Web Joernaal (ouer)


30 September 2014

Ystererts en olie tuimel

Die ystererts prys vir aflewering in China is nou af na $77.7 ( The Australian ), en Brent olie is af na $94.74 ( Nasdaq ). Myn maatskappye bring nog meer erts na die mark. Yster myne Assore (ASR), African Rainbow Min (ARI), en Kumba (KIO) is reeds baie af. As 'n mens kyk na die aandele pryse gedurende die Groot Resessie van 2009, kan dit nog val. Die groot myn maatskappe Anglo American (AGL), BHP Billiton (BIL), en Rio Tinto is almal afhanklik van ystererts vir die meerderheid van hul wins. Die Sasol (SOL) aandeelprys het nog nie gereageer op die vallende olie prys nie. Lae olie prys lei na 'n laer prys vir petrol en ander chemikalieë. Sasol wil groot bedrae spandeer aan die nuwe etaan kraker, gas-na-vloeistof en chemiese vervaardiging in Louisiana.

29 September 2014

Capitec (CPI) ses maande resultate

Capitec se VPA (Verdienste Per Aandeel) groei is terug na 21%, nadat dit die vorige ses maande net 11.5% was. Inkomste van bank bedrywighede is op met 12%. Rente inkomste op is met 13%, terwyl dit vir die jaar tot Feb 2014 op was met 33%. Die netto transaksie fooi inkomste op is met 34% - die groei in fooie is seker beperk, dus lyk dit of toekomstige groei laer sal wees. Die aandeel prys is op 'n P/V van R244.15/R19.17=12.7. Die prys het opgegaan in afwagting op die resultate.

28 September 2014

Kern Krag Stasies

Waar gaan die agt Russiese kern krag stasies gebou word? Dit moet naby water wees vir verkoeling, dus iewers langs die kus. Watter gemeenskappe langs die kus wil naby 'n Russiese kern reaktor woon? Berei voor vir betogings. Bekende kern reaktor ongelukke was by die VSA se Three Mile Island in 1979, die Russiese Chernobyl in 1986, en die mees onlangse Japanese Fokushima in 2011.

List of Nuclear Power Accidents - Wikipedia

Die Franse Koeberg kern krag stasie naby Melkbos Strand (30km van Kaapstad) was gebou van 1976 tot 1984. Die ANC se Umkhonto we Sizwe (MK) het op 19 December 1982 'n sabotasie aanval op die Koeberg kern krag stasie gedoen. Nelson Mandela was mede stigter van MK. Die springbokke dra steeds die tronk nommer 46664 op hulle mou.

Sjokolade tekort

Party supermarkte het nou net Nestle donker sjokolade. Geen Cadbury of Beacon. Daar is 'n wêreld wye tekort aan kakao bone. 'n Mens sou gedink het dat die groot lekkergoed vervaardigers hulle eie bone sou kweek om seker te wees van toevoer. Dalk word derde wêreld markte soos Suid Afrika laaste verskaf wanneer daar 'n tekort is. Europese lande voer die beste gehalte vrugte in binne en buite seisoen, terwyl die swak gehalte vrugte en groente in Suid Afrika net binne seisoen beskikbaar is. Een vervaardiger het 200g sjokolade blaaie uitgebring, wat 180g geword het, en toe 160g. Uiteindelik sal dit die nuwe 100g wees.

DSTV afstand beheer

Die afstand beheer wat saam met die nuuste DSTV HD model 4U (sonder harde skyf opnames) dekodeerder kom se nommers is laag af geplaas. Dit is moeilik om kanale in te sleutel met een hand. Op al die ander afstand behere wat ek het, is die nommers hoog geplaas sodat 'n mens dit maklik kan bykom. Ek verstaan ook nie waarom afstand behere al kleiner gemaak word nie - die mens se vingers het nie kleiner geword nie.

23 September 2014

Apple slimfoon buig

Na klagtes oor hulle nuutste slimfoon gebuig kan word as 'n mens dit in jou broek sak dra, het Apple 'n reguitmaak werktuig vrygestel soos hieronder aangedui.


10 September 2014

SA koop elektrisiteit by die DRC

Suid Afrika het hulself verbind tot die koop van 2500 Mega Watt van die Democratic Republic of the Congo (DRC) se derde Inga hidro-elektriese krag stasie langs die Congo rivier, wat 4700MW sal lewer. Nog vier word beplan, wat 44,000MW in totaal kan lewer. SA het ook die reg om elektrisiteit van die toekomstige stasies te koop. Wie gaan die 2000km hoë spanning lyn in stand hou? Sal 'n land soos Zimbabwe die lyn in stand hou as dit deur Zimbabwe gaan? Die eerste twee stasies wat in 1972 en 1982 gebou was, het 'n kapasiteit van 2132MW, maar genereer minder as die helfte daarvan omdat dit "oud is en en swak bestuur word". Vergelyk dit met die hidro-elektriese kragstasie by die Gariep dam (voorheen Verwoerd dam) wat in 1971 voltooi was en 360 MW lewer.


Regstellings na: slandrp@gmail.com
Hierdie webwerf is: www.slrp.co.za/webjoernaal
Ontkenning: Geen verantwoording word vir verkeerde inligting aanvaar nie.
Kopiereg @2014