Google Maps se ongelooflike wêreld padkaart en straat aansig maak dit moontlik om toeriste aantreklikhede op 'n skyn toer te besoek sonder om geld en tyd te spandeer. 'n Mens kan plekke vooraf verken, om te besluit of dit die moeite werd is om daarheen te reis. Voorbeelde:
Dit gaan hier oor besienswaardighede wat met Google Maps gesien kan word. Daar is baie plekke wat 'n mens self moet besoek om binne te besigtig, of te ondervind, soos Disneyland en televisie studios: Universal Studios Hollywood - Full Walkthrough with Rides & Super Nintendo World [4K]. Los Angeles is aan die teenoorgestelde kant van die planeet van Kaapstad. Dit neem 22 uur om daarheen te vlieg, teenoor 11 uur na Europa. Los Angeles se toekoms lyk nie meer so positief soos wat dit vyftig jaar gelede in televisie en rolprente gelyk het nie, en hoe dit vandag nog deels uitgebeeld word nie. Die Hispanic bevolking is nou 48%, en die suiwer blankes net 27%. Engels sprekendes is minder as 40% van die stad se bevolking.
Nedersettings in Los Angeles het in 1777 begin, maar die amptelike stigting datum is 4 September 1781. Kalifornië was toe deel van Mexiko, daarom die Spaanse naam. Die oudste gebou wat bestaande gebly het, is Avila Adobe (Abode is Spaans vir modder baksteen) in die El Pueblo de Los Angeles Historic Monument, Olvera Straat, maar is nie toeganklik op Google Maps nie.
Die Mission San Gabriel Arángel was op 8 September 1771 gestig. Die kerk gebou was in 1800 voltooi.
By Campo de Cahuenga was die verdrag van 13 Januarie 1847 opgestel waardeur die Verenigde State Kalifornië van Mexiko bekom het.
Die Kalifornië goud stormloop was van 24 Januarie 1848 tot 1855. Die eerste goud in Kalifornië was op 9 Maart 1842 in die Oak of the Gold Dream binne die Placerita Canyon State and County Park gevind. "There is gold in them hills".
Uitsig oor Los Angeles vanaf Runyon Canyon Park, langs Mulholland Drive, Hollywood Hills.
Die Eagles popgroep het "Hotel California" baie bekend gemaak in 'n liedjie van 1977. Daar is 'n hotel met die naam wat in 1948 geopen was: Hotel California, maar die hotel het klaarblyklik niks te doen het met die liedjie nie. Die hotel op die album omslag is eintlik die Beverly Hills Hotel wat vandag so lyk: The Beverly Hills.
Gedenkteken vir die Beach Boys: Site of the Childhood Home of the Beach Boys. Die huis was gesloop vir die Century Freeway. Die snelweg is reg agter die monument. Uitgebeeld is ses "surfers" wat 'n branderplank dra. Dit kan nie goed wees as jy eendag teruggaan na jou ouerhuis, en daar is 'n snelweg daaroor gebou nie.
Macarthur Park is waar die liedjie skrywer Jimmy Webb partykeer ene Susie Horton ontmoet het vir middagete. Die liedjie was beroemd gemaak deur sanger Richard Harris.
Die Watts Towers - "perhaps the nation's best known work of folk art sculpture. Using simple hand tools, cast off materials (glass, shell, pottery pieces and broken tile) Italian immigrant Simon Rodia spent 30 years building a tribute to his adopted country and a monument to the spirit of individuals who make their dreams tangible" - California State Parks Office of Historic Preservation.
Hierdie MacDonald's eetplek is die derde een wat in die VSA oopgemaak was op 18 Augustus 1953, en oudste een wat nog bestaan. Pink's Hot Dogs was volgens die Wikipedia webblad in verskeie TV programme gebruik.
'n Reuse vetkoek ring by Randy's Donuts.
'n Standbeeld "to the brave men of Albany who died for the empire during the Anglo-Boer war 1899-1902" - "Winged figure of peace", geskryf deur Rudyard Kipling.
Port Elizabeth
Noord van Port Elizabeth is die Addo Olifant Park langs die R342, een van die groot wild tuine in Suid Afrika, een twaalfde van die Kruger wild tuin in oppervlakte. Binne is daar is 'n plek genaamd Woodlands Water Gat Uitkyk, maar daar is geen teken van bome of water nie. Die hele landskap lyk bra dor vir diere. Die Ghwarrie Dam Uitkyk. Die uitsig vanaf die Zuurkop Uitkyk.
Die Donkin Reserwe ou ligtoring vir Algoa Baai waar Nelson Mandela Baai Toerisme nou gehuisves word. Rondom is indrukwekkende ou geboue soos die King Edward Hotel, en die openbare bibioteek.
Trein spore loop af al langs die strand by Port Elizabeth, wat beteken dat daar nie strande vir menslike gebruik by die stad self is nie. Noord van die Port Elizabeth stad is Bluewater Bay.
Die strand by die Nahoon rivier monding is nie sigbaar op Google Maps nie. Gonubie. Die Cintsa Natuur Reservaat by die mond van die Bulura rivier. Die Cintsa rivier is eintlik verder noord, met woonbuurtes Chintsa Wes en Chintsa Oos. Suid van Oos Londen is Kidd's Beach.
Die Oos Londen museum het 'n coelacanth vis, wat wetenskaplikes eers gedink het was uitgestorwe.