en plastiek pryse. Die prys van alle energie bronne en plastiek neig om saam op en af te gaan.
Mustek (MST) handels verklaring: senspdf. Min handel.
Aspen (APN) resultate: Des24, Des24. Die aandeelprys styg deur die dag met +12%, baie meer as 'n jaar se inkomste groei van +3.8%.
"The ANC's willingness to risk stability in a desperate attempt to force a tone-deaf VAT increase down the throats of South Africans is a shame. The DA refuses to be held hostage by the ANC’s blatant threat to approach the EFF to pass this VAT-based budget." - X was Twitter. Klaarblyklik was die ANC bewind van plan om net die laagste inkomste kerf te verhoog weens inflasie. Die DA staar hulle vas teen 'n 2% BTW styging terwyl inkomste belasting geweldig gestyg het weens kerf kruip.
.... Iemand wie R30,000 per jaar in 1994 verdien het, het R6850 belasting - R1950 korting = R4900 of 16.33% inkomste belasing betaal. As die salaris by inflasie gebly volgens geldvoorraad of skuld groei, sou dit 30.41x meer in 2022 gewees het = R912,300 per jaar. Die inkomste belasting sou R278,279 - R16,425 = R261,854 of 28.7% wees. Dis 'n 2.0% belasting koers styging elke jaar vir 28 jaar.
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie. Die inhoud moet nie as finansieële raad beskou word nie. Web blad besoekers moet hulle eie finansieële deskundige raadpleeg voor hulle op die inligting reageer.